Nuuskommentaar: Afrikaners se sterte gelek en geskop voor verkiesing

Afrikaner

Argieffoto: Adéle Changuion.

Uit die rubrieke van skerpsinnige waarnemers, “gerugsteun” deur leserskommentare, is dit duidelik dat daar ’n sterk momentum aan die ontwikkel is dat baie Afrikaners/wit mense nie bereid is om in die volgende verkiesing volgens gewoonte of persoonlikheidskultusse te gaan stem nie.

Hulle verset hulle teen lomp pogings om hul stemme deur propaganda af te vry, of om die morele geskiedenis van die Afrikaners deur ’n narratief van leuens verdag te maak. Weens ’n ruimtebeperking word die verskillende komponente van die saak hier meestal net baie oppervlakkig hanteer, en dié aspekte sal in die aanloop tot die verkiesing in detail onder die loep geneem word. Lesers kan deur hul kommentare en aanvullende inligting aan die proses meedoen. Die Croucamp-sage word egter, tensy daar belangrike verwikkelinge is, hiermee afgesluit.

Pogings om Afrikanerstemme te behou of te wen

Hoe nader die verkiesing kom, hoe duideliker word die tekens dat die Afrikaners se sterte aan die een kant gelek word, en aan die ander kant geskop word.

Die uiteindelike doel? Dat Afrikaners wat nie sag gemaak word en vir Ramaphosa stem nie (daar word nie opsigtelik vir stemme vir die ANC gevra nie asof Ramaphosa ’n stembare entiteit los van die ANC is), of andersins heeltemal wegbly van die stembus.

Die DA se tydsberekening so na-aan ’n verkiesing is volgens leserskommentare verdag, veral omdat verskeie waarnemers meen die DA gaan heelwat Afrikanerstemme kwyt wees. So het die DA in Noordwes onlangs ’n nagwaak oor plaasaanvalle gehou. Reg of verkeerd, baie mense voel die DA se uitsprake oor plaasaanvalle is normaalweg inkonsekwent en te dikwels na sekere provinsies se woordvoerders “gedelegeer”.

Voorts het die DA ’n nuusverklaring in Afrikaans oor die Schweizer-Reneke-geval uitgereik – iets wat bykans so skaars soos hoendertande is, en nadat die DA se jeugleier aanvanklik ’n vrot eiertjie oor die voorval gelê het.

Die Lotriet-skrywe

Teen dié agtergrond lyk ’n artikel op Maroela Media deur Annelie Lotriet, die DA se skaduminister van wetenskap en tegnologie, “Dis hoekom DA veg vir Afrikaans en ander minderheidstale”, vir baie lesers uiters verdag. Lesers wat kommentaar lewer wys op voorbeeld na voorbeeld wat op die teendeel dui, soos ’n DA-jeugleier wat ’n voorbok in die betogings teen Afrikaans op Tuks was.

Daar is aanduidings dat die DA se “trou” van swart aspirasies met dít wat vir baie Afrikaanssprekendes baie belangrik is, nie so glad verloop soos die ideaal sou wees nie. In gister se Rapport wy die redakteur, Waldimar Pelser, ook hieroor uit. Hy meen die Vryheidsfront Plus gaan baat uit die verwikkelinge.

Dit is vanselfsprekend dat minstens sommige DA-leiers gevoelig gaan wees oor aanduidings dat die pogings om swart potensiële kiesers ter wille te wees, gevestigde kiesers aan die ander kant van die wa kan laat afval. Dis moontlik teen dié agtergrond dat Lotriet se artikel beskou moet word. Die wysheid om dit op hierdie manier, op hierdie tydstip aan te pak, kan egter om verskeie redes bevraagteken word, en lyk na ’n onbeholpe poging tot strategiese kommunikasie. Die gevaar bestaan dat dit as desperate poging tot boereverneukery beskou kan word.

Nick Koornhof sluk ’n wind

’n Teken van egte boereverneukery is egter Nick Koornhof, ANC-parlementslid, se oproep op Afrikanerkiesers om hul stemme vir mnr. Cyril Ramaphosa te skenk. Hy het onder meer ’n beroep gedoen op mede-wit Suid-Afrikaners, veral “Afrikaners wat ’n ware inheemse minderheid is, om Suid-Afrika sonder voorbehoud te omhels en ’n meer gemeenskaplike rol te speel saam met mede-Suid-Afrikaners”.

Hy gaan dan verder as ANC-lid in die parlement met ’n beroep tot Afrikaners om Ramaphosa by die stembus te ondersteun met die pleidooi: “Kom ons, die Afrikaner-minderheid, begryp hierdie oomblik om dit te besef en breek vry om hom (Ramaphosa) te ondersteun. Dié gebaar sal die Afrikaners se Mandela-oomblik wees.”

Hieroor het hy in ’n skrywe van Jan Bosman, hoofsekretaris van die AB, na aanleiding van ’n meningsartikel van Retha Fick, senior redaksielid van Beeld, erg deurgeloop.

Dit herinner ook aan twee historiese gebeure in Suid-Afrika, naamlik die destydse NNP-leier Marthinus van Schalkwyk se abortiewe oproep op wit mense om steeds nadat die ANC die NNP opgeslurp het, vir hom te stem, want “ons sal jul stem wees”. (’n Oorverdowende stil stem, het dit geblyk te wees.) En wie sal Willem de Klerk se oproep vergeet van “gee FW ’n kans”. Lees in FW se plek nou Ramaphosa. Koornhof reken blykbaar dat ’n steeks donkie sy kop twee keer disnis teen dieselfde hoekpaal sal stamp.

Ramaphosa-familie se grond “gesteel”

Die teenoorgestelde gebeur egter, naamlik om ’n alternatiewe narratief te probeer skep om die Afrikaner van sy verlede en ideale te laat vervreem. Die uitleef van minderheidsregte, selfs dit wat in die Grondwet uitgespel word, word as boos uitgebeeld. Te oordeel na lesers se reaksie op Ramaphosa se “onthulling” dat sy familie twee keer sonder vergoeding van hul grond verwyder is, en dus gesteel sou wees, is daar nou ’n behoorlike ontploffing in by baie Afrikaanssprekendes oor hierdie soort aansprake. (Sonder dat die beweerde gevalle behoorlik ondersoek en bevestig is, is dit moeilik om te raai wat die werklike feite was. Van die lesers meen dit het verband gehou met die “opruim van swart en wit kolle” om die eertydse tuislande te konsolideer. Die eienaars het ’n keuse gehad van grond in ruil kry, of geldelike kompensasie of in natura-kompensasie.)

Piet Croucamp (slot)

’n Goeie voorbeeld van die verdagmakery van die Afrikaner/wit mense se morele geskiedenis was Piet Croucamp se optrede by die Woordfees op Stellenbosch toe hy aan die RSG-program, Kommentaar, deelgeneem het. Hy het na Ernst Roets, adjunkhoof van AfriForum as ’n wit terroris verwys. Hy het egter gister in Rapport ontken dat hy gesê het wit mense het hul grond by swart mense gesteel. Hy het, volgens Rapport, net na ’n bestaande “narratief” verwys. Die uwe het die potgooi gaan luister, en staan daarby dat hy gesê het wit mense het hul grond bekom deur dit van swart mense te steel. Hy het onder meer verwys na “ons het 200 jaar gehad om die grond te steel,” en elders dat dit “teruggegee” moet word. Hy het voorts gesê AfriForum is nie ’n demokratiese beweging nie, maar ’n versetbeweging.

Croucamp het egter nie ’n onverbeterlike reputasie oor grondwetsake nie, soos blyk uit sy destydse kritiek oor die hof in die guns van Helen Zille en teen die minister van polisie beslis het. Croucamp het gesê die polisie is immers ’n nasionale kompetensie. In werklikheid is dit een van die gedeelde nasionale en provinsiale kompetensies, en word sekere spesifieke verantwoordelikhede aan die provinsies toegeken.

Een van die belangrikstes is “doeltreffende polisiëring”. Hy het regses ook al daarvan beskuldig dat hulle bepalings in die Grondwet gebruik om die liberale pilare van die Grondwet om te trek. Die uwe gaan nie eens probeer verklaar hoe hy hierdie kloutjie by die oor kry nie.

In voorverlede week se Kommentaar-program het hy ook gesê die howe skryf nie wette nie, pas dit net toe. Howe, en veral grondwethowe, kan egter in hul uitlegte op minstens beperkte skaal presies dit doen. Die konstitusionele hof het byvoorbeeld reeds opdrag aan die parlement gegee om lendelam of ontbrekende wetgewing binne ’n bepaalde tyd te herskryf of de novo te skryf, of anders sou die hof dit self doen. Vergelyk ook die konstitusionele hof se uitspraak in die Modderklip-saak.

Volgens die staatsreg (wat onder meer met grondwette handel) is burgerlike bewegings net so deel van ’n grondwetlike demokrasie as persvryheid. Daarom bestaan daar ook burgerlike strukture soos Outa en Freedom under Law.

Skreiende artikel in ‘New York Times’

New York Times het intussen ook ’n omvattende artikel oor Suid-Afrika gepubliseer wat ’n skandalige stukkie prulwerk is. Ruimte ontbreek ongelukkig om dit te ontleed, maar AfriForum word onder meer as ’n “rassistiese regse” beweging beskryf. Croucamp se narratief (sy woord) word byna soos ’n spieël weergegee. (Lees hier.)

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

64 Kommentare

jongste oudste gewildste
Gert

Baie goeie artikel. Ongelukkig is daar steeds baie Afrikaners wat nie die veelparty-beginsel verstaan nie en wat aanhou glo dat die DA al opsie is omdat hy die 2e grootste party is. Ek hoop iewers kan hulle die ware feite kry voor die verkiesing.

Henk

My besluit aangaande vir wie ek in die komende verkiesing sal stem, sal waarskynlik eers in die stemhokkie self geneem word. Een ding kan ek egter nou al reeds met 100% sekerheid verklaar: die ANC, EFF, BLF, UDM, PAC, en DA sal nie op my lys wees nie. Jy kry net een kans om my en my mense aan te val, hetsy direk of deur ‘n rugstekery. As jy dit nie ordentlik doen nie, en my laat lewe vir nog ‘n dag by die stembus, gaan jy die gevolge dra. En al is dit dalk net ek, dan is dit… Lees meer »

Barend

Mense wat nie stem nie kan nie kla nie. As jy nie stem nie het die ander party minder nodig om 67% meerderhyd tekry. As 10 mense stem kort jy 7/10 maar as net 8 van die 10 mense stem dan het jy net 5 stemme nodig.

Blom

Wie dink Croucamp is hy? I dalk die anti-Christ.. Ja… Ek et nie ‘n tiekie se tyd vir hom nie.

Dries

CR het nog bitter min ‘gelewer’ is sy termyn. Ja, hys n gevangene van sy eie party en sy hande is tot n mate gebind.

Maar as Koorhof droom dat my (of ander Afrikaners) se stem vir CR (ANC) moet gaan – droom maar voort!

Niemand het iets gedoen (terwyl sommige moes weet) rondom oa. Nkandla, Eskom ens, en di R1.5 Trijoen wat ons land nou armer is ni…