Nuuskommentaar: ANC speel weereens slagoffer

Pres. Cyril Ramaphosa.

Die afgelope naweek het president Cyril Ramaphosa ʼn brief oor korrupsie aan alle ANC-lede gestuur. Hy noem dat die ANC beskuldigde nommer een is wanneer dit kom by korrupsie in die land.

In presies dieselfde asem verontskuldig hy egter ANC-korrupsie deur die blaam na die apartheid-regime te verskuif. Ramaphosa vermeld dat die huidige korrupsie dieper wortels het in die moreel en materieel korrupte apartheid-regime.

Volgens Ramaphosa het die ANC as bevrydingsorganisasie ten doel gehad om die korrupte regime omver te werp en met ʼn nuwe moreel eerbare bestel te vervang. Die ANC wou met regimeverandering nie net ʼn nuwe regering daarstel nie, maar ook ʼn nuwe meer etiese nasie.

Ramaphosa, wat die blaam op die skouers van apartheid plaas, is nie net veragtelik nie, maar ook ongelooflik hartseer. Die ANC erken hiermee dat hulle eintlik steeds uitgelewer is aan die bose erfenis van hul verlede. Ten spyte van die feit dat hulle die hoogste en mees verreikende mag in Suid-Afrika besit, is hul lot eintlik steeds afhanklik van hul voorgangers.

Die skadu van apartheid is sodoende nie net letterlik nie, maar ook moreel steeds verantwoordelik vir die ewige rampsaligheid van die ANC. Die slagofferstatus wat die ANC aan hulself toeken, weeg telkens swaarder as die gevolge van hulle eie optrede.

Dit is eintlik lagwekkend om te verstaan watter minderwaardigheidskompleks die ANC moet hê om 26 jaar later steeds soos uitgelewerde slagoffers op te tree. Hierdie minderwaardigheidskompleks is tweeledig. Aan die een kant is dit werklik en diepliggend. Aan die ander kant het dit oor die jare heen ʼn nuttige dekmantel geword waaronder hulle ons rot en kaal kan besteel.

Minister Nathi Mthethwa. (Foto: Kopano Tlape/GCIS)

Die eerste diepliggend en werklike minderwaardigheidskompleks is te bespeur in die optrede van ANC-lede soos die minister van sport, kuns en kultuur, Nathi Mthethwa. In Junie vanjaar het minister Mthethwa Krieket Suid-Afrika (KSA) oor die vingers getik oor die stand van hul transformasie. Volgens Mthethwa is KSA se topstrukture nie genoegsaam getransformeer nie. Mthethwa wou weet of wit aanstellings soos Jacques Faul, Graeme Smith en Mark Boucher nie ʼn stap in die verkeerde rigting is nie. Chris Nenzani, KSA-president, het hierdie aanstellings verdedig deur te noem dat hulle almal op grond van meriete gemaak is.

Volgens Mthethwa was hierdie stelling egter ʼn belediging. Ten spyte van wat Nenzani gesê het, het Mthethwa eerder gehoor: “Aangesien hierdie aanstellings op grond van meriete gemaak is – en dit geen swart mense insluit nie – is swart mense inherent onbevoeg.”

Mthethwa is in alle waarskynlikheid deeglik bewus van die feit dat hy ʼn pos vul waarvoor hy self skreiend onbevoeg is. Hy is ook ʼn groot voorstander van transformasie deur kwotas. Sodoende is Mthethwa ingekoop in die idee dat plekke vir swart mense gereserveer moet word. Hierdie beleid kweek maklik ʼn mentaliteit van minderwaardigheid.

Swart spelers wat wéét dat hulle hard gewerk het vir ʼn bepaalde posisie en oortuig is dat hulle dit verdien, sal waarskynlik nie aan die minderwaardigheidskompleks ly nie. Mense wat egter fundamenteel in hulself twyfel en weet dat hulle bo hulle vuurmaakplek besig is, reageer soos Mthethwa. Vir hulle is kwotas relevant, juis omdat hul eie vermoëns hulle waarskynlik nie in dieselfde posisie sou kry nie. Sodoende benodig jy ʼn stelsel wat ten gunste van jou diskrimineer. Jy is uitgelewer aan omstandighede en nalatenskappe buite jou beheer – daarom is jy self nie volledig verantwoordelik vir en verantwoordbaar teenoor jou eie optrede nie.

Dit is hierdie selfde mentaliteit wat dit regverdigbaar maak om apartheid se korrupsie vir jou eie korrupsie te blameer. Die geïnstitusionaliseerde nalatenskap daarvan weeg swaarder as jou individuele optrede.

Die tweede deel van die minderwaardigheidskompleks is ʼn meer oppervlakkige en bruikbare een. Diegene wat hulself op hierdie slagoffer status beroep, voel nie noodwendig soos slagoffers nie, maar is deeglik bewus daarvan dat hulle dit tot hul eie voordeel kan aanwend.

Argieffoto

Die ANC is oor die afgelope 26 jaar telkens toegelaat om omstandighede buite hulle beheer – soos apartheid – te gebruik as verskoning vir hul eie tekortkominge. Weens die toksiese aard van die rasdebat is hulle keer op keer toegelaat om dit as verskoning te opper. Enigeen wat hierdie argument van die ANC afskiet, is uitgekryt as ʼn rassis wat apartheid goedpraat. Die ANC het die morele afkeurenswaardigheid van die apartheid-regime sodoende in ʼn nuttige wapen omvorm.

Dit is met hierdie morele wapen wat die ANC die waansinnige vlakke van korrupsie wat hulle gepleeg het en steeds pleeg, regverdig. Selfs in die brief waarin president Ramaphosa die ANC se korrupte kultuur uitwys, noem hy dat die ANC se korrupsie eintlik weens apartheid ontstaan het.

Dit is regtig uiters sinies van Ramaphosa om nou nog so blatant die ANC as die slagoffer te skets. Minder as twee weke gelede is Zandile Gumede – wat tans strafregtelik vervolg word vir korrupsie – herontplooi. Vroeër vanjaar is twee ANC-partylede wat weens skuld in die VBS-skandaal geskors is, weereens in hulle poste aangestel.

Die ANC is letterlik besig om met een hand op die Bybel hul sondes te bely terwyl hulle met die ander hand die belastingbetalers se spaarvarkie steeds slag.

Die ANC het deur die loop van hul heerskappy soos ʼn slang in die gras weggekruip. Terwyl hulle in volle slinksheid ons besteel, het hulle geskuil onder die morele dekmantel van die onregte van apartheid. Hoewel hulle herhaaldelik sê dat hulle korrupsie teenstaan en veroordeel, gaan hulle nooit werklik tot daad oor nie. Die ANC gaan waarskynlik aanhou steel, totdat daar niks oor is om te steel nie.

Dit is daarom ons verantwoordelikheid om nie aandadig te wees aan hul korrupsie nie. Diegene in die private sektor moet self hul kant skoonhou. As burger moet jy self besluit tot watter mate jy moreel en wetlik bereid is om hul inkomstestroom van belasting te beperk. Anders as die ANC moet jy dan egter ook bereid wees om met die gevolge van jou dade te leef.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Mariana ·

Ag nee regtig, altyd apartheid se skuld. Blameer als op die apartheidsregering en die blankes. Altyd gedink hy is dalk bietjie anders, maar helaas is hy ook nes die res, aanvaar geen blaam, dit moet iemand anders se skuld wees. En dan is hy president…….of is hy. SA in regtig in groot moeilikheid en die ANC is te blameer vir dit. Maar dit is juis wat hulle wil hê, is dit nie. Wonder wie gaan die beste korruptes wees as als uiteindelik platval, wie se bankbalans gaan die sterkste wees. Dit gaan beslis nie “our people”wees nie. Nee hulle gaan steeds die slegste daaraan toe wees want niemand kyk regtig na hul belange nie. Maar wanneer dit by stembus kom, gaan hul steeds die kruisie in die verkeerde blokkie trek en hul lewens gaan niks beter word nie .

katerinadiekat ·

Pateties. Oor n duisend jaar sal apartheid nog steeds die skuld kry vir alles wat verkeerd loop onder die ANC regime. Mens kan niks minder verwag van hulle nie. Ek is nie seker dat hulle Regtig glo dat Apartheid te blameer is nie. Dis net n handige verskoning. En dit sal misbruik word vir altyd. Om verantwoordelikheid te neem is n kenmerk can volwassenheid en integriteit Not one member of the ANC government is a child or a teenager. So that leaves us with a lack of integrity.

Volwassenheid kan bereik word, inbors en goeie karakter, ongelukkig nie. You either have it or you don’t. And none of the ANC government members seem to have it.

Jaco ·

Geagte ANC: DEPORTEER ASSEBLIEF die gehate rassistiese korrupte wit mense na Europa, Amerika, Kanada en Australië. Dis ok. Ons gee nie om nie. As verdere straf vir apartheid is ons selfs bereid om met NIKS van vooraf in daardie lande te begin.
Net vreemd dat, as ons dan so sleg is dat julle ons lamk reeds met regstellende aksie en BEE uitskuif (duidelik is ons belastinggeld nie nodig nie), dat julle ons nog nie gedeporteer of i ‘n wit tuisland ge-“dump” het nie.

annie ·

Ja, goeie goeie plan! Die Boere weet hoe om in konsentrasiekampe te leef. Dis lekker. Dan kan ons van bakboord na stuurboord rondgeboender word terwyl die wèreld blou moord skreeu oor die apartheidskaders se erge sondes en dan kan die voorbokke wat hierdie aksie aangevuur het gaan please explain en sommer ook gaan smeek vir bietjie kossies vir die kindertjies. Goeie plan!

koos10 ·

So our so called president, you and your party actually admit that the past 26 years of your rule, you could not achieve the rule of our constitution. This in my eyes is a total failure, but your keep on making promises to unsuspecting people to vote for your party, even though the biggest promise of them all could not be achieved.
The fact of the matter is that you know exactly whom is the corrupt people in your party and you keep on protecting them, in order for you to have a job, because the corrupt persons can remove you within a heartbeat out of your position. Your vulnerability showed during the lock down with all its might. A minister overrule your word and you keep quit about it. (I don’t care what she said, up to today you NEVER spoke about the issue again, you should had tried that stunt in any first world country!)
It was said that Jabob Zuma was a broken man running a broken country, well this is applicable to you too, but you run a broken political party as well.

koos10 ·

I run out of space on my first comment, but i wanted to add that the words like apartheid, that you use is in-bedded so deep into the minds of people (correctly I admit), that when ever the word is used, people do not want to see or hear any thing else. There will come a time that this will not work any more, then your legacy will be remembered. Think about it for a while, how will you liked to be remembered? You are driving people away, and not only white people. Go ask your ministers to provide you the figure of how many people left the country the past 10 years and how much taxes did they contribute. That is money gone. During this time we should had stood together as a nation to beat this pandemic, and then you chose to divide us again. This is not very smart.

Johann ·

Een van die beste en raakvat berigte nog. Ironies dat selfs sulke feitelike stellings steeds nie n duik in die ANC KOPDOEK KADERS se gewetens maak nie. Altyd iemand anders te blame. Im sori BUT im not sorri becoz Im a victom. Soveel van self pitty het ek nog ne gesien nie.

Pieter ·

Hier isweereens n bewys, Jy kan nie een vertrou nie. ALmal is tot in die wortel in n Rassis. (Moet nie vir my anders kom probeer vertel nie).Die klomp maak my naer. EK is bly om wit te wees waar ek alles wat ek verkeerd doen self pa voorstaan en niemand vingerwys oor ek n lafaard is nie.

Misky ·

Hulle soek ons nie, maar kan nie bestaan sonder ons (belasting en kennis) nie….. #gatvol

Jaco ·

As jou stelling waar is, waarom word ons dan met regstellende aksie en BEE uitgeskuif uit die arbeidsmark uit?

Alex ·

26 jaar later en nadat hulle het die land se rykdomne geplunder, is dit apartheid se skuld. 26 jaar later…?!

pieter ·

Daar moet verandering plaasvind ,
Met die klomp gaan niks verander nie , alles gaan net agteruit. ramaphosa is nog slegter as die vorige een , kyk waar staan ons vandag.
Sekerlik is daar mense met leierskap wat kan regeer.

Jessey ·

Aag siestog, die arme bloeitjies, ek voel vreeslik jammer vir hulle. Hulle weet hoe om Porsches, Lamborghini’s en Range Rovers te koop met korrupsie geld, maar het geen idee hoe om korrupsie teen te veg nie, want Apartheid he hulle dit laat doen.

Kop in die Sand Volstruise

Jessey ·

Just thinking about this.

Is Mr. Ramaphosa saying that the ANC was trained by the Apartheid Regime on how to be corrupt? It seems that is what is saying?

Jackie ·

Africa has proven beyond a shadow of doubt, they cannot govern!

Snowball ·

Hoe swakker en meer korrup die ANC van een fiasko na die volgende skandaal strompel, hoe meer haat hulle alles wat wit is. En hoe groter word die behoefte om die ontnugterde ellendiges wat grootoog wag op die beloofde ANC verlossing aan te hits teen die minderheid, húlle moet tot in ewigheid blameer word, húlle moet boete doen, húlle moet selfs nou ook pa staan vir die huidige korrupsie. Wie sou kon dink The spear of the Nation daar op die c ANCer vlaggie is eintlik korrupsie, ‘n spies waarop hierdie vrot lot óf gaan val, òf wat die ontnugterdes so in die verbygaan in hulle agterente gaan steek op pad uit die Parlement uit. Gevaarlike tye…

Hercules ·

“narcissistic, pathological, compulsive, hypocritical, jezebel liars and kleptomania goes hand in hand – they don’t care if they are benefiting anyone; they are cold, calculated, manipulative, selfish people, and they don’t think about others at all unless they can benefit themselves; most of the time they show no emotion at all; narcissistic, compulsive liars believes they are great, that everything about them is magnificent and that they are entitled to everything and blame everyone but themselves”

Porseleintjie ·

Ja en seker ook in De Aar versteek gehad. Eerste ‘bom’ wat ontplof het.

Persheks Adri ·

Cyril hou op met BEE en korrupsie en om ALTYD apartheid op te bring! Jy en jou kaders is besig om die hele land en ekenomie op te neuk en gee nie ‘n hel om nie. Ons betaal en betaal vir wat? Skop die hele lot uit en kry mense wat BREINS het en die land kan reg ruk! Pateties verby om die minste te sê

#Tsek regering, BLM, en die hele lot! Tsek man

Adam Adriaan ·

The ANC has broken SA. They can brake any thing, They can even brake an Anvil

Anoniem ·

Die kommunis sal altyd homself probeer verontskuldig en wegskram van sy eie onvermoë. Hulle sal altyd iets of iemand anders blameer vir hul eie mislukkings. As jy egter in 26 jaar nog niks kon opbou en verbeter nie en alles net ten slegte plaasgevind het, dan het jy net jouself om te blameer Ramaphosa.

saggiespraat ·

“ALLES WAS IN WERKENDE TOESTAND IN DIE LAND TOE ANC OOR GEVAT
HET” EK IS SO WARM ONDER DIE KRAAG NOU EN SO GESKOK.

Pieter ·

Om te kla gaan niks help nie ons blankes wil nie standpunt in neem nie ons blankes wil nie saam staan nie. Die kommuniste mors met ons al wat van ons goed is is ons belasting geld. Daar is net een woord vir jou cyril en dit is VOETSEK

Maroela Burger ·

gaan kyk na Move One Million en sluit aan. hulle probeer ten minste om ‘n verskil te maak.

Maroela Burger ·

Ek was geleer dat jy altyd verantwoordelik sal wees vir enige besluit wat jy neem of inkoop in.
Die regering het besluit hulle wil die land regeer en het onderneem om sekere goed en dienste te verskaf om hulle nasie op te hef. Die teenoorgetelde het egter gebeur en is hulle ondersteuners armer gemaak en ook sonder werk. Hierdie kan grootliks toegeskryf word aan hulle regstellende aksies.
Ntini het self in ‘n onderhoud erken dat niks deur die huidige regering in die Oos Kaap gedoen was om die sport onder anderskleuriges te bevorder nie.
Die meeste bevoegdes het besluit om die land te verlaat en hulle dienste elders te gaan aanbied. Hoekom as die verontregtes dan so bevoeg is gaan hulle nie ook elders werk soek nie? Die antwoord hierop was dat hulle te lekker onder die ou regiem geleef het en nou wil hulle nie erken hulle besluit was verkeerd nie. Daarom hoor jy al hoe meer verontregtes hulle uitspreek dat hulle ten minste werk gehad het en kon kos koop voor die huidige regering.

Pappa Beer ·

My pa het altyd gese toe ons groot geword het, “ek is hard opsoek na n mannetjie en sy naam is “Njêkkie”. Want as iets fout gaan en iemand moet antwoord gee het ons kinders altyd gese ” nee pappa, dit was Njêkkie!”. Die cANCer regering het ook so n mannetjie want die antwoord is altyd: “nie ek nie, dis apartheid!”.

Hercules Stephanus ·

Ja Mnr Ramapromises, het regtig gedink jy is slimmer as dit. Dan maak jy nog wolf skaapwagter ook. Daar is regtig geen hoop meer vir die ANC nie.

MakersMark ·

Dit is ongelooflik. Dat ‘n president van ‘n land, wat veronderstel is om ‘n leier te wees, en die regte waardes voor te staan, so optree. Hartseer en totaal pateties. Die anc is oppad na ‘n totale inploffing. Swak kwaliteit mense in beheer.

KB ·

Ons is nou al tot sterwens toe sat vir die hierdie uitgeweekte flou verskonings van die ANC .
Dit is tyd vir die ANC om te ontbind, en verbode verklaar te word.
Regtig, ons het ‘n gesonde verstand, en weet wanneer mense niks het om te sê nie (dan beskuldig jy ander), dan is daardie mense (ANC) in ‘n hoek vasgekeer. Ons ervaar die laaste stuiptrekkings van ‘n korrupte organisasie.
Dien nóú die finale nekslag toe!

Realis Thailand ·

Nou waaraan skryf hy die verval van die res van afrika toe vernaamlik Lberia wat nooit n kolonie was en van 1847 onafhanklik is
Die anc kan nie verstaan dat hulle lae IK en minderwaardigheids gevoel hulle eie skuld is . Apartheid het die land opgebou

Elsabé ·

Siya Kolisi het dieselfde mentaliteit. Wonder of daar ‘n opleidingskamp was “Hoe om wit mense te blameer?” Na al die geleenthede wat in sy skoot geval het, speel hy nog die arm slagoffer en volg ‘n marxistiese #BLM. Wonder wat hy dink hulle vir hom gaan doen om sy arm verlede, en foute wat sy eie pa gemaak het, reg te stel. Kan iemand vir ANC en #BLM kaders ‘n praatjie aanbied “Bou ‘n brug en klim daaroor.”

Jack ·

Tragies dat jy kan lieg en dit nogal onbeskaamd. Ek is jammer vir hom want hy het nou finaal sy geloofwaardiheid verloor

Danie ·

Ek moet bieg, ek het eens op ‘n tyd gedink cyril ramaphosa is ‘n intelligente man.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.