Nuuskommentaar: Armoede en plaasaanval-wreedhede – is daar ’n verband?

Argieffoto

Nie net dood en verwonding blyk uit die jongste vlaag plaasaanvalle nie, maar ook gevalle van onnoembare wreedheid … soos om die boer en/of sy vrou met strykysters te brand. Hierdie ontleder sal vannag en nog ’n paar nagte nie ’n oog kan toemaak as hy die wreedhede moet lys waaroor hy al die afgelope byna twee dekades moes skryf nie.

Soos baie ander Suid-Afrikaanse stadsjapies, het ook die uwe ’n familielid wat op ’n plaas woon. In hierdie geval sy oudste seun wat plaasbestuurder buite die Paarl is, en voor dit alleen op ’n plaas buite Bothaville was. Hy was al by verskeie hakkejag-operasies betrokke, ook Sondae ná kerk, ná ’n plaasaanval in sy omgewing.

Plaasaanvalle raak nie net die boeregesinne nie.

Luidens statistieke van die TLU SA was daar vandeesmaand al 23 aanvalle waarin ses mense dood is (vier net die afgelope naweek), en 277 aanvalle die afgelope jaar waarin 55 mense dood is.

Net een geval word oppervlakkig genoem om die aard van die probleem aan te raak.

’n Vrou van George vertel met verbystering hoe haar bejaarde pa op sy plaas in KwaZulu-Natal aangeval is, en sy voetsole afgeskil is om te verklap waar die kluis is. Hy het geen kluis gehad nie, maar die aanvallers wou niks weet nie. Haar pa woon nou by haar in, en hy kan al amper weer loop, maar sielkundig is hy glad nie meer dieselfde mens nie.

Die aard van die probleem word baie goed in ’n verklaring van die Vryheidsfront Plus uiteengesit. Die verklaring is uitgereik toe dié party in ’n ledeverklaring ’n beroep op die regering gedoen het om drastiese stappe te doen om landelike beveiliging op te skerp en te verbeter.

“Volgens polisieverslae wat by die parlementêre portefeuljekomitee van polisie voorgelê is, is daar verskeie landelike polisiekantore (75) waar nie eens aan die minimum vereistes van sektorpolisiëring voldoen word nie.

“Die vraag is of daar steeds prioriteit aan die plaasmoorde verleen word soos onderneem deur die vorige waarnemende nasionale kommissaris van polisie, lt.genl. Khomotso Phalahne, en indien nie, waarom nie?

“Die feit dat voedselsekerheid ʼn prioriteit van die regering is, en dat dit bedreig word deur die plaasaanvalle en -moorde, vereis dat spesialiseenhede plaasaanvalle en -moorde ondersoek.

“Die VF Plus is tans in ʼn proses om by landbou-organisasies vas te stel wat hul finansiële en ander behoeftes soos toerusting ter beveiliging van boere is, waarna die regering genader sal word om finansiële ondersteuning te gee aan hierdie organisasies se ondersteuningstelsels.

“Indien die regering werklik ernstig is oor voedselsekerheid en die bekamping van plaasmoorde, sal hy hierdie behoeftes moet begin steun aangesien die polisie se landelike veiligheidsplan duidelik nie die mas opkom nie.

“Die VF Plus maan politici, veral oor die grondkwessie, om hulle te weerhou van opruiende uitsprake wat gemoedere teen plaasboere kan beïnvloed.”

Ook Annette Steyn, DA-LP en woordvoerder oor landbou, het haar oor die vlaag plaasaanvalle uitgelaat, en aangedui dat die minister van polisie, Fikile Mbalula, die veiligheidsituasie aan parlementslede moet kom verduidelik. Sy het, luidens ʼn berig in  Media 24, die volgende gesê: “Tog het die regering herhaaldelik misluk om planne vir landelike veiligheid in werking te stel sodat plaaswerkers en boere nie meer onderhewig sal wees aan marteling, moord en die vrees om slagoffers van brutale aanvalle te wees nie.”

In sy wydste vorm is plaasaanvalle nie net op plaasmense (die werkers ingesluit) gerig nie, maar sluit ook sake in soos brandstigting, veediefstal, die diefstal van gewasse asook toerusting en gereedskap. Volgens landbousensussyfers beloop hierdie syfers verstommende bedrae, en moes talle boere veeboerdery weens veediefstal laat vaar. Ook hier bly wreedhede nie uit nie soos om vee se hakskeensenings af te kap.

Voeg hierby onwettige grondbesetting en lamlendige polisie-optredes waar AfriForum met sukses moes kom intree.

En dit vat sielkundig aan ’n mens as jy ten dele magteloos voel weens gebrekkige polisie-ondersteuning, om nog te hoor ’n adjunkminister roep tydens ’n parlementêre debat uit: “Begrawe die boere lewend.” Dié betrokke adjunkminister het intussen liederlik te ver gegaan deur twee vroue in ’n eetplek aan te rand en daarvoor om verskoning te vra. Hy moes bedank.

Oor sy uitroep oor die boere het hy skotvry daarvan afgekom al het dit die indruk verskerp dat die ANC-regering nie ’n snars vir boere en hul gesinne omgee nie.

En dit is juis hierdie persepsie van om deur die owerhede (wat moet beskerm) in die steek gelaat te word, afgesonderdheid, voortdurende blootgesteldheid en die ontsettende vlakke van wreedheid wat veroorsaak dat die trauma wat plaasmense ervaar, veel intenser is en as viktimologie bekend staan.

Oor wat gebeur as boere wat oor ’n termyn so getraumatiseer is self plaasaanvallers vasgetrek kry, veral as die polisie nie gou hul opwagting maak nie, is ’n onderwerp op sigself. Die “reg” in eie hande neem, is egter nie ’n opsie nie, en lei net weer tot verdere trauma as die boere uiteindelik teregstaan.

Die nimmereindigende aard daarvan help ook nie juis nie. Verskeie spesiale kampe is al aangebied waar slagoffers spesiale behandeling ontvang – maar steeds is die regering skoonveld.

Oorsake van plaasaanvalle

Verskeie denkskole bestaan oor die teenwoordigheid, of andersins afwesigheid, van politieke motiewe en rassisme by plaasmoorde.

Volgens diegene wat geen politieke motiewe daarin lees nie, is plase gewilde teikens omdat dit so blootgestel is en daar dikwels groot hoeveelhede kontant en vuurwapens op die plase is.

Juis omdat die jongste armoedesyfers nou pas deur Statistieke Suid-Afrika beskikbaar gestel is, word kortliks na hierdie aspek gekyk. Volgens die statistikus-generaal, Pali Lehohla, is daar nou 30 miljoen armes in die land. Die lae ekonomiese groei en die droogte het baie mense in lewenslange armoede gedompel.

Internasionale syfers toon inderdaad ’n ooreenkoms tussen armoede, werkloosheid, ’n toename in misdaad en heel dikwels dwelmmisbruik. Dieselfde syfers toon ook dat die tronkbevolking toeneem waar inkomstegapings groter word.

Maar kan dit die ontsettende vlakke van wreedheid verklaar?

Wat waarskynlik ook ’n rol speel, is die kwessie van ’n kultuur in transito. Nie almal “oorleef” die transito, oftewel oorgang, ongeskonde nie, en word slagoffers van subkulture wat ook dikwels ontstaan – en dikwels die vorm van anti-kulture met verskynsels soos bendes en dwelms tot gevolg het.

Twee aspekte, albei met ’n politieke ondertoon, moet egter ook in gedagte gehou word, naamlik dat daar veral in sekere streke volgehoue smeerveldtogte teen boere is. In die Wes-Kaap het dit Agri-Weskaap en die Wes-Kaapse departement van landbou by geleentheid laat saamspan om die eindelose rits beweerde vergrype deur boere, soos deur allerlei NRO’s beweer, te ondersoek en te toets. Dit het geblyk die bewerings was feitlik geheel van enige waarheid gestroop.

Dit blyk dat sommige NRO’s net finansiering kan kry as hulle hul bestaansreg met voorbeelde kan “regverdig”. Dit sluit finansiering deur Cosatu in. Nogtans is hierdie wolhaarstories dikwels deur politici opgerakel, soos die destydse nagmerrie-minister, Lulu Xingwana, se berugte Kerkplein-optrede waar sy boere swartgesmeer het aan die hand van ’n enkele verslag, wat reeds deur die polisie se onafhanklike ondersoekeenheid as vals bevind is, en die regering dienooreenkomstig ingelig is. Die regering se moedswilligheid het aan die lig gekom toe afskrifte van die polisieverslae ook, skynbaar per ongeluk, aan DA-lede van die Wes-Kaapse provinsiale parlement uitgedeel is.

Laastens, daar is ongelukkig ook swartskape onder die boere wat wel deur hul optrede stokke aan die vyande van politieke vyande van die georganiseerde landbou besorg. Landbou-organisasies versoek egter dat sulke gevalle ook onder hul aandag gebring word, sodat opgetree kan word. Baie boere is van uitvoer afhanklik, en sulke swartskape kan die ganse bedryf enorme skade berokken. Die Europese Unie laat byvoorbeeld jaarliks oudits by uitvoerders doen om seker te maak daar word aan al die standaarde voldoen.

Dit is nou tyd dat die regering sy heethoofpraatjies staak en met praktiese hulp instaan.

Want so kan dit nie aangaan nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Henry McDonald ·

Hierdie aanvalle is soortgelyk aan wat in die destydse Kenia (Mau-Mau), Angola, Mosambiek en Rhodesië plaasgevind het. Onbeskryflike wreedhede kloosters afgebrand, nonne verkrag en onthoof. Hierdie is ‘n blote herhaling van Afrika-geskiedenis. Armoede? – is dit nou ‘n blanko tjek om tot marteling oor te gaan? SA is nie die enigste land waar armoede heers nie dit is ‘n wêreldverskynsel. Die enigste oplossing vir hierdie situasie moet uit eie geledere kom DAAR waar die teikengebiede lê waar die aanvalle voorkom. Weebaarheid, Paraatheid, Selfbeskerming, Waarneming, Mobilisering, Kommunikasie (radio whatsapp ens). aanmelding van verdagte bewegings onder rolspelers – indien dit nie gedoen word nie SAL hierdie aanvalle en martelings voortduur……..en vererger .

Haan ·

Henry jy praat waarheid!
Ons het net mekaar, ons God, en ons gesonde verstand.

Esther ·

Nooit ooit in my lewe sal ek ooit glo dat armoede of hongerte die oorsaak is van enige plaas aanval nie. As hulle soveel moeite doen om boere vir URE te martel, kon hulle net sowel in die lande invaar en die lande stroop van mielies, artappels of wat ookal – as hulle regtig honger was. Hoe kan hongerte jou maak om in ‘n boer se huis in te gaan, hulle klere uit te trek, en te martel vir ure….. Ou mensies wat hulle self nie kan verdedig nie. Om ons boere te martel en te moor sit nie kos in hulle mond nie. Dit is georganiseerde misdaad wat daarop gemik is om ons boere uit te roei – en dit is die enigste rede vir hierdie aanvalle. ‘n Kosbare vriend van ons is op ‘n plaas aangeval en gemartel. Toe sy vrou hom kry, het sy oog op sy wang gehang. Geen persoon moet sê die aanvalle is enige iets as haat nie. Dit is suiwer haat en niks anders nie. As hulle honger is, gaan breek ‘n tuck shop oop wat hulle so graag doen met optogte. Ek bid elke aand vir elke boer op elke plaas in ons land en dat God ‘n vlaag van engele om ons plase sal sit en dat die vyand in sy eie pyle val….

Boetman ·

Word gedryf deur haat uitsprake. Hoekom moor as jy honger is. Niks anders as terrorisme nie.

Carel ·

Henry ek stem in n mate saam. Ek was lank n Kommando bevelvoerder en gebiedsbeskerming was baie hoog op my prioriteits lys
Ek glo egter die regering sit agter hierdie optrede
Sekuriteit ens ens gaan net gedeeltelik help

Mary ·

Carel, is daar nie nog oud-weermaglede & oud-polisielede wat ons kan help met hul kennis van sekere maniere om die vyand testop nie? Ek is bereid.

marous ·

Suiwer haat gedrewe wat aangeblaas word deur die land se leiers. Die aard van die aanvalle asook die niksseggende waarde van items wat geneem word is bewys genoeg dat armoede geen rol speel nie. Dit is ook nie beperk tot plase nie. Die aanvalle in dorpsgebiede gaan met dieselfde wreedheid gepaard.

Ouma ·

Dit lyk my of plaasmoorde en die bendegeweld op die Kaapse Vlakte ewe erg is. Verskil is net, die inwoners van die vlakte maak amok om gehoor te word, en dit lyk of darm of nou meer polisiering daargestel gaan word. Ek weet nie veel van die sekuriteit vir boere nie, maar wat verhoed boere boere om eie kommando weer op die been te bring as ‘n sekuriteits besigheid? Dit sal sommer baie werk verskaf aan wit mans en oud polisiemanne. As ons nie sélf iets doen nie, sal niemand anders nie. Ons weet dit tog.

Mien ·

My mense is nie vermoor deur drie arm, honger wreedaards nie. Hulle is vermoor omdat hulle ‘n goedgelowige sagte teiken was. Dankie Herman Toerien vir ‘n moeite werd berig, asook vir die intelligente kommentare by hierdie berig.

Therese van Schalkwyk ·

Wanneer buurman Robert Mugabe luid aankondig dat daar geen vervolging van moordenaars van wit boere sal wees nie , en daar nie eers ‘n piepgeluid uit ANC-geledere kom nie, flikker die waarskuwingsligte darem kwaai.

Dit is reeds langer as 20 jaar dat “beroepe op die regering” geen noemenswaardige optrede lewer nie, en bewusmakingsveldtogte na die buiteland nog minder. Intussen word berigte van martelings en moorde met toenemende verbystering gelees.

Hoe lank nog voor apatiese verontwaardiging oorgaan in daadwerklike optogte van honderdduisende of miljoene mense wat sê tot hiertoe en nie verder nie? In ander lande word veel geringer kwessies op hierdie manier belig en het dit groot impak.

kk ·

Die buiteland sien nie hierdie berigte want dit word net in afrikaans geskryf. Ook my taal. Asb doen moeite om dit in engels ook te versprei sodat almal in die wêreld kan lees wat hier aangaan.

Ons moet bid vir ons mense.

Nico Coetzee ·

Die regering van die dag (ANC) vorder fluks ongelooflik baie boedelbelasting in t.ov. boere en ander wat vermoor is . Niemand praat daaroor nie en politieke partye in die opposisie swyg soos die graf daaroor. En die Landbou unies swyg ewe veel!! Skande !!

peter ·

Daar is n paar in die ANC wat insien hoe giganties die korrupsie is met alle gevolge van dien. Jammer genoeg is hulle in die minderheid, terwyl die korrupsie steeds bly groei. Probleem is Zuma en sy cronies het die mag, en is seker nie bereid om hul korrupsie te stop,
want dit bring immers baie extra geld binne.
Inderdaad, Suid-Afrika loop dieselfde pad as Zimbabwe.
Die boere sal moet besluit: verkoop en gaan na n land waar jy kan reken op staatsveiligheid, of verbeter self die veiligheid deur eie veiligheidsmense, kommandos
etc. Verder is daar geen opsie nie.
Ons kan beter aanvaar dat die huidige situasie nog vir n baie lang tyd dieselfde sal bly.
Dit sal nog eerder vererger.

Korporaal ·

Daar is mos regses wat glo dat ‘n burgeroorlog alles kan regmaak. Probleem is dat hulle nie hulle somme kan maak nie. 1 soldaat kan nie 10 vyande effektiewelik oorompel en uitroei nie – dalk hier en daar, maar nie op groot skaal nie. Sal my glad nie verbaas om te hoor daar regses agter als sit, in die hoop dat hulle die ander mense, op ‘n dag, kwaad genoeg kan maak dat hulle sou oorgaan tot ‘n burgeroorlog nie. Werk jare lank al in soortgelyke omstandighede waar die waarheid doelbewus verdraai word nie..

Catryn ·

Duidelik praat jy deur jou tande hier – as jy regses wil beskuldig sonder enige bewyse? Hoe rym dit dat daar wel gevang word en hul is almal swartes wat boere en blankes in stede aangeval en gemartel het… lees bietjie wat in hofsake aangaan waar daar wel mense gevang word, wie daaragter sit.

Pieter ·

Korporaal,
Jou kommentaar is die kwaadwilligste snert wat ek nog in my lewe gehoor het, die blote gedagte daaraan behoort jou so skaam te laat kry dat jy op die eerste vliegtuig Zimbabwe toe vlug.
Jou president en sy bende is die wat die bring my masjiengeweer liedjies sing en die BLF steun in hul malle verwaandheid. Jou president en sy regering se stilswye is die beste bewys van die oorsprong van die waansinnige moorde. Miskien moet jy daar gaan soek vir jou antwoord.

Alida ·

Dit is terreuraanvalle aangeblaas deur rassistiese uitlatings wat onverantwoordelike mense maak.

Wille Willem ·

Natuurlik is daar ‘n verband tussen die twee. Mense word uitgehonger en weerlose bewoners word aangeval, eiendom en grond word onwettig beset sodat aanvallers hulself en hul families kan verryk en te vat wat hulle nie toekom nie. Dit is presies wat hier gebeur!

Louis ·

@Willem Willem: ja, daar is ‘n verband, maar dit is nie die enigste rede waarom armes so wreed optree nie. Jou uitgangspunt is dan slegs dat die arm massa plaasmoorde pleeg, oortreders besit in baie gevalle motors, is deel van sindikate so hul is nie arm nie. Verder, selfs al het hul geensins enige lewensmiddelle op hul naam nie, sal dit geen regverdiging wees vir wreedhede nie, miskien vir moorde as die slagoffers hul verset, maar nie vir marteling nie…. Moenie dat liberale westerse denke jou feitelike interpretasie van die werklikheid beinvloed nie…

Louis ·

Dankie vir die objektiewe, dog plaasboer-georienteerde skrywe. Wat pla on sregtig in Suid-Afrika, of dan, wereldwyd? Toegegee, nie alles wat wit en westers is en was is en was altyd korrek nie, maar: gebruik net vir Suid-Afrika as voorbeeld. die EFF en Allan Boesak en Zuma ens ens is almal dit nou eens dat die wittes die grond moet teruggee (want die stelreel is dat die grond gesteel is, die teendeel word byna nooit geplaas nie), dat die wittes se apartheid ‘n misdaad was en dat alles wat ‘n nalatenskap van Aapartheid en wit is, uit SA gewan moet word. Waarom word hul nie aangetree oor hul wit westerse motors, klere, riolering, geldeenheid,vooruitgang,kos (dink KFC se uitgawes in Staatsdepartemente), medisyne en die lysie gaan aan. Waarom moet ons as wittes gemarginaliseer word en as misdadigers voorgehou word en laat glo word dat alles wat ons is sleg is, maar diegene wat dit uiter, vergryp hul maar te lekker aan al die voordele van wittes se standaarde ens. In SOWETO,Khayalitsha ens geld Afrika behousingsstandaarde, waarom woon die swart elite dan in wit woonbuurte waar wit westerse standaarde geld, as hul juis van die wit westerse standaarde wil afstand doen in SA? Myns insiens: die haat word aangeblaas sonder objektiewe denke, die probleem is dat daar nie genoeg van ‘n tipping point in SA is van wit getalle teenoor anderskleurige getalle soos in Europa, die VSA of Australie is nie.

Gerhard ·

Die rede waarom iemand ‘n ander martel is haat. Jy hoef ook nie aangehits te word om te haat nie. Die Boere het niemand nodig gehad om hulle aan te hits om die Engelse te haat nie. Wat dit eerder is onderliggende haat by baie swartmense vir blankes agv van die situasie in SA waar blankes beheer en nie-blankes werk. Dan is dit ook so dat die verskil in lewenstandard groot is. Die prbleem is dat meeste blankes blind is daarvoor en dink dat swartmense aangehits moet word om blankes te haat. Inwerklikheid is die situasie ryp vir die soort van haat om plaas te vind. Afrikaners moet eerder hulself blameer omdat hulle totaal afhanklik geword het van swart werkers en nou in die gemors sit. Die enigste manier om hieruit te kom is vir Afrikaners om hulle afhanklikheid van swart werkers te oorkom. Tot dan sal dit nie beter gaan nie.

Catryn ·

Ek stem saam kommentators oor wat in Kenia en Rhodesia aangegaan het, Mugabe het van Noord Koreane gebruik gemaak en dieselfde tipe geweld is ook in Turkye deur dieselfde groepe gebruik – marteling en dan dood. As daar nie kluise is nie en niks word gesteel nie, behalwe ‘n selfoon voertuig wat later gevind word, is dit beslis nie hongerte nie, maar haat en rassisme. Moordenaars wat gevind word is meestal immigrante (gehuur?) Daar word opdragte gegee deur iemand hoër op en dit gaan oor grond en minerale. Sodra ‘n boer dood is, neem niemand oor nie en gaan die grond uit om verkoop te word en so beland dit in die mark.

Kyk hoe lyk SA se minerale en wie daaragter sit, asook wie betaal vir al die protesgangers wat rewolusie veroorsaak. Soros de klerk en sy trawante loop hand op die blaas met die kommuniste en hulle wat ons voor 1994 aan die kommuniste oorhandig het.

Ons boere het reeds op baie plekke eie beveiligings en kort meer maar regering gaan dit nie doen. Soewereine onafhanklike gebied ons enigste pad hieruit, dan kan hulle hul eie heil uitwerk. Trustgebiede akaTuislande bestaan steeds na 1994, hoe gerieflik, maar ons mag nie ons eie kultuur taal en identiteit hê nie – ons is nie deel van fw se reenboognasie nie.

Dankie Herman vir insiggewende artikel

Catryn ·

Sogenaamde apartheid is nie deur blankes geskep of ontwerp nie. In SA is en was daar al baie lankal aparte gebiede (segregasie), maar alles word voor ons blankes se deure geplaas, wat snert is.

Aparte gebiede was al in die ou Kaapkolonie deur die Britte ook ingestel, maar dit was ook op aandrang van swart leiers destyds, tradisionele “chiefs”… In 1854 was daar al Reserwes of lokasies, waar alle etniese volke apart gebly het.

Verwoerd het wel dit meer lyf gegee en dit Tuislande genoem, en elke volk het na 1961 hul eie gebied gehad, eie stemreg, skole en selfs die NOK het industriee gebou saam besighede op grense, wat vandag steeds benut en gebruik word. Nywerhede was juis op grense geskep sodat almal daar kon werk en makliker by hul werke kon wees. Elke tuisland het hul eie leiers gekies, met stemreg, het vlag en volkslied gehad. Toe word ons daarvoor beoordeel.

Gedurende 1994 het swart leier Zwelithini ooreengekom met de klerk om Tuislande te omskakel met TRUSTgebiede en dit word steeds aparte gebiede genoem. Daar is 11 tradisionele leiers (khoisan het ook nes die zoeloe hul eie gebiede)

Alle volke het die reg tot hul eie selfbeskikking, volle onafhanklikheid, net soos wat Holland Botswana en Luxembourg het.

ONS AFRIKANERS (ALLE BLANKES) HET OOK DAARDIE REG TOT ONS EIE GEBIED, LEIERS, EKONOMIE, VEILIGHEID.

Catryn ·

Vra elkeen hulself af vanaand ? hoe veilig is jy in jou huis en is jy gemaklik in jou omgewing is jou kinders en familie gelukkig met die omstandighede dat hulle nooit ‘n werk sal verkry nie – en wat is die alternatief as dit negatief is? Liberaal verligtes het ons verkoop al voor 1990 en tereg, ons kan dit omkeer vir onsself met ‘n onafhanklike soewereine gebied… Front Nasionaal is 100% vir ons volk, taal, identiteit, veiligheid, maatskaplike opheffing, kultuur, identiteit… Ons het ‘n reg daartoe, sluit aan by Front Nasionaal, hulle is nie multi-kultureel nie. Multi-kultuur beteken jy is deel van ‘n reenboognasie – fw nasie.

Elke Janse van Rensburg ·

Ek moes myself dwing om die artikel eers te lees voor ek my eiertjie lê. ‘n Goeie skrywe, maar ek het ‘n groot MAAR…. Die opskrif het my laat rooi sien! So asof dat indien armoede wél bydra tot plaasaanvalle, hierdie wreedhede en moorde maar verskoon kan word. En die stelling dat middelafhanklikheid ‘n faktor kan wees? Hierdie afskuwelikhede vind nie plaas in ‘n dwelmwaas nie! Dit is guarulla oorlogvoering en word baie fyn beplan en met duiwelse sidisme uitgevoer. Mag God ons boere help.

Martin ·

Dit is n goeie berig maar dit verduidelik nie die verband tussen die slagoffers en armoede nie. Ek het nie insae in al die aanvalle nie maar dit blyk tog dat plase wat geteiken word is ook die wat nie goed beveilig is nie en ook waar meer bejaarde Boere woonagtig is. Sekuriteit op plase kan nogal n duursame projek wees en slegs welgestelde Boere kan dit bekostig.
Wat wel n feit is dat die wreedheid waarmee die aanvalle gepaartgaan is duidelik dat die motief vir die aanvalle baie Ras en Polities gemoeitiveerd is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.