Nuuskommentaar: Afrikane se grootste uitdaging hulself

Foto: www.sourcingjournalonline.com

Foto: www.sourcingjournalonline.com

Kort voordat hy as minister afgedank is, het die destydse minister van huisvesting, Tokyo Sexwale, gekla dat die regering nie kan voor kom met die bou van huise nie omdat die aanwas te vinnig is. In ’n land waar die president self meer as 20 nasate binne en buite die huwelik in die lewe gehelp het, was dit nie baie slim nie, en polities inkorrek.

Die VN se jongste vooruitskatting vir die wêreldbevolking tot die einde van die eeu dui egter daarop dat daar in Afrika steeds min begrip is vir verantwoordelike aanwas.

  • Meer as die helfte van die wêreld se verwagte aanwas tot 2050 sal in Afrika geskied.
  • Die aanwas in Afrika groei teen ’n tempo van 2,55% per jaar teenoor die wêreldgemiddeld van 1,18% per jaar vir die wêreldbevolking.
  • Afrika se sowat 1,186 miljard mense sal teen 2100 tot 4,387 miljard toeneem. Hierteenoor sal die wêreldbevolking van die huidige 7,3 miljard tot 11,2 miljard toeneem. (Europa se bevolking sal na verwagting minder word.)
  • Hoewel Afrika se aanwas van 4,9 kinders per vrou tussen 2005 en 2010 tot 4,7 kinders per vrou tussen 2010 en 2015 afgeneem het, is dit steeds baie hoër as die aanwastempo van 2,2 kind per vrou in Asië.
  • Ná 2050 sal Afrika die enigste groot gebied wees waar die bevolking beduidend groei, al is daar ’n afname in die aanwastempo – van 25% van die wêreldbevolking in 2050 tot 39% teen 2100.
  • In meer as 80 lande is die geboortes nou minder as wat nodig is om te keer dat die bevolkings krimp.

Hoewel Suid-Afrika nie onder die lande tel wat weens natuurlike aanwas die vinnigste in Afrika groei nie, waarsku die VN tog dat die vinnige toename in bevolking in die armste lande daartoe sal lei dat dit vir daardie lande moeiliker sal raak om armoede uit te skakel. Baie burgers van die lande wat wel gelys word, soos Angola, Malawi, Zambië, Tanzanië, DRK, Somalië en Niger, bevind hulle nou wettig en onwettig binne Suid-Afrika se landsgrense. Die VN voorspel dat ekonomiese migrasie in die toekoms ’n nog groter rol in die tempo van bevolkingsaanwas in streke sal speel. Veral welvarender lande en streke sal die beplande bestemmings van hierdie migrante wees. Tog sal die fertiliteit van bevolkings die grootste impak hê op waar bevolkings vinnig toeneem, of andersins selfs afneem.

Bevolkingsgroei kan nie in isolasie gesien word nie. In Mei vanjaar het die VN in ’n verslag bevind dat 795 miljoen mense honger ly, baie hiervan in Afrika suid van die Sahara. In Afrika word in 24 lande voedselkrisisse beleef weens natuurrampe, burgeroorlog en politieke onstabiliteit.

Afrika, en ook Suid-Afrika, sal moet leer by die welvarender lande, al is dit “Westerse konsepte” dat geen land kan bekostig om bo sy vermoë te leef nie. Verantwoordelikheid maak van die beste medisyne uit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Vince ·

Doellose artikel wat geen impak op Afrika sal het nie agv sy geskiedenis. “I am poor but eh, the more children the richer me am and they can work for me food one day” Daardie mentaliteit is ongelukig in ge-ets in die bloed van Afrikane en arm derde wereld lande. “Give a man a fish and he can feed himself a day, but teach a man to fish, and he will feed himself daily” Afrikane will ne werk nie en dus sal hierdie konsep net ‘n droom bly

Grassie ·

Ek het ‘n interessante artikel gelees oor ‘n ondersoek wat deur ‘n Europese universiteit gedoen is oor die gemiddelde IK en testosteroonvlakke van verskillende bevolkingsgroepe wêreldwyd. Dit is insiggewend en laat ‘n mens die verskille in die onderskeie lande se aanwassyfers beter verstaan. Om die syfers aan te haal gaan vreeslik verskriklik polities inkorrek wees en dit sal verseker nie geplaas word nie.
Terloops, Europeërs is nie die slimste nie. ‘n Sekere groep in Sjina en die Joodse bevolking is ‘n kortkop voor.
Trieste, Afrika!

Ryan Kommentaar ·

Die afgelope laaste 10-15 jaar het sekere Afrika lande se ekonomie in uitnemend gegroei. Soos met alle en lande het die ekonomiese groei gepaard gegaan met ‘n stelselmatige afname in bevolkingsaanwas van die lande.

Die tweede kommentaar oor Afrikaners en hul Ik en testosteroonvlakke klink soos ‘n argument uit die donker eeue. Dat IK en testosteroonvlakke verskil (van mens tot mens), dit gee ek toe. Dat dit ‘n beslissende faktor in aanwassyfers is, is egter bietjie te veel gevra. Dit is amper soos om te stel dat “low profile” bande jou motor baie vinnig maak. Wat van al die ander faktore wat die groei van bevolkings beïnvloed?

Ai my vriend, lees assebief bietjie meer wyer.

Bismarck ·

Siende dat u so wyd belese blyk te wees:
Wat sou die rede wees dat Afrika se mense so voor in die koor is wat aanwas betref, terwyl hulle so ver agter tov welvaart is?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.