Nuuskommentaar: As die ras-ding lelik word

ras-regstellende-aksie-race

Argieffoto.

Die ras-ding slaan nou oral uit en plaas druk op die Suid-Afrikaanse samelewing en gebeure soos die komende verkiesing. Herman Toerien kyk na aanleiding van die jongste bloedvergieting in die VSA waarby die polisie betrokke was, en die SAUK-omstredenheid alhier hoe die polisie en die media kan bydra tot oplossings of verergering van polarisasie.

Die polisie

’n Bethlehemse wildboer wil ’n eis van kwaadwillige arrestasie teen die polisie instel. Hy het twee van vier honde wat op sy plaas rondgeloop het, geskiet. Aanvanklik is hy vir poging tot moord aangekeer, maar dit is na opsetlike saakbeskadiging verander. Uit die berig op Netwerk 24 word die indruk gekry dat die polisie met ’n vreemde vasbeslotenheid op die boer jag gemaak het, tot dit blyk dat van die honde glo aan lede van die polisie behoort het. Uit die konteks word afgelei dat mense met die honde onwettig op die plaas gejag het.

Dit sal nie die eerste keer wees dat iemand die polisie van Bethlehem vir onregmatige arrestasie skraap nie. ’n Bekende boer het voorheen met ’n eis geslaag nadat hy ’n nag in die selle moes deurbring nadat hy heeltemal binne sy regte opgetree het.

Vir die suksesvolle bekamping van misdaad in Suid-Afrika is dit nodig dat daar ’n baie goeie verhouding tussen die polisie en die gemeenskap moet wees. Van die buurtwagte wat op inisiatief van AfriForum tot stand gekom het, behaal in verskillende dele van die land enorme suksesse. Om plaasaanvalle in die praktyk as prioriteitsmisdaad te laat neerslag vind moet daar ook ’n baie goeie verhouding tussen plaasgemeenskappe en die polisie wees, want individuele instansies het selde op hul eie die nodige kapasiteit om in voorkoming sowel as arrestasie doeltreffend te wees.

Heel dikwels, as hierdie verhouding skeeftrek, blyk dit dat ras op die een of ander manier ’n rol speel.

In die VSA het die raskwessie om die polisie nou ’n besonder ernstige wending geneem. In Dallas is vyf polisielede doodgeskiet en nog sewe gewond deur skerpskutters uit geboue, terwyl die polisie ’n oog oor ’n betoging gehou het. Die betoging is weer gehou uit protes teen die dood van twee swart mans aan die hand van polisielede. In albei gevalle lyk dit of die polisie gemeen het die oorledenes het na versteekte vuurwapens probeer reik.

Ongelukkig is dit nie geïsoleerde voorvalle nie, en Maroela Media het reeds in detail na verskeie voorvalle verwys, en ook die bevindinge van ondersoeke hierna in verskeie groot stede onder die loep geneem. In Cleveland is byvoorbeeld bevind dat die gebruik van maksimale mag die norm geword het. In Baltimore het die wil om van polisiebrutaliteit ontslae te raak, ontbreek.

Dat die kwessie hom gedurig oor die rasselyne heen afspeel, voed ’n persepsie dat rassisme sterk onderliggend is. Die beweging #BlackLivesMatter het grootliks hieruit voortgespruit. Die impak wat dié beweging glo op Hillary Clinton het (al is dit hoe terloops), het volgens berigte baie bygedra tot Donald Trump se verkiesingsukses tot nou toe.

Die vermoede, of eerder aanname, dat ras onderliggend is aan die jongste gebeure in die VSA word versterk deur ’n verklaring van die goewerneur van Minnesota. Hy het gesê as die slagoffer wit was, meen hy die tragedie nie sou plaasgevind het nie. Die oorledene, die 32-jarige Philando Castile, is deur die polisie voorgekeer oor ’n agterlig wat nie werk nie. Hy het sy vriendin en hul vierjarige dogtertjie by hom gehad. Hy is geskiet terwyl hy glo na sy identiteitsdokument gesoek het.

Die gebeure is deur die vriendin op video vasgelê wat dit op die sosiale media gelaai het waar dit reeds meer as vier miljoen keer besigtig is.

Dit is ook op SAUK-TV vertoon, die einste instelling wat nie vandalisme voortspruitend uit optogte mag beeldsend nie. Geld hier nie ʼn bietjie dubbele standaarde nie?

Die media

Hoe die media verkiesingsnuus aanbied, of versuim om nuus te dra, het ook ’n impak op hoe rasseverhoudinge hulle kan afspeel. Dit hoef nie eens regstreeks oor ras of rassekwessies te handel nie, maar bly alomteenwoordig oor die wyse waarop die Suid-Afrikaanse politiek grootliks volgens ras gerangskik is, en selfs rasgepolariseerd is.

Uit gisteraand se TV2-nuusuitsending in Afrikaans het dit juis geblyk dat die SAUK nou behoorlik uithaal om in die ANC se goeie boekies te kom. Nie net kry die ANC se verkiesingsveldtog ruim dekking nie, maar toe die DA, uiteraard veel korter, aan die beurt kom, is die ANC se kommentaar op alles wat die DA sê verkry en gebeeldsend. Boonop is omtrent alles wat die DA gesê het deur die nuuslesers aangebied as sou dit iets twyfelagtig wees wat die party kommunikeer. Net met die berig oor die DA se poging om pres. Zuma belastingpligtig te hou op die onregmatige voordele wat hy uit Nkandla verkry het, is die ANC se reaksie nie uitgesaai nie omdat niemand by die ANC vir kommentaar beskikbaar was nie.

Dis skandalig, om die minste te sê, maar die SAUK het ook heeltemal geswyg oor die Vryheidsfront Plus se poging om vas te stel hoekom die Menseregtekommissie self optree teen wit mense wat hulle aan rassisme skuldig maak, maar in gevalle waar swart mense dieselfde doen, nie ’n vinger verroer om spontaan op te tree nie.

Hoeveel van die ander partye voel nie ongelukkig oor die skynbare stief behandeling wat hulle van die SAUK kry nie?

In die VSA het ’n nuwe peiling aan die lig gebring dat die meerderheid Amerikaners nie ten gunste daarvan is dat dit die regering se werk is om toe te sien dat die media alle kandidate regverdig behandel nie. In nog ’n onlangse peiling het die meeste kiesers aangedui hulle meen die meeste verslaggewers is bevooroordeeld teenoor Trump, terwyl die meeste ook meen die meeste verslaggewers bevoordeel vir Clinton.

Samevatting

In die aanloop tot ’n verkiesing wat hoogs gepolariseerd verloop, is dit gebiedend noodsaaklik dat misbruike enersyds hokgeslaan word, maar dat almal groot verantwoordelikheid aan die dag lê om nie polarisasie aan te blaas nie.

Indien nie, gaan dit lelik word.

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar, Rubrieke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Theuns ·

Herman baie dankie dat jy nie eenooggig is met jou kommentaar nie! Individue en mense in die regering stook die haat en die uitbarsting kan eenige kant toegaan, van ‘n Wit of Swart kant af en dan is daar groot moeielikheid! Nou dat witmense in opstand kom teen die aanhoudende aanslag teen hulle wil Liberaliste he dat hulle moet stil bly, omrol en dood speel! Dit gaan nie gebeur nie! Iets moet breek! Groete.

Wern ·

Dan is daardie een oog van baie ander skrywers nog swaksiende ook.

JC ·

Hi Theuns, ek stem saam.
Dankie vir jou kommentaar. Hierdie liberaliste kan gaan doppies blaas! MOEG VIR HULLE EN HUL ONSINNIGHEDE. Hopelik sal Afrikaner nasionalisme weer uit hierdie onderdrukking ontwaak! Ek hoop altans dit doen. Genoeg is genoeg!

JC ·

Hi Wern, ek stem saam, selfbeskikking is die ENIGSTE antwoord! BOER-UIT!

Wern ·

Dit wat die SAUK doen maak direk dat die verkiesing nie vry en regverdig is nie. Oor die skiet van swartmense in VSA wat na broeksak reik- enige geleerde in neuroloog en sielkunde weet dat mense automaties veralgemenings maak, heiristics as ek so vinnig dink wat die woord is. Dit is in ons gene, ons kan nie help dat ons so reageer nie. Die polisie daar is al so gewoond as daar probleme is is die kanse goed dat dit in die swart gebiede is. Almal in multirassige steed en dorpe regoor wereld weet dat daar meer misdaad is in swart areas, en hulle breine skop automaties in as n swart jong man na sy broek mik as hulle gekonfronteer word. Die polisieman moet daar en Dan reageer, dalk word hy enige sekond geskiet.

Wern ·

Ons regering speel nou die scape goat kaart, wat in baie nasies die laaste kaart is om te speel en tot geweldige rassehaat lei. Hulle het die afgelope 22jaar geparty met ons belastinggeld in plaas daarvan om hul eie mense op te hef. Nou wil die massas weet hoekom hulle steeds nie opgehef is nie, wat die ANC dwing om verskoning te soek. Die witmense is n maklike verskoning of scape goat. Ons kan maklik geblameer word en is te min om onsself te verdedig, of so is hulle persepsie en ek is bevrees ek dink ook so. Daarom skuif hul nou die blaam na ons, en die massas glo dit uit onkunde. Die probleem is dat hierdie kaart n baie gevaarlike kaart is.

Theuns ·

Dankie WERN en JC. Ek stem ook saam met julle kommentaar. Ons kan ook maar net baie dankie se vir ‘n ou soos HERMAN TOERIEN. Groete en ek weet wie ek aan my kant wil he as daar ooit ‘n oorlog kom!

Wern ·

Daardie o-woord is kras maar tekens wys dat dit kom, die ANC jeugliga en EFF dreig gereeld daarmee. Ek dink ons almal moet so n scenario ernstig begin inagneem en beplan om nie omkant gevang te word daardeur nie. In my opinie is selfbeskikking die enigste volhoubare oplossing en ons kan in toekomstige gesprekke daaroor gesels.

Johannes Meintjes ·

Rasse polarisasie is skynbaar ook ‘n instrument vir mag, manipulasie en opswepery wat subtiel en overt deur meeste van ons kulture se leiers insgespan word. Dit is makliker om kwaad te saai en mense teen mekaar op te sweep op grondvlak as om in toekomsvisie, regverdige geregtigheid en rentmeesterskap te lei en te regeer.

B.M. Fouche ·

Almal wil rasse saam gooi en in lande moet daar net van een nasie gepraat word. Gaan na die Bybel, duidelik staan daar klei en yster meng nie, dit breek uitmekaar. Waarom moet jy meng hoekom kan jy nie lief wees vir jou eie nie. Respekteer ander maar moenie meng nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.