Nuuskommentaar: AfriForum en Solidariteit se “reg om die Afrikaner te verteenwoordig”

solidariteit-bewegingWeens die volgehoue steke wat die rubriekskrywer Max du Preez teen AfriForum en Solidariteit inkry, is dit nodig om die omgewing waarbinne dit afspeel onder die loep te neem. Kan grondwetlikheid ooit plek maak vir ideologie of selfs emosionele fiksasie waar enkele voorvalle tot die algemene karakter van die instansies verhef word? En kan die Afrikaner nog sonder AfriForum en Solidariteit?

In die sosiale media is daar ’n groot ongelukkigheid oor die rubriekskrywer Max du Preez se ongelukkigheid met AfriForum en Solidariteit, onder meer oor dié instansies glo sou voorgee om alle Afrikaners te verteenwoordig. AfriForum en Solidariteit ontken uiteraard dat hulle, honderde duisende lede ten spyt, alle Afrikaners of Afrikaanssprekendes verteenwoordig (en allermins vir Max), maar soms is die skeidslyn tussen ledebelange en die belange van groepe waarvan hulle deel is nie so duidelik nie.

Baie onregte in hierdie land het al ongestraf gebly weens ’n opvatting van “die ou mense” dat die hof ’n gawe plek is om te “makeer”. Trouens, al is jy ook hóé te na gekom, uit die hof bly jy weg. En dan die lessie daarby, “Deur skade en skande word ’n mens wys”.

Maar toe kom die nuwe Grondwet, en Suid-Afrika word ’n regstaat. Dit beteken (en die ANC moet ook mooi luister) die oppergesag van die reg (rule of law). Kortom, die reg slaan die kitaar selfs waar voorheen ander kundiges soos sosioloë, politieke wetenskaplikes en ander die werk kon doen waarvoor ’n regsgraad nou ’n vereiste is.

Dit bevestig en versterk ook die beginsel van natuurlike geregtigheid, wat beteken die howe kan ook maar ’n plek wees wat selde opgesoek word as almal se aanvoeling en ingesteldheid oor natuurlike geregtigheid met die inhoud van die Grondwet versoenbaar is. En dis waar die kruks lê.

As die bepalings van die Grondwet, soos oor taalregte, nie knaend onder druk gekom het nie, hoekom is daar nou onvrede hieroor op Tuks, Maties en by Kovsies?

Hoe gebeur dit dat net twee rektore sover bekend te midde van die taalstorm, dié van Noordwes, prof. Dan Kwadi, en Tuks, prof. Cheryl de la Rey, laat blyk het dat ’n mens grondwetlike bepalings in die formulering van ’n taalbeleid moet vind?

Solidariteit en AfriForum het al skerp onder kritiek deurgeloop “omdat altyd howe toe gehardloop word”. Of so ’n stelling billik is as die werk agter die skerms, pogings om te skik, en ander aksies nie bekend is nie (of gerieflik nie “raakgesien” word nie) is ’n ander vraag. ’n Hofsaak loop ook die gevaar om ’n ongunstige uitslag op te lewer en dan word ’n saak eintlik verder teruggesit, soos die wyse waarop die regering ondergrondse regte eintlik genasionaliseer het. AfriForum en Solidariteit is lank nie die enigste instansies wat “howe toe hardloop nie”. Dink maar aan belangrike hofsake wat deur instansies soos Freedom Under Law en Outa aanhangig gemaak is. En nie alle hofsake is suksesvol nie.

En wie dink die burgery kan bloot ongrondwetlike optrede deur die regering of staat ignoreer, het dit mis. In die bekende saak van City Council of Pretoria v Walker het die konstitusionele hof weliswaar in die meerderheidsuitspraak beslis munisipaliteite wat wit inwoners gemeterde tariewe laat betaal, en swart inwoners vaste tariewe (flat rates) is ongrondwetlik, maar dat die protesaksies daarteen ook buite orde was tensy ’n hofbevel verkry word om die staat tot grondwetlike optrede te dwing.

Nou hoe dan nou as die staat, of ’n staatsinstelling soos ’n universiteit, bereid is om skynbaar ongrondwetlike optredes tot in die hoogste hof te verdedig? Trouens, in die Modderklip-saak is die staat in die appèlhof reeds gemaan om nie die opponente deur sloertaktiek en dus stygende regskoste tot oorgawe te dwing nie. Die staat het nietemin deurgedruk en die saak nie net in die appèlhof nie, maar ook die konstitusionele hof gaan verloor.

Dit beteken dat die staat en staatsinstellings wat toegang tot die Tesourie het vir regskoste “maklik” in die versoeking kan beland om ideologie, of beleid soos verdwaalde transformasie, op te dwing want min lede van die gewone publiek het die middele om die staat in ’n hofproses die stryd aan te sê. En juis hierom word die bestaan van burgerlike instellings soos Outa, AfriForum en Freedom Under Law as belangrike kenmerke van ’n volwasse grondwetlike demokrasie beskou. Dit word op dieselfde vlak as die rol van ’n vrye media gestel.

En dit is hier waar die rubriekskrywer Max du Preez in sy vendetta teen AfriForum en Solidariteit die toets druip. Hy maak onder meer daarop aanspraak dat hierdie instansies hulle “voordoen” asof hulle alle Afrikaners verteenwoordig. En nee dankie, hulle verteenwoordig hom nie.

Inderdaad. As Max nie lid is nie, is hy nie lid nie, en sal AfriForum hom ook nie met regsaksie bystaan tensy dit oor ’n kwessie handel wat die Afrikaner in die algemeen se belange raak nie. (En nee, nie alles wat AfriForum doen, handel oor die howe of, soos Max daarop fokus, rugstyfmakery teen wanorde nie.)

Maar terug na die taalkwessie. Hoe nou gemaak as Afrikaans op universiteite gerysmier word, hetsy geleidelik of met ferm pennestrepe, terwyl die Grondwet bepaal dat inheemse tale uitgebou moet word? Of dat voorsiening vir moedertaalonderrig op alle vlakke gemaak moet word indien haalbaar?

Kan strooipop-argumente werklik opweeg teen grondwetlikheid?

Hoe gebeur dit dat ’n bekende filosoof en hoogleraar in die media gal braak omdat AfriForum die grondwetlike weg volg om Maties tot die toepassing van hul eie goedgekeurde taalbeleid te dwing? Boonop maak hy emosionele stellings soos dat AfriForum probeer om Afrikaans as oppermagtige taal op Maties af te dwing, terwyl die goedgekeurde taalbeleid wat AfriForum wou ingestel sien, juis nie taaloorheersing van die een oor die ander behels nie. Maties moes buite die hof skik, en die prof het eier in die gesig. En nou moet weer hof toe gegaan word.

Ook by Kovsies het AfriForum eers gekorrespondeer (wat uit beriggewing blyk aanvanklik skynbaar geïgnoreer is). Dit lyk nie of Kovsies se bestuur, of selfs raad, gaan kopgee sonder die wolk van moontlike hofsake wat oor die kop hang nie. Dit sal interessant wees om te sien hoe sake hier verder verloop.

Diegene wat so oorleun om die molesmakers ter wille te wees, en daarom by verstek grondwetlike regte op te offer, moet as opvoedkundiges waak daarteen dat hulle, as opvoeders, nie die opvoeding besoedel deur die Grondwet as opportunisties verhandelbare weg te smous nie. Veral nie as die prys oorgawe aan anargie behels nie.

Ja, gesprekvoering voor regsaksie is noodsaaklik, en die howe plaas ook ’n hoë premie daarop as ’n saak desnieteenstaande voor die hof beland. Maar om grondwetlikheid self weg te smous en so die grondwetlike regte van selfs enkelinge op te offer, is nie vars nie.

In werklikheid is die regsproses veel komplekser as wat hier uiteengesit is. Soms is daar by wyse van spreke soveel regsmenings soos wat daar regslui is wat oor ’n saak besin. Die afwisselende bevindings van die verskillende howe waar die Renate Barnard-saak gedien het, toon dit duidelik, en Solidariteit neem die saak steeds verder vir internasionale beregtiging.

Juis daarom is dit so noodsaaklik dat burgerlike instellings deur ledetal en beskikbare geld sterk genoeg is om behoorlike regsmenings te verkry voordat “hof toe gehardloop” word.

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar, Rubrieke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

97 Kommentare

Kort-en-kragtig ·

Wat my verstom is die vermetelheid van hierdie twee organisasies om die Afrikaner te wil verteenwoordig terwyl derduisende Afrikaners salig onbewus is van die polities-korrekte betekenis wat hierdie organisasies heg aan die woord “Afrikaner”. Lees gerus AfriForum se toekomsdebatte in verband hiermee. Hulle gee voor om die belange van blanke Afrikaanssprekende Christene op die hart te dra, terwyl hulle in werklikheid die belange van die Afrikanerbond en hul vriende in die besigheidswêreld verteenwoordig…

Nou-toe-nou ·

Kort-en-kragtig, jy het nie ‘n idee waarvan jy praat nie! Sluit vandag by die 2 groepe aan en verseker ‘n toekoms vir jou en familie in die land.

Dee ·

Wel, om dit nou kort en kragtig te stel, wie dink jy gaan hulle steur aan jou gesanik?

Dirk Breytenbach ·

Kort en kragtig, net toe ek dink Max kan maar afgeskryf word as ‘n verbitterde individu wat nie kan besluit aan watter bevolkingsgroep hy behoort nie, lees ek jou kommentaar. Sameswerings teorie werk nie meer vir die deursnee Afrikaner nie, ons is lankal by sinisme en agterdog verby. Ons reageer op feite en aksies en is te besig om te werk aan ‘n beter toekoms vir almal in SA om vas te klou aan die verlede. As jy wil voorgee Afrikaners is onnosel of agterlik moet jy weer dink want daardie stereotipe bestaan net in mense se verbeelding. Daar is tans niemand behalwe die Vryheidsfront, Afriforum en Solidariteit met die nodige gravitas wat vir ons belange veg nie en ek kan jou verseker ‘n beduidende aantal mense aanvaar hulle. Verder veg hulle op ‘n inklusiewe basis vir almal se regte so erens het jy verward geraak met jou aannames en verbeeldingsvlugte. Diegene wat wat nie deur Afrikaner organisasies verteenwoordig wil word nie is welkom gaan lees jou grondwet. Eintlik is kommentare soos deur jou geskryf nie verdere reaksie werd nie. Ek vra om verskoning dat ek ander lesers se tyd mors deur op jou kommentaar te reageer.

Kort-en-kragtig ·

Dirk (en die ander lede van die “grondboontjiegalery”). Dis duidelik dat julle nié die moeite gedoen het om die toekomsdebat te lees waarna ek verwys het nie. Doen dan ten minste die moeite om die Afrikanerbond se “Standpunte” te lees op hul webblad. Julle behoort dan te besef dat daar bitter-min beginselverskille is tussen hierdie organisasie en Solidariteit/AfriForum. Hiervolgens is dit duidelik dat hulle die een-mens-een-stem grondwet aanvaar en boonop invloedryke persone moet wees om met die regerende party te kan onderhandel.

PauldB ·

Kort-en-kragtig
Indien jy hierdie tipe van stelling wil maak en ernstig opgeneem wil word, moet asb nie agter die Sosiale media se annonimiteit wegkruip nie! Of is jy ‘n lafaard!

Andrea van Vuren ·

Kort-en kragtig. Hoekom pak jy nie jou tassie nie en gaan vra Max du Preez om saam met jou die land te verlaat. Jy en Max hoort nie hier nie.

Dirk Breytenbach ·

Kort en kragtig ek wil graag weet of die “grondboontjie galery” grondboontjies vir die ape gee of is dit andersom? Al die Afrikaner organisasies deur jou genoem het een gemene deler en dit gaan oor die belange van Afrikaans sprekende belydende christene net soos wat daar ander kultuur en besigheid groeperinge is vir ‘n verskeidenheid van mense in die land . Die deursnee Afrikaner is nie verstok of verkramp nie ons aanvaar die werklikhede van SA en verlang nie terug na die verlede nie. Die Afrikaner is hier om ‘n verskil te maak en ons regte onder die grondwet uit te leef. As jy so braaf is gaan probeer die EFF of die ANC se mense sleg se en kyk wat dan gebeur, ons is vreedsame mense en ons is nie agterbaks soos jy insinueer nie. Soos jy sien gebruik ek nie ‘n skuilnaam nie en dit sal interessant wees om te sien wie jy werklik is. Ek is trots om ‘n Afrikaner genoem te word met inagneming van die verlede en jou gekerm maak my net meer vasberade om vir my plek in die son te werk en op te staan teen onregverdigheid waar nodig.

Kort-en-kragtig ·

Dirk. Terwyl die administrateurs van hierdie webblad besluit het dat die verwydering van my kommentare die beste manier is om op my “ongemaklike” vrae en standpunte te reageer, het jy besluit om soos ʼn 5-jarige tekere te gaan omdat ek jou bloot verwys het na objektiewe feite wat jy self kan nagaan. Ek het alreeds op “PauldB” se verwysing na my gebruikmaak van ʼn alias gereageer, maar ongelukkig is dit verwyder deur die verstokte en verkrampte administrateurs van hierdie webblad…

Rooijan ·

Kort en kragtig die meeste lede en bestuur van die ou afrikaner bond of dan die broederbond sit nou in Australië so ek is nie seker hoe jy voel Solidariteit en Afriforum verteenwoordig hul belange nie.

Kort-en-kragtig ·

Dirk. As jy my antwoord aan “Rooijan” gelees het, wat deur die stompsinnige administrateurs van hierdie webblad verwyder is, sou jy nie so lekker gelag het nie…

Jobeth ·

Kort en kragtig het jy toe jy klein was n pakslae gekry met n lat by n oom wat in die broederbond was??? Genade jou beheptheid met die mense gaan my verstand te bowe!!! Wat rook jy????? Die mense van Solidariteit en Afriforum help mense hulle rand hulle nie aan en verkrag hulle kinders nie….. Wat is nou eintlik jou probleem ? Jy wil iets sê maar jy weet nie hoe nie vat mense en groepe en partye aan wat afbreek en brand, jy klink soos iemand wat bang is! As ons nog 30 miljoen mense was sou ek jou behepteid met die Afrikaner verstaan het maar daar is so min Afrikaners Genade!!!! Mens sal sweer wêreldvrede hang van die klein groepie mense af. Ek dink jy is agterhaal . Ek sal graag wil weet of jy pak gekry het laat weet my!

alida ·

Mooi artikel Herman. Wie steur hul in elk geval nog aan ou Max?

Johan 2 ·

Nes jy sê Alida. Daai ou is so vêr van die werklikheid af as wat mens maar kan kom. Bly hy in die Kaap?

ZURI ·

Ag regtig Kort en Kragtig. Ek is lid van die Afriforum en Solidariteit en ek is en was nog nooit deel of lid van enige broeder bond nie. Nie ek of my familie of my vriendekring nie, maar Solidariteit het my al meer gehelp as wat ons huidige regering ooit kon doen. In my persoonlike kapasiteit het hulle vir my kind ‘n rentevrye lening toegestaan vir verdere studies wat geen ander instelling wou of kon gedoen het nie. Kry net jou feite reg. As hulle nie vir ons baklei nie wie dink jy gaan dit doen. Jy?????? Voor jy weer kommetaar lewer gaan doen bietjie navorsing wat daardie instansies doen. Jy sal jou hande saam slaan.

Kort-en-kragtig ·

ZURI. Ek het nêrens beweer dat alle lede van hierdie twee organisasies óók lede van die Broederbond is nie. Heelwat super ryk mense en organisasies doen so af en toe liefdadigheidswerk om ʼn goeie indruk te skep, terwyl hulle eintlike duistere doelwitte aan min mense bekend is. Selfs George Soros het al heelwat liefdadigheidswerk gedoen! Kyk gerus die video “The Afrikaner Broederbond” op YOUTUBE i.v.m. die AB en die organisasies wat nog grootliks deur hulle beheer word. Hierdie organisasies se eintlike doelwit is om enige teken van behoorlike blanke weerstand teen die regime in die kiem te smoor.

alida ·

Mooi so Zurie se hom !!! Party mense wat op die kantlyn sit en eiers le dink mos hulle is slim !!!

Petrus ·

Kort en Kragtig, die feit dat jy se ” gaan kyk op YouTube” stel die vlak van jou onkunde ten toon. Jy het absoluut geen benul waarvan jy praat nie. En se my, as die Solidariteit nie besiheidsbelange gehad het nie, hoe moet hulle oorleef of hul lede geld vermeerder tot meer beskikbare kapitaal? Rothchilds, Rockefellers ens by die debat in? Oh moet nie vergeet van Area 51 en die “Aliens” nie.

Kort-en-kragtig ·

Petrus. Hoe op dees aarde kan my “onkunde ten toongestel word” as ek iemand na YOUTUBE verwys? As jy die moeite sou doen om die video te kyk, behoort jy te besef dat internasionale geldbelange vir baie jare invloed gehad het op politici se besluite en dat daar dus geen onoorbrugbare kloof tussen groot geld en politieke besluite is nie. Jy besef blykbaar ook nie dat daar geldgierige opportuniste is wat mooiklinkende idees misbruik om andere mee te bluf of dat daar ʼn verskil is tussen dit wat politici dikwels sê en doen nie.

R. Eaton ·

Kort en Kragtig. Gee asseblief voorbeelde waar hierdie twee organisasies hul vriende in die besigheids wereld en die Afrikanerbond verteenwoordig.

Kort-en-kragtig ·

R. Eaton. Is jy ooit bewus van Flip Buys se onlangse toespraak by die FW de Klerk stigting en hierdie stigting se betrokkenheid by die besigheidswêreld?

Wynand ·

Kort en kragtig, jy het nie n benul van wat om jou aangaan nie en dit is jammer. Ek kan net goedpraat van Agri en Solidariteit. Hulle doen uitstekende werk en sonder hulle sou ons dit nie maak nie. Wees ‘n slag positief vir organisasies wat witmense help. Miskien moet jy gaan oplees oor van wanneer af Solidariteit al bestaan – dit sal dalk jou oe oopmaak en dan sal jy verstaan hoeveel Afrikaanse mense hulle al gehelp het. Lyk my jou kop het vasgeslaan by die die ‘bonde’. Skrik wakker .
Hulle help my en hoeveel ander met sudente- lenings vir universiteit ens. Hulle veg vir ons taal en ons bestaan. Hulle veg vir die boere wat so vermoor word. Wat doen jy om te help? Sit agteroor en lees die drek wat Max opdis? Kry ‘n lewe. Jy is totaal agter die klip.

Kort-en-kragtig ·

Wynand. Sover ek weet het hierdie twee organisasies alreeds met regeringsleiers gesprek gevoer oor die bekamping van plaasaanvalle. Wat hulle jou nooit sal vertel nie is hoe hulle van plan is om dit te doen. Gaan hulle pamflette uitdeel aan al wat onwettige immigrant en plakker is of gaan hulle nog steeds daarop aandring dat ʼn een-mens-een-stem eenheidstaat die beste oplossing vir ons land se probleme bied? In plaas daarvan om in vuisgevegte met EFF-ondersteuners betrokke te raak, behoort AfriForum eerder mense in te lig oor die ware oplossing vir ons probleme, nl. die vestiging van ʼn onafhanklike blanke volkstaat en nié alewige hofsake en petisies nie!

Dirk Breytenbach ·

Goed opgesom! Met mense soos jy het ons ‘n toekoms!!!!

Disselboom ·

Moet my nou nie as ‘n Kort-en-kragtig-ondersteuner sien nie. Dit is egter die moeite werd vir elkeen om homself op hoogte stel van die FW de Klerk-stigting en die wie-is-wie wat daar optree en daarvandaan befonds en ondersteun word, te leer ken. Dis heel interessant, veral omdat soveel van die mense wat die nuwe Suid-Afrika oor ons gebring het, nog leef. Kennis is mag.

Reinhardt ·

Dit is nou baie van topic af, maar het julle die resultate gesien vir die poll aan die regterkant? 18% gaan nie stem nie… ek verneem daai 18% maak ook baie geraas op sosiale media oor hoe die land besig is om te vergaan.

Erns ·

Dan sal ek vir Kort-en-kragtig moet vra wat sou hy voorstel doen ons vir die behoud vir ons taal , kultuur en voortbestaan as Afrikaner?

Johan 2 ·

Hy sal nie weet wat om te doen nie. Klink my hy wil net wegtrek opper as oplossing.

Kort-en-kragtig ·

Erns en Johan 2. Ek het mos hard en duidelik in een van my vorige kommentare verwys na die enigste blywende oplossing wat “ons taal, kultuur en voortbestaan as Afrikaner” sal verseker, nl. die vestiging van ʼn onafhanklike blanke volkstaat!

chrisp ·

Ek is van mening dat Marx du Preez geen meningsvormer is behalwe miskien 2% van die Afrikaner nie.
Sy braaksels is so niksseggend dat selfs die 2% wyd oorskat word.

Ons moet egter nie sy sieninge en voorspellings heeltemal ignoreer nie want sien as hy een ding se doen of aanvaar net die teenoorgestelde en jou kans is ‘n A+ om reg te wees.

AfriForm het meer reg om namens my te praat as die geteem en oorgee houding van die man.
Al hoekom hy nog gebruik word is omdat hy so lagwekkend is soos vele komediante maar droom om te wees,hierdeur lok hy reaksie uit op netwerk 24 en jaag die lesers getalle op,dit is al(gaan kyk maar hoe word die man verafsku).Verder is hy ook van groot waarde omdat hy die Afrikaner begin wakker maak in die sin dat ons grootste vyande ons “eie” mense is en nie die swartmense as geheel nie.

Die antwoord is baie eenvoudig.
Wat het Max bereik vir die Afrikaner?
Wat het AfriForm bereik vir die Afrikaner?

Volgens die antwoord wie praat grootliks vir die Afrikaner?

Roger B ·

Du Preez en sy meelopers (ek wil die term “mede huigelaars” gebruik), se standaardkommentaar teenoor diegene wat nie so stroom-op redeneer soos hulself nie, is mos kwansuis dat hul nie Afrikaans of die Afrikaner verteenwoordig nie. Wie dan…..Hul ou groepie linksgesindes, hul propaganda-nuusblaaie, die ANC, die DA….?????

Dirk Breytenbach ·

Nou besef ek eers Max probeer eintlik om ‘n komediant te wees. Meningsvormer is hy nie, redelik ook nie. Wel verward en bang. Sy vlak van redenering en objektiwiteit laat veel te wense oor. Al probleem is die situasie in SA is alles behalwe komies.

John ·

Kort-en-kragtig vanuit jou naambeskrywing klink jy na ‘n man vir kragdadige optrede. Laat weet meer oor jou organisasie. Ek stel belang om ‘n groot som geld te skenk. Jy klink vir my na die regte persoon om hierdie landjie reg te ruk. Is jy links of regs van die reenboogspektrum of is jy nou per ongeluk op die amarula-stasie?

Kort-en-kragtig ·

John. Ek behoort ongelukkig aan geen organisasie nie, maar probeer om op my eie beskeie manier mense in te lig oor die ware oorsake (en ware oplossing!) vir hierdie land se probleme. Ek glo dat die daarstel van alternatiewe media wat kan dien as teenvoeter vir die propaganda vanaf die regering se SABC, Solidariteit se Maroelamedia en Afrikanerbond se Naspers, ons belangrikste prioriteit behoort te wees.

Bruno Stef ·

Kort en Kragtig dit is so duidelik soos daglig dat jy ook groot bewonderaar van die seunse weenkoor is.Julle hele skrywes en kommentaar is daarop ingestel om Solidariteit en Afriforum verdag te maak omdat julle weereens n wig tussen die Afrikaner publiek wil indryf.As julle net n druppel van die integriteit van Flip Buys en andere woordvoerders gehad het sou die oorgrote meerderheid julle gesteun het.Du Preez en sy rugkrappers se sienings is in elk geval irrelevant terwyl Solidariteit Afrikaners van alle oortuigings tot n gedugte groep saamsnoer so skei uit met jou ongevraagde kommentaar.

Wynand ·

Kort en kragtig- wat gaan jy doen om die blankes wat aangeval en vermoor word te help.
Lees die eerste berig nou op hierdie blad en kyk wat het met ‘n vrou gebeur op die trein.
Ek sal graag jou kommentaar daaroor wil hoor.
Wat is jy bereid om te doen om ons land te red? Of sit jy net op die kantlyn ? Jy moet sooo bykom- ek kry jou eintlik jammer.

Kort-en-kragtig ·

Wynand. Ongelukkig het ek nie die hoeveelheid geld en toegang tot die hoofstroommedia wat Solidariteit/AfriForum het nie. Daarom poog ek om d.m.v. my skrywes ʼn verskil te maak. As jy in die klas opgelet het, sou jy besef het dat hierdie twee organisasies hoegenaamd géén plan het om bv. iets te doen aan die toenemende plaasmoorde nie, behalwe om miskien pamflette uit te deel en met die Polisie en ANC se Minister van Landbou hieroor te gesels…

jaycee ·

Max het altyd ‘n windeiertjie te le wanneer dit oor Afrikaners en Afrikaans gaan. Dis sy volste reg om sy mening uit te spreek maar lesers verwag darem dat Max [‘n gesoute joernalis] meer insig oor ‘n saak soos hierdie sal openbaar. Dat Max se anti-Afrikaner/Afrikaans siening nou ook op Solidariteit en Afriforum gerig word, is iets wat mens van Max sou verwag. Maar dink hy byv die aanhitsers van die oproermakers by ons universiteite verteenwoordig alle studente? Nee. En die owerhede hanteer hierdie kriminele [iemand wat eiendom vernietig is ‘n krimineel] met die ontsag wat hulle nie toekom nie. Is Max hierdeur gepla?

Dirk Breytenbach ·

Max is nie in staat om die ware toedrag van sake te beredeneer nie daarom sy onregverdige en venynige kritiek op Afrikaner instellings. Sy skryf styl getuig van een of ander verbittering wat erens in sy lewe ingetree het. Ek kry hom jammer want hy moet baie eensaam wees.

chrisna ·

Dalk moet julle vra vir watter party max ondersteun? Het hy nie op n tyd vir die ANC gestem nie? Of kort en kragtig hou van afriforum of solidariteit, wat maak dit saak? Elkeen vir homself in ideologie. Baklei vir dieselfde ding, DIE AFRIKANER. Stop om met mekaar te baklei.

Kort-en-kragtig ·

chrisna. Maar wat op dees aarde is ʼn Afrikaner? Is dit ʼn blanke Afrikaanssprekende persoon aldus die meeste Engelse woordeboeke, of kan enigiemand, ongeag ras of kleur, ʼn Afrikaner wees indien hulle sou “tuis voel” binne die Afrikanergemeenskap – aldus Flip Buys??

Trolle ·

Al wat ek weet ek vertou niemand meer nie nie eens my vriende almal het aaklige mense geraak wat jou net sal gebruik en jou dan weer in die rug steek.Altyd nog gestem dit is die eerste jaar wat ek vir niemand wil stem nie want ek vertou niemand nie almal maar dieselfde.
Meskien moet ek maar sommer om snaaks te wees ANC stem dat hulle ons almal op n hoop kan jaag sodat die Afrikaner n slaggie kan wakker word en sien wat gebeur om hulle en n slaggie weer kan saamstaan.

Pieter ·

Hallo daar. Sal graag wou weet of jy al vir die VF+ gestem het. Indien wel hoe het hulle jou teleur gestel? Net vir intresantheid.

JB ·

Saamstaan maak nie deel uit van die Afrikaner se genetika nie. Jare se inteling het ‘n nasie gebaar wat bestaan uit huigelaars, manteldraaiers en karakters wat hul eie ouma deur die ore sal werk vir ‘n R10 noot. Dit is juis hierdie totale gebrek om as eenheid te kan dink en te kan funksioneer, wat deur ander uitgebuit word. Dan wonder ons soms wie is nou eintlik dom? Ek haal my hoed af vir die groep Afrikaners wat steeds morele waardes het en met trots die aanslag weerstaan van mede “afrikaners” en ander groepe in hierdie land.

MdP ·

Max se betrokkenheid met die ANC het begin lank voordat die ANC aan bewind gekom het. Hy het in 1988 ‘n koerant gehad “Die Vrye Weekblad”. ‘n Radikale koerant vir dié tydperk.

Trolle ·

Peter dit lyk of hulle ook maar saam met die duiwel dans,ek weet nie bewys jy my verkeerd.

Celia ·

As jy ni stem nie is dit n stem vir die ANC!
Stem vir die Vryheidsfront Plus- terwille van wat hulle werklik doen vir ons mense. Moenie wegbly van die stembus nie. Dit is die regte ding om te doen as jy n blanke Afrikaner is. Staan op.Staan saam.

Meraai ·

Van waar ek staan, het dit gelyk of die EFF in die meeste gevalle “gesucker punch”het.
(Sou dit dalk sluipklap in Afrikaans kon wees?)

wynand ·

Kort en kragtig lees ook die berig van die 15 jarige dogter wat vermoor is toe sy gaan draf het. Watis jou siening daaroor?Ons wag om van jou te hoor oor wie ons moet beskerm?

Kort-en-kragtig ·

wynand. Baie Solidariteit/AfriForum ondersteuners reken dat ons maar ons knieë moet stukkend bid en hoop dat gedurige hofsake en petisies ʼn verskil sal maak aan die wantoestande. Vergelyk nou hierdie lg. lagwekkende voorstelle met my voorstel i.v.m. die vestiging van onafhanklike volkstate vir die verskillende bevolkingsgroepe…

Hannes marais ·

Kort en kragtig.jys heeltemal korrek..eks in elkgeval nie n Afrikaner nie..eks n Boer

david ras ·

Darem tog te snaaks—Herman Toerien skryf ‘n baie goeie artikel. Uit die 24 kommentare
daaronder, is 11 reaksies op ‘n kommentaar van ene “Kort en kragtig”—nie op die oorspronklike skrywe nie. !
So maklik word ons , ja kom ons noem onsself maar Afrikaners , van die spoor af gelei.

Hoe sien ons, die gemiddeld ingeligte Afrikaner vir Max du Preez ? Meningsvormer ? Wel hy vorm nie my mening nie, ek vorm my eie mening na aanleiding van die feite voor my.
Dus. ek ignoreer die ou fossiel heeltemal. En as almal hom ignoreer, het hy geen straatwaarde (street value) nie en sal diegene wat hom nog ‘n praat/skryfplek aanbied hom weglaat.

Verseker het ons Afriforum en Solidariteit nodig. Solank as hulle as drukgroepe optree. Ek verskil wel soms baie met die metodiek van veral Solidariteit in hulle stryd oor Regstellende Aksie. Na my mening is dit onvermydelik dat Reegstellende Aksie in SA in Minderheidsonderdrukking sal ontaard, gegewe die bevolkingssamestelling van ons land.

Mens kan nie protesteer dat Regstellende Aksie “onregverdig “toegepas word nie Daardeur erken jy dat die regmatige bestaan van die stelsel.

As Afriforum se jonges begin spiere bult is die boodskap duidelik–as jy moeilikheid soek gaan jy dit kry.

Goddo ·

Ek stem volkome met jou saam. Max du Preez is ‘n hasbeen en soos Zuma se seun gesê het ” ‘n verbitterde ou man”. As hy nie nou al ontnugter is nie gaan my verstand te bowe@

MdP ·

Max du Preez is ‘n “has-been”. Hy was in die apartheidsjare aktief baie bedrywig vir die ANC. Nou dat hy feitlik deur hulle uitgeskop is, het hy nog steeds ‘n mening oor alles. Hy het absoluut alles versaak vir die ANC. Sy kommentaar is nie die moeite werd om te lees nie. Hy het bevoorreg groot geword en daarom het hy nie ‘n benul wat die twee organisasie vir die blankes beteken wat al so verarm is dat hulle boemelaars en in sinkhuisies moet woon nie. Hulle weet nie waar hulle volgende maaltyd vandaan kom nie. Dan het hy die arrogansie om die twee organisasies aan te vat wat die blankes behulpsaam is. Hy moet uit sy droom wêreld wakker skrik.

Melt Olckers ·

Die feit dat Afriforum, Solidariteit en Helpende hand uit betalende lede bestaan is genoeg om te bewys dat hierdie organisasies namens die Afrikaans sprekende bevolking optree.

Kort-en-kragtig ·

Melt. Maar het die oorle Nasionale Party nie ook uit betalende lede van die “Afrikaanssprekende gemeenskap” bestaan en namens hulle opgetree nie??

Justa ·

Wanneer gaan ou Max nou ophou met sy Afrikaner “bashing” Ek het sy rubriek Sondag in Rapport gelees en my bloedig vir hom vererg. Volgens hom moet ons met swart studente gesels en Afriforum se magsvertoon versterk die vooroordeel teen Afrikaners en wakker antiwit sentiment aan. Ons het lank genoeg die knie gebuig en dit het ons niks gehelp nie Max. Afriforum probeer darem iets doen. Max wat het jy al gedoen???

Loeis ·

Toerien maak soos gewoonlik, baie goeie punte.

Mens moet ook in gedagte hou dat die ANC 62% setels in die parlement het. Hulle invloed is ongebalanseerd sterk, en die ANC wen natuurlik elke keer wanneer die parlement oor iets stem. Dit is nie opposisie partye nie, maar die grondwet wat tussen die ANC en absolute mag staan. In Suid-Afrika maak dit gevolglik sin, meer as in meeste ander grondwetlike demokrasie, dat dit werklik nodig om jou tot die reg te wend wanneer daar op jou regte getrap word.

Elke opposisie party dra egter tot die bietjie balans wat ons wel het by.

Een organisasie sal seker nooit namens ‘n hele volk praat nie, en Solidariteit / Afriforum het ook al vir kleurlinge in die hof baklei.

Max du Preez se aavalle op bg beweging laat mens ook onwillikeurig dink aan die DA se nuwe leier wie VF+ eenkeer aangeval het en gese het dat VF+ nie namens die Afrikaner praat nie.

Mens moet soms maar net dikvellig sulke kritiek ignoreer.

Kort-en-kragtig ·

Loeis. Hou asb. in gedagte dat kleurlinge ook “Afrikaners” kan wees indien hulle sou “tuis voel” binne die Afrikanergemeenskap – aldus Flip Buys. Weereens het ons hier te make met verwarring aangaande die “ware” betekenis van die woord “Afrikaner”…

Ben ·

Kan iemand my ‘n groot guns doen en my vertel wat n Afrikaner is? En moet asb nie rugby en braai noem nie, ek ken baie Afrikaners wat nie rugby kyk nie en baie Zulus en Ndebeles (onder andere) wat meer as ek braai…

Dirk Breytenbach ·

Rugby en braai was nog nooit ‘n kriterium nie. Jy sal weet of jy een is of nie. Nie alle Afrikaans sprekende Suid Afrikaners sien hulself as Afrikaners nie want hulle het verengels en is vreesbevange om as Afrikaners gesien te word. My persoonlike estimasie is dat daar net so ongeveer 1.5m Afrikaners is.

Ben ·

Dirk, dit is mos nie n behoorlike antwoord nie. Al wat ek vra is n definisie.

Veritas ·

Dagsê Ben. Soos ek dit sien is ‘n Afrikaner die Afrikaanssprekendes wie se voorouers nie die Groot Trek meegemaak het nie. Die Boere daarenteen, is die nasate van dié wat wel die moed gehad het om dit aan te durf en bereid was om die magtige Engeland die stryd aan te sê.

Kort-en-kragtig ·

Ben. Doen jouself ʼn groot guns en doen ʼn vinnige Google-soektog op die woorde “definition of Afrikaner”. Vergelyk dan die vele soortgelyke definisies in prominente Engelse woordeboeke met Flip Buys se insiggewende artikel, “Wie en wat is ʼn Afrikaner?”…

Veritas ·

Dagsê Kort en Kragtig. In ‘n ideale wêreld sou jou voorstel, van ‘n Volkstaat, beslis gewig gedra het. Ongelukkig lewe ons in die een-en-twintigste eeu en sedert die dag nadat Adam en Eva uit die Paradys verdryf is, was die wêreld nog nooit weer ‘ideaal’ nie. Enige sg Volkstaat, gebaseer op taal en kultuur sal nie prakties haalbaar wees nie. Veral nie in die geval van die Afrikaner, wat deur die wêreld as rasiste beskou word, nie. Geen land ter wêreld kan in isolasie voortbestaan nie. Ek glo dit sou Hemels wees as dit haalbaar was. Ons enigste kans om die voortbestaan van Afrikaans te verseker is deur organisasies soos Afriforum en Solidariteit.

Kort-en-kragtig ·

Veritas. Jy vergeet dat verskeie Europese lande vir honderde jare hoofsaaklik bestaan het uit ʼn homogene bevolking met een taal en gemeenskaplike kulturele waardes. Ek wonder hoe lank Afrikaans gaan “voortbestaan” in universiteite bestaande uit meer as 80% anderskleurige studente wat in Afrikaans onderrig word…

Magda ·

Kort-en-kragtig…die meer as 80% anderskleurige student wat in Afrikaans onderrig word, word uit EIE KEUSE in Afrikaans onderrig, niemand hou wapens teen hulle koppe en dwing hulle nie, hule het ander opsies, wat se punt wil jy maak?

Retief ·

Kort-en-kragtig, jy sit die pot kort en kragtig mis! Die Broederbond bestaan nie eens meer nie. Dis nou die Afrikanerbond. So jy weet duidelik nie waarom dit gaan nie. En as jy ju nog aan die verbitterde en gefrustreerde Max du Preez steur, sit jy nie net die pot mis nie, jy val sommer van die wal af in die sloot!

Kort-en-kragtig ·

Retief. Die Broederbond het bloot ʼn naamsverandering ondergaan en het nog steeds ʼn beduidende invloed op derduisende Afrikaners d.m.v. kerke, politieke partye en organisasies soos o.a. die NG Kerk, Naspers, die DA en selfs die VF+ en natuurlik Solidariteit en AfriForum. Kyk gerus eers die YOUTUBE video, “The Afrikaner Broederbond”, voor jy weer jou naam met ʼn plank slaan hier in die openbaar…

Dirk Breytenbach ·

Dis duidelik dat daar nog mense is wat die Broederbond aanhoudend wil gebruik om Afrikaners mee af te ransel. Ek glo nie hulle weet eintlik waaroor dit gegaan het nie maar hulle sanik tot vervelens en tot vermaak van ons opponente. Dit klink eintlik meer soos suur druiwe. Die Broederbond is iets van die verlede of mense dit nou wil erken of nie. Dit word net deur onkundige rand figure gebruik om Afrikaners af te kraak en dit nogal deur mense wat dalk kon kwalifiseer as Afrikaners deur afkoms en geboorte. As iemand van Afrikaner afkoms sy herkoms en geskiedenis misken weet ek nie waar hulle sal inpas nie want Engels is hulle nie nog minder Zulu of Khosa (eintlik identiteitlose lamsakke). Diegene ontken ook seker hul aandeel in die vergrype van die verlede ipv om verantwoordelikheid te neem en te help bou aan ‘n volhoubare samelewing. Ons mors tyd om ons aan hulle te steur.

danie ·

Ek is n afrikaner, en afrikaans, en nie een van die organisasies verdien om namens my te praat nie. Meskien kan hulle hul lede iets anders noem, want hulle stel my as afrikaner In die verleentheid. Nie alle afrikaaners sit binne hul huise en wag vir die wereld om te vergaan nie. En om agter christinskap te skuil help ook nie altyd nie.

Dirk Breytenbach ·

Nou wie praat dan namens jou? EFF, ANC, Inkatha, VF, DA???? Hoekom sou hulle jou in die verleentheid stel, wil jy dan ‘n token engelsman of Zulu wees?

GRB ·

Kort-en Kragtig, (en Danie) dankie jy is die enigste persoon hier wat verstaan wat regtig aan die gebeur is in SA en nie aan jou neus rondgelei word nie.
Ek stem heelhartig met jou saam!

Fanie ·

Hannes, die Bybel sê tereg dat mens nie op mense moet vertrou nie, maar dit sluit mense soos jy en ‘kort en kragtig’ in wat leuns versprei en organisasies wat hulself bewys het verdag maak. Julle is die EFF’s vd Afrikaner- afbrekers ipv bouers- en ‘n belangrike rede hoekom soveel Afrikaners belangstelling in als verloor het weens jul paranoia.

Chris H ·

Kort en kragtig is nie heeltemak reg in sy siening met Afriforum en Solidariteit nie. Hulle doen goeie werk en ek ondersteun hul. Maar Kort en Kragtig het ook n goeie punt beet deur dat Afriforum en Solidariteit niks meer as net “hof toe gaan” sal doen nie. Dit is duidelik dat die ANC en EFF geen respek vir die howe het nie.
Al manier hoe ons “Boere” /Afrikaners veilig en uit die verdrukking sal wees is om saam te staan, en sien wie eintlik ons vyand is en ons self bevry van hierdie dwase wat in beheer is.
Ons sal n onafhaklike staat moet kry en vir onsself en kinders n beter toekoms gee.

Iets om oor na te dink: Ons is die enigste land in die wêreld waar 90% van die tax payers nie vir die regerende party gestem het nie! As die afrikans ophou tax betaal dan sal die ANC en regering heeltemal plat val!!

Magda ·

Kort-en-kragtig, jy het duidelik nog nie self die moeite gedoen om mooi te gaan kyk waarvoor hierdie 2 organisasies hulle beywer nie,trouens dit is dieENIGSTE bietjie lig in die tonnel wat die AFRIKANERS nog het, en weet mooi daar is n verksil tussen n AFRIKANER, SUID-AFRIKANER en AFRIKAAN. Ek is n trotse AFRIKANER, op grond van my kultuur,taal en Godsdiens, mens kan nie sommer net n AFRIKANER word nie…

gatiep ·

Dis net die afrikaner wat bedreig word nie alle wit nasies is vandag in gevaar om hulle herkoms en taal te verloor.
Ek wens ek kon vir Trump stem
Want dit lyk of die wereld oorlog verklaar het teen wit mense en niemand sien dit raak nie.

John ·

Miskien moet ons die strydbyl begrawe want die aanvalle op die Boere nou presies regkry wat dit beoog, nl om wanorde te skep. Die Boere en hul taal word bedreig en nuwe maniere moet gevind word om ons regte en bestaan te verseker. Duidelik is die VF Plus nie meer genoeg nie. Ons kry nou hulp by vanuit ander oorde wat goed is. Wat mense deurmekaar maak en kritici uitbuit, is dat daar nie ‘n duidelike plan van aksie en beleid is waarmee geidentifiseer kan word nie. Beskuldigings en beledigings binne ‘n groep en om vrot tamaties te gooi na eie mense is dwaasheid. Miskien is ‘n kongres of … of ‘n plan van aksie en duidelike leierskap nodig. Ek is eintlik bang om laasgenoemde te se want dan volg die volgende oorlog. Ons val nou die een man aan maar eintlik verteenwoordig hy die onsekerheid wat by ons mense aanwesig is. Dis ‘n baie komplekse saak. In ‘n eie ‘land’ in Afrika gaan ons eers ‘n atoombom moet maak om soos Israel ons bestaan te beveilig voordat een mielie geoes kan word. Saam met die 60milj+ gaan sake nie verbeter nie, want die VVO+ gaan niks doen nie. Hofsake loop uit op die mors van rande+.

Disselboom ·

Hierdie gesprek wys eintlik ‘n groot gaping in die Afrikanerpolitiek, naamlik dat daar nie gesonde wisselwerking van regering en opposisie is nie: daar is nou net een organisasie (Solidariteit en Afriforum is vir doeleindes van die begrippe wat hier bespreek word, een organisasie) wat dan gesien word as Afrikaner-verteenwoordigers, in opposisie tot alles anders; die regering, die ANC, die EFF ens. Ons het ‘n gebrek aan gesonde Afrikaner-politieke aktiwiteit en bereidheid tot gesonde debat.

Dit wys dat die Afrikaner homself maar as ‘n magtelose minderheidjie in ‘n andersvolkige see in Suid-Afrika sien. Wat ons nodig het, is om onafhanklik en selfregerend te begin dink en optree, as die leidende volk in Suid-Afrika (nie polities-korrekte stelling nie, maar die telbord van Afrika wys een land wat ver vooruitgegaan het die afgelope eeu of wat met niemand anders as die Afrikaner as hoofspeler nie, terwyl ander rondgly).

Disselboom ·

Laaste frase moet lees: “….afgelope eeu met niemand anders as die Afrikaner as hoofspeler nie, terwyl ander rondgly.”

Johannes Meintjes ·

Dit is jammer dat die “meerderheid Afrikaners” (nog) nie platforms het waarvandaan daar koning gekraai kan word nie, – maar dit moet aanstons reggestel word. Na mening is AfriForum en Solidariteit egter enige en waardevol in hulle soort onder die Afrikaans-sprekende. Die uitdaaging is moontlik daarin gesetel dat die volle Afrikaner en Boerevolk spektrum nie saamwerk om al die middele en trefkrag van elke beskikbare en bestaande Afrikaner-organisasie doelmatig, doelgerig en oorhoofs-samewerkend in een wedersyds-aanvullende dampkring te benut nie.

Disselboom ·

Solank Solidariteit/Afriforum ten minste iets doen, en suksesse behaal, of dit nou klein of groot en of dit nou kort- of langtermyn doeltreffend is tersyde, is hulle die stem van die volk. Of hulle werklik ‘n volksbeweging (m a w Afrikanerbelange) is, en of hulle ‘n minderheidsregte-beweging is, is egter nie so duidelik nie – van die kommentare en vrae wat hierbo gevra word, kan doen met duidelike standpuntinname en meriete.

Die kommentare bevat ‘n versugting vir ‘n Afrikaner-organisasie. Is Solidariteit/Afriforum (S/A) gemaklik om daardie rol heelhartig en eenduidig te vervul? Dis immers die betrokke organisasie se voorreg om te wees wat hy wil wees.

Hoeveel van S/A se bestuur is verkose en hoeveel is bestuursaanstellings? Daar moet dan ook oor gepraat word as mense meen S/A moet doen wat die volk wil hê.

Dawid ·

Klink my kort-en-kragtig se stellings is nie baie populêr nie. Ek het self nie ondersoek gedoen oor sy stellings nie, maar kan wel sê dat ek 100% saam met hom stem dat die Afrikaner n onafhanklike volkstaat moet bekom.
Daar is duidelik geen plek vir die wit Afrikaner in huidige SA nie, en dinge word ook nie beter nie. Ek sal enige persoon en/of organisasie ondersteun wat kan druk om dit uit te rig. Wat het ons oor om te verloor?

Wynand ·

Ek dink Max moet sy goedjies pak en in ‘n ander land gaan woon. Dan kan hy daar twak kwytraak. Hy is ‘n diep ongelukkige mens en dit skyn deur in sy skrywes, hy word nerens aanvaar nie. ‘n Draadsitter. Hulle is gewoonlik mense wat nerens hoort nie. Kry vir jou ‘n ander land. Ons soek jou nie hier nie.

Armando ·

Ek stem heelhartig met K-E-Kragtig saam wat betref die onafhanklike Volkstaat. Daar is geen ander werklike langtermyn redding vir die Afrikaner nie. Of dit maklik haalbaar is, is ‘n ander saak. ‘n Ander saak is ook dié van wie ‘n Afrikaner is en wie nie. ‘n Groot gees van die onlangse verlede het dit uitgespel en dit staan op skrif, natuurlik met die nodige “Jy praat nie vir my nie” kommentaar daarby. Vir die huidige het ons min keuse as ons ‘n saak in die hof wil voer as om Afriforum te gebruik. Hulle is bruikbaar, hoewel nie baie diepsinnig nie. Geluk, Kort en Kragtig, jy het ‘n goeie saak gevoer.

Kort-en-kragtig ·

Armando. Baie dankie vir jou positiewe kommentaar! Ek waardeer dit opreg. Hofsake kan nuttig wees, maar ons moet in gedagte hou dat dit ook sommige mense finansieel verryk terwyl dit nie ʼn blywende oplossing vir ons probleme bied nie.

Rooijan ·

Elke keer as mens net begin dink dat die afrikaner uiteindelik genoeg motivering het om sy verskille te vergeet en saam te werk vir ń gesamentlike toekoms, dan kom ń mens iemand soos kort en kragtig tee en jy besef weereens dat as daar 10 afrikaners in ń dorp is is daar waarskynlik 10 politieke partye. Want saamstaan en saamwerk is uit elkeen wil op sy eie mishopie koning kraai.

Kort-en-kragtig ·

Rooijan. Hou asb. in gedagte dat daar ʼn wesenlike verskil is tussen “saamstaan” met misleiers binne-in prominente invloedryke organisasies en eendragtige optrede ten einde ʼn blywende oplossing vir alle Suid-Afrikaners se probleme te bewerkstellig.

TTh ·

Solidariteit en Afriforum verteenwoordig reeds ‘n goeie aantal Afrikaners (Boere en Kapenaars ingesluit). Dit is die enigste organisasie wat binne die grondwet aksie neem tot regspleging vir die Afrikaner. Ek is lid by albei en trek peil op hul ondersteuning waar ek nie self aksie kan neem nie. Baie dankie aan hierdie organisasies vir hulle volgehoue energie en toekomsblik. Wanneer die land in anargie gaan verval is dit al spreekbuis wat die geteikende Afrikaner sal kan oproep tot order en aksie – dit bly my verwagting op hierdie stadium. Max en sy volgelinge is net ‘n irritasie soos ‘n lastige vlieg…

John ·

Ons moes voor 1994 ‘n eie volkstaat geskep het as ons wou. Om nou te gaan smeek of veg vir ‘n stukkie grond vir die witman as die patetiese bedreigte spesie, is niks minder nie as wensdenkery laatnag langs die braaivleisvuur. Watter deel van die land hoop ons vriende om die waens staan te maak? Waar niks is nie, is geld en bloedsweet soos na 1652 weer eerste op die lys. Watter geld en wie gaan werk? Orania? Daar was al klaar stemme vir die ANC en die EFF gedurende die vorige verkiesing. Ek is bevrees ons is nou ‘Israeliete in Egipte’ en ons lot in die hande van ons Baas daarbo.

TTh ·

… wag, gee kans, die mense/afrikaners het nog nie besef waarmee die ANC, SAKP en hul meelopers besig is nie, want niemand is bereid om daaroor te berig nie. Die anc stem (me) op Orania was plaaswerkers van buite die dorpsgebied wat daar kom stem het, die DA stem (me) was mense wat soos enige ander plek, daar ‘n kans kom vat het. Orania se mense is puik met al hul foute, hulle is ‘n fantastiese bewys van vasbyt en aanhou, dis lekker om daar te wees, jou eie mense (foute en al), taal, kultuur en skoon dorp met vrede en voorspoed en vooruitgang …

Marous ·

Die hele Weense Seunskoor en hul maatjies en hul families word vriendelik versoek om te trek vanuit hul veiligheids kompleksies en op ‘n plot te gaan bly sonder sekuriteit , met selfoontjies sonder opvangs , kinders wat na gewone skole toe moet loop ….net vir ‘n jaar….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.