Nuuskommentaar: Afrika-aanwas kniehalter sy ontwikkeling

afrika kontinent africa

Argieffoto.

In ’n VN-verslag wat soos ’n vars bries die “politiek-korrekte” Afrika-werklikheid – dié van aanwas – onomwonde eerlik stel, word benouende data verskaf oor hoe die kontinent hom behoorlik uit sy bestaansvermoë reproduktief verwyder.

Dit lyk egter nie of die kwessie in Afrika al ’n polities aanvaarbare besprekingsonderwerp is nie, en eerder op simptome soos korrupsie gefokus word.

Afrika se bevolking sal teen 2050 op 2,5 miljard te staan kom, byna 1,3 miljard meer as nou. Ongeveer die helfte van die aarde se bevolkingsgroei tussen nou en 2050 sal in Afrika plaasvind, en meer spesifiek in Afrika suid van die Sahara, waar vroue gemiddeld vyf kinders kry, drie meer as in Europa. In Niger kry vroue gemiddeld sewe kinders.

Dit blyk uit ’n verslag van die VN.

Boonop, omdat Afrika se bevolking so jonk is, sal die aanwas geweldig toeneem wanneer dié jong mense begin kinders kry.

“Voedselsekerheid word ’n groter probleem, met die owerhede wat die snelgroeiende bevolking probeer voed,” aldus Alisa Kaps van die Berlynse Instituut vir bevolking en ontwikkeling, outeur van die verslag. As die ontwikkeling van infrastruktuur nie met die bevolkingsgroei tred hou nie, ontstaan groot probleme soos te min skole, goeie gesondheidsorg, paaie en elektrisiteitsvoorsiening.

’n Probleem is dat baie Afrikalande toekomsvisies het, maar dat dit by praat bly. Tog het bevolkingsaanwas die afgelope aantal jare in alle Afrikalande afgeneem, vinniger in sommige lande as in ander, aldus die verslag.

Dit lyk egter nie of Afrika self die belangrike aspek van te vinnige bevolkingsaanwas in die oë wil kyk nie. Toe hy onlangs die gasspreker by die Afrika Ontwikkelingsbank se beraad in Suid-Afrika was, het pres. Ramaphosa ’n wye reeks faktore soos korrupsie en burokrasie uitgelig as faktore wat verhinder dat die kontinent se ekonomie behoorlik ontsluit. Ramaphosa het onder meer daarop gewys dat Afrika jaarliks sowat $130 miljard moet bymekaar maak om aan sy infrastruktuurbehoeftes te voldoen.

Die aanwasprobleem is egter nie onder die loep geneem nie.

Tydens die Zuma-bewind was dit verstaanbaar dat dit ’n sensitiewe kwessie was om die aanwasprobleem aan te roer, synde die destydse president in die orde van 21 kinders het. Hierdie nagmerrietyd is egter nou iets van die verlede en dit is tyd dat die werklikheid hard en duidelik aangepak word. Natuurlik sonder om ander kwessies soos korrupsie nie ook behoorlik vas te vat nie.

Dit kan stellig nie ontken word nie dat eiebelang by die wêreld buite Afrika suid van die Sahara ’n rol speel dat die werklikheid nou so uiteengesit word – polities inkorrek of nie. Europa beleef ’n reusestroom van onwettige emigrasie uit Afrika. In Europa word al hoe meer verset ervaar, en regse en verregse groeperings is aan die toeneem. Europa se probleme sal aansienlik minder wees as Afrika se hulpbronne ontsluit kan word om behoorlik na sy eie bevolking om te sien – maar dan moet aanwas nie alles weer ongedaan maak nie.

  • Maroela Media het ʼn skarebefondsingsprojek op die webwerf BackaBuddy van stapel gestuur om Herman Toerien te help om fondse vir sy kankerbehandeling in te samel. Klik hier om meer te lees of om Herman deur BackaBuddy finansieel te ondersteun.
  • Indien jy ʼn direkte bydrae in die Toeriens se bankrekening wil maak, stuur ʼn e-pos na [email protected] met “Herman Toerien” in die onderwerpveld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Alida ·

Hoe lankal moes die ANC al die toelaes beperk het tot 2 kinders per gesin!!! Weer te laat wakker geskrik hulle is nou daar nou wat nou.

ZAR ·

Toelaes vir een kind. As hulle nie na 1 kan kyk nie, moet hulle nie nog kry nie punt

Alida ·

Hoe lankal moes die ANC al die toelaes beperk het tot 2 kinders per gesin!!! Weer te laat wakker geskrik hulle is nou daar nou wat nou.

Jan ·

Jy droom ou.dink jy regtig die anc sal hul eie soort beperk.hulle wil jou uitroei ou word wakker…dis hoekom hulle hul getalle boost..

humor ·

Die politieke kandidaad wat met hierdie nasionale sport gaan sukkel se lewe is baie ernstig op die spel, wat te se nog om een enkele setel te wen.

humor ·

Die eerstewereldlande wat so na Afrika vry terwille van rykdom sal betyds hul somme baie deeglik moet maak want dit gaan baaaaie geld in die toekoms kos . Nou wonder mens ook of daar darem n plekkie vir die sjinese sal wees.

Judge Dredd ·

Dit aanwas probleem is mos net toelaatbaar om te noem as die liberales so se, maar die konserwatiewes het dit nou al vir dekades lank genoem.

Realisties ·

Stem saam Meer Rede. Vir sekeres is dit mos lekker om tussen die hordes in die modder rond te rol. Hulle kan maar in hul wonderlike Afrika bly. Ons waai ook.

Katerina ·

“Sekeres” kan dit nie Bekostig om te ontsnap nie!!!!

Alida ·

Nie gedink om skole en huise te bou nie en om die mense op te voed nie. Ons sorg mos vir die massas. Hulle bou een skool dan brand hulle 3 af. Die ontploffing gaan nie stop nie. Wat nou?

Dries du Toit ·

dis NET vm snaaks DAT bevolkingsaanwas NIE die CHINESE ekonomie groei belemmer het nie. wys MAR NET WEER,AFRIKA KAN MAR NET nie!!!!!!!!!!!

Judge Dredd ·

Dries – dit HET China se welvaart per persoon belemmer. Dit is vanaf China se 1 kind reel tesame met hul goeie ekonomiese groei die afgelope paar dekades wat hul welvaart die hoogte ingeskiet het en hulle nou kan beskostig om 2 kinders per egpaar toe te laat. 40 jaar terug was China nog ‘n brandarm land en self vandag is die landelike gebiede nogsteeds arm.

Dis soos dit is! ·

Die Eerste Wêreld word gestraf omdat hulle met Afrika ingemeng het deur entstowwe teen gevreesde siektes, hospitale en medisyne te voorsien. Afrika lewe volgens die wette van die natuur: epidemies en rampe moet die getalle in balans hou. Dis soos dit is! Suid-Afrika was gedurende 1994 ongeveer 38 miljoen en is tans 60 miljoen plus. Waarom sal jy nie nog kinders kry nie; jy word dan betaal!

Nikita ·

En dan het die regering die immigrasie-wette in Sept 2018 ook nog verder verslap. Daar word elke 10 sek n baba in SA gebore..dis te veel…hoor die regering dan nie die land al uitroep: “Hou op, daar is genoeg mense, die leeggesuigde land kan nie kan nie meer gee nie!!”

JSG ·

Hoe meer van hulle, hoe meer stemme vir die ANC. Kans is egter daar dat die massas kan omswaai indien hulle nie kan voorsien in die aanvraag van die massas. Natuurlike hulpbronne kan net ‘n sekere aantal mense hanteer.

John ·

Eintlik moes CR die artikel geskryf het maar hy fokus net op passela’s uit die res van die wereld. Dood is skynbaar nie angswekkend vir Afrika nie want higiene en beplanning was nog nooit hoog geag nie. Voorbeelde word daagliks gebeeldsend van kosstalletjies langs rioolstrome met vliee op die kos. Die wereld moet vir Afrika werk: Ons sit in die poef totdat iemand opdaag en ons ‘n troon aanbied. Afrika glo in slawe… beslis net nie hulle…

Gemaskerde Sopbeen ·

Suid Afrika: ‘n Land waarvan die regering jou gratis kondome gee………..maar as jy dit nie wil gebruik nie, kry jy ook ‘n toelaag om die aanwas groot te maak, en gratis medisyne vir die Aids wat jy mag opdoen…….Paradys!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.