Nuuskommentaar: Al weer die rassekaart – wit student moet sterf

Studentebetogings op die Wits-kampus Dinsdag, 4 Oktober 2016. Foto: Twitter via @OnJourneyOf_

Studentebetogings op die Wits-kampus Dinsdag, 4 Oktober 2016. Foto: Twitter via @OnJourneyOf_

ʼn Wit student moet eers sterf voor Wits se “arrogante” rektor sal luister, lui ʼn klankgreep wat op sosiale media versprei word. So iets kan in die huidige gelaaide atmosfeer so maklik ontplof.

Die klankgreep, wat op sosiale media die rondte doen, word nou deur Wits ondersoek. Volgens die klankgreep sal net die dood van ʼn wit mans- of vrouestudent al wat die rektor, Adam Habib, na die molesmakende betogers gaan laat luister. Die klankgreep is op die oog af teen die veldtog, #TakeWitsBack, gemik.

Intussen het die universiteit handdoek ingegooi en vir tien dae gesluit. Habib gaan baie geloofwaardigheid inboet as die akademiese jaar hervat in weerwil van sy standpunt tot gister, dat as klasse nie gister hervat nie, die akademiese jaar nie gered kan word nie.

Verlede jaar is wit studente oor die algemeen verkwalik omdat hulle nie op groter skaal aan die #FeesMustFall-veldtog deelgeneem het nie. Teen daardie tyd was dit egter al duidelik dat die veldtog politieke bagasie saamgedra het, soos ʼn “subveldtog” om van Afrikaans op kampusse ontslae te raak.

Vanjaar neem wit studente weer aan die veldtog deel, maar dit lyk volgens beeldmateriaal asof die molesmakers nou grootliks tot swart studente gekristalliseer het. Die, soos dit gestel word, stille meerderheid, wat wil klas draf en deurkom, is meer verteenwoordigend van die verskillende rasse.

Wittes studeer dikwels met lenings en die opoffer van ʼn akademiese jaar is dan ʼn ramp.  Die leiers van die #FeesMustFall (of welke variasie daarvan) maak dit nou duidelik hulle is bereid om die akademiese jaar op te offer, omdat dit in belang van toekomstige geslagte sou wees.

Maar ʼn eerste struikelblok is hoe nou met die sowat 70 000 nuwe eerstejaars vir wie daar volgende jaar nie plek sal wees nie, omdat vanjaar se eerstejaars eers geakkommodeer moet word.

Gegewe die hoë vlakke van raspolarisasie wat nou in Suid-Afrika en in baie dele van die wêreld voorkom, was dit seker net ʼn kwessie van tyd voordat die studentebetogings ʼn nare rassistiese streep sou kry. (Die feit dat op ʼn “gedekoloniseerde” leerplan aangedring word, was al ʼn sterk aanduiding van rasgeörienteerdheid en iets wat feitlik net so uit die VSA oorgeneem is.)

In Maroela is al dikwels geskryf oor die parallelle tussen raskwessies hier en in die VSA, met onlangs ʼn verwysing na verskeie Amerikaanse universiteite wat swart koshuise, of gange met ʼn Afrikasentriese atmosfeer, instel hieronder.

Op die oomblik is die aandag gevestig op ʼn saak wat voor die VSA se hoogste hof, die Supreme Court, dien. In 1997 is ʼn swart man in Texas die doodstraf opgelê nadat ʼn deskundige getuie (nogal vir die verdediging) getuig het die beskuldigde se kanse om hom weer aan misdaad skuldig te maak, is beter omdat hy swart is.

Uit die berigte is daar nie ʼn aanduiding dat die deskundige hom bloot op statistiese gegewens verlaat het nie, maar die kwessie nou voor die hof is dat beweerde rasse-vooroordeel die beskuldigde se reg om as individu beoordeel te word, ondermyn het.

Die saak is nou veral aktueel teen die agtergrond van verskerpte rassevooroordeel in die VSA (van alle kante af), soos onder meer blyk uit die afloop van verskeie voorvalle waar wit polisielede swart mense doodgeskiet het. Dit beïnvloed selfs die presidentsverkiesing, waar Rasmussen vanoggend berig Donald Trump trek weer gelyk met Hillary Clinton nadat Hillary na ʼn onlangse TV-debat taamlik ruim neus voorgekry het.

Moontlik is die oproep dat ʼn wit student eers moet sterf ʼn baie geïsoleerde geval. Dit kan ook ʼn muis baar. Die feit is dit het sosiale media gehaal en vra maar vir Penny Sparrow hoe so ʼn ding tot onvoorsiene proporsies en duike in die beursies kan opblaas. Dit bou wrewel en weerstandigheid op. Dit isoleer die wit studente wat nog aan die #FeesMustFall deelneem, omdat hulle nou ook die kleed van vyfdekolonners omgehang word.

Dit verhoog die druk op die owerhede om nie die knie voor wanorde en misdaad te buig nie.

Kovsies, toe hy die opskorting van akademiese bedrywighede aangekondig het, was skynbaar erg g*tkruiperig jeens die oproermakers gerig: “In eensgesindheid met die oproep om gratis onderrig vir die armes en die ontbrekende middelgroep, het ons na afloop van ʼn gesprek met die Universiteitsbestuurkomitee vanoggend, asook in oorleg met die studenteleierskap en ná sorgvuldige beoordeling van bedryfskwessies op al drie kampusse van die Universiteit van die Vrystaat (UV), oor die volgende ooreengekom:..

“2. Dit sal aan die hele universiteit die geleentheid bied om in samewerking met die studenteleierskap, akademiese en steunpersoneel, asook die groter gemeenskap, eensgesindheid te toon ter ondersteuning van gratis onderwys vir die armes en die ontbrekende middelgroep.”

Nog ʼn nuusverklaring op die webwerf handel oor Kovsies se aansoek om verlof tot appèl oor sy besluit om grootliks met Afrikaans as onderrigmedium weg te doen. In hierdie saak word Kovsies daarvan beskuldig dat dit as regsargument met die grondwetlike regte van ʼn “klein” minderheid wil wegdoen omdat daardie aandrang op grondwetlike regte die meerderheid so antagoniseer. Dus die knie te buig voor misdadigers ten koste van wetsgehoorsames.

Dit so jammer dat universiteite die voorbeeld aan sy studente stel om te swig voor die wet van die oerwoud, in plaas daarvan om ferm te staan by die bepalings van die grondwet.

Elke dag se studie wat verlore gaan, skend iemand se reg om te ontvang waarvoor hy betaal het (al is dit deur studielenings of uit ʼn ouer se sak, wat dit nie werklik kan bekostig nie). Wat gaan slaprug-universiteite doen as hulle hieroor deur ʼn klasaksie in die sop beland?

Vandag maak Solidariteit sy tienpuntplan vir universiteitsonderrig bekend. Uit Afrikaanssprekende geledere, waar studente en ouers nie voortdurend aan ʼn staat van anargie blootgestel wil wees nie, gaan die belangstelling besonder groot wees.

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar, Rubrieke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Columbiana ·

Kom ons raai. Dis nie haatspraak nie die net ‘n uiting van frustrasie. Dit is regtig tyd dat een van hierdie uitsprake swaae gestraf word soos Sparrow en kie

Karma ·

Ja-nee, Columbiana, altyd aweregs, nè? DIT IS NIE HAATSPRAAK NIE, MAAR ‘N FEIT. Die regering en universiteitsbesture doen NIKS om die verfoeilike optrede van die oorgroot-massa anderskleurige studente te stop nie en sodoende stel hulle die lewens van die gewone blanke studente wat betaal en wil leer in gevaar. Dit is waaroor daardie boodskap gaan.

MCS ·

Daai wit staat wat mense wil bou in die WesKaap wat soos Orania is klink na n blink plan! Dan kan ons wit volk in vrede leef en laat leef en elke wit kind kan n vrede studeer met n studie lenings! “Free education” waar gesien, hul leeg in n droom wereld! Teen die tyd dat hul wakker word moet ons blankes ond droom leef in n staat wat ons self sal opbou met sweet en harde werk!

Denise ·

Dit lyk vir my of die studente wat so amok maak glad nie belangstel om te studeer nie maar afbreek en verwoes en onmin saai doen hulle goed is dit nou menslik wat van die wat wel wil leer waar is hulle regte dit is n sirkus !!!!

Gerda ·

Satan is in hoë snelheid oor die hele wêreld aan die gang.

Theuns ·

Daar is “een” student wat in my oe ‘n held is . Hy het gister, man alleen, tussen swart studente gestaan en sy plakkaat opgehou dat Wits moet oop bly om voortegaan met sy akademiese jaar! En dit te tenspuite van stampe, en stote, vloeke en ‘n vinger wysery! Sy plakaat het nie lank gehou nie maar so kalm soos die houtjie van die galg! Maroela soek die student, maak sy naam bekend en kom ons eer hom! Dankie Herman vir jou uitstekende kommentaar!

Piet Pompies ·

Die onrealistiese eise van sommige studente behaal nie sukses nou word die skuld vir dit geprojekteur deur dit rassisme te maak. Elke persoon is self verantwoordelik vir sy eie sukses of gebrek aan sukses, niemand anders.

Emile ·

Gaan kyk bietjie na Universiteit Stellenbosch se voorgestelde nuwe toelatingsbeleid (tans op hul webwerf).

Dit word duidelik daarin uitgespel dat daar nie meer ruimte vir wit middelklas klasgeldbetalende studente is nie. Voorkeur word gegee aan Bruin, Swart en Indier (BSI) studente wat of nooit skoolfonds betaal het nie, of in kwintiel 3 en laer skole was. Blanke kinders wie se ouers getrou skoolgeld betaal het en wie se skoolfondsbydrae gebruik is om nie-betalers te subsisdieer, word nou die rug op gekeer. Slegs die hoogs akademies-presteerders word op meriete toegelaat. daarna is dit velkleur en lae inkomste. Ooglopend blyk daar geen plekmeer by US te wees vir die 60-80% slaag-gemiddelde blanke nie, maar wel plek vir die 30% slaaggemiddelde BSI wat nooit eers universiteitstoelating moes kry nie, maar wie nou deur die US se Graad 12-herhalingsprogram ten koste van verdienstelike blanke studente vertroetel word.

Ironies is dit juis hierdie BSI studente wat verantwoordelik is vir die huidige kampusgeweld en gepaardgaande R1miljard skade. Desnieteenstaande wil US nog meer van hulle werf ten koste van wetsgehoorsame en verdienstelike fooibetalende blanke studente. Met hierdie tipe toelatingsbeleid is die US besig met ‘n stadige selfmoord.

Privaat universiteite sal eenvoudig hul pogings moet versnel om die akademiese investering in blanke kinders te ontwikkel. Dit terwyl publieke universiteite hulself in hul eie politieke korrektheid en gedienstelikheid versmoor.

moeg ·

Dit is belaglik! Geen opgevoede en geleerde mens kan so optree en redeeneer nie. Klink vir my of daar studente is wat nie hul semester geslaag het nie en nou ‘n verskoning soek. Daar moet strenger opgetree word in skole teen oortreders dan sal ons dalk meer opgevoede volwassenes in die land hê.

Yolanda Lotter ·

As mens die kostes in ag neem wat dit gaan kos om hierdie Universiteite weer op te bou en te herstel, kon elkeen van hierdie student ‘n tipe beurs gekry het om van hul uitgawes vir studies te dek, maar nou kies hulle om geboue ens te beskadig…. ek persoonlik dink “om te strike” moet ‘n kriminele oortreding” word in SA want dit doen net afbreek aan die land, niemand gaan later meer glo dat enige iets wat in SA gedoen is eg en waar is nie. Verwyder die wat strike, hulle kan nog ‘n jaar wag om klaar te maak, beskerm die wat wil leer en klaar maak, want hulle WIL iewers kom.

Theresa ·

Wanneer al die universiteite verwoes is en die vandalistiese kriminele alleen staan (steeds ongeleerd) is die volgende seker kerkgeboue. Winkelsentrums is solank misdaad deurspek, so dis iets wat solank gedoen word. Skole? Nee wat, Minister van Wet en Orde – waar is jy? Waar voer jy jou plig uit wat hierdie gemors aanbetref?? Sit en hande vou of sluimer en slaap, bring geen oplossing nie – wel ernstige armoede…

Gerhard ·

NOTHING is for mahala… maar dit word ge-DEMAND soos gewoontlik, en op die ou end gaan iemand betaal.

John ·

Die bestuur van die US wil hul poste ten alle koste behou. Daar is reeds gese hulle wil deur die staat onderhou word. Vergeet daarvan dat die rektor Afrikaans praat. Die inkomste uit die al ewige sg agtergeblewenes en onderpresteerders beteken langer jare studie, lang oorbruggingsprogramme en hulp, hulp, hulp van die staat ~ groooot geld. Watter semi-staats-universiteit het ‘n ander sienswyse? Waarom die probleme op kampusse soos taai-toffies gekou word? Dis om die staat se uithouvermoe in te breek. Die besture ondersteun die idee van gratis opleiding en die skade pla g’n niemand nie, want kyk net hoe snik hulle. Ha, ha. Die eise teen die polisie en die belastingbetalers sal moet opdok.

Elektroniese platform ·

Al wat op die korte duur sal help is om n elektroniese platform soos n website, app of sosiale media platform te skep waar studente en dosente kan interaksie he, wat as elektronise studie platform kan dien.

Wicus ·

Stem so saam, gebruik tegnologie, laat jou woning en die internet jou klaskamer wees met klasonderig een week in ‘n kwartaal. Ons kampusse sal nooit weer normaal funksioneer nie, Afrika gaan dit totaal vernietig, laat dit gaan hoe harteer ookal.

Ons moet Akademia ondersteun en uitbou, veral ook finansieel deur ons gewone mense.

Ons vryheid kom, wel deur ‘n prys, maar dit kom! Kom ons maak Solidariteit, Afriforum ens sterk, baie sterk……

Sê Maar net ·

Ek kan nie wag vir meer Akademia Kampusse van Solidariteit om verder te ontwikkel nie. Dit is dinge soos hierdie wat nou op die Universiteits Kampusse gebeur, wat ons mense aan die dink sit, en dié gedink word briljante idees – wat oorgaan in planne wat deurgevoer word. ‘n Boer maak ‘n plan. Min wit student betoog – al kan hulle self kwalik die studiegelde bekostig. Ons IS net nie so nie. Meeste van ons het nog trots en integriteit. Ons kyk uit vir ons Akademia Kampusse in die toekoms.

Skatymir ·

Dit is deel van die revolusie. Gratis onderwys is in die Freedom Charter. Flip het 3 jaar terug aanbeveel om hierdie dokument en “The communist manifesto” te lees. Baie dinge word duidelik as ‘n mens dit doen.

Antonio Sonelli ·

Miskien is dit nodig dat die blanke suid afrikaner besef dat ons nie gereken word as suid afrikaners nie, ek het in die week geluister na n onderhoud waarin zuma gesê het dat die ekonomie in Indie bv. word deur Indiers gedryf ens, toe hy by suid afrika kom het hy gesinspeel daarop dat die ekonomie in s a deur africans gedryf moet word. Die manier waarop hy dit gese het ,het min twyfel gelaat dat hy wittes uitsluit.

Lewies ·

Wie onthou nog die slagspreuk van die ANC “Liberation before Education” Is dit nie wat ons nou sien nie? Hulle het nie gedink dat hierdie suggestie in hulle tyd as regering bewaarheid sal word nie. Die wiel het vir ons gedraai en dit sal aanhou draai. Die wat nou onder is sal weer bo wees. Hoop net dan ons ‘n beter job sal doen. Kortsigtigheid en Geldgierigheid van leiers oor baie jare is die oorsprong van die val van regerings. Hierdie gesindheid verhoed mense om te doen wat hulle moet doen om volhoubaarheid te verseker.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.