Nuuskommentaar: Aktivisme of terreur – waar lê die grens in die stryd om die behoud van Afrikaans op kampusse?

Studente by Elsenburg-landboukollege. Foto: AfriForum Jeug

Studente by Elsenburg-landboukollege. Foto: AfriForum Jeug

In ’n bunker in die Nederlandse stad Den Haag moet die hof nou beslis waar die grens tussen terreur en aktivisme lê, berig Trouw. Verskeie aktiviste uit die problematiese woonbuurt, Schilderwijk, word aangekla weens hul steun van en werwing vir die IS.

Die vraag is ook nou in Suid-Afrika besonder aktueel. Na aanleiding van die anti-Afrikaanse betogings op veral die Elsenburg-kampus, Henk Maree, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug: “Dit is beter om voorsorg te tref en planne gereed te hê indien soortgelyke optogte by ander universiteite plaasvind.

“Met die toepassing van die voorkomingsplan wil ons sover moontlik met kampusse saamwerk, maar ons sal nie skroom om studente se veiligheid en regte self te beskerm nie. AfriForum Jeug is van mening dat universiteitsbesture weens politieke druk nie bereid is om teen radikale transformasie-aktiviste op te tree nie.”

Presies hoe groot is die gaping tussen die aktivisme van radikale studente wat ander met sambokke bydam oor ’n politieke saak, en terreur?

Die Grondwet waarborg immers slegs die reg op vreedsame protes.

Presies hoe vreedsaam is protes as motoriste deesdae daagliks op die radio se verkeersverslae gewaarsku word om sekere paaie te vermy weens gewelddadige betogings waar klippe en brandende motorbande op paaie geplaas word? Of busse vuurgemaak word omdat taxi-bestuurders ontevrede oor hul toetrede is?

En so in die verbygaan, pleeg die regering nie ekonomiese terreur deur die manier waarop hy die ekonomie deur politieke retoriek en inwerkingstelling in die voet skiet nie?

Lees gerus wat skryf Dean MacPherson van die DA in die Rand Daily Mail: “But the reason SA finds itself in an economic crisis is because of the political decisions the Zuma administration has taken, including those he has entrusted to implement economic policies. The business-crushing policies that seek to inhibit, rather than allow business to grow, are solely political in their nature.”

Dit is egter nie al nie. Die gesaghebbende internasionale saketydskrif, The Economist, het ook kras woorde vir die politieke opmors van die land se ekonomie deur die regering gehad: “To understand how far South Africa has strayed from Nelson Mandela’s legacy, one need only peruse the latest foreign-policy paper drafted by grandees of the ruling African National Congress (ANC). The fall of the Berlin Wall, it reads, marked not the freeing of captive nations in Europe but a regrettable triumph of Western imperialism. The pro-democracy protests in Tiananmen Square in China were an American-backed counter-revolution. Russia’s invasion of eastern Ukraine is a conflict ‘directed from Washington’. America’s policies in Africa and the Middle East have ‘the sole intention’ of toppling democratic governments. As ‘part of the international revolutionary movement to liberate humanity from the bondage of imperialism’, South Africa should seek to have American military bases thrown out of Africa. If this were a spoof, it might be amusing. Yet the document is entirely serious: its contents are to be debated at the ANC’s policy conference in October.”

Dit wil mos al lyk of Maroela Media se nuuskommentaar oor die Kwaadwillige Regering van 4 September eerder tydig was as wat dit die taai kopdoekklappe verdien het wat dit opgedoen het.

Maar terreur?

Word die term “terreur” nie soms te maklik ingespan nie? Volgens Trouw se artikel handel die hofsaak in Den Haag daaroor om ’n juridiese en ’n wetenskaplike benadering met mekaar te balanseer. Dit gebeur beslis soms dat state wat ongelukkigheid ervaar, die woord “terreur” in wetgewing giet om bykans enige ongelukkigheid met die regering strafbaar te maak … en met ernstige strawwe soos selfs die doodstraf op die koop toe. In die proses word skerp afgewyk van die politiek-wetenskaplike definisies en begrippe van terreur. Dit kan selfs in staatsterreur ontaard.

Maar tog, as beserings, selfs sterftes en saakbeskadiging sterk waarskynlike uitkomste is, wanneer dit sterk gerig is om in aanmerking te kom vir propaganda van die daad (dus om as “verhoog” te dien waar die wêreld danksy die media die gehoor is), dan maak dit ook wetenskaplik sterk aanspraak om as terreur bestempel te word. Trouw skryf oor die hofsaak in Den Haag dat die regter en wetenskaplike oor één punt eensgesind was: “De terreur wordt voor de helft op het slagveld en voor de helft in de media gestreden.”

Toepaslik of nie – dus, om die woord “terreur” in die konteks van anti-Afrikaanse betogings in te span – dit verskaf nietemin ’n sleutel tot die komplekse aard daarvan wat die vind van oplossings moeilik maak. Hier is geen sprake van ’n slagveld waar dit met konflik besleg kan word nie – dis net die oortjies van die seekoei. Onder die water is ’n hele seekoei van politieke en sielkundige idees wat dikwels diep gesetel is. Dit het dikwels ’n politieke naelstring na ’n opdraggewer wat dit soos ’n marionet beheer. Dit werk met heel ander historiese en ander perspektiewe as dit waarmee die teenstanders werk. En vir ’n “lawwigheid” soos die Grondwet en ander se grondwetlike regte is daar geen ruimte nie.

Die stryd gaan moeilik wees, veral as die regering nie duidelik ’n pro-grondwetlike standpunt inneem nie.

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

5 Kommentare

Emile ·

Uitstekend verwoord Herman

Een van Afrikaans se groot uitdagings is afwesigheid van sy stem in die liberale, anti-Afrikaanse Engelse media wat ooglopend en eensydig deel is van die aktivisme en “tereur-aanhitsing” teen AFrikaans.

HEVW ·

Nie so ingewikkeld nie. Eevoudig net reg is reg en verkeerd is verkeerd. Gaan maar net eerlik om met die grondwet. Wat is kopdoekklappe? O dit is n lap wat dien om jou selfbeeld n hupstoot te gee. Baie mense gebruik weer n donkerbril nie op die oe nie maar ook op die kop.

Grassie ·

Dankie vir ‘n puik bydrae, Herman. Jou vermoë om losstaande feite en gebeure saam te vat, in konteks te plaas, maak dit vir ons gewone outjies makliker om dit te verstaan en ‘n geheelbeeld te sien.
Daardie seekoei en die naelstring – ons moet onthou dat daardie naelstring altyd, maar altyd, aan Luthuli-huis gekoppel is. Die openbare figure wat probleme gee en uitsprake maak is bloot pionne wat doen wat hul meesters beveel.
Die ou met die kopdoek – solank hy van jou verskil weet jy dat jy op die regte pad is. As hy ooit met jou saamstem is dit ‘n teken dat jy moet gaan stil sit en ernstige introspeksie doen om vas te stel waar jy die pad byster geraak het.
Sterkte aan Afriforum Jeug. Hulle het elke Afrikaner se ondersteuning nodig.

Winston ·

Dit lyk so wanneer n terroriste rewolusionêre organisasie n land oorneem. Dit is maar net n “versagte terreur aanslag” teen orde. Dit gaan geensins verander nie en sal toeneem in hulle aanslag teen die Afrikaans sprekende groep en die uitwissing van n taal wat deur hulle “onderdrukkers” gepraat word. Taal is maar net wat voorgehou word en is soos gemeld, net die ore van die seekoei. Dis net n dwaas wat verdere hoop plaas op n “reënboog nasie”.
Ons moet ondergaan, veg vir ons reg of aandring op ons eie staat.

nicky ·

Ek wonder nou maar net, Kgwadi (NWU) verwerp so vinning die plan vir veiligheid (AFRIFORUM) op NWU kampus, maar hy laat skeeuende, baksteen swaaiende betogers op kampous toe, nou hoe nou, duidelik is die veiligheid van ander studente en personeel nie, op sy PRIORITEITSLYS of AGENDA nie.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.