Nuuskommentaar: As die polisie die vyand word

Foto: SAPD, Facebook

Foto: SAPD, Facebook

Pas is agt polisiemanne skuldig bevind aan moord ná die sleepdood van ’n Mosambiekse burger. Nóg gevalle van polisiewreedheid word via selfoonvideo-opnames bekend gestel. Senior burgerlikes betrokke by die GPF-stelsel kla dat hierdie soort optrede die onderlinge vertroue knou wat nodig is om die stelsel te laat werk.

Intussen is daar ’n slagting onder polisielede wat aan diens en van diens af vermoor word.

Intussen het AfriForum bekend gemaak dat ’n eis vir onnodige uitgawes teen die polisie ingedien gaan word weens versuim om hofbevele uit te voer om onwettige plakkers van private grond by Marikana te verwyder. Deur die versuim het die koste die hoogte laat inklim.

Op ’n “mindere” skaal is daar die alewige probleem van wetstoepassers wat omkoopgeld uit hul slagoffers probeer melk, en dan ook op selfoonvideo vasgelê word.

Het die polisie die vyand geword?

Suid-Afrika staan nie heeltemal in isolasie wat die probleem betref nie. Die VSA is juis nou gereeld in die nuus oor voorvalle waar die polisie burgers tydens arrestasies doodskiet, of waar polisielede deur burgers geskiet word – dikwels oor die kleurgrens heen.

Talle redes soos swak opleiding word gereeld in Suid-Afrika gegee vir die probleem, maar swak opleiding is eintlik net ’n kantaantekening omdat dit tot ’n breër probleem behoort waar transformasiedoelwitte dikwels die behoud van standaarde platloop. As mense se lewens brutaal en sonder ’n regsproses geneem word, is daar ernstiger probleme wat tot die siel van die land sny. Dit sny dieper as bloot die gevoel van mag en die behoefte aan magsmisbruik.

In die VSA het die probleem tot verskeie ondersoeke gelei. Verlede jaar het ’n  verslag nie minder nie as 15 redes uitgelig vir polisiegeweld in Cleveland, Ohio.

In nog ’n verslag, dié keer in Philadelphia, is sewe redes vir polisiegeweld uitgewys.

Wat die geweld tussen die polisie en molesmakers in Baltimore betref, het gemeenskapsleiers vier redes vir die voortgesette geweld tussen die polisie en betogers gelys.

Gebrekkige opleiding van die polisie kom wel op bykans elke lys voor, maar daar is probleme soos dat verskillende mense verskillende persepsies het oor waar die grens getrek word voordat polisie-optrede tot polisiebrutaliteit oorgaan. In Cleveland is ook gemeld dat die gebruik van maksimale mag die norm geword het. Toesmeerdery is ook ’n wesenlike probleem, en die risiko om teenspoed te kry is minimaal. Boonop, as eise suksesvol ingestel word, is dit die onskuldige belastingbetaler wat daarvoor pa staan.

In Baltimore is onder meer uitgewys dat die publiek ’n gevoel van disrespek het teenoor die polisie. Twee polisiebeamptes is glo ook betrap dat hulle saam met die opstandelinge geplunder het. Die wil om van polisiebrutaliteit ontslae te raak word nie behoorlik aangepak nie.

In Cleveland word die misbruike uit arrestasieverslae weggelaat, senior polisielede wil niks weet van die brutaliteit op laer vlakke nie en beleid oor die gebruik van geweld is onduidelik.

’n Hele rits van hierdie faktore kan op die oog af net so op Suid-Afrika van toepassing gemaak word – of minstens plek-plek.

Suid-Afrika beskik nou oor ’n derde agtereenvolgende polisiehoof wat nié in die polisie “grootgemaak” is nie. Al die tierlantyntjies, soos medaljes wat inderhaas toegeken is vir “uitmuntende werk” nog voordat hulle in die polisie opgeneem is en waarby hulle glad nie betrokke was nie, vee nie die brakkolle uit nie.

Wanneer die publiek hul respek vir die polisie verloor, is dit ernstig, want die polisie verteenwoordig in ’n groot mate die gesag wat die staat rugsteun. Oral in die owerheidsektor is respek en vertroue in die owerhede besig om yl te raak, onder meer soos Prasa wat ontspoor en Eskom se kers wat geblus word.

Terwyl die probleme elders (soos by Jan van Riebeeck) gesoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Theresa ·

Hulle maak hulself die vyand. Kyk net wat vang hulle alles aan……………………….
Goeie genugtig, wat verwag die mense. Ek vertrou GEEN polisielid nie. Jy weet nie wanneer is wie nie.

Darty ·

Theresa, dit is nie die polisie nie, dis die duisende wat hulle destyds aangestel het om deur die staat betaal te word om ‘n uniform te dra!!! Daai hordes moes net asem haal en kon loop dan is hy aangestel as ‘n “SAPD LID”, maak nie saak wie en wat hy was nie. Klomp kriminele!!! En nou byt dit die Polisie in die gat.

Henry ·

Theresa jy is in die kol.
Weens talle vorige wedervaringe en ontnugteringe, vertrou ons geen polisielid nie.
Sonder uitsondering…

Raadop ·

Soms wonder ek by wie ek my moet skaar, die vervolgers of kriminele.. dan skaar ek my steeds liewer by die vervolgers! In sekere areas erken die SAPD openlik dat hulle sal misluk sonder die GPF se hulp. Dan hoor jy by die SAPD hoe frustreed hulle is omdat die kriminele se regte meer as die SAPD is en as hul uithaak dan verstaan ek. Aan die ander kant hoor mens van ongelooflike brutaliteit….waarheen nou?

Mahemrs ·

Die hele appel is vrot. Dit sluit in die regering ,justisie,koerrektiewe dienste en polisie. Dit is om dat daar uit 2 monde gepraat word. Voor 1994 het ons in n land gebly met n moord syfer van 170 teen 24000 n jaar huidiglik. Hierdie land het reeds in n staat van anergie verval met hier en daar n departement wat op kruke funksioneer. Alles is maar net een groot oe verblindery aangevuur deur die media. Elke departement is in elke geval bankrot. Misddad vuur hoe gety en elke sot neem af met sy sefoontjie wat vir hom n plekkie in die son kan koop. Vat die polisie weg dan kan julle maar justisie wegvat en korektiewe dienste.

Winston ·

Weereens n goeie en deursigtige artikel Herman. Dankie. Hierdie is n baie ernstige probleem. Dit word n alledaagse gebeurtenis as die polisie, wat net toepassers van die reg is, die reg in eie hande neem. Wêreldwyd. Daar is baie redes vir hierdie gedrag. Swak dissipline, swak staatsbeheer, onkundigheid en n vêr onder gemiddelde polisie beampte wat die reg moet toepas. Regstellende aksie het hierin n groot aandeel.Teenkanting word met geweld begroet en selfs lede van die polisie en weermag word as gevolg hiervan, vermoor. Slegs n wonderwerk kan hierdie situasie omkeer. Ons selfoon videos help niks. Beveg vuur met vuur.

klaas ·

Mense julle moenie die polisie oordeel nie. Oordeel die stelsel. Maak ni saak hoe hard die manne werk en hulle lewe in gevaar stel om kriminele vas te trek nie dit help niks want die volgende dag sit di krimineel met R50 borg weer op straat en lag vir die polisie. Onthou almal is nie vrot nie maar gefrustreed. Die regstelsel faal die polisie.

klaas ·

Mense julle moenie die polisie oordeel nie. Oordeel die stelsel. Maak ni saak hoe hard die manne werk en hulle lewe in gevaar stel om kriminele vas te trek nie dit help niks want die volgende dag sit di krimineel met R50 borg weer op straat en lag vir die polisie. Onthou almal is nie vrot nie maar gefrustreed. Die regstelsel faal die polisie.

neelsie ·

Wat maak mens as jy n probleem het?
GPF kan net soveel hulp verleen.

PIETIE ·

wel saam staan sal ons moet begin saam staan. skakel in by jou buurt se buurtwag, witlig of wat ook al jul het. vir die redes: dis wettig, dis doeltreffend en dra meer “mag” want outomaties het jy ‘n sektor leier, wat besluite verantwoordelik sal neem, insame werking met die s.a.p.d. voorbeeld: as een van jou kinders in gauteng area bv deur polisie brutaliteit geteister word, dan het jul ‘n reaksie eenheid in jul buurtwag se bv jul buurtwag is 80 mense sterk net 15 is op die reaksie eensheid, hul kry ‘n sms om te reageer waar die drama afspeel, die sektor leier is daar en neem net waar tewyl 14 ander saam hom daar aankom ja dit is so dat dit die polisie gaan bedreig laat voel maar hulle staan eenkant se nie ‘n woord nie, die sektor leier kan vrae vrae, en as hul jou kind in die polisie voertuig laai, dan volg die hele gelid na die polistasie, outomaties sit jy die polisie op die agtervoet en hul sal die drama so gou moontlik wil oplos. al hoekom jul reageer het is net om te sorg dat gereg en geregtigheid geskiet, en dat hy veiliig daar aankom en veilig hanteer word, as ons dit begin doen met elke geval, sal hul 2 keer begin dink om ons tek teiken. mense iewers moet ons begin. dis net ‘n voorstel. sit iets positief by my voorstel of haal iets uit. moet net niks negatief daarop te se het nie, daar is genoeg negatieweteit, ons soek ‘n oplossing nie kritiek nie.
voorspoed.

Hettie ·

Min polisie is vriendelik en behulpsaam! Hulle het mense se vertrou verbreek!!!!

Willie ·

Hoekom noem julle amerika se naam,dit is n staat met 52 state,Suid Afrika is een staat ons kan nie eers hier saam werk nie wat van Arika se state hulle kan nie eens saamwerk.
Willie

LekkerANC ·

Stem maar weer vir die ANC met die volgende verkiesing. Kry darem n Keps verniet.

Ben ·

Drunk with power and sometimes with the non-figurative variety as well! They are not your friend!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.