Nuuskommentaar: As Afrikaans nie goed genoeg is nie, is my bloed goed genoeg?

bloedoortapping

Argieffoto (Foto: docbuzz.fr)

Die besluit van die Suid-Afrikaanse Bloeddiens om Afrikaans baie lomp in die tande te skop, kan in ’n baie sensitiewe situasie ontaard. Die ironie is dat die Bloeddiens meen hy tree in pas met die Grondwet op deur Engels, in plaas van al 11 amptelike tale, as voorkeurtaal te gebruik vir die bloedskenkvorms en sommiges in die proses afskeep. Die Grondwet bepaal egter alle inheemse tale, soos Afrikaans, moet bevorder word, maar die uitgesluite amptelike taal, Engels, word juis voorgetrek.

Wat behels die besluit?

Pas is Afrikaans nog ’n liederlike dwarsklap toegedien wat spreekwoordelik die bloed laat kook – en dan ysingwekkend laat stol.

Die kort en die lank is dat die Suid-Afrikaanse Bloeddiens besluit het sy dokumente wat skenkers met elke skenking moet invul, sal voortaan slegs in Engels beskikbaar wees. Die Bloeddiens bedien agt provinsies en die Wes-Kaap het sy eie.

Die Bloeddiens is ’n niewinsgewende organisasie en ontvang volgens sy webwerf geen staatshulp nie. Pasiënte en kliënte wat bloed benodig, betaal nou sowat R4 000 per eenheid.

Die Afrikanerbond het navraag gedoen oor die nuwe beleid, en is eers met ’n tweede navraag “beantwoord” deur die Engelstalige omsendskrywe aan personeel hieroor na die AB te stuur.

Die omsendskrywe is deurspek met grondwetlike onjuisthede wat dit laat klink of die inhoud uit ’n Lesufi-toespraak eerder as die Grondwet kom. Van die argumente is van suiwer politieke aard en klink ook na van die argumente wat in hofsake aangevoer is om met die aanbied van lesings in Afrikaans weg te doen.

Enkele van die argumente is die volgende:

  • Die voortrek van net sommige amptelike tale kom op diskriminasie teen ander amptelike tale neer. Daarom word net Engels gebruik wat die “amptelike saketaal” sou wees. Dis bog, die Grondwet bevat geen bepaling wat aan Engels ’n hoër status as die ander gee nie. Trouens, die Grondwet bepaal dat alle amptelike inheemse tale (Afrikaans ingesluit) bevorder moet word. Die voortrek van Engels, die koloniale taal, kom op presies die teenoorgestelde van wat die Grondwet voorskryf neer. Voorts beweer die Bloeddiens dat Engels die taal van politiek, die sakegemeenskap en die media is. Veral wat laasgenoemde betref, sal baie mediapraktisyns voel dat die Bloeddiens ’n yslike kluitjie aan sy skenkers probeer verkoop.
  • Die Bloeddiens maak daarop aanspraak dat dit onprakties is om al 11 amptelike tale te gebruik, daarom word net Engels gebruik. Die Grondwet bepaal egter dat elke provinsie sy eie amptelike tale instel (minstens twee). So het byna almal drie amptelike tale terwyl Gauteng en die Noord-Kaap ook vier het. Dit is nie so onprakties om die provinsies se amptelike tale te gebruik nie, en die argument word slegs as slenter gebruik om Engels voor te trek. Dit geld nie net vir staats- en semi-staatsinstellings nie, maar ook privaat instansies soos rugby-unies, selfs in amper uitsluitlike Afrikaanse provinsies, skoue in hoofsaaklik Afrikaanse gemeenskappe en vele meer. Bloemfontein se skou se “English only”-padpredikante op die terrein bevat soms die allerverskriklikste Engelse foute. Selfs politieke partye wat na Afrikaanse kiesers vry, kan normaalweg op een vinger getel word. Die DA se byna uitsluitlike uitreik van mediaverklarings in Engels het hom waarskynlik baie stemme gekos.

Hoe om te reageer of nie?

’n Eerste instink ná die nuus (in Engels) deurgedring het, is om dit so te stel: As my taal nie geskik is nie, is my bloed ook nie.

Bind die Grondwet ook niestaatsinstellings soos die Bloeddiens? Nadat daar aanvanklik redelik gedebatteer is oor die horisontale en vertikale gesag van die Grondwet, is daar nou min grys gebiede. Die verskil tussen vertikale en horisontale werking word soos volg beskryf:

  • Die Handves van Menseregte vind aanwending op alle sake tussen landsburgers en die regering. Dit beteken dat dit toepassing vind op ’n vertikale wyse tussen die regering en sy onderdane. Dit beskerm landsburgers teen swak behandeling van die regering teenoor hulle.
  • Die Handves van Menseregte werk ook op ’n horisontale manier. Daarmee word bedoel dat dit aanwending vind in sake tussen gewone mense en ondernemings, maar slegs indien dit sin sou maak. Dit beskerm mense teen dinge gedoen aan hulle deur ander mense.

(Dit het veral betrekking op die regte wat mense ingevolge die Handves van Menseregte (hoofstuk 2 van die Grondwet) geniet. Wyle Penny Sparrow sou byvoorbeeld nie kon aanvoer sy as individu kan nie vir rassisme en haatspraak vervolg word nie omdat sy nie die staat is of die staat verteenwoordig nie. Julius Malema het skynbaar wel daardie “vrywaring”, maar die ongelykhandige behandeling van wit en swart is ’n onderwerp op sy eie en is al dikwels onder die loep geneem.)

Tog moet ’n mens maan teen so ’n blindelingse benadering en verskoon asseblief ’n voorbeeld wat eerstehands ervaar is.

’n Tekort aan bloed kan heel onskuldige mense hul lewe kos. Die uwe self het die afgelope vier jaar weens kanker 42 eenhede bloed ontvang. Dis ook nie so maklik om privaat met familie of vriende bloed te reël nie. Weens die baie chemo het my bloed sekere veranderinge ondergaan wat ook bloedgroepe genoem word, maar op baie skaarser versoenbares dui. In ’n stadium het dit ’n hele paar dae geneem om versoenbare bloed op te spoor en om by die hospitaal gelewer te word. Dit het gelukkig nie saamgeval met ’n periode net meer as ’n jaar gelede toe my hemoglobienvlak laer as 5 was nie. Onder 6,5 is dit dodelik gevaarlik.

Afrikaans

Engels is ’n volslae koloniale taal en die vierde grootste taal in Suid-Afrika. Afrikaans, die derde grootste amptelike taal het sowat 2 miljoen meer sprekers as Engels. Daar is meer as twee keer soveel Zoeloesprekendes as Engelssprekendes, terwyl Xhosa, in die tweede plek, Afrikaans met net meer as ’n miljoen uitstof.

Tog het die Suid-Afrikaanse Ruimte-agentskap besluit die drie amptelike tale wat dié instansie moet gebruik, is Engels, Tswana en Zoeloe.

Grondwetlike verloop

So ernstig is met die aanbreek van die nuwe grondwetlike bedeling oor die taalkwessie gevoel dat die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad deur die oorgangsgrondwet ingestel is. PanSat het sommer baie vroeg bevind die regering is self die grootste oortreder van die grondwetlike taalbepalings.

Met die skryf van die finale Grondwet het die ANC botweg geweier dat ’n bepaling in die oorgangsgrondwet wat bepaal het dat die regte wat amptelike tale voor 1994 gehad het, nie verminder mag word nie, in die nuwe Grondwet opgeneem mag word.

Een lid van PanSat, ’n advokaat en later DA-politikus, het egter geglo die bepaling geld steeds. Hy is vroeg oorlede en blykbaar is dit onbekend hoekom hy geglo het dit geld steeds. ’n Moontlikheid is dat hy gemeen het die afskaffing daarvan het spesiale wetgewing nodig, soos wat met die aktivering en afskaffing van ander grondwetlike bepalings geld. In die praktyk het dit egter anders uitgedraai.

Van PanSat word deesdae baie selde gehoor. Dit is byna deurlopend deur oneindige swak leierskap gekenmerk wat dit lang tye disfunksioneel maak, en byna net so swak laat funksioneer as die Menseregtekommissie. Dit word goed deur twee Vrystaatse gevalle gedemonstreer.

Hoewel PanSat een van die grondwetlike hoofstuk 9-instellings soos die Openbare Beskermer, die Menseregtekommissie, die ouditeur-generaal (wie se magte pas uitgebrei is) en die Verkiesingskommissie is, het die regering hom die afgelope twee dekades meestal erg minderwaardig behandel. Een voorbeeld is ná die Vrystaat die nuwe FS-nommerplate gekry het, het die destydse Vryheidsfront by PanSat gaan kla. PanSat het beslis dat dit met rekenaartegnologie moontlik is om naas die FS ook die VS te kon inspan en dat dit wetlik dieselfde betekenis as FS kon hê. Die destydse LUR vir vervoer het dit egter na die Menseregtekommissie op “appèl” geneem. Die kommissie se hoofkantoor het dit met ’n verwysingsnommer na sy Vrystaatse provinsiale kantoor verwys en as die media en soms opposisiepartye nie af en toe navraag oor die “vordering” gedoen het nie, is daar nooit weer hiervan gehoor nie.

Tot vandag toe het die kantoor nog nie erken dit is ontvang nie, of iets daaraan gedoen soos om ’n afskrif by die hoofkantoor te kry nie. In 2010 dra Praag ’n artikel waarin onder meer soos volg berig word:

“Hierteenoor het die kantoor baie gou die destydse Vrystaatse hoof van Veiligheid en Sekuriteit onskuldig bevind nadat Vrystaat Landbou hom vir haatspraak verkla het.

Twee sake wat die Vryheidsfront Plus in 2008 verwys het, kry nie aandag nie. In een geval kon die verklaagde glo nie opgespoor word nie, maar dit het Volksblad presies vyf minute geneem om haar telefonies op te spoor. In die ander geval het dokumentasie by herhaling uit die MRK se kantoor weggeraak.” Volledige rubriek kan hier gelees word.

Chaos by die MRK se hoofkantoor het letterlik kniediep gestaan. Die uwe het die kantoor verskeie kere besoek en dan tafels toe onder “aktiewe” dokumente gevind met ’n groot persentasie wat al van die tafels afgeval en op die kantoorvloer gelê het.

Nog ’n komies-hartseer geval van waar Afrikaans totaal geminag is, was toe water van die Katzedam in Lesotho onder die berg deur na die Asrivier naby Bethlehem en uiteindelik na die Vaalrivier begin loop het. Op die Woes-webwerf word die chaos soos volg in ’n lesersbydrae “verduidelik”: “Sodat Gauteng se Groot Dors geles kan word.

“Maar dis dié pasellawater wat gemaak het dat daar ’n twis oor die naam van die rivier losgebars het. Toe die water begin loop, gaan sit die nuwe Suid-Afrika se Engelsbebl*ksemde Departement van Watter Affêre ’n bordjie op die brug op: ‘Ash River’.

“En toe is die Blikore se ore rooi van kwaatgeit, want daai ‘As’ het niks met ‘as’ soos in verbrande hout te make nie.

“Nee, dit is ‘As’ soos ‘Axle’ in Engels.” (Iemand se wa se as het jare gelede in die bedding van die rivier gebreek toe hy met sy wa en span osse daardeur getrek het.) Die volledige artikel kan hier gelees word.

“Maar die Departement van Watter Affêre is nou so steeks soos die FS op die Vrystaat se nommerplate. Die ‘Ash River’ bly op die padpredikante, en selfs gastehuise in die omgewing spog nou met name soos ‘Ash River Lodge’. ‘Ash River Dislodge’ sou meer van toepassing wees.”

Ook reeds in 2010 het die Gautengse hooggeregshof bevind dat die regering sy grondwetlike plig teenoor die 11 amptelike tale versuim.

Is daar nie dalk ’n saak uit te make van minagting van die hof nie?

Dit wat nou by die Bloeddiens gebeur, is ’n tragedie, nie net oor die dwarsklap wat Afrikaans en die Grondwet gekry het nie, maar dit is ’n aanklag teen die regering en PanSat dat niemand eens meer probeer om dié liggaam (eintlik ná “ministeriële ingryping” om dit “reg te ruk”) werklik te laat bestaan nie.

Nog ’n hoofstuk 9-liggaam wat hierby betrek behoort te geword het, is die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Taal-, Godsdiens- en Kultuurgemeenskappe. Die liggaam het minderheidsgroepe in Suid-Afrika wesenlik lewend ontval.

Die grondwetlike posisie van tale in Suid-Afrika begin nie by die 1996-Grondwet nie, maar in die grondwetlike beginsels wat as bylaag tot die oorgangsgrondwet ingevoeg is. Die Konstitusionele Hof moes inderdaad sertifiseer dat die huidige Grondwet aan hierdie beginsels uiting gee. Deel XI bepaal dat die amptelike tale nie net erken en beskerm moet word nie, maar dat die bevordering van die tale aangemoedig sal word.

Deel XII noem taalregte as deel van die selfbeskikkingsregte waaroor Suid-Afrikaners behoort te beskik en wat erken en beskerm moet word.

In die oorgangsgrondwet het verskeie artikels op taalregte betrekking waaronder artikels 3, 31 en 32. In artikel 32 word eintlik na die reg op onderrig verwys, en daar word byvoorbeeld die wortels raakgeboor van die huidige Grondwet se bepaling: Almal se reg op onderrig is die taal van keuse waar dit redelikerwys moontlik is.

Om ’n oplossing in goeie gesindheid te vind

Ten slotte. Wat die pragmatiese betref, is daar dele van die land waar Engels nie ’n eerste of tweede taal is nie, maar ’n vreemde taal. Potensiële bloedskenkers kan dus sukkel om die vorm te verstaan, en so die gevaar skep dat ontvangers bloed ontvang wat gevaarlik is.

Dit is noodsaaklik dat hierdie kwessie in der minne en in goeie gees opgelos word.

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

110 Kommentare

Swartlander ·

As ek net rondom my kyk, kan ek julle verseker ons sien rooi, want in ons Afrikaanse mense se harte en are loop sterk en gesonde bloed (en die gevoel om ander te help) en julle skiet julleself in die voet. Bloei gaan julle bloei en dit gaan nie ons s’n wees nie. Ek self trek al by 62 eenhede geskenk! Julle kan maar vra wat is my punt? ‘n Punt is aan die einde van ‘n sin. Ek sal nie weer bloed skenk nie……. Julle het nou die spreekwoordelike wors in die hondehok gegooi!

hendrik ·

Delores, my bloed het nou so sleg geword dat die haaie in die see dit nie eers wil he nie.

Lizelda ·

Baie mense sal se ek redeneer irrassioneel, maar… n paar jaar gelede het die Bloedbank gese hulle gaan nie meer blankes in werk stel nie en dis toe al dat ek hulle nie ondersteun nie. As blankes nie goed genoeg is vir die werk nie is blankes se bloed nie goed genoeg nie… So nou skenk ek al lank nie meer nie. Wat as ek en my gesin bloed nodig het? Ek weet nie…

Trots Afrikaans ·

My Taal.
My Erns

Afrikaans of niks. Ek is klaar met komprimieë

Danie Visagie ·

Dit is nie net die vorms nie. Die personeel moet alles in Engels doen, maar kan Engels behoorlik praat of verstaan nie. Gister 2 ure gemors by bloedbank omdat een sê ek mag skenk die ander sê ek mag nie skenk nie. Selfs die gids is in Engels en dubbelsinnig. Die organisasie is besig om in duie te stort. Skenker doen hulle ‘n guns om gratis en vrywillige bloed te gaan skenk en dan word jy swak behandel. Weet nie of ek weer sal gaan skenk nie en na amper 100 skenking.

Avokado ·

Ek is ‘n trotse skenker wat al amper 50 eenhede geskenk het. Die proses word elke keer verduidelik en enigiemand sal verstaan wat nodig is om te verstaan. Jou bloed word in elk geval elke keer getoets so die risiko’s van onveilige bloed word uitgeskakel. Ek en my medeskenkers doen dit nie vir onsself nie. Daarom kan die vorm in Chinees wees vir al wat ek omgee. Solank ek kan skenk is die saak 100!

W ·

Wonderlik … wag tot jy of jou familie bloed nodig kry . Julle gaan betaal vir daai bloed .

Oom Jaco ·

En hoeveel van daai R 200 000.00 waarvoor jou “geskenkte” 50 eenhede (teen R4 000.00 per eenheid) verkoop is, het jy gesien?? Nee wat, Ek sal maar my boere/koloniale bloed hou…

Sê maar net... ·

Avokado, dankie vir jou bereidwilligheid, ek mag ongelukkig weens gesondheidsredes nie skenk nie, maar sou bitter graag wou. My familie het al bloed nodig gehad en ek is julle ewig dankbaar daarvoor. Ek is baie lief vir my taal. Maar ek glo absoluut dat ek nie sou toelaat dat die feit dat die vorm nie in my moedertaal beskikbaar is, my sou keer om te skenk nie. Dit is sekerlik elkeen se reg om sy eie keuse uit te voer. Ek bid maar net dat almal wat nie verteenwoordig word op die vorms, die effens nougesette uitkyk het nie, want dan gaan ons beslis ‘n probleem hê. Gestel almal wat nie Engels as moedertaal praat nie, het hierdie selfsugtige houding… Dit gaan tog seker nie oor die vorm of die persoon wat jou help nie, maar die “geskenk van lewe” wat jy gee… Ek dink nie enig iemand doen dit vir die geskenke of aansien nie… ook nie gedink die vorm sou soveel saakmaak nie… Wys maar net dat die kleinlike in ons maar net nie kan gaan lê nie…

Elaine Hoffman ·

What a self righteous attitude. I hope you are standing up for your people – Afrikaners – in other ways. I hope you understand this message. Unfortunately I dont write Chinese. You going to need to do so in the not too distant future.

Jacques ·

Gaan net skenk tot by my honderdste eenheid, dan gaan ek ook onosel word en nie meer engels verstaan nie, dus kan ek dan nie meer skenk nie,verstaan mos nie daai vra nie!

Dawid ·

Is maklik. Vul net die vorm in in Afrikaans, al is die vrae in Engels.

Cherokee ·

Baie netjiese en praktiese voorstel.. dit bring die bloed wat gestyg het met die lees van die artikel, weer af na normale vlak.

Anoniem ·

As ek by die bloedskenk lokaal kom en daar is nie ‘n Afrikaanse vorm om in te vul nie – sal ek nie bloedskenk nie !

Wie se simpel plan was dit om Afrikaans as taal te skrap

Bloeddiens Julle kan nou al begin dink om JULLE deure te sluit Verkoop al die karavaantjies !

Frederik ·

My bloed is myne.
Ek kan nie die vra antwoord so bloed gaan nou bitter
skaars word.
Waaaaaaat ?????????? nou.

Leeggetap ·

As ek my bloed SKENK dan sal ek maar aandring daarop dat net Afrikaanssprekendes myne mag kry, klink dit regverdig!? Anders hou ek dit maar vir myself!

jean ·

So ironies….jy skenk maar hulle verkoop. Sover ek weet word jy betaal vir jou skenking in Brittanje (?)

G Erasmus ·

Lizelda voel presies soos jy. Toe hul nie meer blankes aanstel … het my bloed ook opgedroog v hulle. So v n paar jaar gee ek niks.
Ek sal enige tyd v my mense gee wanneer nodig. My mense word uitgestoot….gaan kry bloed op n ander plek comrade

Petro ·

Kom ons boycott hulle dan tot hulle ophou om ons taal te minag

Pieter ·

Ek stem 100 persent saam hulle het mos niks van ons nodig nie

Hennie Kruger ·

Ek skenk ook nie meer van April maand bloed nie. Maar met ons optrede sit ons mense se lewens in gevaar. Die bloeddiens wil nie leer nie. In 2000 het hulle ook alles na engels verander en daarna was daar nie genoeg bloed in die land nie. Toe verander hulle stil hulle beleid na afrikaans. Ek dink ons afrikaans sprekende moet ons eie bloedbank begin.

rooi ·

Die antwoord is maklik. My bloed is nie meer beskikbaar vir persone of instansies wat teen my taal en ras is nie.

Skoolgeld ·

Nie winsgewende organisasie ? Waarheen gaan die miljoene rande wat hulle kry dan vir iets wat hulle verniet kry ? SABOTD het geen skuld en hanteer al hulle toetse self. Wonder maar net wie bevestig dat dit nie wins gedrewe raak nie. Jy sal sterf as jy nie die bloed wat jy nodig het kan bekostig nie en geen haan sal kraai nie

Fanus ·

Afrikaners word die heeltyd net sleggemaak asook verneder deur ander. Stem saam as ons dan goed is vir niks so dan is ons bloed ook nie!

ap ·

Stem saam ek het al oor 100 eenhede geskenk , en in verlede kon dit gebere word vir my en familie , deesdae glad nie , daar is te veel mense wat bloed benodig , hoop net nie myne eindig in n zuma , malema , aanhangsels op nie

Geitjie ·

Ek skenk al lankal nie meer bloed nie, want sover my kennis strek as dit kom dat ek bloed gaan nodig he dan moet ek betaal daarvoor, en ek voel dit is baie onregverdig!!

Wie weet ·

100 % Avakado ek skenk ook al jare bloed ek doen dit omdat dit iemand se lewe kan red niks met my taal uit te waai nie My bloed skenk het niks met my taal uit te waai nie Ek het bloed nodig gehad na n jkar omgeluk en dit het my lewe gered van daar af skenk ek gereeld bloed vir die afgelope 17 jaar pay it forward in afrikaans gee met n oop hand en wees dankbaar dat jy nog asem haal

Patch ·

Ek is ook trots Afrikaans maar wat het die taal op ‘n vorm nou te doen met bloed wat ‘n lewe kan red. Soms dink ek mense vat dinge net te ver. Ek glo nie op enige eenheid bloed wat geskenk word, word jou taal aangedui nie. So hoeveel Afrikaans sprekendes het al ‘n Engelse of Sotho sprekende se bloed gekry wat sy/haar lewe gered het. Nee regtig. Hierdie bohaai is onnodig. As ek van die kommentare lees dan dink ek, ek hoop nie jy wat so te kere gaan moet eendag dringend bloed kry nie. Jy gaan dan seker in jou ernstige toestand eers vra of die skenker Afrikaans sprekend is en indien nie die bloed van die hand wys. Nee regtig, daar is ander dinge waaroor julle meer moet bekommerd wees as ‘n taal op ‘n vorm wat voltooi moet word.

siener ·

Dis tyd dat die Bloeddiens met ‘n vergrootglas ondersoek moet word. As ‘n nie-winsgewende organisasie wat bloed verniet kry en dan word die bloed verkoop vir R4000 per eenheid. Iemand maak sakke vol geld en die skenker publiek word aan hulle neuse rondgelei of eerder mislei. Nee dankie. Betaal my R3500 per eenheid of vang maar gerus ander mense (Dom Skenkers) wat hulle bloed verniet weggee.

Anoniem ·

As ek by die bloedskenk lokaal kom en daar is nie ‘n Afrikaanse vorm om in te vul nie – sal ek nie bloedskenk nie !

Wie se simpel plan was dit om Afrikaans as taal te skrap

Bloeddiens Julle kan nou al begin dink om JULLE deure te sluit Verkoop al die karavaantjies !

Oningelig ·

As julle net weet wat laboratorium toetse kos, sal jul minder kla oor die R4000 wat ‘n eenheid kos!

Koos de Meyer. ·

As my taal nie goed is nie so ook my bloed. Baie dankie.

Bokkie ·

Ek het nooit gedink dat mense tot op so n vlak kon daal om nie n lewe te red, omdat die vorm in Engelse is. Ek werk oorsee, en hier wil blanke Suid-Afrikaners nie Afrikaans praat nie. Ons Kleurlinge as ons saam werk, wat baie weinig is, maak ons dit n Afrikaanse uitstappie. So ek vra myself hoekom julle aangaan, maar wil jou eie taal in die vreemde nie erken nie. Red n lewe en skenk bloed, baie kere benodig n pasgebore babas bloed. En hulle verstaan niks van taal af nie…

Nel ·

Die vraag is of SANBD hulle samewerking gaan gee om die kwessie op te los. Dit lyk nie so nie. Die agenda is, soos ook op vele ander gebiede, dat Afrikaans die taal van die onderdrukker is en daarom moet weg. Ek sou graag die statistiek wou sien wie die grootste aantal bloedskenkers in die land is.

Johan ·

Vasrwel bloedskenk!!

My bloed is afrikaans!! Suid Afrikaans!!

Rooikop ·

Ek hey sowat 10 jaar gelede ophou bloedskenk juis oor hulle net in ingels met my praat. Verder BEEs wat die bloed trek eerder as blankes. Die een het my bly seermaak ( Nooit vantevore die probleem gehad nie) en eers toe ek dreig doen sy dit ordentlik. Daarna toe dring ek aan op ‘n blanke. Almal by die tak toe BEEs en toe hou ek op. Dis ‘n skenking. Ek besluit op die voorwaardes.

Jerry ·

Daar is niks vorentoe wat deur ANC beleid en staatinstellings ter goeder trou teenoor Afrikaans en die Afrikaner sal gebeur nie, niks nie, dit is reeds die nuwe norm. Waak dus daarteen om “to cut your nose, to spite your face”! Wees die minste in gevalle waar dit van jou vereis word, nie net terwille van jouself nie, maar ook terwille van ander onskuldige mense wat deur die staat en jou optrede te nagekom mag word! Hou aan bloed skenk om te leef en te laat leef, dan doen jy die regte dinge, reg! Om bloedskenk te boikot oor taal, is n goeie voorbeeld van hoe om die regte dinge, verkeerd te doen! Wees daarom verstandige taalaktiviste en gaan skenk bloed in Engels!

toy ·

Hou op om Engels in mens se keel af te druk. Daar moet ‘n keuse wees om ‘n vorm in te vul of kry mense wat Afrikaans praat om die werk te doen. Ons bloed is goed genoeg maar nie ons taal nie.

Mel ·

Is dit nou werklik ons grootste bekommernis van die dag?
As almal ophou skenk – wat gebeur as JY die dag bloed nodig het. Ja, jy moet betaal daarvoor, maar om almal aan te hits om op te hou is kortsigtig.
As daar ‘n bloed-tekort is, gaan dit NOG duurder raak.
Hierdie is nou die ekwivalent – brand die bus vandag en toi toi more oor die bus nie opdaag nie.
Dis dieselfde logika.
Daar is belangriker dinge wat aandag benodig.

Jack Russl ·

Stem 100% saam. Hoe minder daar geskenk word hoe duurder gaan die bloed word as jy dit moet ontvang.

Ja, dis ‘n nie-winsgewende organisasie, maar die huur, salarisse, toerusting ens kos alles geld en dit moet van iewers af verhaal word.

Ek hoop net almal wat so aandring om SANBS te boikot dat hulle self of een van hulle geliefdes nie in lewensgevaarlike situasies verkeer en dan bloed benodig nie.

Sirkus ·

Dit is baie swak van Bloeddiens. En ons gee ons bloed verniet. Jammer my bloed is Afrikaans en ek sal net ‘n direkte skenking doen aan my familie. Wag tot einde Oktober en ek glo vas ons sal dan skielik Afrikaanse vorms sien by SANBS

Landvaneensydigheid ·

Daar was ‘n ooreenkoms na 1994. Daardie ooreenkoms is deer almal onderteken. Alle onderhandelings van dan is tot nuut. As die regering nie eers kan hou by die bepalings van die grondwet nie, hoekom moet ons as burgers dit doen.

Adri ·

Ek is ‘n orgaanskenker gaan in my testament skryf my organe mag net aan ‘n afrikaanse landsburger geskenk word!

James ·

My bloed bly myne.
Indien my familie dit benodig sal ek dit aan hulle skenk.

Se maar net ·

Askuus my….. noem my maar uiters selfsugtig….
My fsmilie sal vir my bloed gee en as ek vir ‘n groot operasie gaan skenk ek my eie bloed voor die tyd…. het dit sl twee keer so gedoen
Ek sal veral nie nou my bloed gee nie, net ingeval dit dalk in die are van hierdie krom siek, “polities” korrekte mense ingetap word…
Tyd dat ons vir ons self sorg eerder as vir hierdie ras hatende “goeters” Hulle kan mos mooi na hul self kyk.

SP ·

Jou bloed red mense, dit red nie jou taal nie. Kom oor jouself en besef dat jy mense in nood gaan help. Mens vul nie eers die vorm in nie, dis n klomp “X’e” wat jy moet merk, ek is seker jy sal okay wees.

dries ·

SP, gaan maak jou klomp X e en skenk jou bloed . Ons het rerig nie n probleem daarmee nie maar wel n probleem as jy mense aanval oor hul besluite. Kom net oor jouself asb!

@SP ·

Jy kan dit vir hulle vertel maar nie verduidelik nie (ongelukkig). Ironies genoeg as die wat nou so tekere gaan in ‘n noodsituasie is gaan hulle nie wonder of die vorms Engels of Afrikaans was nie hulle gaan maar net te dankbaar wees vir die bloed wat hulle (of hulle geliefde) se lewe gered het. Mense is baie kortsigtig. Dit gaan net onskuldige mense wees wat onder die verergdheid lei.

Gawie ·

Stem saam met Avokado en Wie Weet. Ek self het sover meer as 190 skenkings gedoen, en hoop om binne die volgende twee jaar my 200 te haal. Taal het hier niks mee te doen nie, maar eerder die red van mense se lewens. Ek is seker dat niemand in die hospitaal gaan vra watter taal die skenkervorm mee ingevul is as jou lewe daarvan afhang nie.

Morné ·

Na ja toe! Ek was veronderstel om bloed te gaan skenk die naweek, hulle het my hoekal gebel om te hoor of ek nog kom….en daar droog my bloed op na ek die berig lees!

hendrik ·

By my gaan die argument nie so sterk oor bloedskenk of nie, ja, ons kan hulle boikot ( spur, miway ens) maar wat is hul rede vir net Engels. Dit kos net soveel om Engelse vorms as Afrikaanse vorms te laat druk. Iemand hier is plein moedswillig.

Cecilia ·

As julle so almal veg vir gelykheid. Dan dring aan dat die vorms in al 11 die amptelike tale beskikbaar is. Hoekom net een ander taal ? Die kostes verbonde aan verskillende vorms is belaglik. Die goed is amptelike dokumente. Los alles net in engels dan is dit maklik en niemand word bevoordeel nie. Julle almal wat julle bloed vir julself wil hou gaan jy dan ook weier om bloed te ontvang as jy ophou familie dit nodig het ? – Glo nie so nie.

Judge Dredd ·

Niemand word bevoordeel nie????
So engelsprekendes word nie bevoordeel en al die ander tale afgeskeep nie?

lion ·

Wat.. Afrikaans is my taal en My Bloed is soos ek Afrikaans
A -negative. Is My groep , ek glo nie hul soek dit ooit weer nie.

Jip dankie tog. Spaar my om weer pappiere in te vul. In ander tale wat ek nie verstaan nie.

zeno ·

Vul net jou vorm in Afrikaans in en sê vir die bloeddiens mense jy verstaan nie Engels nie. As hulle Afrikaans afkraak wat wil hulle met die Afrikaner se bloed maak,die bloeddiens moet pasop,baie mense gaan ernstig hierop reageer. Wat gaan hulle dan doen. Daar is reeds`n tekort aan bloed.

Jaco ·

Ek stem saam dat bloed nodig is in noodgevalle vir my en my gesin en sal daarom nie graag wil ophou bloed skenk nie maar dit laat n wrang smaak in die mond as jou taal so misken word. Dalk moet iemand met kennis en ondervinding die kans gryp en n besigheid op die been bring wat meeding met huidige Bloeddiens sodat jy kan kies wie jy wil ondersteun.

Vra net ·

Aangesien die bloed, my bloed vir so baie verkoop word. Hoekom my nie betaal vir my bloed nie? Ja ek weet hulle is n nie winsgewende organissasie maar die pasient betaal vir my bloed. Sou daar nie dan meer mense gaan bloed verkoop nie? En op so manier is daar nie meer n bloed te kort nie.

WIEBO ·

MY taal, my bloed. Hoekom dinges hulle op hul eie stoep? R4000 per eenheid, en ons gee dit verniet? Se gat!

Magda ·

Tot een van julle of iemand van julle bloed nodig het dringend … gaan julle nog kla oor die vorms in afrikaans of in engels is .. genade tog ek verstaan partykeer nie ons mense nie daai vorms gaan nie in afrikaans meer iemand se lewe beter of meer red as die engelse vorms nie … o nee kyk

n ·

Maklik my sus moes bloed kry en raai wat hulle nie gehad nie, haar kleinseun net daar gele en geskenk.
So seker almal het familie iewers en dan weet ek ook sommer wie se ordentlike skoon AFRIKAANSE bloed loop in my in

Charles ·

Kort en kragtig=indien my Taal nie goed genoeg is nie, is my bloed (wat gegiet is vir my Taal) ook nie goed genoeg nie.

Sê ek ook ·

Ek het dieselfde probleem gehad met orgaan skenking. As jy iets gratis van my af wil hê kan jy dit kry, mits jy my in my Taal daarvoor vra.

Elizabeth ·

Ek lees al die woede hierbo en wonder: hoeveel administrasie gaan dit verg as alle vorms in hierdie land in 11 tale beskikbaar moet wees? Waar ‘n lewe in gedrang is, is die geveg oor in watter taal die vorm van die skenker ingevul is, werklik van geen belang nie.

Mel ·

Dis so waar Elizabeth! Ek stem saam.

En kan jy jou nou die herrie indink as daar niks meer Afrikaans of Engels maar slegs van die ander 9 tale beskikbaar is? Administratiewe nagmerrie!

Ou Bloedskenker ·

Weet van julle dalk watter % Afrikaans sprekendes vs die res van die 60miljoen inwoners van SA skenk bloed?

Wanneer die res van die 60miljoen inwoners Afrikaanse bloed ontvang, maak taal dan aan hulle ‘n verskil?

Of ontvang hulle slegs hulle eie etniese groep se bloed?

T ·

Ek sal vir interesantheid wou weet watter “tale” skenk die meeste bloed. Dalk moet iemand so studie maak en ‘n grafiek opstel. En in essense vra ek WIE KAN skenk omdat hulle bloed “OK” is en vir wie word die bloed gegee….. vra maar net

Anet ·

Ons Afrikaners moet begin opstaan vir ons taal. Die vorms het al die jare goed gewerk toe dit tweetalig was, hoekom nou verander. Ek glo die meeste, of ten minste ‘n baie groot persentasie, bloedskenkers is Afrikaans. As ons hier saamstaan en opstaan vir ons taal kan ons wen. Die bloedbanke smeek hoeka al weer vir bloed. Ek is jammer. As my taal nie goed genoeg is nie dan is my bloed ook nie.

T ·

Ons moet ook begin so saam staan in nood situasies. As ons dood gemaak moet word dan moet ons ook wanneer daar nood is waar kerke en ons altyd help met kos en klere en komberse ook mos gestop word? Ek het al gedink wil ‘n papier print en vir al die mense langs die pad gee, wat se

Ek wou jou help maar ek moet my geld spaar sodat ek kan land uit vlug omdat die regering my wil dood maak. En dit vir almal begin gee.

A ·

Stem saam. As my taal nie goed genoeg is nie is my bloed ook nie

Jerry ·

Die mense wat so taalbehep is om bloedskenk te wil boikot moet dalk eerder dit oorweeg om weg te bly uit die kroee en bloedskenk in die kroee boikot! Dan doen julle ten minste iets vir opvoeding in Afrikaans!

Magda ·

Afrikaans MY TAAL – sou my afrikaanse taal nie goed genoeg nie so OOK NIE MY BLOED NIE.

Lollie ·

Ek gee nie om wat ander sê nie maar ek skenk nie weer nie. Elkeen is geregtig op sy eie opine. Stem ons red lewens daardeur maar moenie op ons gevoelens speel daardeur nie, lê daardie probleem voor SANBS se deur! Indien hulle soos dokters wou redeneer sou hulle aan mede lewens gedink het deur daardie besluit. Hoekom kry ander so baie reg? Oor hulle saamstaan! Blanke Afrikaners kon dit nog nooit doen nie en ek sien dit in die kommentare. Ek is trots op my taal, wat almal vertrap, en gaan baklei daarvoor. Daar was nog ALTYD engelse en afrikaanse papiere so akkommodeer die ander tale maar op ń ander manier. In Klerksdorp is selfs die 1 tak toegemaak sonder om die skenkers daarin te ken. Maw, die skenkers beteken nie vir hulle veel nie. Jy kry wel ń geskenkie as jy 4 of meer pinte ń jaar skenk maar ek gaan nie ANC stem omdat ek ń gratis T-shirt kry nie! Los die swierige ete met prysuitdelings en druk Afrikaanse papiere en bring ons Afrikaanse dames terug wat ons gehad het! Hulle het soos familie gevoel en was ALTYD vriendelik en behulpsaam! Was altyd ń plesier om te gaan skenk maar nie meer nie. Om van Afrikaans ontslae te raak het hulle seker by die personeel begin want hulle is ook sommer net spoorloos. Wens almal wil hulle boikot en kyk hoe lank hou hulle uit. Ons doen dit vrywillig!

Hein ·

Ek is self ‘n skenker. Dit is ook my gebed dat ons as Afrikaanssprekendes tog nooit die kwade moet vergeld met verdere kwade of optredes waarna hierbo verwys word nie. Engels is die algemene taal van omgang en waarop nou beswaar maak omdat hulle na hul eie kostes kyk en wegdoen met meertaligheid. Ons moet leer om weg te kyk van taal, geslag en ras sodat ons in harmonie kan saamleef.

Siener ·

Hein—As taal nie belangrik is nie hoekom praat en skryf jy in Afrikaans? Taal en ras is belangrik vir baie mense en sal veg en bloei vir dit.

Leon ·

Ek wil net vir Herman Toerien op ‘n paar ander punte wys. Hy sal dalk verstaan wat gebeur.
Ky na Afrika. Feitlik al die lande het een enkele taal, die koloniale taal. Engels (Kenia, Uganda, Malawi, Tanzanië, Botswna ens). Dan het ons Portugees (Angola en Masambiek). dan is daat Frans (feitlik die hel Wes Afrika en sentraal Afrika. Arabies (Noord en Wes en Oos Afrika). Suid Afrika is uniek met sy elf tale. Dit moet op een af ander stadium platval. Die ANC versnel net die proses. Toe ons die kans gehad het om Afrikaans as die enigste taal in the bring het ons gefaal met apartheid.
Start learning your English and sharpen it up.
Dis al wat ek wil sê. Blameer Verwoerd en sy pêlle.

Herman Toerien ·

Hallo Leon
Tanzanië is maar een vd lande wat Engls ter wille van Swahili as ampteike taal vervang het. Die neiging, met horte, is juis om van de koloniale tale ontslae te raak.

Phillip Jessen ·

Ek skenk bloed Engels of dan nie na elke 4 pinte bloed kry jy n geskenk van bloed bank af ek het n pakerpen en medalja gekry so dis vir my genoeg moettieveering om weer teskenk my suen skenk ook nou saam met sy pa en vul alpart die Engelse vorm in

Lollie ·

Klink my jy sal jou siel ook verkoop vir ń pot lensiesop?!
Stem vir ń party omdat jy ń gratis T-hemp kry?!

Griet ·

Het selwers al in die 30 eenhede bloed geskenk. Klaar gelag….. As my taal nie goed genoeg is nie is my bloed ook nie. Die bloed karavaantjie sien my nie weer nie.

G.H. Mc Geer ·

Dis nou maar klaar geen van my Afrikaanse bloed vir hulle nie

Afrikaanse ouer ·

Ek wil net bitter graag vir hierdie oningeligtes en selfsugtiges hierbo verduidelik. Dit kos hulle bitterlik baie om bloed te verdeel in plasma, rooibloed selle en plaatjies, dis nie net van ‘n sakkie bloed wat getrek is, weer in pomp in iemand in nie. Dan is daar ook nog om die bloed te toets, bestraal en van die wit bloedselle ontslae te raak. Dink daaraan, daar is salarisse, huur, krag, gereedskap, verpakking, vervoer en alles wat betaal moet word. So wie van julle gaan verniet werk om al die goed te doen, want julle gee dit mos verniet? Weet een van julle hoe dit voel om elke 10 dae te bid “Here laat daar asseblief vandag bloed wees vir my 10 jarige kind”. Of hom daar te sien le so wit soos ‘n vel papier vir 2 dae en hoop daar is gou bloed of plaatjies beskikbaar voor hy begin bloei? Onthou, die lewe draai nie net om EK EK EK nie. Se liewer “Dankie Vader dat ek in staat is om iemand te kan help”. Iewers daar buite is ‘n onskuldige kind wat jaar in en uit 3 keer ‘n maand moet bloed kry.

Flippie ·

Maklik, begin ‘n Afrikaanse Bloedskekings Diens die ABD. Geskenk te bloed word slegs vir Afrikaanssprekendes wat dit nodig het gereserveer.

JJ ·

Niks van die Afrikaans sprekende minderheid is meer goed genoeg nie…. behalwe ons belasting geld.

Msp ·

Skielik het al die blanke staf verdwyn en nou dit. Ek as ń gereelde bloedskenker sal maar bietjie aan die saak gaan herkou. Dalk ń goeie plan dat ons maar ń bloedgenootskap self begin en ons blood dan teen R4000.00 per eenheid aan die staat verkoop. Ek sal eerder my volk ondersteun as die klomp wat oral die minderheidsgroepe uitwerk. Ons moet net gee maar hulle het al duisende minderheidsgroepe uit die land gedryf. Ek dink ek gaan ook maar eers stop met bloedskenking tot daar ń better plan op die tafel gelê word.

Swannie ·

Nou kla almal oor die taal, maar toe Hoofregter Mogoeng gesê het dat slegs Engels in sy hof aangehoor sal word, het geen haan daarna gekraai nie.

Wanneer ek luister na die Afrikaanssprekendes op RSG se programme, waar bitter min mense vlot praat, dan skaam ek my morsdood dat ek ook Afrikaanssprekend is. Selfs die een aanbieder ( soms redakteur) kan nie eens vlot Afrikaans lees nie – en NIEMAND maak beswaar daarteen nie ?? !!

Hendrik ·

In die ou dae was een van die hoofdoelwitte van die radio nog opvoedkundig, veral ten opsigte van ons mooi taal. Deesdae is selfs die nuus vol taalkundige foute. As jy wil sien hoe Afrikaans agteruitgaan, hou maar net die leserskommentaar dop. Op Maroela Media gaan dinge nog baie goed teenoor Netwerk24. Facebook Afrikaans is dikwels onherkenbaar vermink. Selfs op jag-forums word van roans, sable, kudu en spice gepraat … mense is nie meer lief vir ons taal nie :-(

Janie ·

Die Bybel vertel vir ons van ‘n man wat aangeval en byna dood langs die pad gelos is. Die enigste mens wat hom gehelp het was ‘n Samaritaan, ‘n etniese groep wat deur die Jode verafsku was. Tog het hy steeds nie gehuiwer om ‘n lewe te red nie: sonder om hom te bekommer oor taal en godsdiens. Lyk my hier is heelwat mense wat gerus weer hul Bybels kan gaan lees en dalk iets kan leer.
Terloops, as Afrikaans vir jou so belangrik is, doen tog asseblief die moeite om die spel- en taalreëls te leer.

Lollie ·

Janie, die bybel gaan ons nie hier help nie. Niemand van ons weet of daardie persone wit of swart was nie (dit staan nie in my bybel nie)
Ons is besig om die punt te verloor: dit gaan nie oor ras nie want daar is baie rasse wat Afrikaans praat. Dit gaan alles oor die taal AFRIKAANS

Eg Boer Trots Afrikaans ·

My bloed is Afrikaans en Afrikaans is nie aanvaarbaar vir SANBS nie so jammer my skenkings is daar mee heen ek is Trots Afrikaans en julle denkwyse is nie my bloed waardig nie.

Gawie ·

Ek sien hier is heelparty mense wat aanbeveel jy vul jou vorm in Afrikaans in, al is dit in Engels gedruk. Duidelik was julle baie lanklaas by die Bloedbank, want al wat jy moet doen is om kruisies in die blokkies van jou keuse te maak. Of is daar ‘n verskil tussen ‘n Engelse en Afrikaanse kruisie?
Ek wens mense wil verby taal kyk, en besef bloedskenk gaan oor die red van lewens, ongeag taal of kleur.
Gaan lees hierbo die kommentaar van ‘Afrikaanse Ouer’ Die koste verbonde aan die proses agter die skerms is ongelooflik hoog, so as die SANBS enigiets kan doen om die kostes af te bring, ondersteun ek hulle 100%.

Gawie ·

Vir almal wat sê hulle gaan ophou bloedskenk as Afrikaanse vorms nie meer beskikbaar is nie – moet asseblief dan ook nooit weer op ‘n vliegtuig klim nie, want julle sal sien al die kennisgewings op die lughawens en in die vliegtuie is net in Engels beskikbaar.

Veldmuis ·

Dit is my keuse dan om ‘n lugredery te gebruik wat in Engels aan my ‘n diens verskaf. Die bloeddiens verskaf my nie ‘n diens nie. Die diens staan bakhand by vir bloed. My keuse dus om op my voorwaardes my hulp aan te bied.

Judge Dredd ·

Enige instansie wat teen my diskrimineer is eintlik vyandig teenoor my.
So ja, bly jy maar jou vyandiges ondersteun terwyl jy jou eie mense versaak – maar ek sal nie bloed skenk.

Adam ·

Die kommentare van ‘n menigte dui op absolute kleinlike optrede van die Afrikaanses van wie talle se kinders waarskynlik vrywillig in Engelse skole is.

Veldmuis ·

Duidelik die enigste logika wat tans verstaan word, so ja jammer dit is ongelukkig dan wat moet gebeur.

Sinies ·

Stel n databasis van name op wat bereid is om bloed te skenk vir mense in nood.

SUE ·

My vraag is hoekom stel die Bloedbank geen blanke persoon aan nie? Dit is mos duidelik rassisties.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.