Nuuskommentaar: Australië 1 – Djokovic 0?

Novak Djokovic (Foto: Andrej ISAKOVIC/AFP)

Die afgelope week het ʼn diplomatieke herrie tussen Australië en Serwië afgespeel weens tennisster Novak Djokovic se visum-drama. Djokovic is na ʼn hittige hofstryd uiteindelik Sondag gedeporteer nadat drie regters eenparig besluit het om sy visum te kanselleer.

Australië se immigrasiewetgewing skryf in die lig van Covid-19 voor dat enigeen wat die land binne wil kom, teen Covid-19 ingeënt moet wees. Dit is dus een van Australië se nuwe toegangsbeheermaatreëls wanneer dit kom by die uitreik van ʼn visum vir nie-burgers.

Dit is die wêreldwye norm dat lande ten volle by magte is om toegangsbeheer oor hul grense toe te pas. Sommige lande het strenger vereistes en ander lande vereis bloot dat enigeen wat die land binne wil kom, ʼn geldige paspoort moet hê. Lande soos Liberië, Angola, Uganda en Burundi vereis byvoorbeeld lank reeds dat inkomende reisigers bewys van ʼn geelkoors-inenting moet lewer. Dit beteken natuurlik nie dat Covid dieselfde as geelkoors is nie, maar dui eerder daarop dat selfs mediese vereistes nie kompleet vreemde vereistes in sekere omstandighede van visum-aansoeke is nie.

Hoewel Australië vereis dat reisigers teen Covid-19 ingeënt moet wees om die land binne te kom, het Djokovic aangevoer dat hy aansoek gedoen het om mediese vrystelling. Sodoende hoef hy nie ingeënt te wees nie, maar mag hy steeds die land binnekom. Na ʼn hittige hofgeding is sy visum uiteindelik teruggetrek, met Djokovic wat die land moet verlaat weens sy inentingstatus.

Die besluit is deur die Australiese regering verwelkom en regverdig op gronde van openbare orde, openbare belange en openbare gesondheid. Sodoende is Djokovic ʼn openbare gesondheidsrisiko bestempel omdat hy enersyds nie ingeënt is nie, maar andersyds ook nie ten gunste van entstofmandate is nie. Laasgenoemde rede blyk die belangriker punt op die Australiese regering se agenda te wees.

Die Australiese regering is bang dat Djokovic se teenwoordigheid in die land mense wat teen inentings gekant is, kan opsweep en aanvuur. Hierdie hele sage het op die ou einde ʼn blote magsvertoon van die Australiese regering geword. Hulle is berug daarvoor om drakoniese en uitermatige Covid-maatreëls te hê. Die Australiese regering kon doodeenvoudig nie in hierdie konflik swak lyk of op enige wyse toegee nie – hulle is die regering en bepaal daarom die reëls. Hierdie optrede van die Australiese regering het dubbel en dwars hulle beeld as sogenaamde oppasstaat bevestig en herbevestig.

Serwië se Novak Djokovic. (Foto: William West/AFP)

Dit is veral in die lig van die feit dat Djokovic in Desember 2021 Covid-19 gehad het! Dit beteken dat hy dalk nie ingeënt is nie, maar so goed op datum as moontlik is wanneer dit kom by immuniteit teen Covid. Nie dat die uiters relevante en komplekse gesprek rakende immuniteit teenoor inentings ooit hier eers ter sprake was nie – ʼn gesprek wat veronderstel is om baie meer sentraal te staan in die uiteindelike endemiese hantering van Covid.

Entstowwe is steeds vanuit ʼn blote mediese perspektief een van die belangrikste elemente van die hantering van Covid. Entstowwe het egter nie die vermoë om Covid vir ewig te beëindig nie. So ook is entstowwe nie die enigste beskerming wat ʼn mens teen Covid kan hê nie – natuurlike immuniteit bied óók beskerming. Tog is natuurlike immuniteit ook nie alleenlik die antwoord nie. Indien ons net op natuurlike immuniteit staat wou maak, sou die verkryging van daardie natuurlike immuniteit altyd gepaardgaan met massas sterftes en sogenaamde lang-Covid. Entstowwe boots bloot natuurlike immuniteit na teen ʼn fraksie van die koste in menselewens. Dit is dus ondenkbaar dat natuurlike immuniteit doodeenvoudig in dié gesprek geïgnoreer word. Sodoende moet die kombinasie van entstowwe en natuurlike immuniteit eerder saam verstaan word as oplossing.

Ten spyte van die sensitiwiteit en kompleksiteit van die Covid-gesprek, het Australië besluit om hierdie posisie absoluut onwrikbaar te handhaaf. Dit is natuurlik hulle volste reg om hulle grense te bestuur soos wat hulle wil. Hulle is ook volledig by magte om binne in hulle land te doen net wat hulle wil. Dit wat hulle kies om te doen, spreek egter van die tipe regering en samelewing wat hulle kies om te wees.

(Foto: Unsplash)

Daar is jare reeds sterk neigings van die Australiese regering om ʼn groot “nanny state”, oftewel oppasstaat, te wees. Dit is ʼn regering wat in outoritêre styl oorbeskermend teenoor hul burgers optree en onnodig inmeng met dit wat veronderstel is om mense se persoonlike vrye keuse te wees. Die regering hanteer alle burgers sodoende soos kinders namens wie sulke besluit geneem moet word. In die deelstaat New South Wales is dit byvoorbeeld wetlik verpligtend dat enige opblaasswembad wat dieper as 30 cm is, ʼn 1,2 m‑ hoë heining om móét hê vir veiligheidsdoeleindes.

Benewens die oppasstaatreëls van die regering, het hulle uiteraard ook die bevoegdheid om dit sover moontlik af te dwing. Dit beteken dat wette en regulasies nie net ingrypend is nie, maar dat hulle ook die nodige staatsbevoegdheid en -mag het om dit af te dwing. Hierdie staatsbevoegdheid sorg dat die oppasstaat onderhou kan word, maar ook dat die staat ook in ander opsigte goed en doeltreffend funksioneer. Enige staat wat werklik ʼn oppasstaat is, het ook die vermoë om baie goeie goed vir hul burgers te gee – ten spyte van talle van die vryhede wat hulle van hul wegneem.

Hierdie saak met Djokovic is daarom ʼn interessante aanduider van hoe die Covid-pandemie nie noodwendig regerings verander het nie, maar eerder bevestig het wie hulle is. Die Suid-Afrikaanse regering is bevestig as ʼn magshonger dog uiters onbevoegde staat. In Amerika sien ʼn mens die duidelike verdeling tussen deelstate met meer vryheid en deelstate wat meer gemaklik is met outoritêre optrede. Australië is bevestig as staat wat meer as gemaklik daarmee is om in hul burgers se lewens in te meng en besluite namens hulle te neem – tog is hulle ook steeds die bevoegde staat wat dit kan afdwing. ʼn Staat wat vir jou alles kan gee, kan ook alles van jou wegneem. Die vraag is dan of daar enige iets daarmee fout is, mits die Australiese burgers gemaklik met dié verhoudinge is?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

VaalDonkie ·

My ma sit met ‘n bloedklont in haar been en ‘n oog wat bloedrooi is omdat daar elke paar dae ‘n aartjie in bars. Sy het die klont ontwikkel net so twee weke nadat sy die “booster” gevat het. Net mooi wanneer jou liggaam entstof-gedrewe teenliggaampies vervaardig. Sy kon daai klont net sowel in haar brein gekry het. As sy sou sterf, sou COVID nerens op daai sertifikaat staan nie. Ook niks oor die inenting nie. Dit sou bloot “natural causes” gewees het. Maar nou ja, diegene wat bid, bid tog asseblief vir haar want sy was ook gedwing om die ding te vat omdat sy in die mediese bedryf werk.

kaplyn ·

Bloedklonte as gevolg van die inenting en die “booster” ontstaan binne n halfuur nadat jy gespuit is en nie twee weke nadat jy gespuit is nie. Hulle sal dit "natural causes" noem. Op geen sterf sertifikaat staan daar dat COVID of die inenting die oorsaak was nie, dit maak nie saak waarvan jy gesterf het nie. Daar is net twee katogoriee naamlik natuurlike of onnatuurlike oorsake. Met onnatuurlike oorsake moet daarn nadoodse gedoen word en met natuurlike oorsake kan die wat agter bly `n nadoodse aanvra. Ons bid in elkgeval vir jou moeder. Ons vertrou sy sal gou herstel.

piet ·

Is die geval aangemeld sodat dit behoorlik ondersoek kan word? Volg tog die korrekte prosedure en dan gee jy vir ons terugvoering oor die gevolgtrekking nadat medici die saak voorledig ondersoek het met in ag neming van haar gesondheidstoestand voor die inenting..

Mariaan ·

Hmmm….almal moet maar oor dieselfde kam geskeur word…baie mense moes baie opofferings maak…Mr D het n kans gevat…gemeng met arrogansie…great dat n land kan stadpunt inneem en daarby bly! Reels is reels

Marie ·

Ek dink mens moet dieper kyk na die rede hoekom Mnr. Djokovic so behandel word. Hy is genees van Covid, het die beste teenliggaampies wat baie langer werk as die inspuiting. Hy stel ‘n voorbeeld vir mense wat weier om hulle te laat inspuit met ‘n middel wat nie ordentlik getoets is nie. Verder voel ek dat reëls en wette wat gemaak word nie altyd reg is nie, kyk na Duitsland in 1938,daar was nuwe reëls en wette deur Hitler besluit, en wat het toe gebeur? My motto is, wees verantwoordelik vir jou en ander mense naby jou se eie gesondheid, pas jouself op, kry die inspuiting as jy wil, dra jou masker, maar laat asseblief elke ou vir homself besluit, anders het ons nounou ‘n diktatuur met geen vryhede meer.

JohanR ·

Een of ander tyd down the line sal hierdie besluit terugkom en Australie in die boud byt. Dankie tog ek bly nie daar nie of in Nieu-Seeland. Miskien is nou beter om Noord-Korea toe te verhuis, as jy nou uit SA wil trek.

kaplyn ·

As jy jou troeteldier wil inneem in AUS dan moet jou troeteldier teen hondsdolheid ingeent wees. En raai wat, daar is geen hondsdolheid in AUS nie. Dan maar eerder n "nanny state" asn onbevoegde staat soos SA waar daar of geen beheer is of geen beheer toegepas word nie. SA sit met Afrika varkpes, hondsdolheid, bek en klou seer, slendalkoors en wat nog, terwyl die siektes glad nie in AUS voorkom nie. En hoekom, want hulle vat nie nonsens nie, as jy nie voldoen nie, dan gaan jy terug van waar jy vandaan kom.

MakersMark ·

Wet en goeie orde een – maak wat ek wil nul……of sal ons sê “stroop”….

Krokkenoster ·

Australië is die wêreld se grootste Nanny State. Die regering dink namens jou. Die gevolg is dat baie in die bevolking nie meer regtig wil of kan dink nie. Volg net reëls,moenie dink nie…

piet ·

Maroela – Die berig is feitelik foutief. Dis nie die regters wat die visum gekanselleer het nie maar die minister. Die laaste Appelhof beslissing was slegs om uitspraak te lewer op hersieningsgronde, m.a w. of die minister die korrekte prosedure gevolg het en of hy inderdaad oor die magte beskik het om die visum te kanselleer. Die Appelhof het glad nie beslis op grond van die meriete (redes) vir die minister se besluit nie.

Chris ·

When in Rome do as the Romans do…. N ou Engelse gesegte….Djokovic is nie bokant engine wet nie

piet ·

Ek sien Frankryk het gister wetgewing ingestel dat alle besoekers nou ingeent moet wees. Novax Jok-o-vic se kanse is dus skraal om aan die Franse Ope deel te neem. Ek glo egter hy gaan nou inent want die gebrek aan die miljoene se inkomste gaan verseker ‘n goeie motiveerder wees.

Owlie ·

Power & Controll hoort nie deel te vorm can mense se vrye keuse nie Die man is altyd ge eer, op die hande gedra, het iets beteken vir sy land en wêreld sporte Dis belaglik dat dwang bettokke is by iets wat nog nie bewys is dit werk 100% nie

Krokkenoster ·

Die regering het die geldigheid van Djokovic se positiewe PCR-toets vanaf Desember aanvaar.
Die regering het aanvaar dat Djokovic ‘n geldige mediese vrystelling gekry het om na Australië te reis.
Die regering het aanvaar dat die valse verklaring op Djokovic se immigrasievorm ‘n fout deur een van sy personeel was.
Die enkele rede waarom die regering uiteindelik sy visum gekanselleer het, was omdat sy teenwoordigheid “dalk” antivax sentiment in Australië aanmoedig. Die anti-vax sentiment is egter as gevolg van die regering se eie optrede om Djokovic te demoniseer en sy reputasie vir hul eie politieke gewin te verwoes.
Die regering het iemand gedeporteer omdat dit lyk asof hy ‘n politieke mening het wat van hul eie verskil. Hulle het die stilste politieke andersdenkendes gedemoniseer en verdryf. Dit is alles gedoen vir politieke gewin, want daar kom ‘n verkiesing, en 70% van die Australiese publiek wou hê Djokovic moes gaan, want vir hulle is oor hom gelieg.

Trish ·

Elke sport deelnemer behoort hom te vergewis van n land se reëls voor hy/sy besluit om deel teneem. Te reg gesê is verpligte inentings niks nuuts nie. En iets soos geelkoors ook nie n “once off” nie. “Boosters” moet gereeld geneem word. Hy is nie verhewe bo die wet nie. Sy reg om ente te weier word erken maar hy behoort die gevolge van sy besluite ook te aanvaar. Well gedaan Aussie! Die man soek aandag!

Dirk Mostert ·

Staan vas Novak! Jou lewe is meer werd as ‘n simpel toernooi. Laat ons sien wat gebeur met die proefkonyne wat mag deelneem.

MakersMark ·

So volgens jou gaan alle mense wat ingeent is hul lewens verloor agv inenting ? Ek het nuus vir jou gaan kyk na statistieke van CV19 afsterwes, ingeent vs oningeent. Dink jy praat snert.

Marius ·

Almal in Australië het inenting gehad en nog steeds ervaar hul massa covid infeksies. Word wakker !!!

Bernhardt ·

Oppasstaat? Wat ek sien is n beslissende en bekwaamde regering wat juis vryheid en veiligheid vir sy burgers probeer skep. Dis hoekom die Afrikaner so graag Australië toe emmigreer, is dit nie so nie? Wetgewing, en dit volg sonder uitsondering, verdien glad nie die beskuldiging van n Drakoniese staat nie. Ja, Australië is streng. Is julle nie bly hulle ag nie n belangrike individueel se regte as verhewe bo die algemene burger nie? Gevolglik word n baie belangrike presedent geskep vir lande wat al maande terug n mandaat wou instel vir buitelanders wat reis, maar te bang is agv die gebreekte politiese klimaat rondom die inenting. Baie lande volg nou in hierdie mandaat, en baie het die reis mandaat reeds ingestel. Die inflammasie wat dies wat teen die inenting is geskep het in die samelewing met hulle halwe waarhede, skynheilige standpunte en politiese gedrewe agendas is hopelik binnekort n slegte herinnering van die verlede.

MakersMark ·

Stem heeltemal saam. Onthou antivaxers dink nie so strategies nie. Die hele wereld is verkeerd en moet agteroorbuig vir hul bygelowe.

Clssf* ·

Sjoe Australia, bang dat Djokovic se teenwoordigheid die burgers kan opsweep teen die inenting? Dan moet jy ook ongelukkig internet access vir die hele land blok want daar kan hulle mos ook mense se opinies sien oor hierdie grap van ‘n “inenting” wat niks anders doen om net jou eie kanse van oorlewing te verbeter nie. So as iemand kies om nie die Vax te kry nie, is dit tot sy eie nadeel. Niemand anders s’n nie… ‘n vaccinated ausie sou nog tien teen een vir “No-vac” covid gegee het. Nie anders om nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.