Nuuskommentaar: Afrikaners se sterte gelek en geskop voor verkiesing

Afrikaner

Argieffoto: Adéle Changuion.

Uit die rubrieke van skerpsinnige waarnemers, “gerugsteun” deur leserskommentare, is dit duidelik dat daar ’n sterk momentum aan die ontwikkel is dat baie Afrikaners/wit mense nie bereid is om in die volgende verkiesing volgens gewoonte of persoonlikheidskultusse te gaan stem nie.

Hulle verset hulle teen lomp pogings om hul stemme deur propaganda af te vry, of om die morele geskiedenis van die Afrikaners deur ’n narratief van leuens verdag te maak. Weens ’n ruimtebeperking word die verskillende komponente van die saak hier meestal net baie oppervlakkig hanteer, en dié aspekte sal in die aanloop tot die verkiesing in detail onder die loep geneem word. Lesers kan deur hul kommentare en aanvullende inligting aan die proses meedoen. Die Croucamp-sage word egter, tensy daar belangrike verwikkelinge is, hiermee afgesluit.

Pogings om Afrikanerstemme te behou of te wen

Hoe nader die verkiesing kom, hoe duideliker word die tekens dat die Afrikaners se sterte aan die een kant gelek word, en aan die ander kant geskop word.

Die uiteindelike doel? Dat Afrikaners wat nie sag gemaak word en vir Ramaphosa stem nie (daar word nie opsigtelik vir stemme vir die ANC gevra nie asof Ramaphosa ’n stembare entiteit los van die ANC is), of andersins heeltemal wegbly van die stembus.

Die DA se tydsberekening so na-aan ’n verkiesing is volgens leserskommentare verdag, veral omdat verskeie waarnemers meen die DA gaan heelwat Afrikanerstemme kwyt wees. So het die DA in Noordwes onlangs ’n nagwaak oor plaasaanvalle gehou. Reg of verkeerd, baie mense voel die DA se uitsprake oor plaasaanvalle is normaalweg inkonsekwent en te dikwels na sekere provinsies se woordvoerders “gedelegeer”.

Voorts het die DA ’n nuusverklaring in Afrikaans oor die Schweizer-Reneke-geval uitgereik – iets wat bykans so skaars soos hoendertande is, en nadat die DA se jeugleier aanvanklik ’n vrot eiertjie oor die voorval gelê het.

Die Lotriet-skrywe

Teen dié agtergrond lyk ’n artikel op Maroela Media deur Annelie Lotriet, die DA se skaduminister van wetenskap en tegnologie, “Dis hoekom DA veg vir Afrikaans en ander minderheidstale”, vir baie lesers uiters verdag. Lesers wat kommentaar lewer wys op voorbeeld na voorbeeld wat op die teendeel dui, soos ’n DA-jeugleier wat ’n voorbok in die betogings teen Afrikaans op Tuks was.

Daar is aanduidings dat die DA se “trou” van swart aspirasies met dít wat vir baie Afrikaanssprekendes baie belangrik is, nie so glad verloop soos die ideaal sou wees nie. In gister se Rapport wy die redakteur, Waldimar Pelser, ook hieroor uit. Hy meen die Vryheidsfront Plus gaan baat uit die verwikkelinge.

Dit is vanselfsprekend dat minstens sommige DA-leiers gevoelig gaan wees oor aanduidings dat die pogings om swart potensiële kiesers ter wille te wees, gevestigde kiesers aan die ander kant van die wa kan laat afval. Dis moontlik teen dié agtergrond dat Lotriet se artikel beskou moet word. Die wysheid om dit op hierdie manier, op hierdie tydstip aan te pak, kan egter om verskeie redes bevraagteken word, en lyk na ’n onbeholpe poging tot strategiese kommunikasie. Die gevaar bestaan dat dit as desperate poging tot boereverneukery beskou kan word.

Nick Koornhof sluk ’n wind

’n Teken van egte boereverneukery is egter Nick Koornhof, ANC-parlementslid, se oproep op Afrikanerkiesers om hul stemme vir mnr. Cyril Ramaphosa te skenk. Hy het onder meer ’n beroep gedoen op mede-wit Suid-Afrikaners, veral “Afrikaners wat ’n ware inheemse minderheid is, om Suid-Afrika sonder voorbehoud te omhels en ’n meer gemeenskaplike rol te speel saam met mede-Suid-Afrikaners”.

Hy gaan dan verder as ANC-lid in die parlement met ’n beroep tot Afrikaners om Ramaphosa by die stembus te ondersteun met die pleidooi: “Kom ons, die Afrikaner-minderheid, begryp hierdie oomblik om dit te besef en breek vry om hom (Ramaphosa) te ondersteun. Dié gebaar sal die Afrikaners se Mandela-oomblik wees.”

Hieroor het hy in ’n skrywe van Jan Bosman, hoofsekretaris van die AB, na aanleiding van ’n meningsartikel van Retha Fick, senior redaksielid van Beeld, erg deurgeloop.

Dit herinner ook aan twee historiese gebeure in Suid-Afrika, naamlik die destydse NNP-leier Marthinus van Schalkwyk se abortiewe oproep op wit mense om steeds nadat die ANC die NNP opgeslurp het, vir hom te stem, want “ons sal jul stem wees”. (’n Oorverdowende stil stem, het dit geblyk te wees.) En wie sal Willem de Klerk se oproep vergeet van “gee FW ’n kans”. Lees in FW se plek nou Ramaphosa. Koornhof reken blykbaar dat ’n steeks donkie sy kop twee keer disnis teen dieselfde hoekpaal sal stamp.

Ramaphosa-familie se grond “gesteel”

Die teenoorgestelde gebeur egter, naamlik om ’n alternatiewe narratief te probeer skep om die Afrikaner van sy verlede en ideale te laat vervreem. Die uitleef van minderheidsregte, selfs dit wat in die Grondwet uitgespel word, word as boos uitgebeeld. Te oordeel na lesers se reaksie op Ramaphosa se “onthulling” dat sy familie twee keer sonder vergoeding van hul grond verwyder is, en dus gesteel sou wees, is daar nou ’n behoorlike ontploffing in by baie Afrikaanssprekendes oor hierdie soort aansprake. (Sonder dat die beweerde gevalle behoorlik ondersoek en bevestig is, is dit moeilik om te raai wat die werklike feite was. Van die lesers meen dit het verband gehou met die “opruim van swart en wit kolle” om die eertydse tuislande te konsolideer. Die eienaars het ’n keuse gehad van grond in ruil kry, of geldelike kompensasie of in natura-kompensasie.)

Piet Croucamp (slot)

’n Goeie voorbeeld van die verdagmakery van die Afrikaner/wit mense se morele geskiedenis was Piet Croucamp se optrede by die Woordfees op Stellenbosch toe hy aan die RSG-program, Kommentaar, deelgeneem het. Hy het na Ernst Roets, adjunkhoof van AfriForum as ’n wit terroris verwys. Hy het egter gister in Rapport ontken dat hy gesê het wit mense het hul grond by swart mense gesteel. Hy het, volgens Rapport, net na ’n bestaande “narratief” verwys. Die uwe het die potgooi gaan luister, en staan daarby dat hy gesê het wit mense het hul grond bekom deur dit van swart mense te steel. Hy het onder meer verwys na “ons het 200 jaar gehad om die grond te steel,” en elders dat dit “teruggegee” moet word. Hy het voorts gesê AfriForum is nie ’n demokratiese beweging nie, maar ’n versetbeweging.

Croucamp het egter nie ’n onverbeterlike reputasie oor grondwetsake nie, soos blyk uit sy destydse kritiek oor die hof in die guns van Helen Zille en teen die minister van polisie beslis het. Croucamp het gesê die polisie is immers ’n nasionale kompetensie. In werklikheid is dit een van die gedeelde nasionale en provinsiale kompetensies, en word sekere spesifieke verantwoordelikhede aan die provinsies toegeken.

Een van die belangrikstes is “doeltreffende polisiëring”. Hy het regses ook al daarvan beskuldig dat hulle bepalings in die Grondwet gebruik om die liberale pilare van die Grondwet om te trek. Die uwe gaan nie eens probeer verklaar hoe hy hierdie kloutjie by die oor kry nie.

In voorverlede week se Kommentaar-program het hy ook gesê die howe skryf nie wette nie, pas dit net toe. Howe, en veral grondwethowe, kan egter in hul uitlegte op minstens beperkte skaal presies dit doen. Die konstitusionele hof het byvoorbeeld reeds opdrag aan die parlement gegee om lendelam of ontbrekende wetgewing binne ’n bepaalde tyd te herskryf of de novo te skryf, of anders sou die hof dit self doen. Vergelyk ook die konstitusionele hof se uitspraak in die Modderklip-saak.

Volgens die staatsreg (wat onder meer met grondwette handel) is burgerlike bewegings net so deel van ’n grondwetlike demokrasie as persvryheid. Daarom bestaan daar ook burgerlike strukture soos Outa en Freedom under Law.

Skreiende artikel in ‘New York Times’

New York Times het intussen ook ’n omvattende artikel oor Suid-Afrika gepubliseer wat ’n skandalige stukkie prulwerk is. Ruimte ontbreek ongelukkig om dit te ontleed, maar AfriForum word onder meer as ’n “rassistiese regse” beweging beskryf. Croucamp se narratief (sy woord) word byna soos ’n spieël weergegee. (Lees hier.)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

64 Kommentare

Gert ·

Baie goeie artikel. Ongelukkig is daar steeds baie Afrikaners wat nie die veelparty-beginsel verstaan nie en wat aanhou glo dat die DA al opsie is omdat hy die 2e grootste party is. Ek hoop iewers kan hulle die ware feite kry voor die verkiesing.

Grys ·

Wel, EFF gaan die DA verby vat as 2de grootste. So dan kry hulle n lekker klap.

Henk ·

My besluit aangaande vir wie ek in die komende verkiesing sal stem, sal waarskynlik eers in die stemhokkie self geneem word. Een ding kan ek egter nou al reeds met 100% sekerheid verklaar: die ANC, EFF, BLF, UDM, PAC, en DA sal nie op my lys wees nie. Jy kry net een kans om my en my mense aan te val, hetsy direk of deur ‘n rugstekery. As jy dit nie ordentlik doen nie, en my laat lewe vir nog ‘n dag by die stembus, gaan jy die gevolge dra. En al is dit dalk net ek, dan is dit net ek, maar ek sal dit wees, DV.

riaan ·

@ Henk

Bravo!

Stem 100% saam en maak dit my roeping om die boodskap voor die verkiesing te versprei, veral tov. moesie en sy gang!

Ek stem saam met jou!! ·

Watter “wit”-persoon sal S0-o-0-o dom-onnosel wees om OOIT vir die ANC te stem?..!!DA, sal beslis baie van vorige ondersteuners se stemme verloor..!!

Kan iemand dalk “die veel-party-beginsel” vir Jan Publiek verduidelik!!…Vorige skrywe ondersteun my insig, baie verstaan dit nie mooi nie..!~

Katvis ·

Ja nee, my stem gaan beslis nie vir een van daardie partye nie. Ek wens net meer “mense” wil sien dat daardie partye net beloftes maak……..
Eendag………miskien eendag…..

Ja-Nee ·

Jy kan die ACDP daarby voeg. Die aanval op Ernst Roets deur die verteenwoordiger in die parlement het my defnitief vir altyd genees om enigsins vir die party te stem. Hulle het sommer daar gewys hulle sogenaamde “christelike” waardes is net ‘n foefie om stemme te werf. ‘n Christen tree defnitief nie op soos hulle teenoor Ernst Roets nie. In der waarheid dink ek Ernst het meer entigriteit getoon as die sogenaamde ACDP.

Barend ·

Mense wat nie stem nie kan nie kla nie. As jy nie stem nie het die ander party minder nodig om 67% meerderhyd tekry. As 10 mense stem kort jy 7/10 maar as net 8 van die 10 mense stem dan het jy net 5 stemme nodig.

Willem Grobler ·

Mense wa stem moet hulle neerlê by die wil van die meerderheid. Al het daardie meerderheid ‘n gemiddelde IK van 65 en oefen hulle die tirannie van hul meerderheid heelhartig en smalend uit.

Blom ·

Wie dink Croucamp is hy? I dalk die anti-Christ.. Ja… Ek et nie ‘n tiekie se tyd vir hom nie.

Ai ·

Croukamp is n patetiese onbekende aandag soekertjie. N swart liberaal vas gevang in n blanke vel..Hy vry seker na n top pos by die Anc…wat n pateet die ou!

Dries ·

CR het nog bitter min ‘gelewer’ is sy termyn. Ja, hys n gevangene van sy eie party en sy hande is tot n mate gebind.

Maar as Koorhof droom dat my (of ander Afrikaners) se stem vir CR (ANC) moet gaan – droom maar voort!

Niemand het iets gedoen (terwyl sommige moes weet) rondom oa. Nkandla, Eskom ens, en di R1.5 Trijoen wat ons land nou armer is ni…

Miggie ·

Na afleiding van die bedanking van die beleidshoof van die DA wat gesê het die DA se beleid verskil nie met die ANC en EFF nie maar val hulle mekaar aan net op tegniese punte bevestig dit dat n stem vir die DA die DA,ANC en EFF koalisie versterk.

JCL ·

Tydens die Anglo Boere oorleĕ was daar die vervloekte veraaiers, die lafhartige (in sekere gevalle, tog ook maar net dood eenvoudig mense wat nie langer die vroue en kinders se lyding kon aanvaar nie) hensoppers, en die BOERE (die bitter eienders) so is dit vandag nog, en so sal dit altyd bly.
Ons as opregte boere, moet maar vrede maak dat daar verraaiers en lafaards onder ons is, en ons wat ons land, ons taal en ons nasie innig lief het, sal maar weer soos ouds, die geveg moet voort sit.
Daar is swart mense wat ons werklik ondersteun, so is daar ook baie anders taliges wat, soos oom Siener gesê het, ‘n boere hart het, God is aan ons kant, ons het net Sy genade nodig.

Buite Stander ·

Jy kan nie veg met ‘n wapen in een hand en ‘n Bybel in die ander hand nie. Dit was nog altyd die Afrikaner se ondergang.

Grys ·

Waar, maar vir my is dit eerder n nodige natural selection, ons het geen toekoms in suid afrika, ons gaan moet anders blyplek soek, net groot genoeg grond koop, net die bestes van die bestes soentoe laat trek, die res moet af vrek, geen geloof geen politieke partye nie. Net wetenskap om die afrikaner in die toekoms te vestig, en maak nie saak wie will saamkom nie, swart indier wit kleurling, khoi watokal, jy is welkom as jy net n afrikaner is… die geskiedenis hou ons agter, tyd dat ons die geskiedins in suid afrika los, en die land verlaat… as jy wonder waar ons gaan geld kry om n republiek te stig en grond te koop, verkoop ons alles van hierdie “afrikaanse” kerke wat net leed doen. Hulle het geen doel nie.

Henk ·

Buitestaander, of jy dit wil glo of nie, jy kan nie gaan veg as jy God nie aan jou kant het nie. God het die Israeliete oorwinnings oor groter volke gegee. God het n handvol Voortrekkers n oorwinning oor die zoeloes gegee. Omdat hulle die Bybel in die hand, God in hulle harte en siel gehad het! Geen ander rede nie

Buite Stander ·

Henk, op die slagveld lees jy jou Bybel en dan skiet jy die vyand. Om uit die Bybel te preek vir die vyand gaan nie help nie. Dit is wat ek bedoel.

Hannetjie ·

In jou drome, mnr Koornhof.Regtig?En dan, van mnr ‘CrouKramp’..wel..ek neem geen notisie van hom nie..hy val homself dikwels in die rede…hy moet stadiger dink en praat

Afrikaner ·

Gaats, het die ANC dan nog wit parlementslede? Ek het nie eens geweet dat hulle wit ondersteuners oor het nie, Herman, en dan praat jy seker van Swartnick Koornhof? Ek meen hoe kan ‘n wit mens daarvoor stem en toestem, dat ander jou regte vertrap, of het hy sy regte aan die ANC verkoop?

riaan ·

koornhof is niehaus light! Non entity soos gert oosthuizen en derick hanekom!

John ·

Gelukkig is daar altyd die party wat wag dat die Afrikaners weereens in die bek geskop word en dat sluip hy nader met ‘n nuwe plan…. die handevat van minderhede… ja, en dan verlaat ons maar ons kultuur… want hulle weet tog nie wie De Wet was en wat konsentrasiekampe is nie… as die dominees nou ‘n draaistrategie vir ‘liefde’ sal doen, kan ons ook maar… en die Pietertjies huil al die pad na die bank toe… Ek sal nie gaan stem nie… Ooh, dan mag jy nie praat nie… ja, ja… Ons Afrikaners speel mooi in die hande van die Nuwe Wèreldorde… gryp na die naaste + en woerts is ons uit die moeras… Huh?

Andre ·

Daar is slegs een party wat die
Afrikaners se belang op die hart dra.
Geen twyfel by my vir wie ek MOET stem
nie

lewies ·

Die WAARHEID oor die VERLEDE, die HEDE en die TOEKOMS van SA sal een of ander tyd vir almal bekend en duidelik wees.

Soos die mens as individu ook worstel met sy eie verlede ; hede en toekoms. So worstel SA nou met dieselfde DRIE konsepte. Die waarheid sal alleen gedy as hierdie DRIE dimensies eerlik ontleed gaan word. Die verlede en die toekoms druk nou so swaar op die hede dat verwarring in chaos kan toe neem.

Blaarman ·

Jong, @lewies

Ek wens dit was so, maar waarskynlik nie. Daar sal altyd diegene wees met die vermoë om onafhanklik te dink en die boom tussen die takke uit te ken, maar ongelukkig bly hulle gewoonlik in die minderheid en bly die populêre narratief. Dit is net met groot ingryping in die media, wat ‘n negatiewe wereldwye narratief oor ‘n volk wesenlik verander kan word, en dit is sover my kennis strek nog net een keer vantevore suksesvol gedoen (deur die Jode).

Ons probleem begin by die “liberal arts” instellings plaaslik EN wêreldwyd wat erg Marxisties geoorienteerde joernaliste in en-masse produseer. Met so ‘n sterk dosis indoktrinasie is dit net te maklik om die Kapitalistiese, Christen, blanke en dikwels konserwatiewe Afrikaners te verguis sonder enige kritiese oordenking.

Die opkoms van prominente en gewilde akademici soos Jordan Peterson, die “intellectual dark web”, en Trump se onttrekking van staatsbefondsing aan universiteite wat nie vryheid van spraak ondersteun nie, is alles positiewe verwikkelinge wat besig is om die gety te draai. Maar dit sal waarskynlik etlike dekades neem en sal waarskynlik nie die narratief rondom die Afrikaner se geskiedenis heelwat verander nie.

Dit is ongelukkig so – vra gerus maar enige van die oud Rhodies wat hulle ervaring in die verband is, indien jy een sou raakloop.

Sê net ·

Ons opinies tel nie. Almal bak mooi broodjies en smeer lekker heuning tot die paw paw die fan slaan.

Rupert Ashford ·

Die New York Times…..pfft. Oppas net, julle stel ‘n strik vir julleself, want julle is lief om die NYT se dinge te glo as hulle oor ‘n ander ou skryf.

KrokodilBotha ·

Die wat nog vas slaap. Tyd om wakker te skrik. Daar is nie n mix toekoms vir Afrikaners nie. Eie grond, eie land, eie taal ensv. is al opsie. Die DA ondersteuners kan maar ander kant gaan bly.

Hendrik ·

Wel dit is eties baie moeilik om deel van ‘n proses te wees waar daar met 114 wette teen ‘n minderheidsgroep gediskrimeer word. Jammer voordat dit nie uitgesorteer word, met onderhandelinge nie, is daar werklik derduisende Afrikaners wat nie sal stem nie. Julle besef nie hoe groot hierdie getal is nie . Ek verwonder my regtig aan mense wat deelneem al word daar so met hulle gevee. Daar was/sal seker maar altyd hanskakies wees …..

Gert van Wierdapark ·

Die “Joiners vat graag hande want niemand daar Elders wil met hul” Ringe ringe Rosie” speel nie. Kortbroek en sy meelopers is woelwaters waar die gras groener is weens al die bollie wat diegene in beheer, aanvang! Hul kan gerus gaan stemme werf by die stemvee daar buite!

Spike ·

koornhof, jy is seker van jou lotjie getik en as cr ñ gevangene van sy eie party is, is hy geen leier nie, waar is sy eie standpunt en dan die raad wat hy sy mense moet gee oor wat reg is en sin maak. Nee wat jy kannie enige comrade en kader as ñ rasionele leier beskou nie

Trojaanse Donkie ·

Nooit in my lewe sal ek vir Ramaposa en die ANC stem nie! Jy kan dan maar liewer self volksmoord pleeg, soos die spioene met sianied kapsules in die 2de wereld oorlog as hulle gevang word.

Gert ·

Maklike keuse….Jy stem vir GEEN party wat jou taal misken, jou kultuur misken en wat dink daar is niks rassisties in regstellende aksie en kwotastelsels nie. As jy gesellig is met voorafgenoemde, is jy ‘n verleentheid vir ander Afrikaners.

Jakes ·

Nie almal besef dit nie, maar die wit Suid-Afrikaner se stem is steeds nodig, al is ons in die minderheid. Dit is wel so dat die enigste party wat vir ons volk wel iets probeer doen en beteken, nie altyd in sy pogings slaag nie. Ten minste staan die VF+ op vir die minderheid, wat veel meer is as wat ‘n opposisie party soos die DA voorgee om te doen.

Die DA ondersteun AA en SEB en wil terselftertyd die steun hê van die einste mense wat deur hierdie blatante rassistiese beginsels te nagekom word. As jy as ‘n wit Suid-Afrikaner (Afrikaans of Engelssprekend) jou stem vir die DA gee, stem jy daartoe in dat hierdie rassistiese beginsels teen jou geïmplimenteer word! Wil jy oningelig gaan stem net sodat dit ‘n stem teen die ANC moet wees?

Die DA gaan in elk geval, net soos die VF+, koalisies moet vorm om teen die ANC beleid te wees. Met ‘n groter steun vir die VF+, gaan daar baie meer steun vir die minderheid wees om vir ons grondwetlike regte op te kom as wat ‘n party soos die DA sal doen.

Ek beskou dit as ‘n groot kompliment dat die massas kwotas, AA en SEB benodig om oor my as die minderheid te probeer heers. Dieselfde minderheid wat aanhoudend gemelk word om die massas te voed en te onderhou. Skrik wakker mense!

fred ·

BEE is die oorsaak van al die land sy probleme,dit lei tot onbekwaamheid ,onproduktiwiteit en korrupsie…sie al die probleme in die SOE’s…….hoe kan +-5 miljoen blankes n gevaar vir +-45 miljoen nie blankes wees? Daardie 45 miljoen sal nooit hulle BEE status prysgee nie,dis hulle ticket na n luukse lewe.

Jerry ·

Dit is onvermydelik dat DA steun onder die Afrikaanssprekendes gaan inboet vir hulle onbesonne uitsprake en versuim. Daarteenoor het AfriForum ook net hulself te blameer dat die ANC staat/EFF/linksgesindes/liberale die aanslag teen die Afrikaner verskerp het. Die voor die hand liggende rede blyk, dat terwyl AfriForum lede gewerf het, dit strategies gepaard gegaan het met ondermyning van die staat, uitdagende, beledigende en skoorsoekende nasionalistiese idees en retoriek ten einde naam te maak as n burgerregteorganisasie wat Afrikaner belange beskerm, gepaardgaande met geregtigheid en n eie volkstaat! Dit het jou konserwatiewe/gematigde/verligte Afrikaners egter dwars in die krop gesteek, gegewe die Afrikaner se benarde situasie in SA, dat n organisasie uit eie geledere nie n versoenende aanslag nie, maar hernieude, verskerpte en versterkte aanslag teen die Afrikaner uitlok. AfriForum se uitlokking wat gestalte moes gee aan die hernieude aanslag teen die Afrikaner moes Virseker dat AfriForum/Solidariteit die Afrikaner se enigste toevlug tot n uitkoms en n heenkome sal word in SA. Alhoewel AfriForum/Solidariteit wel toe nou strategies aangepas het van n eie volkstaat na selfbeskikking en na n minder uitlokkende/rassistiese organisasie, blyk dit dat die eerste indrukke wat geskep was, die van n rassistiese regse beweging, egter blywend is en kan die New York Times, Croukamps, eintlik enige persoon nouliks verkwalik word dat hulle aanhou om dit wat aanvanklik blywend was, aan die groot klok te hang! “Jakkals verander van kleur, maar nie van streek” is dus wat die New York Times teenoor AfriForum, te kenne gee!

Nel ·

Ek het nog altyd gewonder hoekom sit P Croukamp nie al in die ANC se parlimentêre- banke nie – of wil selfs hulle hom nie hê nie…??

Kerneels ·

Veel party stelsel is waarlik demokraties. Voor 1994 het ons kiesafdelings gehad waar ons vir mense gestem het. Maw al het Koos van Party A 1 stem meer as Piet van Party B. Dan wen Koos en Piet het niks. Dis waar die DA kom.met ons verdeel die stemme. Maar nou het ons ‘n proporsionele stelsel waar ons vir ‘n party stem. As 10miljoen mense stem en 6miljoen stem vir Party A 2miljoen ,lvir B en 2 miljoen vir C wen A en het 60% van die parlements lede. B 20% en C 20%. Indien selfde 10miljoen mense stem maar 10miljoen van van B se mense.stem vir D. So A het steeds 60% maw dit verander nie aan wenners nie maar die mense wat vir D stem het ook se in parlement. Mens kan nie stemme mors nie tensy jy vir iemand stem wat nie in parlement is nie.

Slaan Om ·

Ons almal is al so deurmekaar soos iets in ‘n tuimeldroer. Ek sien sulke borde op pale wat lees “Slaan Terug” waar kom hulle nou skielik so net voor die verkiesing vandaan? Ons is al so belieg en bedrieg deur alle politieke partye in die verlede dat ek nou maar my oe teen die berge opslaan want dis al waar my hulp vandaan gaan kom.

Anoniem ·

DA veronderstel om amptelike opposisie te wees, maar hul leier steun die ‘regering’ se grondgryp dinges. So spyt ek het innie verlede DA gestem. VF+ wen my stem vanjaar.

Anoniem ·

As jy inigsins vir die ANC gestem het dan was jy dom en as jy vir die DA gestem het ,dan het jy in n droom gelewe en moet jy afrikaner nou wakker word want as jy waaragtig 2019 weer vir die DA stem gaan jou droom n nagmerrie word. Dit word nog elke keer bewys dat jy kan nie vir n ander stem wat nie jou kultuur is nie. Daar is te veel verskille. Kyk maar wat het gebeur duisende witmense het vir Mandela gestem wat gebeur toe ons word vandag as witman verjaag,vermoor vervloek ons is die mees gehate nasie in Suider Afrika. Nou hoekom sal ek dan stem vir iemand wat my volk haat. Ek se dit en sal daarby staan tot my dood JY KAN NIE N WOLF IN SKAAP KLERE VERTROU NIE.

Drikus Kotze ·

Gaan kyk na die 2014 verkiesing uitslae: 25388082 gerigestreerdes, ANC 62.15%, DA 22.23%, EFF 6.35%, IFP 2.40% NFP 1.57% (?????) UDM 1.00%………….en dan eers die VF PLUS met 0.90%. Ek is blank, 43 jaar oud en kon nie die “nuwe SA” keer gedurende 1994. Was toe nog nie stem geregtig nie! Nou sit ek in die gemors dat al die partye bo die 0.90% se stemmers hul agterwêrelde afvee aan enige reëls. Waar laat dit Godvresende mense soos myself?

Tanja ·

Stadig maar seker word die Afrikaner verkleineer en afgebreek. Huidige politieke “leiers” is net daar vir eie gewin. Skole hou ons kinders dom, want dom mense kan gemanupuleer word. Ons is ‘n sterk volk wat moet sterk staan en kop hou. Dink vir jouself en neem verantwoordelik vir jouself.

Katerina ·

Aag,bollie man!!
EK STEM soos ñ idioot al vir 20 jaar lank getrou…en WÁT het toe intussen verander of verbeter,in SA ????
Gaan stem soveel soos julle wil liewe boerevolkie,wat nog vuisslaan en boonop verskil van mekaar…die meinigstes ANC + massas EFF gaan julle platvee vani aardbol af,los maar vir ou Musi en DA uit, húlle is NIÉ dié regering+rooi miere nie

JJ ·

Ek het nou al die kommentare hierbo gelees. Ek wil ook nie meer vir die DA stem nie. Vir wie moet ‘n mens dan stem? Ek sal dit graag wil weet.

Regtig? ·

Regtig Lynette?
Mens moet volgens jou vir iemand of party gaan stem wat reeds langer as 25 jaar minder insig en kennis het van wat in die land aangaan en wat nog aan die kom is, as wat ek self reeds vir dekades het?
En die mense/organisasies het toegang tot inligtingsbronne waartoe ons nie toegang het nie en steeds is hul blind, doof en onsinniglik onvanpas in hul besluite, uitsprake en lojaliteite…
So gaan troos jouself gerus deur te stem vir die volgende groepie wat jou in moedswil belieg, terwyl jy regte Boere Afrikaners beledig wat dwarsdeur die rookskerm van politieke opportunistiese bedrog sien.

Hendrik ·

Regtig soos jy noem is daar regtig min mense wat regtig sien wat aangaan en mooi dink oor getalle. As 2% van die stembevolking beteken jou stem niks. Die linkse party is so groot en baie dat koalisie met klein party, wat hulle gaan verhoed om hulle beleide uit te voer , nie gesluit gaan word nie. Dink die mense regtig dat die DA ‘n koalisie met die VF+ sal aangaan as hulle ‘n besluit gaan neem om langs Cornwill Hill hoe digtheid laekoste behuising will bou? newat die mense kan regtig nie tel nie..

Stem ! ·

Stem, net nie vir die ANC, EFF of DA nie. Geen mens wat omself as CHristen ag kan vir enige van hierdie partye stem nie, aangesien nie een van hulle die volle christelike waardes beskerm om voorop stel nie. Al drie van hulle is ook pro grondonteiening sonder vergoeding. Maar stem oet ons stem en lyk die beste alternatiewe die kleiner partye van VF+, ACDP of Cope.m

Hendrik ·

Die enigste manier hoe ons ‘n toekomstige regering kan dwing om alle AA, BEE, kwotas te stop is om… ja te ontrek vanaf die demokratiese proses. Dws. om nie te gaan stem nie. Dit gaan die land stop en die wereld in hul spore laat vassteek. Ja dit is nie polities korrek en VF+ lede gaan nie in rade sit en ook nie on die parlement verteenwoordig wees nie. Van ons der duisende witmense wat nie sal stem hierdie verkiesing bestempel ons weer mense wat deelneem as nougeset en ja hanskakies. Om enige iets soos hierdie ombeskaamde diskriminasie teen minderhede dood in die spore te laat stop, het jy drastiese nie-geweldadige stappe nodig. Hoe stop jy ‘n kind se vloermoer? Nie met mooi praatjies nie. Dit werk nie. Intussen werk ons nie net verkiesingstyd maar heeltyd om selfstandig te word vanaf die staat.

Linda ·

Oral waar ek gaan hoor ek van blankes wat nie gaan stem nie maar wat is die implikasies deur nie te stem nie?

johan ·

al wat ek se is stem moet ons…wat as die anc 2/3 meerderheid kry dan gaan dit nog erger met ons gaan

Frans Palm ·

Ek het al die kommentaar hierbo gelees. Dit bekommer my dat soveel Afrikaanse kiesers skynbaar besluit het om nie te gaan stem nie. Dit is voorwaar ‘n baie onwyse ding om te doen. Hierbo is reeds die voordele van die proporsionele stelsel uitgewys – dit beteken in kort dat selfs die kleinste partye met die minste stemme in die parlement verteenwwoordig is.
As ek kyk na die Provinsiale rgerings kan ek nie anders as om vir die DA in die Wes Kaap te stem nie. Hier word baie goeie wwerk gedoen en die statistiek en uitslae bewys dit. Ek ondervind dit elke dag prakties dat dienslewering belangrik genoeg geag word. Moenie ‘n fout maak nie – die DA se hantering van sekere ssake op nasionale vlak maak my as kieser moedeloos. Die alternatief is egter ondenkbaar. Die res van die land is sprekende bewys van wan – regering.
Wat nasionaal betref, sal ek vir die party stem wat oenskynlik my taal en waardes respekteer. Die VF+ is myns insiens die aangewese party en kan op my steun staatmaak.

Afrikaner ·

Is dit nie maar dieselfde as Bouwer Bosch wat so twee jaar gelede op sy Facebook blad verskoning vir apartheid en die rol wat die kerk daarin gespeel het, gevra het nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.