Nuuskommentaar: Anti-rassisme voed rassisme – skrywer

Argieffoto

Argieffoto

Dit is reeds bekend dat baie sake die skuld vir (die opkoms van) rassisme kry. Kulturele indringing in gemeenskappe met ʼn voorheen gekoesterde kultuur, internasionalisering van die kwessie, die trauma van vergrype uit die verlede wat getroetel word, sosio-ekonomiese ongelykheid en vele meer.

Skielik is Zwarte Piet onder skoot, en is mense in Suid-Afrika verkwalik omdat hulle nie vanself geweet het “blackfacing” is ʼn ernstige, kwetsende kwessie nie.

Soms is die beskuldiging dat die ander ʼn rassis is, ʼn poging om die finale woord oor ʼn dispuut te probeer inkry. Dit is vir baie die laagste ding wat iemand ʼn ander kan toesnou, en kan daarom nie oortref word nie.

Die Britse skoolfilmmaker, Adrian Hart, voeg egter nog iets tot die lysie toe – dat anti-rassistiese veldtogte rassisme kan stook.

Hart het in die 80’erjare self aan sulke veldtogte deelgeneem, maar mettertyd besef dat baie van die sake – ook op die skoolterrein waar kinders skouer skuur – as “rassisme” uitgesnuffel is en ʼn bohaai oor gemaak is, terwyl die kinders daarby nie die geringste wil of bedoeling gehad het om rassisties te wees nie.

Maar die reaksie sit ʼn kettingreaksie aan die gang, en kort voor lank is rassisme baie lewend, en selfs akuut.

Hart gaan die veronderstelling uit dat rassisme nie werklik meer bestaan nie, in elk geval nie by skole nie waar daar op die skoolterrein in Brittanje ʼn ras-onbewustheid posgevat het. Tot iemand begin krap.

Hy het pas ʼn boek, That’s Racist! How the regulation of speech and thought divides us all, die lig laat sien.

Dit gaan maar broekskeur om in die literatuur ondersteuning vir Hart se standpunt te kry, maar ʼn vlugtige blik na voorvalle in Suid-Afrika lyk tog of daar iets in sit.

ʼn Nuwe artikel deur die oud-joernalis, Pieter Swart, gee skynbaar inhoud aan Hart se beskouings: “Tog wil ek nie meer van ʼn koerant soos Beeld hoor hoe sleg, diabolies en rassisties Afrikaanse mense is nie. Ek wil nie sien hoe Afrikaanse kinders vertrap en verneder word oor ʼn ‘Nazi-saluut’ nie, want ek wéét hulle weet waarskynlik nie eens wie is Hitler nie. Ek sal tewens my volgende salaristjek daarop verwed dat die meeste eerstejaars nie eens weet wie Piet Retief is nie. En ek bedoel dit. Ek wil nie meer lees of hoor hoe die openbare uitsaaier ʼn ou tannie as rassis kruisig omdat sy ʼn toilet in ʼn gebou vir mense sluit wat dit bemors nie. Haar eerlike antwoord hieroor is dat sy dit graag skoon wil hou omdat sy dit self ook gebruik. Ek glo sy sou dit vir my ook gesluit het as ek die plek bemors het.”

Hoe was dit byvoorbeeld breedweg by Kovsies gesteld voor twee studente daarvan aangekla is dat hulle in ʼn onderonsie met ʼn swart man, summier van rassisme beskuldig is en geskors is. Uiteindelik het die Menseregtekommissie en die hof hulle onskuldig bevind, maar hulle het ʼn studiejaar gemors – om nie eens van die aanslag op hul menswaardigheid te praat nie.

Dan was daar die Reitz-vier-geval, wat as rassisties opgeblaas is en uiteindelik daartoe gelei het dat die vier gevonnis is vir iets waaraan hulle nie skuldig bevind is nie, die hooggeregshof moes ingryp. Na daardie insident het die besadigde Nederlandse koerant Trouw, die rektor prof. Jonathan Jansen die nuwe ikon van versoening in die plek van die tanende oud-pres. Nelson Mandela genoem.

Hoe onwerklik klink dit nou na die meer onlangse voorval? In hoeveel gepubliseerde koerantbriewe is Jansen nie gewoon ʼn rassis genoem of dit kwalik bedek geïnsinueer nie?

Dit is nog te vroeg om met akkuraatheid die vinger te wys na die toiletkwessie op Louis Trichardt.

Maar hoeveel rustiger sou die Steve-debat verloop het as die media bietjie meer styl en oorwoë denke aan die dag gelê het in die manier hoe die Steve-twiet aangespreek is? Dit handel hier oor geykte beginsels van oorredingskommunikasie en strategiese kommunikasie, naamlik dat een wat agterkom iemand probeer hom beïnvloed, hom daarteen sal verset. Die geloofwaardigheid van die medium wat die kommunikasie rig, of die persoon in wie se naam dit uitgaan, bepaal hoeveel “kapitaal” daar is om mense te oorreed voor die verset intree. Die klassieke voorbeeld is uit die vorige bedeling toe die Mosambiekse koerant, Noticias, berig het Suid-Afrikaanse troepe het ʼn basis in Mosambiek aangeval en talle gedood. Noticias het geen geloofwaardigheid gehad nie en die berig was effektief skadeloos. Toe plaas ʼn gesaghebbende Duitse tydskrif dit en meld Noticias as bron, en steeds is die skade minimaal. Maar toe dra ʼn internasionale nuusagentskap dit ook en meld die Duitse tydskrif as bron.

Seker een van die kwessies wat die hardste krap aan die voed van rassisme is die rassistiese stelling dat swart mense per definisie nie rassisties kan wees nie. Wat meen Nathaniel Mashile, adjunk-skretaris van die ANC, sal die reaksie wees as hy openlik spog dat hy geld het en dit (net) met swart mense deel? ʼn Mens kan amper die verontwaardiging hoor as Steve Hofmeyr en veral Sunette Bridges sê hulle gaan hul geld net met blankes deel.

ʼn Variasie van hierdie beskouing plaas sekere wit “liberaliste” onder druk – daardie wat onbewustelik “namens” swart mense besluit wat hulle behoort te pla, en hoe hulle daaroor behoort te reageer. Hoe getraumatiseer swart mense behoort te weet. Dit kom in vele manifestasies, soos om die grondwet, of dan die howe se vertolking daarvan, te kritiseer omdat Julius Malema jou warempel aan haatspraak skuldig bevind is. Hy is dan swart.

Wat sou die reaksie wees as witmense slegs wit sakekamers, landbou-organisasies, klubs, prokureursordes, joernalisteverenigings en vele meer skep as teenvoeter vir die ritse sulke instellings slegs vir swart lede – en waar ANC-leiers gewilde sprekers is. Dieselfde ANC wat hoog opgee oor sy “nie-rassigheid”. Maroela Media het vroeër nuuskommentaar, onder die titel,Ras, ras, ras… rasbeheptheid skep rassepolarisasie, gelewer oor ʼn onlangse Rasmussen-peiling: 60 jaar nadat daar in die VSA met die amptelike segregasie begin wegdoen is, en 50 jaar nadat dit op alle vlakke gestaak is, beskou die meeste Amerikaners swart mense as die grootste rassiste. Die grootste groep swart Amerikaners (31%) meen ook swart Amerikaners is die mees rassistiese groep, terwyl net 24% swart mense meen wit Amerikaners is die mees rassistiese groep. Onder wit deelnemers meen net 10% dat witmense die grootste rassiste is, terwyl 38% meen die swart mense is die mees rassistiese groep (Julie 2013).

ʼn Onlangse peiling toon aan dat 87% van die swart kiesers glo mense wat teen Obama gekant is, is teen hom gekant omdat hy swart is. Altesaam 67% van die wit kiesers, en 56% van die ander minderhede glo egter hulle is ontevrede met Obama omdat sy beleid sleg is.

Daar moet op gelet word dat die verantwoordelike skrywers oor hierdie onderwerp oorsake en redes probeer vind oor hoekom mense rassisties is of word. Rassisme word nie in die proses goedgepraat nie. Diegene wat, soos dit “mode” eens was, sê “ek was nooit ʼn rassis nie maar…” word nie omarm nie.

Verstaanbaarheid, begrip vir verharding as die ontluikende rassisme met ʼn onewe hand met die banvloek geslaan word, eerder as om die politiek-sosiologiese grondslae daarvan aan te spreek. Hierdie stelling is, terloops nie nuut nie, maar het in Suid-Afrika uiters politiek-inkorrek geword.

Baie mense neig om in hierdie proses terug te hunker van apartheid. Soos Flip Buys in sy jongste bydra in Die Groot Debat skryf en prof. Koos Malan aanhaal,  die Suid-Afrika voor 1994 was ʼn wit-oorheersde staat en nie ʼn Afrikanerstaat nie. Terwyl ʼn nie-rassige Afrikanerstaat ingevolge die grondwet haalbaar is (net nie volgens die grondwet heeltemal los van Suid-Afrika nie) en ook volkeregtelik, is ʼn rasgebaseerde staat nié. ʼn Terughunkering na apartheid bring niemand iewers uit nie.

Buys verwys ook na vyf liberale aktiviste se “ligte mistakies”, en beveel ʼn derde weg aan.

Dit is hierdie hoofstuk wat nou geskryf word en waarin meningsvormers ʼn groot rol te speel het, en meningsverwoesters baie wyd moet hou. Terwyl hierdie pad uitgebytel word is daar reeds reuse-instandhouding, want die slopers van verskillende politieke en ideologiese kante wil niks weet daarvan dat die Afrikaner weer sy hoof hoog kan hou nie.

Dit is ʼn baie ongelyke stryd, omdat diegene wat die Afrikaner en sy taal nie hul grondwetlike regte gun nie, nie altyd eerlik en ewehandig in hul beoordeling is nie. Dink maar hoe verskillend is die mediagedrewe openbare uitbarstings wanneer ʼn wit persoon ʼn swart persoon agter ʼn bakkie aan sleep teenoor die ooreenstemmende reaksie toe plaasaanvallers ʼn boer agter sy eie bakkie aangesleep het. Die vergrootglas op die Afrikaner, en een persoon wat in woede reageer, kan die ganse saak erg omkeer.  

 

 

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

18 Kommentare

Hanno Visagie ·

Die Here het grense tussen nasies en tussen volke gestel, en verwag van ons om dit te eerbiedig (Hand. 17:26). Dit is ‘n voortsetting van die taalverwarring wat tydens die bou van die toring van Babel ingestel is (Gen. 11:5-8). Dit was verkeerd in die oë van die Here dat die Babiloniërs ‘n wêreldstaat met net een taal wou instel, daarom het Hy vir elke groep sy eie taal gegee. Hulle het uitmekaargespat en elkeen in sy eie woongebied onder sy eie regering gaan woon. Hieruit het verskillende volkskulture ontstaan. Die erkenning van hierdie verskeidenheid is die enigste grondslag vir gesonde verhoudings tussen volke. In die evangelisering van die wêreld word ons ook na elke volk en taal gestuur sodat hulle verkieslik in hulle eie taal geëvangeliseer kan word. In die eindtyd gaan daar egter onder die aanstigting van die Satan, die Antichris en die valse profeet ‘n wêreldstaat met net een regering, een godsdiens en een ekonomiese stelsel geskep word (Op. 13:1-18). Die opkomende nuwe wêreldorde beywer homself hiervoor. Dit sal ‘n ernstige vergryp teen God se orde van onafhanklike en selfbeskikkende volke wees, daarom sal die Here Jesus die bose lewenswyse en samelewingsorde van die Antichris tydens sy wederkoms vernietig.- Prof Johan Malan van die webwerf Bibleguidance.

zacheck ·

Hanno, as dit wel so is soos jy se dat die here dan nou grense tussen nasies en volke gestel het, sal jy nie saamstem dat dit verkeerd was van die duitse ens. om oor die grense van afrika te kom en hier te wou vestig nie? Wat is die antwoord dan, dat hulle weer moet huis toe gaan?

neels ·

Julle slaan nou spykers met koppe! Die groot probleem in ons samelewing is die beheptheid met rassisme en nie rassisme self nie.

Kobus ·

Herman Toerien sê in sy voorlaaste paragraaf:

“want die slopers van verskillende politieke en ideologiese kante wil niks weet daarvan dat die Afrikaner weer sy hoof hoog kan hou nie.”

Nou wat ‘n mens graag sal wil weet, is waarom van daardie mense wat dit teen die Afrikaner het, in poste in die Afrkaanse koerante aangestel is, en waarom hulle rubriekskrywers gebruik wat die vure aan blaas en die pap ongelooflik dik aanmaak, en hier praat ‘n mens nie net van krities wees nie, maar wat ‘n ongelooflike dryf het.

Kobus ·

Mmusi Maimane van die DA se vandag per Politicsweb dat Zuma kan weghardloop, maar hy kan nie wegkruip van sy verantwoordelikheid nie. Dit sê hy was nog nie gesien sedert die dae van Apartheid nie.

Daar was daardie jare ook dinge nie reg nie, almal klim mos deesdae op die Afrikaner se rug en op die rug van pre-1994 vir enige-iets wat vandag verkeerd gaan. Dit is mos mode, niemand gaan dit waag om in hierdie dae die volk anders te laat probeer glo nie. Ek kan my nie herinner dat iemand (‘n Staatspresident) in daardie jare van sy verantwoordelikheid weggehardloop het nie.

Kobus ·

Net so ten laaste: Al die News24 se Afrikaanse koerante hardloop nou agter Steve aan en verguis hom. As hy dan nou aangejaag het, dan het hy aangejaag.

Kom ons los nou vir Steve vir die oomblik uit die prentjie, dan mis daardie Afrikaanse koerante en hul rubriekskrywers nog steeds waaroor dit werklik vir die mense gaan en kan hulle dit nie regkry nie, of wil hulle nie, want dit gaan in die eerste instansie vir hulle daaroor om ter wille te wees, en in die tweede-eerste instansie, om politiek korrek te wees.

Hulle druk net die oë toe en storm voort op dieselfde deuntjie. Miskien moet Herman so ‘n paar rubrieke vir hulle skryf, dan sal hul leserstal weer optel.

‘n Mens kry leiers wat die volgelinge inspireer en saam met hulle kan vat die toekoms in, en dan kry jy daardie wie net die sweep klap.

zacheck ·

Dit hang seker maar af van wat ‘n mens sien as verantwoordelikhede. As jy dan nou aanneem dat die ou staatsprisedente die mishandeling van 80% van die bevolking afgeteken het, die verdwyning en uitmoor van duisende mense bevel het – dan kan mens seker maar se dat hulle nie hulle in hulle taak verswuim het nie.

Kobus ·

zacheck, jy mis die punt en ook die konteks waarin Maimane dit gesê het en om dit met Zuma te vergelyk het.

zacheck ·

Nee Kobus, ek verstaan heeltemal. Maar elke keer as ek sien hoe iemand pre-1994 staats presidente ondersteun, is dit asof ieman my aan my strottehoof beet kry.

Vir al die wel goede wat die mense gedoen het, het die uitbiut van menseregte alles nil gemaak.

Kobus ·

zacheck, ek het nie gesê ek ondersteun pre-1994, of hul presidente nie, jy mis die bal toet en taal, lees ook van my ander kommentare, lees ook wat Herman skryf in sy rubrieke.

Ons kan vergeet om in die land debat te voer, as ons eenogig en simplisties na die tipe dinge kyk.

Jy mis die punt ook oor waarom die Afrikaner, waar ook al hy hom bevind, gehamer word. Dan mis mens nie net die bal nie, maar sommer dalk die hele aardbol.

Cathy Kotze ·

Het enige iemand al met Steve Hofmeyr gaan gesels en gevra wat hy bedoel het? Hierdie kom reg uit die perd se bek. Steve is dit eens dat apartheid sleg was:

“Denial. I expected no less. It’s tough to know that no-one wanted to play with you. They even institutionalised a little distance.
But if other kids don’t want to play with you, it isn’t always their fault
If nobody wanted to invite you in as partner, it wasn’t always their fault
If nobody wanted to assimilate to your collective habits, it wasn’t always their fault
If folk did not want to share a country with you, why is it always their fault?
If governments send you home on trains and trucks back to your continent, it isn’t always their fault
If other governments tighten immigration laws against you, it isn’t always their fault
If the world doesn’t buy into African systems, mentality and reputation, it isn’t always their fault
If there has hardly been a prosperous black-led country, it isn’t always other people’s fault
If international investors flee the country, it isn’t always their fault
If women, toddlers and grannies complain about your contribution to the rape rate, it isn’t always their fault
If horrified citizens complain about your contribution to the murder rate, it isn’t always their fault
If, back then, a sovereignty legislated you out of their lives, it wasn’t always their fault
If nobody is envious of pre- or post colonial African achievement, it isn’t always their fault
DOES ANYBODY GET THE METAPHOR NOW? Apartheid was cruel, unfortunate and unsustainable, but WHAT inspired that maddening segregation?”

Herman Toerien ·

Hi Kathy
Ek self het die debat so los as moontlik van die Steve-debat probeer maak, want ‘n mens neig om daaaraan vas te kyk, baie mense oorvereenvoudig dit, en kyk die kompleksheid van die groter dinamika mis (wat ek meen hoofsaaklik op die politiek-sosiologiese terrein afspeel). Dit is so dat baie v diegene wat aan die debat deelneem steeds eerder die man as die bal speel. In ons eerste kommentaar hieroor is die gedagte gelaat dat Steve beeldpoetsers inspan, onder meer omdat gevoel is sekere dinge kon dalk net better bewoord gewees het en baie angel so uitgehaal gewees het. Miskien nie ‘n baie gewilde gedagte toe nie, maar ek wonder of die verdere verloop nie toon dat die projeksies van die politieke sosioloë dalk tog meer om die lyf het, en dat die man (simptome) speel net die vuurwerke verhaas nie. Suid-Afrika is nie uniek wat die oplewer van omstrede raspraters betref nie – dink maar aan mense soos Enoch Powell, Geert Wilders, Martin Luther King en vele weerskante van die reënboog.

zacheck ·

Cathy/Herman, I can see what Steve is trying to say. But for all of this pseudo science that blacks are stupid and incapable of running successful countries, it does not change the fact that these blacks have been mistreated and that a crime against humanity has been committed – of which our ancestors are the perpetrators.

What Steve is trying to say is that if it was not for apartheid and for the ingenuity of Afrikaners, that there would have been no other outcome than economic and social backwardness in this country…and that the “well-known facts” and historical proof of black failure, and the incapacity of blacks to change or adapt was the reasoning behind and the justification for separateness.

But the burning question STILL is – even with ALL of these considerations – is coming to a continent/country where there are less technologically advanced people living and separating these people from the resources in their land, and then also the advancements built on their land then justified? Furthermore, I can totally accept that in those years people had a different view of black people and Africa, but surely we are supposed to have changed our minds by now – seeing as we are educated about the state of Africa before settlers, and the impact of mass slavery and dehumanization on the African population? No, its the perpetuation of these old-age ideas that still make Afrikaners look rather stupid.

And no SA was not completely empty – I have yet to see a report from the 1550’s where a survey was done to prove that.

But in the spirit of Steve I’ll say the following though:

“If the international community excludes you from all sports it’s not always there fault,
If all countries in the world refuse to buy any of your products it’s not always their fault,
If 80% of your population rises up against your government it’s not always their fault,
If all major banks and companies remove themselves from your country and withdraw their investments, it’s not always their fault.”
:)

Herman Toerien ·

Behalwe vir ‘n tyd na Dingaan en Tsjaka se uitdelgingsoorloë, dink ek nie daarop dat iemand aanspraak maak op dele van die land wat leeg was nie. In elk geval nie in 1550 nie. Uit die rotstekeninge kan ‘n mens aflei dat die San lank voor die koms van swart mense oor die hele land gewoon het, en trouens, spore tot ongeveer 40 000 jaar gelede het. Die Khoi kan ook bitter ver teruggevoer word.
Teen 1550 was daar klaarblyklik reeds swart mense in ele van die land, en in besonder die noordweste, en in besonder Mapungubwe. Maar ek dink jy ken die vestigingsgeskiedenis seker self. Ek self kan nie verstaan dat iemand hierdie “debat” oor wie eerste waar was kan oprakel, en dan plegtig verkondig hy is nie-rassig nie. Vir my klink so ‘n persoon minstens hoogs rasbewus, grensend aan rassisme.
Feit is dat word bevolkingsaanwas terugwaarts geprojekteer, praat ‘n mens van ‘n baie klein bevolking, wat of baie yl verspreid moes woon, of gekonsentreerd met groot dele tussenin “leeg.” As ‘n mens lang afstande in ‘n woestyn stap, en nie spesifiek na gemeenskappies mik wat dan ‘n kunsmatige persepsie van “bewoon” gee nie, kry ‘n mens inderdaad die gevoel van groot dele wat “leeg” is. Probeer dit gerus, ek het.

zacheck ·

Herman, daar is heeltemal te veel aannemings en “afleidings”, gesprinkel met filosofie om wat jy van praat as fiete of die waarheid te aanvaar.

Maar nou ja, dis ‘n ou Afrikaner taktiek om trug te werk vanaf die punt wat hy wil maak en dan wat hy aanneem as feit te verdedig met oor-simplistiese afleidinge. :)

Kobus ·

Jy kan maar net nie verby daai punt beweeg nie. Jip, dit is die taktiek, skuus …. ‘n “ou” Afrikaner taktiek.

Dit is hoekom ons nie kan aan beweeg nie.

Cathy Kotze ·

Suid-Afrika, en veral die Suid-Afrikaanse regering, is behep met ras. Die aanklag van rassisme het ‘n gerieflike foefie geword waarmee beskuldigings van korrupsie, onbevoegdheid, misdadigheid, algehele wetteloosheid, ens ontduik word.

Werkplekke het in nagmerries ontaard. Geen departementshoof of senior werknemer durf meer krities wees oor die vermoëns (of gebrek daaraan) van ondergeskiktes nie. “Rassisme” is die outomatiese teen-aanklag en dis gewoonlik die baas wat die spit afbyt.

Baie sit ook met ragfyne nerwe. Hulle ervaar alles as “rassisme.” Mens raak naderhand moeg om knaend op eiers te loop.

Ons eie gesin is – soos seker 90% van alle Afrikaners – baie gerieflik met ras. Ons dogter het ‘n klein Indiër dogtertjie aangeneem en ons kleinkind is die lig van ons lewe. Sy sal maklik vir haar maters sê: “”Gits, kan julle nie sien ek is aangeneem nie? My ma is dan spierwit en ek is nie.”

Ons vriende word op grond van gedeelde belangstellings gekies, nie omdat hulle ‘n sekere velkleur het nie. Ons het een groot ding in gemeen; die besef dat velkleur nooit belangrik is nie. Soos ons meisiekind altyd sê: “It doesn’t matter what skin you’re in. What matters is what’s in your skin.”

zacheck ·

Cathy, ek dink jy oordryf nou so bietjie. Ek hat al vir groot maatskappye gewerk waar daar daagliks aanklae van onbeveogdheid was van wit departmenshoofde teen swart werkers.

In meeste gevalle is mense heeltemal bewis van hulle onvermoe of nie-harde werk, en hulle aanvaar dit.

In my ervaring is die enigste verkeerdelike rassisme aantuigings omdat hoofde uit die bloute kom met lui en onvermoe beskuldigings op ‘n ernstige klaagbrief met geen vorige bespreking. Dit gebeiur ook wanneer ‘n werker se vermoe wat voorheen goed was, daar dan ‘n onderonsie was en dan skielik is daar ‘n lui-beskuldiging wat nie bewys kan word nie.

So nee, jy veralgemeen nou.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.