Nuuskommentaar: Al weer die rassekaart – wit student moet sterf

Studentebetogings op die Wits-kampus Dinsdag, 4 Oktober 2016. Foto: Twitter via @OnJourneyOf_

Studentebetogings op die Wits-kampus Dinsdag, 4 Oktober 2016. Foto: Twitter via @OnJourneyOf_

ʼn Wit student moet eers sterf voor Wits se “arrogante” rektor sal luister, lui ʼn klankgreep wat op sosiale media versprei word. So iets kan in die huidige gelaaide atmosfeer so maklik ontplof.

Die klankgreep, wat op sosiale media die rondte doen, word nou deur Wits ondersoek. Volgens die klankgreep sal net die dood van ʼn wit mans- of vrouestudent al wat die rektor, Adam Habib, na die molesmakende betogers gaan laat luister. Die klankgreep is op die oog af teen die veldtog, #TakeWitsBack, gemik.

Intussen het die universiteit handdoek ingegooi en vir tien dae gesluit. Habib gaan baie geloofwaardigheid inboet as die akademiese jaar hervat in weerwil van sy standpunt tot gister, dat as klasse nie gister hervat nie, die akademiese jaar nie gered kan word nie.

Verlede jaar is wit studente oor die algemeen verkwalik omdat hulle nie op groter skaal aan die #FeesMustFall-veldtog deelgeneem het nie. Teen daardie tyd was dit egter al duidelik dat die veldtog politieke bagasie saamgedra het, soos ʼn “subveldtog” om van Afrikaans op kampusse ontslae te raak.

Vanjaar neem wit studente weer aan die veldtog deel, maar dit lyk volgens beeldmateriaal asof die molesmakers nou grootliks tot swart studente gekristalliseer het. Die, soos dit gestel word, stille meerderheid, wat wil klas draf en deurkom, is meer verteenwoordigend van die verskillende rasse.

Wittes studeer dikwels met lenings en die opoffer van ʼn akademiese jaar is dan ʼn ramp.  Die leiers van die #FeesMustFall (of welke variasie daarvan) maak dit nou duidelik hulle is bereid om die akademiese jaar op te offer, omdat dit in belang van toekomstige geslagte sou wees.

Maar ʼn eerste struikelblok is hoe nou met die sowat 70 000 nuwe eerstejaars vir wie daar volgende jaar nie plek sal wees nie, omdat vanjaar se eerstejaars eers geakkommodeer moet word.

Gegewe die hoë vlakke van raspolarisasie wat nou in Suid-Afrika en in baie dele van die wêreld voorkom, was dit seker net ʼn kwessie van tyd voordat die studentebetogings ʼn nare rassistiese streep sou kry. (Die feit dat op ʼn “gedekoloniseerde” leerplan aangedring word, was al ʼn sterk aanduiding van rasgeörienteerdheid en iets wat feitlik net so uit die VSA oorgeneem is.)

In Maroela is al dikwels geskryf oor die parallelle tussen raskwessies hier en in die VSA, met onlangs ʼn verwysing na verskeie Amerikaanse universiteite wat swart koshuise, of gange met ʼn Afrikasentriese atmosfeer, instel hieronder.

Op die oomblik is die aandag gevestig op ʼn saak wat voor die VSA se hoogste hof, die Supreme Court, dien. In 1997 is ʼn swart man in Texas die doodstraf opgelê nadat ʼn deskundige getuie (nogal vir die verdediging) getuig het die beskuldigde se kanse om hom weer aan misdaad skuldig te maak, is beter omdat hy swart is.

Uit die berigte is daar nie ʼn aanduiding dat die deskundige hom bloot op statistiese gegewens verlaat het nie, maar die kwessie nou voor die hof is dat beweerde rasse-vooroordeel die beskuldigde se reg om as individu beoordeel te word, ondermyn het.

Die saak is nou veral aktueel teen die agtergrond van verskerpte rassevooroordeel in die VSA (van alle kante af), soos onder meer blyk uit die afloop van verskeie voorvalle waar wit polisielede swart mense doodgeskiet het. Dit beïnvloed selfs die presidentsverkiesing, waar Rasmussen vanoggend berig Donald Trump trek weer gelyk met Hillary Clinton nadat Hillary na ʼn onlangse TV-debat taamlik ruim neus voorgekry het.

Moontlik is die oproep dat ʼn wit student eers moet sterf ʼn baie geïsoleerde geval. Dit kan ook ʼn muis baar. Die feit is dit het sosiale media gehaal en vra maar vir Penny Sparrow hoe so ʼn ding tot onvoorsiene proporsies en duike in die beursies kan opblaas. Dit bou wrewel en weerstandigheid op. Dit isoleer die wit studente wat nog aan die #FeesMustFall deelneem, omdat hulle nou ook die kleed van vyfdekolonners omgehang word.

Dit verhoog die druk op die owerhede om nie die knie voor wanorde en misdaad te buig nie.

Kovsies, toe hy die opskorting van akademiese bedrywighede aangekondig het, was skynbaar erg g*tkruiperig jeens die oproermakers gerig: “In eensgesindheid met die oproep om gratis onderrig vir die armes en die ontbrekende middelgroep, het ons na afloop van ʼn gesprek met die Universiteitsbestuurkomitee vanoggend, asook in oorleg met die studenteleierskap en ná sorgvuldige beoordeling van bedryfskwessies op al drie kampusse van die Universiteit van die Vrystaat (UV), oor die volgende ooreengekom:..

“2. Dit sal aan die hele universiteit die geleentheid bied om in samewerking met die studenteleierskap, akademiese en steunpersoneel, asook die groter gemeenskap, eensgesindheid te toon ter ondersteuning van gratis onderwys vir die armes en die ontbrekende middelgroep.”

Nog ʼn nuusverklaring op die webwerf handel oor Kovsies se aansoek om verlof tot appèl oor sy besluit om grootliks met Afrikaans as onderrigmedium weg te doen. In hierdie saak word Kovsies daarvan beskuldig dat dit as regsargument met die grondwetlike regte van ʼn “klein” minderheid wil wegdoen omdat daardie aandrang op grondwetlike regte die meerderheid so antagoniseer. Dus die knie te buig voor misdadigers ten koste van wetsgehoorsames.

Dit so jammer dat universiteite die voorbeeld aan sy studente stel om te swig voor die wet van die oerwoud, in plaas daarvan om ferm te staan by die bepalings van die grondwet.

Elke dag se studie wat verlore gaan, skend iemand se reg om te ontvang waarvoor hy betaal het (al is dit deur studielenings of uit ʼn ouer se sak, wat dit nie werklik kan bekostig nie). Wat gaan slaprug-universiteite doen as hulle hieroor deur ʼn klasaksie in die sop beland?

Vandag maak Solidariteit sy tienpuntplan vir universiteitsonderrig bekend. Uit Afrikaanssprekende geledere, waar studente en ouers nie voortdurend aan ʼn staat van anargie blootgestel wil wees nie, gaan die belangstelling besonder groot wees.

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar, Rubrieke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

21 Kommentare

jongste oudste gewildste
Columbiana

Kom ons raai. Dis nie haatspraak nie die net ‘n uiting van frustrasie. Dit is regtig tyd dat een van hierdie uitsprake swaae gestraf word soos Sparrow en kie

MCS

Daai wit staat wat mense wil bou in die WesKaap wat soos Orania is klink na n blink plan! Dan kan ons wit volk in vrede leef en laat leef en elke wit kind kan n vrede studeer met n studie lenings! “Free education” waar gesien, hul leeg in n droom wereld! Teen die tyd dat hul wakker word moet ons blankes ond droom leef in n staat wat ons self sal opbou met sweet en harde werk!

Denise

Dit lyk vir my of die studente wat so amok maak glad nie belangstel om te studeer nie maar afbreek en verwoes en onmin saai doen hulle goed is dit nou menslik wat van die wat wel wil leer waar is hulle regte dit is n sirkus !!!!

Gerda

Satan is in hoë snelheid oor die hele wêreld aan die gang.

Theuns

Daar is “een” student wat in my oe ‘n held is . Hy het gister, man alleen, tussen swart studente gestaan en sy plakkaat opgehou dat Wits moet oop bly om voortegaan met sy akademiese jaar! En dit te tenspuite van stampe, en stote, vloeke en ‘n vinger wysery! Sy plakaat het nie lank gehou nie maar so kalm soos die houtjie van die galg! Maroela soek die student, maak sy naam bekend en kom ons eer hom! Dankie Herman vir jou uitstekende kommentaar!