Nuuskommentaar: Aanslag van linkses om konserwatiewe media te smoor

Argieffoto: Pixabay.com

Uit nuwe literatuur wat nou bykans daagliks die lig sien, is dit veral die meer konserwatiewe stemme wat steeds deur die tradisionele mediamense geknyp word.

Dit is nie van gister af dat konserwatiewes meen hulle word nie regverdig deur linkse media-instansies geknyp nie. Met pres. Donald Trump se verkiesing tot Amerikaanse president het dié geknyp erger geword, en vanoggend is daar ’n paar nuwe artikels deur bekende Amerikaners oor dié onderwerp. Die aanslae gaan gewoon van die uitgangspunt uit dat dit die linkse media se vernaamste funksie is.

Die Kanadese politikus en voormalige leier van die Christian Heritage Party, Ron Gray, het voor sy aftrede in 2008 graag na die uitslag van ’n Amerikaanse meningspeiling verwys wat aangetoon het dat die gemiddelde Amerikaanse joernalis linkser is as die gemiddelde Amerikaner. Hy het geglo dieselfde geld vir Kanada.

Die vernaamste artikels wat vanoggend per internet versprei is, is “The Left’s Long War on Conservative Free Speech”, deur Michelle Malkin (lees hier) en “Social Media Censorship II” deur John Stossel (lees hier).

Die twee skrywers noem beide ’n hele aantal skrywers uit linkse geledere wat hulle op verskillende wyses probeer knyp het. Hulle sluit die sosiale media in, en noem ’n hele aantal sosialemediahuise wat byvoorbeeld die rekenings van konserwatiewe skrywers bloot laat verdwyn.

Dis dus nie meer net die gevestigde mediahuise wat hul eie politieke oortuigings op die lesers probeer afdwing nie. Dit is ook die sosiale media wat dit tegnies baie moeilik maak om nuus van die gewone leser te weerhou.

Geen wonder nie dat die Suid-Afrikaanse meningsvormer, Rhoda Kadalie, by geleentheid geskryf het dat meningsvryheid die diktatuur van die liberalis is.

Die groot verskil nou is dat juis die bestaan van sosiale media veroorsaak dat die nie-liberale stemme ook gehoor word.

Politieke korrektheid word ook al hoe meer onder druk geplaas.

Die moderne tegnologie het die vermoë om fopnuus vlerke te laat kry, maar so gelukkig ook dít wat as die algemeen aanvaarde waarheid beskou word.

Metodes sal eenvoudig gevind moet word om die media en sosiale media van fopnuus te reinig, om dit as kanaal vir belediging en vele meer te neutraliseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Wonder ·

Vertel dit vir Max du Preez. Niemand is so blind soos die een wat nie wil sien nie. Ek wonder of enigiemand sy besigheid sal afstaan a.g.v onteiening (hoekom verwag almal dit van boere) Die enigste manier om die land reg te ruk is vir die regerende party om te erken dat hy onbevoeg is om te regeer en gefaal het in die mandaat wat hy in 1994 onder eed belowe het. Daar is in die land geen naaste liefde, wedersydse respek, normes of waardes meer nie. Onthou die korste pad is altyd die waarheid, want sodoende word probleme die vinnigste opgelos( maar dan moet jy die vermoe en kapasiteit het om die probleme waar te neem)

Adam ·

Die argument omtrent die reiniging van die media en sosiale media in besonder van fopnuus en die beldigings wat links en regs rondgegooi word, is ‘n suiwer een. Dit is ongelukkig ook so dat sosiale media ‘n stem aan diegene gegee het wat liefs nie gehoor moes word nie. Die interessantheid rondom die aangeleentheid is dat die liberaliste gewoonlik ‘n hooghartige posisie inneem en almal probeer wysmaak dat hulle opinies die wet van die Mede en Perse is, terwyl die konserwatiewes daarenteen gereeld die posisie van die ewigdurende slagoffer verteenwoordig. Beide is vir my persoonlik onaanvaarbaar weens die oordadige emosie wat daarin teenwoordig is. Trump lok doelbewus reaksies uit en kry dit gewoonlik terug in dieselfde onaanvaarbare vorm as waarin hy dit uitlok en dus is hy die argitek van sy eie probleme.

Judge Dredd ·

Konserwatiewes ewigdurende slagoffers ? – Nee jong, dis die linkses/liberales wat hulself ewigdurend as slagoffers uitbeeld om sodoende die high ground in hul debatte te kry.

Paul ·

By ons, lyk dit my, het die Seunse Weenkoor tyd gelede amptelik ontbind, maar een of twee het nog oorgebly, dan is daar ander liberales uit Afrikaanse geledere wat na vore gekom het en nie die geleentheid kan laat verbygaan om die konserwatiewes te knyp nie.

Johanna Botha ·

Dalk help Belpottinger daar ook …die skurke het die land BAIE groot skade gemaak !

Deon ·

Ons as teikens van manipulasie van massamediahuise moet leer om nie daardie media te ondersteun nie. ‘n Sekere mediahuis het hulle mes in vir ons op hulle handelsmerke wat op ander groepe gerig is, maar paai ons in die handelsmerk wat vir ons bedoel is, en boonop is ons die groep wat moet betaal vir ons nuus. Hou op betaal en lees eerder werklik onafhanklike media soos hierdie een.

Charles ·

Verskriklik baie dankie,die artikel is ‘n vars briesie,SO,SO UITERS nodig,en so belangrik en aktueel.

Dit is ‘n wonderlike ervaring om waar te neem hoe konserwatiewes en behoudendes begin terugveg teen die “nuwe verkramptes”,( ook bekend as die linkses-daar kan hoegenaamd nou nie meer enige twyfel aan die gepastheid v/d benaming wees nie) die polities korrektheids sindroom en die DIKTATUUR van die onverdraagsame en aanvallige linkses;en hoe die linkse diktatuur besig is om te verdwyn in die niet.
Die gety is besig om te draai…in ‘n rooi gety!
Waar die demokrate voorheen vol selfvertrou en met ‘n uiters bombastiese houding rondgeloop het,het hul nou hul voortydige en mistastende voorspellings van ‘n “blue wave” begin hersien na ‘n “blue rimple”;na afloop van al die sondes, afpersing, bewese gevalle van uiterste dweperigheid en skynheilige optrede en kaskenades van die linkse groepering. “Gewone demokrate” met gesonde verstand voel hulself net nie meer genope om te stem vir ‘n party wat oop grense,die ongebreidelde invloei van onwettige immigrante,”gender fluidity”,wapenbeheer -“oh boy- do not get me talking about what’s happening in the once peaceful Chicago”- en soveel meer voorstaan nie,en die moord van die pragtige Mollie Tibbets deur ‘n onwettige immigrant voorspel ek was die strooi wat die kameel se rug finaal gebreek het.

Waag ek se dat dit alles te danke is aan een besonderse man: Donald John Trump-die man gaan nog legendariese status bereik!

White Rhino ·

Trump steur hom nie aan politieke korrektheid nie – en dit is ‘n goeie voorbeeld om te volg.
Ek volg ook daardie voorbeeld want politieke korrektheid is eintlik net ‘n foefie – jy dink nog steeds wat jy wil omdat jy kan sien wat om jou aangaan en jouself nie daaroor blind staar nie.

Grassie ·

Hierdie is niks nuuts nie. Die konserwatiewes loop al vir meer as 30 jaar deur onder Nasionale Pers se beledigings en afkrakery.

JoeV ·

Dit is verstommend hoe hard die linkse media probeer om die naratief te verkoop. In ons eie land moet mens net kyk na NW24 se uitlatings en pogings om selfs die moeite wat deur Solidariteit en Afriforum gedoen word te ‘ontmasker’ amper, probleem is net die nommers, mens kan nie teen die waarheid en die nommers stry nie. Maar daar is effens ‘n draai, meer sinlike nuus kanale sal die lig sien soos wat die mark vir die links liberaal afneem. Het gisteraand gekyk na videos op youtube waar ‘n “vlogger” die gek skeer met MSNBC se dame wat amper in trane is oor Trump se gewildheid glad nie afgeneem het na hy niks gedoen of gesê het met die dood van Cohen nie. Hulle voel dat hulle werk geen vrugte lewer nie! “MSNBC can’t believe it is happening” is die video.

N Lourens Reitz ·

En hier by ons is Pieter du Toit News24 meer links as die gemiddelde linkse joernalis -het gisteraand op Kyknet verslag weer hard probeer om Afriforum te diskrediteer

marous ·

Jonger konserwatiewes wereldwyd sien deur die liberalitiese maak jou skuldig voel gee ons geld sindroom . Hulle is ook nie meer te vinde vir ons moet oorlog maak vir humanitere doeleindes maar julle wat hard werk moet daarvoor betaal twak nie. Die Ooste minag hulle Afrika is hul laaste kosmandjie , maar daar is net ‘n paar krummels oor. Hul kan maar solank hul heersers help passer , oog , piramiede en tannie met vlam in die hand inpak en ‘n tent op die maan opslaan….

Charles ·

Mens moet deesdae liefs One America News of Newsmax TV probeer wat betref kabel tv opsies, eerder as “Certainly Not News”-CNN – voorheen bekend as Cable News Network + RIP

Liberaal ·

Ons moet nie die liberale massamedia bevraagteken nie, hulle sal ons leer wat om te dink en doen, nie seker waarom dit die regte ding is om te doen nie, maar glo net dit is die regte ding sonder om vrae te vra.

Charles ·

So à la Orwell se 1984, Liberaal, dan is die saak mos reg !/s.

Jannie ·

Ons weet mos al teen hierdie tyd wie die wêreld se media besit en manipuleer!!!

Thinus Erasmus ·

Dan is dit juis so onverstaanbaar en problematies dat hierdie ideale en gebalanseerde forum, wel ook mense met baie konserwatiewe kommentaar (maar korrek in inhoud} so maklik uit vee. Selfs ons eie deur ons eie mense kies die gemaklike en veilige uitweg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.