Nuuskommentaar: Amerika gyselaar gehou in George Floyd-moordsaak

 

Derek Chauvin luister na die uitspraak. (Foto: Court TV/various sources/AFP)

Derek Chauvin, oudpolisieman van Minneapolis in Amerika, is Dinsdag skuldig bevind aan twee klagtes van moord en een van manslag teen hom. Dit volg na George Floyd in Mei 2020 dood is terwyl Chauvin hom in hegtenis geneem het.

Floyd se dood is oombliklik deur die sosialegeregtigheidsbende, die establishment-media en politieke elite bestempel as net nog ʼn bewys van Amerika se sistemiese rassisme.

ʼn Somer van die grootste gewelddadige protesoptrede en plundery in Amerika se geskiedenis het Floyd se dood gevolg met tussen $1 miljard en $2 miljard se geraamde skade wat berokken is.

Dié ongekende vlakke van verwoesting het deurentyd oor Chauvin se saak gehang. Verder het verskeie hoëprofielpolitici – onder wie die huidige president en visiepresident – deurlopend bygedra tot die narratief van Amerika se sistemiese rassisme. Sommige politici, soos Maxine Waters, het selfs geïnsinueer dat geweld sou dreig indien Chauvin nie skuldig bevind word nie – hulle was op soek na ʼn skuldigbevinding en sou tot geweld oorgaan indien hulle dit nie kry nie.

Oor die afgelope naweek is een van die getuies in die hofsaak ook deur aktiviste geteiken wat sy vorige huis met dierebloed besmeer het en ʼn varkkop op die stoep gelos het. Dit natuurlik verwysend na die sentiment dat die rassistiese polisie varke is. Dié getuie het dit in die hof duidelik gemaak dat Floyd se dood volgens hom ʼn ongeluk, eerder as Chauvin se skuld, was.

Lede van die jurie moes daarom teen die hele Demokratiese Party, establishment-media, die president en eie persoonlike veiligheid gaan indien hulle Chauvin onskuldig wou bevind. In die lig hiervan is dit moeilik om te argumenteer dat die saak op geregtigheid, eerder as politiek beslis sou word.

Sodoende was die saak van die begin af een van politiek, eerder as ʼn blote kriminele regsaak. Al Sharpton, Amerikaanse burgerregte aktivis, het dit uitstekend saamgevat deur te sê: “Chauvin is in die hof, maar Amerika word vervolg.”

Kendra Waldeyer hou ‘n plakkaat met ‘n skets van George Floyd vas tydens ‘n betoging in Minnesota in die VSA. (Foto: Kerem Yucel/ AFP)

Dit spreek daarvan dat Chauvin se feitlike of morele skuld irrelevant is – dit is eintlik ʼn simboliese aanslag teen Amerika se sistemiese rassisme. Met Amerika wat fundamenteel rassisties is, moet die stelsel heeltemal nuutgemaak word deur klassieke rewolusie. Hierdie saak het eintlik altyd gehandel oor die rasse-Marxiste van Amerika wat nog ʼn geleentheid gehad het om nader aan omverwerping te kom.

Sharpton se stelling verduidelik presies waarom die Chauvin-saak uitgespeel het soos wat dit het. Uiteindelik het die hof, die jurie en Amerika te staan gekom teen ʼn stelling wat nooit vals bewys kan word nie – dat Amerika sistemies rassisties is.

Indien Chauvin nie op al drie klagtes skuldig bevind is nie, sou dit net ʼn bewys wees van Amerika se sistemiese rassisme. Amerika is so fundamenteel rassisties dat dit selfs in die howe neerslag vind.

Noudat Chauvin egter skuldig bevind is, is dit nie genoeg nie.

BLM-aktiviste het reeds by die burgemeester van Minneapolis se huis opgedaag met versoeke dat die plaaslike polisiemag ontbind moet word. Byna deur die bank het diegene wat op die saak kommentaar gelewer het, gesê dat hierdie nie geregtigheid is nie, maar net die eerste stap in daardie rigting. Ware geregtigheid sal net gekry word wanneer die stelsels van sistemiese rassisme onvergewerp word.

Watter kant toe die saak ook al sou swaai, sou die rasse-Marxiste ʼn manier kry om terug te verwys na omverwerping as die uiteindelike antwoord.

Almal het vooraf geweet wat die uitkomste van hierdie saak sou wees. Steeds is die behoorlike regsprosesse gevolg. Chauvin se regspan het geleentheid gehad om hul saak te stel. Getuies is geroep en bewyse aangehoor. Tog sou die jurie steeds vir Chauvin skuldig (moes) bevind. Die feite van die saak taan uiteindelik teen die oorweldigende politiek wat daarmee saamgegaan het.

In jou geestesoog sien jy dikwels gepeupelgeregtigheid (mob rule) as mense wat met fakkels, pikke en stele die straat afhardloop na hulle volgende teiken. Hierdie is egter hoe moderne gepeupelgeregtigheid lyk. Dit vergestalt as ʼn kruipende rewolusie wat konstant dreig om omver te werp. Dit vergestalt in duisende gewelddadige betogers wat die samelewing in vrees gyselaar hou. Dit vergestalt in ʼn bewegende bende van aktiviste wat hul volgende teiken intimideer nes die vorige een geswig het.

Dit is waarskynlik ook die grootste bedreiging wat Amerika tans ervaar. Die kruipende dreigement van rewolusie wat (soos altyd) deur die politieke rasse-Marxistiese elite gepropageer word.

(Foto: Julio Cortez/AP)

Die Demokratiese elite en establishment-media propageer dat Amerika sistemies rassisties is. Nie omdat hulle werklik oor swart Amerika besorgd is nie. (Indien hulle was, sou hulle beter beleid nagejaag het wat dié mense se lewens verbeter het.) Eerder omdat hulle daarin belangstel om deurlopend hulle posisie van mag te versterk. Nes enige ander Marxiste is hulle as rasse-Marxiste op soek na ʼn manier om die onderdrukte groep in die samelewing se onderdruktheid tot hul eie voordeel aan te wend.

Hulle gebruik dié onderdruktes as morele regverdiging daarvoor om hulle eie posisies van mag te bevestig. Dit is hoe ʼn mens die oënskynlike paradoks kry van die president van Amerika wat verduidelik hoe die sistemiese rassisme van Amerika ʼn smet op die siel van die nasie is. Joe Biden, soos talle ander politieke elite, beswadder die stelsel links en regs. Tog neem hulle daaraan deel om “Amerika van binne af te verbeter” deur deel van die stelsel self te wees. Siende dat hulle die verligtes is wat die waarheid van Amerika se sistemiese rassisme gesien het, is hulle ten spyte van hul aandeel in die stelsel moreel verhewe bo die res.

Hierdie was ʼn gevaarlik omstrede hofsaak. Indien dit nie gemoedere vir die voorsienbare toekoms gaan kalmeer nie, staar Amerika ʼn breekpunt in die gesig. Demokrate en Republikeine stry nie meer oor verskillende middele tot dieselfde doel nie. Hulle verskil nou al fundamenteel oor wat die aard van Amerika is en behoort te wees.

Republikeinse klassieke liberalisme is fundamenteel onversoenbaar met die Demokrate se rasse-Marxisme. Dit is ʼn ongenaakbare stryd om idees wat deur iemand gewen moet word. Die groot vraag vir albei partye is of daar nog genoeg ooreenkomste tussen hulle is om hulle aanmekaar te hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Tiptol ·

Wat kan hulle by ons leer? Dis nie asof Suid-Afrika vorentoe beweeg nie.

Sanet ·

Stem saam Ovelia, baie Suid Afrikaners wat nou in Amerika woon se dieslfde.

Jacobus ·

Almal – van regter, jurie en publiek geïntimideer vir net een uitslag. Dis bevestig deur pateet in withuis.

Fedup ·

A great piece monica.
Our circus systematically destroyed our country in 27 odd years.
Biden and his marxist cronies not only destroyed america in 3 months, they actually pushed that racial card so hard it broke.
I don’t think america will ever be the same again.
The problem though is social media at this moment. The world see and hear. The lot here learn fast and that is not good at all.
If we don’t get our act together, we will all row a sinking boat.

Werner ·

Dieselfde gebeur hier in goeie ou SA.Die regters stel boere dit is nou die manne van Piet Retief se borg aansoek uit tot vervelens toe.Hoekom om die vrede te bewaar moet die reg maar verkrag word.Daai manne moes lankal borg gekry het maar nou is hulle wit.Sou hulle borg kry brand die spul die dorp af.

Sanet ·

Dieselfde invloede en geld wat hier gegeld het, uit dieselfde bron is nou van toepassing in Amerika. Wat nou daar gebeur is fyn beplan en oor jare. Ek is bevrees Amerika het geval!!!!!

Aai ·

Die sou nie toegelaat word as Trump in bewind was.Die demokrate moet maar vir hulle kry(wat jy saai sal jy maai)

Tiptol ·

Hulle loop ‘n afdraande pad net soos Suid-Afrika. Nie eers meer die moeite werd om soontoe te emigreer nie. Dieselfde probleme.

Kaytee ·

Wat ñ sirkus..skuldig bevind om monde toe te hou!!! Wel, hulle sal nou net ñ ander rede kry om chaos te veroorsaak….en min rede is nodig as jou denkwyse beknop en in een rigting is……ai!!!

Vrijburger ·

Puik annalise.
Ek is van mening dat die kulturele Marxiste in die VSA reeds ‘n lae intensiteit burgeroorlog voer.

Stefaan ·

Jip en daar gebeur dit ook in die land van die”free” . As hy nie wit was nie sou hou onskuldig bevind gewees het net soos in SA. Dit gaan nie oor reg of verkeerd nie. Voorspoed vir ons vriende en familie in USA.

MakersMark ·

Daar gaan “the land of the free and the home of the brave”. Binnekort regeer deur muishonde en kommuniste. Selfde as SA.

Thereza ·

dit was belaglik om te dink dat di polisie man onskuldig bevind sou word

Johan D ·

Indien jy na al die video’s vd voorval gekyk het sou jy dalk ʼn ander mening gehad het. Hy moes op die ergste aan Strafbare manslag skuldig bevind gewees het!
Net so terloops, waar kom die twee klagtes van moord vandaan?
Politiek het ʼn groot rol in die jurie se besluit gespeel!

Sanet ·

Stem saam Johan D, moet ook nie die MEDIA vergeet nie. Luister wat Candice Owens te se het na aanleiding van die vonnis. Ek se nog steeds die Media wereldwyd is ons grootste vyand.

Mariana ·

Dit gebeur wanneer jou president ‘n “puppet” raak van liberaliste en kriminele. Amerika het nou vir hulself ongekende skade berokken deur ‘n beïnvloedbare jurie en president te hê. Met no 2 in sy oor en dan nog die res van die spul het daai man seker ook moes mooi kies aan sy woorde. Nee wat Amerika is gedoem nes SA. Kriminele bestuur nou land en presidente swig voor hulle. Dink ook hierdie uitslag was eensydig. Baie Amerikaners gaan nie net aanvaar nie, hier kom nog baie drama. BLM is soos SA se EFF/ANC. Maak en breek nes hulle wil tot eendag wat mense gaan opstaan. Hoop daai dag kom gou.

Pieter ·

Ou biden moes al in die ouetehuis gewees het. Nou sal die amerikaners sien wat is n kommunis hulle het mos vir die ou man gestem.

katerinadiekat ·

Ek dink daar was massiewe eleksie bedrog. Ek is van mening, dat hy beslis nie regtig die meerderheid stemme gekry het nie. The mail-in voting ballot system, because of Covid, made it easy to commit large scale fraud and steal the election.

Willem ·

Monica, soos gewoonlik ‘n skitterende, ewewigtige ontleding . Hierdie siek situasie geld dwarsdeur die sogenaamde vrye Westerse wêreld. Dit is ‘n aanslag op die hele Westerse waardestelsel wat gegrond is in en gegroei het uit die Christelike leer en lewe. Net terloops: ek wonder oor die enkele duimpie wat deurlopend en konsekwent afwaarts wys aan die einde van bykans elke stukkie positiewe kommentaar op jou goeie en weldeurdagte meningstuk.

Bushy ·

Merk my woorde. Net soos die ELITE gedurende die Frande Revolusie van kant gemaak is gaan n Marksistiese Revolusie wereldwyd plaasvind. Dis onvermydelik, geskiedenis herhaal homself keer op keer. Al wat jou gat gaan red is om relatief arm te wees. Die wereld gaan nooit weer dieselfde wees nie. Al ooit gehoor van die gesegde, “Grou n gat en val self daarin”. Hoe dieper die gat, hoe harder die val. Wens en was verkeerd maar die tekens is oorweldigend.

Hendrik ·

Ons het gisteraand met ons vriende Amerika se rasse status bespreek en hulle ken Afrikaners in Amerika wat reken die rasse verhoudings in Amerika is merkbaar swakker as in Suid-Afrika. Dit word net goed verdoesel. In Suid-Afrika is die hoof sondaar politieke partye wat ras gebruik om meer stemme te werf. Hulle gooi gereeld brandstof op die rasse vuur.

Jack ·

Mob rule word al vir 30 jaar in SA toegepas en gedryf deur die vakbonde. Die feit dat amerika dit toelaat laat my wonder wie die biden eintlik is. Wil hy die minderheid met hul swak morele reputasie aan bewind kry. Ek is bevrees dan gaan die bloed vloei.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.