Nuuskommentaar: Arrogante wittes, rassiste, tsotsi’s en die Antifa

hande kultureel diversiteit rasse

Argieffoto (Foto: maxlkt, Pixabay)

In ANC-geledere is “bevind” dat wit mense toenemend arrogant raak. Dié gekheid resoneer pragtig met die diepgang van die woorde-oorlog oor pres. Trump se pogings om gebalanseerd op die oorsake van die rasse-onluste in Charlottesville in die VSA te reageer.

“Wit mense raak toenemend arrogant,” aldus ’n “bevinding” van ’n saamgestelde ANC-komitee van die Vrystaat en KwaZulu-Natal. As toegif is darem bevind dat nie alle wit mense rassiste is nie.

So iets sou nie sonder reaksie gelaat word nie, en waarskynlik die beste reaksie kom van Volksblad se rubriekskrywer, Charles Smith, onder die hofie, “Wittes in SA te arrogant, kla Zuma se ANC’s”.

Dis erg pikant, teen die agtergrond dat Zuma al self verskeie klagtes van haatspraak en rassisme by die windslukkende Menseregtekommissie op die lyf geloop het. Die werklike kern van die probleem is onewehandigheid, op rassegrondslag, van haatspraak en rassisme sodat AfriForum en Solidariteit reeds hieroor internasionale forums genader het – iets wat die Menseregtekommissie erg gesteurd, maar blatant stompsinnig, laat reageer het.

Die werklike probleem is dat onewehandigheid griewe verdiep en dat die segment wat aan die korste ent trek, ongelukkig sal wees, en al meer ongelukkig sal wees, sodat rasverblinde eenogiges dit seker as “toenemende arrogansie” sal ervaar.

Maar … Suid-Afrika is nie uniek nie, en die weersin in die onewehandigheid is ook nie uniek nie. Ritse en ritse politiek-inkorrekte artikels sien die lig waaruit die wrewel duidelik blyk oor die onewehandigheid en gevolge.

In een so ’n artikel, “Between Alt-Right and ‘Antifa,’ Media still manges to be worse,” skryf Charles Hurt in selfs vir hom ongewone kras terme. Wat dadelik opval is dat nuwe en ou name ingespan word wat die meeste Suid-Afrikaners dalk nie sal ken nie. Definisies en verklarings vir die woorde verskil uiteenlopend. “Alt-Right” word onder meer deur die Urban Dictionary beskryf as ’n term wat deur die Demokratiese Party ingespan is om enigeen wat nie ’n lid is nie, en wat die media as ’n “white supremasist” kan uitbeeld, te kritiseer.  Ander definisies gebruik nog ’n term, “white nationalists” om die Alt-Right te beskryf.

Nietemin, hierdie effe vae groepering word veral in die media (volgens analiste wat erg krities oor die “big, bad” of “stupid” media se rol is), opgestel teenoor die Antifa. Breedweg is Antifa ’n afkorting van “anti-fascisme”, maar ook hier loop definisies wyd. Die hedendaagse Antifa word beskou as ’n groep wat hulle verset teen ’n koestering van rassisme. Rasse-onluste is dus nie uitsluitlik ’n botsing tussen wit en swart nie, maar met heelwat wit mense wat as deel van die Antifa aan swart kant betrokke raak.

Hurt gaan egter verder en beskryf die twee kampe as “Obliterate History Neanderthals” versus die “I’m White and I’m Proud Brass Knuckle Draggers”.

“Truly, dumb and dumber — and not always in that order.”

Hy neem die term “rassisme” onder die loep – en dit klink of dit net so uit die Suid-Afrikaanse boekie geneem kon word: “The Neanderthals have worked so hard in President Obama’s “postracial” America to expand the meaning of ‘racism’ so as to include so many stupid and innocuous things that it is hard to keep track of what exactly is ‘racist’ anymore. You’re a cop? Racist. A black cop? A racist racist. You’re white? Lord, help you.”

In nog ’n artikel is Michelle Malkin ook skerp oor die onewehandigheid wat selfs pres. Donald Trump te beurt geval het (Trump is veral in die media verkwalik oor hy gepleit het vir ’n balans in die bepaling van skuld vir die onluste – volgens daardie media moes Trump gewoon, en dadelik, die “white supremacists / white nationalists” veroordeel het en klaar. Van wag vir veiligheids- en intelligensieverslae was daar geen sprake nie.)

Malkin spoel haar mond erg uit: “Beltway media enablers and Democratic resistance knuckleheads who believe Trump was wrong to condemn violence and hatred on all sides of the political spectrum. Never mind that of the four people arrested after the violent outbreak in Charlottesville, Virginia, this weekend, two were identified with the white nationalist movement and the other two were left-wing ‘antifa’ counterprotesters.

“One of those radical leftists is the man identified as having reportedly punched a female reporter for the D.C.-based newspaper, The Hill. But since that doesn’t fit the national media narrative of journalists allegedly being victimized by right-wing incitements to violence, mum’s the word from corporate media executives and the rest of the preening CEOs.”

In nog ’n artikel probeer Patrick J. Buchanan balans bring en verwys hy na die rol van die planne om Robert E. Lee, ’n held van die konfederale magte se standbeeld uit ’n park te verwyder, en dat dit (wat Maroela Media institusionele provokasie genoem het), en nie so seer die “white supremasists” nie, wat die Charlottesville onluste laat ontbrand het.

Is die kritiek op die media geregverdig?

Op die gevaar af om met ’n enkele voorbeeld te veralgemeen word kortliks verwys na die rol van die redakteur van die Los Angeles Times, Davan Maharaj. In sy daaglikse nuusbrief (waarin hy gereeld skerp teen Trump uitvaar en hom as ’n “train wreck” beskou), pak hy uit oor Trump se pogings tot gebalanseerdheid: “What about the alt-left that came charging at the – as you say – the alt-right? Do they have any semblance of guilt?”

Om terug te keer na die beskuldiging teen wit mense in Suid-Afrika wat “toenemend arrogant” word. Is die ritse rasdiskriminerende wetgewing onder die vaandel van transformasie nie blatante institusionele provokasie nie? Is die ongelykhandige hantering van haatspraak en rassisme soos onder meer mildelik op sosiale media voorkom, nie ’n vorm van institusionele provokasie nie? Is die gereelde boodskap dat swart mense “per definisie” nie rassiste kan wees nie, nie die toppunt van rassisme nie?

Is die gekussing van Jacob Zuma deur die Zuma-faksie, en daarmee saam die aandrang op ’n heksejag teen ANC-LP’s wat hul grondwetlike reg uitgeoefen het om die mosie van wantroue in Zuma te steun, nie erg provokatief nie? Dit herinner aan die gepeupel se bandelose oproepe om bloed.

Die probleem van rassisme, hier, in die VSA en elders, gaan nié opgelos word deur eensydige skuldplasing, morele vrywaring en onewehandigheid nie. Haal provokatiewe uitsprake uit die prentjie deur dit as deel van die probleem te beskou, en daar begin ruimtes open waardeur die probleem effektief aangepak kan word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Anton ·

Hulle raak arrogant want hulle word onderdruk en begin fight vir hulself. Soos wat julle gemaak het, onthou julle?

Grens ·

Anton, stem met jou nogal saam. Ek dink die feit dat die witmense nou hulle opinies begin lig en praat, asook terug veg waar hulle te na gekom word, word deur die ANC as arrogant gesien. Dit is nou nie so lekker as die skoen aan die ander voet is nie..

Kom Ons Boks ·

Soos die gesegde gaan:
As jy ‘n liberale persoon will ontstook dan vertel jy vir hom/haar ‘n waarheid – As jy ‘n konserwatiewe persoon wil ontstook, dan vertel jy vir hom/haar ‘n leuen.
Goeie werk Herman, goeie werk!

Wow ·

Daar is ‘n verskil tussen arrogant en gatvol. Mens sal “arrogant” raak as jy glad nie ‘n sê het, en heeltyd onderdruk en beskuldig word van alles wat “verkeerd” is!

WL ·

Ek het dit al vantevore gesê en sê dit weer. Met betrekking op die nuwe rassisme wetgewing wat hulle ontwerp, moet hulle die volgende insluit: “Valse beskuldiging van rassisme is net so strafbaar soos rassisme self.”

CJ ·

Herman. Baie dankie vir ‘n goed nagevorsde, deurdinkte en gebalanseerde artikel. Heeltemal in ‘n ander klas as ‘n artikel oor dieselfde onderwerp eergister in MM deur ‘n ander skrywer , wat sommer so uit die heup geskiet het.

Jacques Venter ·

Twee vrae wat my opval.
1 Wat is rassisme. Ons kort n definisie, sodat ons almal op dieselfde bladsy is
2 Waar het rassisme ontstaan

Rupert Ashford ·

Daar is ‘n sg definisie soos gegee deur die VN van baie jare gelede (universal declaration of human rights), maar Antie Eleanor Rooseveldt en haar meedoeners wat dit opgestel het, het nooit in hulle dag des lewens gereken dat daar ‘n dag sal kom waar die samelewing so sou verander het dat swart mense ook die aanstigters daarvan kan wees nie. Die definisie is so sleg opgestel dat ‘n letterlike intrepretasie daarvan oorsprong gee aan hierdie hedendaagse stukkies briljantheid soos dat swart mense per definisie nie rassisties kan wees nie, en die liberaliste vier moedswilliglik fees daarmee.

JC ·

Rassisme/rasbewustheid is natuurlik, maar enige diskriminasie teen ‘n ander ras gegrond op die se kenmerke soos SY TAAL EN RASGEBONDE KULTUUR, en aanmerkings wat aansoot gee, is onaanvaarbaar.
Om te assososieer, vryelik, met jou rasgenote, is ook natuurlik.

Therese van Schalkwyk ·

Uitstekende kommentaar!

Herman Toerien is sowaar die énigste politieke kommentator wat dit waag om toe te gee dat “pres. Trump poog om gebalanseerd op die oorsake van die rasse-onluste in Charlottesville in die VSA te reageer”.

Pragtige standbeelde en ander historiese uitbeeldings maak elke land uniek, en moet aangevul eerder as uitgewis word.

Die “Obliterate History Neanderthals” behoort binnekort op Hollywood toe te sak om enige geskiedkundige verering van ‘vermaaklikheidssterre’ met geweld te verwoes aangesien dit geensins voldoen aan diversiteit nie. Moet egter niks verwag.

Rupert Ashford ·

Dankie Herman. Ons het al baie verskil maar hier slaan jy die spyker op sy kop. Ek dink ons in Suid-Afrika het al ‘n langer paadjie geloop met hierdie goed as baie westerse lande wat nog eers hulle vingers moet verbrand voor hulle sal begin leer, en ongelukkig sal dit dalk in baie gevalle te laat wees. Mens kan nie een kant van ‘n storie vrypas gee vir geweld, vernietiging en barbaarsheid omdat jy dalk toevallig met die doelstellings wat hulle se hulle voorstaan (let wel dit wat hulle se) saamstem, of die ander ou uitkryt vir alles wat verkeerd en sleg is net omdat jy in beginsel nie van hom hou nie. En dit is hierin waar die probleem van die HSM vandag le.

Chris ·

Ek het al baie keer in gesprekke genoem dat die enigste bevolkingsgroep wat rasisities kan wees die blanke/witte is. Ek is beslis nie ‘n rasis nie. Ek is ‘n trotse “tribalist”. Soos die woord korrupsie in geen van die etniese tale bestaan nie, bestaan daar ook nie die woord soos rassisties nie. Dit is die wittes wat die woord uit gedink het en nou daarmee pak kry.

Frans C ·

Die kern van die probleem is beide te vinde in mislukking en sukses van beleid.Hoe meer die ANC plaaslik misluk hoe toenemend word daar van skuldverskuiwing gebruik gemaak.
Skuldverskuiwing is so oud soos die Bybel se geskiedenis.
In Genesis 3 konfronteer God vir Adam,wat weggekruip het.Adam se reaksie is een van onmiddellike skuldverskuiwing:”Dit is alles die vrou se skuld.Die einste vrou wat U my gegee he,het my van die boom se vrugte gegee.En ek het dit geëet.
Vroulief laat ook nie op haar wag nie.:Dit is die slang se skuld.Hy het my om die bos gelei,toe ek van die vrugte geëet het.
En so word die slang die skurk in die verhaal.
En Plaaslik-wie se skuld is dit dat alles uitmekaar val?Niemand minder as ons eie oom Jan.
Oom Jan-wat hy jy aangevang-hoekom het jy die vrede in die paradys versteur?

En in Amerika.Hoe meer sukses Pres Trump behaal-hoe feller word die linkse aanslag teen hom.Hoe meer naarstiglik word daar gesoek na geraamtes,veral die van kommie oorsprong
in die kas en hoe feller raak die linkse media-wat hom so graag wil sien misluk.

Daar in lê dus die kern -sukses en mislukking -beide het hul teenstanders-hang net af
in watter hoek jy staan.

Rupert Ashford ·

Maar Frans C, mens kan nie anders as erken dat vandat vrouens stemreg gekry het ons al twee wereldoorloe gehad het nie…;-)

Frans C ·

Mag waar of nie waar wees nie-maar party vroue was eenvoudig so mooi dat”Upon seeing Helen, Faustus speaks the famous line: “Was this the face that launch’d a thousand ships, / And burnt the topless towers of Ilium.?

m ·

Hiedie mense se ondergang is hulle minderwaardigheids kompleks teenoor wittes. Ek kan nie verstaan hoekom hulle so minderwaardig voel nie. Ek vat nou maar in die werkplek, die oomblik as jy as witte baie goed met jou swart kollega/bestuurder oor die weg kom en lekker lag en gesels sonder enige drama dan raak jy een groot bedreiging maar meng jy nou met niemand dan is jy n rassis so eenvoudig soos dit. Leef en laat leef mense. Gun elke mens sy plekke in die son. Ek sit elke dag met die minderwaardigheids komplekse in my werk en weet nie of ek moet lag of jammer voel vir die mense nie.

Johan ·

Ja die selfde ou storie as jy op tone begin trap en die fight begin wen dan is hulle vinnige om die rassist kaart of arrogant kaart te speel

Juan Olivier ·

Dit verbaas my dat die ver-linkse ANTIFA groep nog nie as binnelandse terroriste verklaar is nie. Maar dis seker omdat die linkses hulle ekstremiste beskerm in die VSA.

Rupert Ashford ·

Die ANTIFA groep is heel knus deel van die nuwe liberalistiese “groeps identiteit” politiek. Deel op in klein groepies, verklaar self wie jou groepie is en se jy is ‘n kwesbare minderheid, en jy kan wegkom met moord (soms amper letterlik). Ironies gebruik ANTIFA en hulle trawante klassieke fasistiese taktiek soos die smoor van enige debat in meeste van hulle aksies – hulle is nie anti-fasisme nie, hulle is dan self fasisties!!!! En weereens laat die HSM hierdie dinge pragtig deur na die paaltjiewagter sonder om vrae te vra, en kla dan oor niemand hulle ernstig opneem nie.

Johan ·

Die anc is te groot vir hulle skoene en te arrogant . Hulle ken nie hulle plek nie. Ek verafsku die hele spul.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.