Nuuskommentaar: ANC nie te koop, maar wat van Zuma?

Adj.pres. Cyril Ramaphosa Woensdag tydens sy toespraak in Limpopo. Foto: Siyabulela Duda / GCIS

Adj.pres. Cyril Ramaphosa Woensdag tydens sy toespraak in Limpopo. Foto: Siyabulela Duda / GCIS

Die ANC is nie te koop nie, aldus adj.pres. Cyril Ramaphosa. Maar is dit nie leë woorde nadat die ANC se NUK vir pres. Jacob Zuma ongeskonde behou het ná die Gupta-onthullings nie? Het “staatskaping” dan nie reeds plaasgevind nie?

Trouens, daar word nou wild vinger gewys dat Zuma se bande met die Guptas nie al voorbeeld is nie. Ander staan glo ook agter die deur.

En is dit so uniek?

Die literatuur verwys gewoonlik met ’n korporatiewe magsgreep hoe een korporatiewe reus ander sake-ondernemings kaap, of selfs die eie onderneming suiwer.

Maar die gedagte dat sakelui ’n onbehoorlike greep op die staat of ander entiteite begin uitoefen, is ook nie vreemd nie. Griekeland vaar byvoorbeeld nie baie goed op die persvryheidsindeks nie, en die greep wat groot sakelui op die inhoud van Griekse media het, word as een van die redes aangedui.

Die sukses van tenderpreneurskap hang uitsluitlik af van die ongesonde greep wat hierdie sakelui op besluitnemers in die staat en/of regering het.

Juis die gevaar van staatskaping maak dat dit ’n ongesonde beginsel is dat skenkers aan politieke partye, veral die regerende party, geheim gehou word. Dit wek die indruk dat “gekoopte belange” geheim gehou word.

In die VSA speel korporatiewe VSA ’n besliste rol om regeringsbeleid min of meer op ’n bepaalde koers te hou. Vir ’n regeringsleier om byvoorbeeld strenger besoedelingsbeperkings in te stel, verg hare op die tande.

Kort-kort is daar sprake van ’n geheimsinnige “derde mag” wat agter die skerms die regering of ander instansies se toutjies trek.

Korporatiewe staatskapings word baie selde as positiewe verwikkelinge beskou, hoewel dit, teen die huidige agtergrond in Suid-Afrika, debatteerbaar kan raak as sakelui nie in eie belang nie, maar in belang van die land, druk uitoefen dat Zuma die trekpas moet kry – min of meer soos die oproep van Johann Rupert.

Gewoonlik word staatskaping egter deur eiebelang gekenmerk. Henry Jeffreys vra byvoorbeeld in Netwerk 24: “Wat kry Zuma deur die land se silwer te verkoop?” Die beginsel is eenvoudig. ’n Kapitaalryke persoon of instansies raak in ’n “algemeen korrupte verhouding” met ’n politikus, verkieslik die regeringsleier, betrokke en verkry sodoende reusagtige voordele. Die politikus word op die een of ander wyse beloon daarvoor.

Korrupsie staan breed oor die pakket geskryf, en dit geskied dus gewoonlik in groot geheimhouding – tot die korporatiewe “vennoot” soveel selfvertroue het dat hy arrogant sy stem begin dik maak, soos soms met dwelmbase gebeur. Maar, volgens die Wêreldbank, steel korrupsie ’n land se toekoms. So ’n “algemeen korrupte verhouding” werk dus negatief in op enige poging om die land se ekonomie te bestendig.

Die tweede probleem is dat dit al die beginsels van demokrasie die nek inslaan. Of liewer, dit ontbloot gebreke in die demokrasie, veral as dit die regeringshoof self is wat korrup is.

Dis nie iets unieks aan Suid-Afrika nie. Brasilië is in ’n warboel nadat teen ’n vorige regeringshoof opgetree is, in Israel is ’n oudpremier tronk toe gestuur, en in Afrikalande soos die DRK is dit bykans onmoontlik om sake te doen sonder om te onthou dat gawes nie die gevolg van verdienste is nie, maar van gunste wat weer beloon moet word.

Wat Suid-Afrika nou dringend nodig het, is groot, sigbare stappe om die negatiewe beeld af te skud. Die land kan nie die luukse bekostig van binne-ANC-ondersoeke (wat weer die reputasie het van alles onder die mat invee nie).

#ZumaMustFallNow!

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar, Rubrieke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

humor ·

Beslis SA kort n massiewe skoonmaakproses vanaf nr. 1 tot alle semmie – staatsinstellings. Maar is dit moontlik as in ag geneem word wie hierdie skoonmaakproses gaan behartig, .want dit verg integriteit en selfs selfverloening

WONDER MAAR NET ·

En so val die groot boom ……. Van bo tot by die wortels! Sommige mense net te stil …. Ek vermoed te besig agter die skerms om nuwe koalisie te vorm. Paniek onder burgers moet voorkom word, daarom ‘n koalisie. Ek ruik …… ‘n liberale muisnes

HEVW ·

100% reg. n Koalisie is nou die noodsaaklike en hul werk doelgerig daaraan, Dit gaan beslis nie n beter regering tot gevolg he nie. Daar gaan genoeg partylede by kom wat nog nie die geleentheid gehad het om op die soustrein te ry nie. Selfs om hierdie koalisie net te realiseer sal reeds miljoene kos.

WONDER MAAR NET ·

HEVW – stem saam, gaan beslis nie ‘n beter regering tot gevolg he. Koalisie gaan verkoop word as “redding van reenboognasie”. Die “wereld” sal weer verstom staan – maar so baie van ons weet van beter! Ons VRYHEID kom al hoe nader. STADIG MAAR SEKER. DANK GOD!

TTh ·

Die ANC is niks werd vir die landsburgers nie – slegs georganiseerde misdaad, en programme soos ‘BEE’ en regstellende aksie sal ‘n prys aan die ANC koppel en dit ten alle koste in plek wil hou – SA word so ‘leeg’ geplunder ten koste van sy landsburgers en tot voordeel van diegene tans in die top gesagsposisies saam met al hul vennote en assosiate. SA vrot van binne en dit is nie volhoubaar nie, een van die dae sal alles inplof, ons is by omdraaipunt verby.

christine ·

Die indiers is Zuma se base. Mense die is die orde se voorste linie hulle het al van so vroeg soos Verwoed beplan Zuma is doelbewus geplaas sodat hulle carta blanch het met SA se goed

Pieter ·

Vir my is die stelling dat die ANC nie te koop is n dom stelling – watter eerlike regdenke mense sal n korrupte besigheid/organisasie wil koop? Antwoord: n korrupte persoon sal dit wil koop van n nog meer korrupte verkoper. Die Guptas gaan dit binnekort agterkom wanneer die waarheid gaan begin uitkom en die ANC hulle rug op die Guptas gaan begin draai. Vra die Shaik boeties!!!

REGVERDIG ·

ANC KOOP? Baie commin stelling. Hy moet baie selfversekerd wees om te dink dat iemand die “ANC wil koop” !!!!!!!!!!!

Johann Marx ·

Ek verstaan nie hoekom Suid Afrika van Zuma ontslae wil raak nie? Hy’s die beste president wat geld kan koop!!!

Zumie ·

Toe “struggle” die “comrades” vir ‘n vrye Azania en eindig op met Guptaville …….. en party begin dit nou selfs agterkom…

HEVW ·

Op nuus 24 verkondig ramaphosa dat dit die anc se missie is om in die toekoms deur ekonomiese bemagtiging die ekonomie in die hande van die swartes te plaas. Daar is glo miljarde beskikbaar. Om gerieflikheidsonthalwe laat hy na om dit te stel van waar dit sal kom. Ook laat hy na om bekend te maak wat van plase geword het wat reeds in die hande van swartes geval het. Hierdie utopia het maar n powere vertrekpunt.

Katrynkie ·

Ja HEVF, wonder ek ook. Ek het voor vandag nog gedink Ramaposa sal ‘n geskikte opvolger wees as president maar na die artikel op News 24 vandag, dink ek glad nie meer so nie. Wat ek in sy toespraak lees, is niks anders as RASSISME nie… Wat lagwekkend is, is die feit dat hy swart besighede aanspoor om hulle idees aan die party voor te le en in dieselfde asem vra hy dat hulle hulle beursies moet oopmaak om die party te ondersteun vir die munisipale verkiesing wat op hande is…

John ·

Adj.pres Ramaphosa is skielik vreeslik op die voorbank, vrolik, vol kwinkslae en volsinne. Dit wil klink of hy nogal te vinde is vir die rol van president. Afrika is mos lief vir ruilhandel of stokvel. Dit werk dalk so vir die ANC. Hy het al voorheen gese swartes moet die base van wit ondernemings word. Hy was mos op baie direksies so hy weet waar die neste is van die eende wat die goue eiers le. Daar is ook niks meer wat die ANC uit sy dolleeg Pandora-kis kan optower vir sy kiesers nie, buiten dit wat aan die ‘ander’ behoort.

Louis ·

Die wortel van Ramaphosa se se uitspraak oor die wit oorheersing van die ekonomie het ‘n rassistiese ondertoon. Ek wens daar is iemand wat genoeg geld het om hierdie wituit-spraak, maar ook ander soortgelyke uitsprake in ‘n hof te toets. Geen mens kan namens Ramaphosa of enige ander persoon praat en beweer dat hierdie uitsprake nie in ‘n rasselig gesien moet word nie. Dit behoort uit die mond van die persoon wat sulke uitsprake maak self te kom. Al is sy uitspraak deel van die land se naionale “ontwikkelingsplan”

Bruno Stef ·

Waar die hart van vol is loop die mond van oor wat geld vir Ramaphosa se toespraak maar wat my verstom is dat n beteuterde vent wat voorgehou word as n kenner op die 7uur E-nuus Ramaphosa se uitsprake probeer afwater. Dit is n uitlating so uit die geledere van die seunse weenkoor wie bied vir die klonge n platform aan om die werklikhede te probeer toesmeer.

Dawie ·

Rhamaphosa het dalk n punt beet hulle is nie te koop want hulle is reeds verkoop. Hulle hoofkwartier sit mos my Guptaville.Of is die hele spul nou as SA se Guptagate bekend. Ek vra maar net.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.