Nuuskommentaar: As kwotas en ‘affirmative action’ vou

hande kultureel diversiteit rasse

Argieffoto (Foto: maxlkt, Pixabay)

Wat gebeur as kwotas, transformasie en “affirmative action” nie die gewenste resultate oplewer nie, soos wat nou volgens ’n insiggewende artikel in die New York Times in die VSA gebeur? Ja, dit kan beveg word soos AfriForum dit op verskeie forums doen, ook internasionaal. Maar daar kan ook alternatiewe geskep en die pas na uitnemendheid volgehou word.

“Uitnemendheid moet gevier word waar dit ook al gevind word (en daar moet selfs in onwaarskynlike plekke daarna gesoek word) … Jy hoef nie elite te wees om sukses te kan behaal nie.”

So sluit die Amerikaanse skrywer en ontleder, Michael Barone, sy jongste artikel af onder die opskrif, “Time to drop colleges’ racial quotas and preferences”. Lees die volledige artikel gerus.

Voor op Barone se kop as “regse skrywer” gespring word, hy haal die data vir sy artikel hoofsaaklik uit ’n artikel wat in die New York Times verskyn het, en wel onder die titel: “Even with affirmative action, Blacks and Hispanics are more underrepresented at top colleges than 35 years ago”. Wie die New York Times as regs wil afmaak, moet sy kop laat lees.

Natuurlik kan die toestande in die VSA (waar dit oor die inhaal van minderhede handel) nie net so op Suid-Afrika van toepassing gemaak word nie, waar dit oor die soms bruuske voortrek van ’n meerderheid handel. Tog het daar die afgelope paar jaar baie sterk parallelle sienings tussen swart in die VSA en swart in Suid-Afrika ontstaan wanneer dit oor beskouings van ras kom, wat presies rassisme is, en hoe die saak uiteindelik deur boetedoening en reparasie genormaliseer kan word.

Simbole van die ou konfederale state word nou geteiken, op ’n soortgelyke wyse as wat die beeldestorm en skilderye-vandalisme hier allerlei onvrede veroorsaak.

Data is van ’n 100 kolleges en universiteite verkry, wat ’n wye verskeidenheid tipe instellings behels, en die kruks is dat swart mense en Latyns-Amerikaners by die instellings onderverteenwoordig is.

Dit, ten spyte daarvan dat die 1964 Civil Rights-wet wat rassediskriminasie verbied, gereeld oortree deur toelatingsvereistes vir swart en Latyns-Amerikaanse studente makliker te maak. Barone gee wel toe dat dié universiteite met twee hofsake ’n soort reddingsboei ontvang het om wel so te kan optree, University of California v. Bakke en 2003 Grutter v. Bollinger. Dat dit as oorgangsmaatreël bedoel is, blyk daaruit dat regter Sandra Day O’Connor in die Gutter-saak geskryf het: “25 jaar van nou af sal die gebruik van rassevoortrekkery nie meer nodig wees nie.” Daar is nou nog net 11 jaar oor, en dit lyk nie of sy in die kol gaan wees nie.

Barone meen egter die “bevoordeeldes” van die stelsel is ook slagoffers, deurdat hulle onder meer met die reputasie sit as dat hulle “affirmative action”-huurlinge is.

Bogenoemde uiteensetting is nie ’n poging om Barone of die New York Times se artikels op te som nie, en talle aspekte het nie onder die loep gekom nie.

Gaan dit die afloop in Suid-Afrika wees?

Sake 24 berig vandag dat die adjunk-direkteur-generaal van finansies gewaarsku het dat met (swart) bemagtiging nie van swart huishoudings wat reeds spaar, vergeet moet word nie. Hulle kan deur die bemagtigingsaksies wat sekere swart individue regstreeks bemagtig, die bemagtigingsaksies van swart mense verwater.

Word daar ’n blywende letsel toegedien as ’n wit leerder ten spyte van sy akademiese prestasie nie vir medies gekeur word nie, of nie ’n beurs of studielening kan bekom nie? Uitnemendheid word nie meer altyd ontgin waar dit ook al gevind word nie.

Gaan “affirmative action”, of die modewoord, transformasie, verhinder dat studente weer ’n #FeesMustFall-veldtog hou, dat daar ’n lewenslyn gaan kom vir Afrikaanse studente aan staatsinstellings tot moedertaalonderrig?

Oplaas, hierdie stuk is nie bedoel om mense tot moedeloosheid te stem nie, maar bloot om net nog ’n klein lessie te bring oor wat ons uit die Amerikaners se harde ondervindings kan leer. Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, het ’n wonderlike artikel as nuuskommentaar vir Pretoria FM geskryf, en wat as opiniestuk op Maroela Media geplaas is. Die opskrif is toepaslik, “Wonderwerkers”. Dit handel in wese oor mense wat deur werk daarvan te maak, gestalte gee aan positiewe idees, maar natuurlik gerugsteun deur sterk organisasies.

Hy noem dit nie, maar Solidariteit is een so ’n sterk organisasie, en Akademia is een van sy projekte wat wonder-WERK gespel moet word.

En daar is nog baie plek vir wonderwerkers om betrokke te raak sodat ons kinders eendag ’n toekoms in hul vaderland het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Eish ·

Groot amen op die artikel. Kommentaar sal net afbreek doen. Dankie vir die insigte.

jaco ·

Kan iemand aan my die volgende verduidelik: SA het meer as 9 miljoen werkloses, maar die totale ekonomies antiewe aantal wit mense is maar 2 miljoen. So meeste v.d. 9 miljoen werkloses is swart, MAAR daar is regstellende aksie ten gunste van swart mense. Iewers maak iets nie sin nie.

Vraag ·

Waarom sukkel hulle oral? Maak nie saak waar in die wereld nie, hulle bly agter. Oosterlinge styg vanself uit in amerika en europa sonder enige kwotas, maar nie hierdie mense nie. Waarom?

Kom Ons Boks ·

Dit is manne soos Jan van Riebeeck se skuld as jy na vandag se geskiedenis handboekkies kyk.

Vermeende ·

Al hierdie regstellinde aksies het reeds gevou, die rede, as hulle wel gewerk het dan sou BBBEE en regstellinde aksie nie meer met ons gewees het nie maar aan die verlede behoort het, maar hulle werk nie, want ons hoor nou ql van verskillinde fases vqn regstellindeaksie.

wynand ·

Hulle is gewoond om bakhand te staan en nie ‘n dag se werk te doen nie. Dis is waarom hulle nie uitstyg nie. Hulle ry op die korrupsietrein en daardie trein is op die afgrond. Wys my iets wat hulle vir S A gedoen het behalwe afbreeg/moor/die staatskas besteel/ SAL/Munisipaliteite/hospitale/skole/infrastruktuur ens… ens… tot niet laat gaan het..

Drommel ·

Wat ek wil weet is waarom die res van Afrika so arm en onderontwikkeld is as ons dan nou almal kwansuis dieselfde sou wees?? Daar is hulle mos nou in volle beheer, maar daar vind absoluut geen ontwikkeling of vooruitgang plaas nie. Dit wat staan en tans in gebruik is, is dit wat destyds nog deur die ou kolonialiste tot stand gebring is… en dit was ook laaste!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.