Nuuskommentaar: Bly of gly

Argieffoto: Pixabay.com

“Bly of gly” het ’n algemene uitdrukking geword om te onderskei tussen diegene wat die land wil verlaat, en diegene wat hier werk daarvan wil maak om van die land ’n beter plek te maak. Wat is die rol van rubriekskrywers om hierdie beïnvloeding te stimuleer?

Sover ek weet, het ek dié uitdrukking die eerste keer in een van P.H. Nortjé se boeke gelees – as ek reg onthou, afkomstig van ’n oupa. Sedertdien is dit meermale gesien, en namate al meer mense die pas oorsee gevat het, het dit al meer voorgekom.

Gaan ons bly, of gaan ons vir ons nageslag ’n veiliger bestaan oorsee probeer uitwerk?

En dié vraag het weer by my opgekom ná ’n onlangse nuuskommentaar, “Waarvoor deug die Afrikaner en die wit mens in Suid-Afrika?”. Lees hier.

Die spotprenttekenaar Jerm het dit ook met ’n spotprent ondersteun. Dit het 34 leserskommentare opgelewer. Die tema en inhoud het baie lesers duidelik pessimisties oor Suid-Afrika se toekoms gestem, want praatjies oor “gly” was volop. ’n Paar was vasbeslote om te bly en sake hier plaaslik te beredder.

Die vorige dag se nuuskommentaar, wat oor die hantering van die grondgryp-kwessie gehandel het, het self 30 kommentare opgelewer, maar volgens die aangeduide Facebook-“shares” is dit deur baie minder lesers gelees.

Is dit ’n geval van lesers wat smag na iets positiefs, wat die verkiesing tot president van Cyril Ramaphosa insluit, dat artikels wat hom met die grondgryp-kwessie verbind nou nie “pas” by die Ramaphosa-euforie nie?

Die feit bly dat Suid-Afrika nie nou ’n maklike land is nie, ook nie om te regeer nie. ’n Mens hoef nie na voorbeelde te soek nie … in vandag se koerante kan ons lees van ’n minister en president van die ANC se Vroueliga wat deur ’n oudhoofregter erg bygedam word. Ons kan lees van ’n groep mense wat met motors by ’n huis opgedaag het waar die eienaar pas twee rowers doodgeskiet het (wat hom gedreig het). Plaasaanvalsyfers lyk beroerd. Protesoptrede rol oor die land. Infrastruktuur word verbrand …

Niemand kan iemand met kinders verkwalik wat moed verloor en aan “gly” begin dink nie.

Die media, en veral meningsvormers, speel ’n belangrike rol oor hoe mense oor die toekoms ingestel word. Dit is trouens ’n internasionale tema, en verskeie bekende oorsese skrywers het al hieroor die pen opgeneem. Dit, op sy beurt, begin meningspeilings beïnvloed, en heel dikwels word die boodskapper, in plaas van die persoon wat die gebeure geaktiveer het wat tot die slegte nuus gelei het, soos ’n dapper Herout van ouds spreekwoordelik doodgemaak.

Elke rubriekskrywer het sy eie sterk- en swakpunte. Sommiges is eenvoudig sonskynskrywers wat die maksimum uit die donker wolk se silwer randjie haal. Ander belig dalk die negatiewe te veel – dermate dat dit hom sélf begin beïnvloed.

Ander rubriekskrywers is veelsydig, maar in die mededingende koerantwêreld word dikwels van ’n vaardige rubriekskrywer verwag om te bly fokus op dit waarin hy die beste is. Dink maar hoe vreemd dit sal voel as Blouwillem Theron die dag ’n rubriek in die styl van Max du Preez moet lewer, en Max weer Blouwillem met sy onnutsighede sal moet nadoen.

Dis dikwels nie maklik om in die sonskyn te baai nie. Maar dit sou ’n swaarmoediger plek gewees het sonder die Petro Hansens, Blouwillems en Ilse Bigalkes.

Gelukkig is daar veelsydige rubriekskrywers wat deur hul publikasies die geleentheid gebied word om die spektrum te dek, soos Charles Smith van Volksblad. Met dieselfde behendigheid waarmee hy ’n hoofartikel kan skryf oor ’n plaasmoord op ʼn, vir hom bekende, dokter/boer van Rouxville, kan hy mense laat glimlag – en dit soms oor baie ernstige sake.

Is daar nog ’n rubriekskrywer wat die kuns van omsigtigheid en gebalanseerde insig beter bemeester het as Barnard Beukman, redakteur van Beeld?

Gesamentlik het die rubriekskrywers die taak om lesers so objektief moontlik in te lig (en objektiwiteit en politieke korrektheid loop selde in dieselfde spoor), en oor die ganse spektrum van die Suid-Afrikaanse samelewing in te lig – die onaangename en die dikwels verskuilde aangename.

Die laaste soort leserskommentare is dit wat ’n mens “petrol” verskaf om ook die swartgalliges te kan verteer. Albei is aanwysers.

Gelukkig is daar heelwat lesers wat uiters waardevolle kommentaar lewer wat regtig waarde tot die nuuskommentaar toevoeg.

Bly of gly? Dis elkeen se eie keuse, maar dis nie almal wat graag wil gly beskore nie. Daarom is dit onnodig om deur oordrewe swartgalligheid en dikwels gelaai met fopnuus dié wat agterbly die skrik op die lyf te jaag.

Die uwe, en Maroela Media, probeer allermins iemand so moedeloos maak dat hy of sy die land wil verlaat. Nee, die bedoeling is veel eerder om mense aan te moedig om saam te staan en die hand aan die ploeg te slaan, en saam ’n beter toekoms uit te kap. Die klippie in die skoen op die oomblik is diegene wat AfriForum en Solidariteit met die teerkwas bydam juis omdat hulle dit probeer doen.

Dis iets wat nou al ’n hele ruk momentum het, en vandag is daar weer ’n brief met so ’n strekking in Volksblad – van ’n leser wat nou al meermale sy mond hieroor uitgespoel het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Al ·

Ñ Perfekte plek op aarde gaan jy nie kry nie. Ek kan nie bekostig om te emigreer nie, dus staan ek sterk en bid by die hope vir ons land.
God bly nog in beheer, en ons moet satan oorwin wat elke situasie wil swaarmoedig maak.

Jm ·

Dankie het so halfpad gekom sal die res los vir wanneer ek nie kan slaap nie Zzzz.

PlanB ·

Ons het ‘n Plan B nodig. As dinge regtig sleg draai, moet ons by ‘n agterdeur kan uitglip.

Heinrich ·

Lees nou die dag ‘n skermskoot van ene Derick Williams: As apartheid dan so sleg was, straf ons wittes dan ook met apartheid. Straf ons na ons eie tuisland toe, met aparte strande, aparte strande, aparte universiteite en aparte in die banke en winkels.
Ek wag ook in spanning vir hierdie ‘straf’!

Vlugtelingstatus ·

Beslis is dit belangrik en ek hoop daar is alreeds n plan B, want kase is goed dat ons gaan moet vlug in noodsituasie.

Hendrik ·

Daar is ‘n Plan B , julle sien dit net nie raak nie. Moenie wag, soos ons medeburger, dat daar iets vir julle gegee gaan word nie deur die huidige regering nie. Hulle melk ons maar met die belasting. Hoe anders as jy in hulle posisie is? . Dit gan nie gebeur nie en julle moet dit self sien vir Plan B. Klop aan by die burgerregtegroep en dring aan op Plan B. Dit gaan die enigste manier wees om Plan B te implimenteer met hulle (Vrywillige beplanning van jouself as jy kan) beplanning en geld wat hulle het. Hopenlik genereer hulle nou geld in die buiteland om sulke gebiede te vestig.

B-man ·

Dis maar al te maklik vir swartgalliges om vanuit ‘n gemakstoel op te tree as ‘n sleutelbordkryger. Die moeilike ding is om skouer aan die wiel te sit en eerder by te dra tot die oplossing, as om net van die kant af te kritiseer. Los die ou koeie in die sloot. Ons kan nie aanhou om in die verlede te lewe nie.

Hollywood ·

Hoekom se jy dit nie vir die regering nie .. ELKE AKSIE van hulle is gebaseer op die verlede .. Lyk of hulle die verlede besig is om te verander met grondvergrype, BEE en EE en AA en EE sowel as al die ander rassistiese wette en onregverdige verhore .. neewat dis net JY wat dink die verlede hoort in die verlede, die jongmense van 20 skreeu kill the boer kill the white, away with the colonialists en jy se die KOEIE moet in die sloot bly?? Van watter planeet is jy?

Albaster ·

Herman, jy is my gunsteling rebriekskrywer by verre en ek loer gereeld hierin om te sien of daar iets van jou of oom Harry is. Baie dankie vir jou werk, ek en soveel ander lesers wardeer jou harde navorsingswerk wat in jou artikels inkom. Jy is objektief, regverdig en goed ingelig, anders as meeste ander megiagroepe se propagandapionne.

WL ·

Gepraat van Afriforum, wat het Ernst hom besiel?? Ja, sekerlik het hy niks kwaadswillig bedoel nie, maar ons is beter as die Malema’s van die wêreld. As leier sê jy net eenvoudig nie sulke goed in die publiek nie.

Eish ·

Indien jy na die video verwys waar Hy Madame Elmien du Plessis se verbale diaree uit die pad vee met ” Wet wipes”, verstaan ek nie jou uitlating nie. Sy het die platform gekies. Hy sê niks verkeerd nie.

Slegs twee opsies ·

Daar is net twee werkbare opsies vir die meeste van ons wat nie hoogs gekwalifiseerd, jonk of ryk is nie: of ons almal moet gly deur om een of meer lande te vra om hul deure vroegtydig oop te maak voor EFF lede hulle beloftes uitvoer en ons volksmoordslagoffers word, of ons moet ons eie land kry. Saamwerk met die ANC en EFF aanhangers, kommuniste, is en sal nooit werk nie en die DA begin sommer vroeg al om ons nou ook uit te werp.

Eish ·

Vrees dan nou die Here en dien Hom in opregtheid en waarheid, en verwyder die gode wat julle vaders gedien het oorkant die Eufraat en in Egipte, en dien die Here . Maar as dit verkeerd is in julle oë om die Here te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: òf die gode wat julle vaders daar oorkant die Eufraat gedien het, òf die gode van die Amoriete in wie se land julle woon; maar ek en my huis, ons sal die Here dien.
JOSUA 24:14‭-‬15 AFR53
Daar is die beste voorbeeld van beïnvloeding denkbaar. Reguit, feitelik asook standpuntstelling.
Die groot kwessie is dat jy nie geloofwaardig kan skryf oor iets waarvan jy nie deel is nie, jy kan dit slegs waarneem as n buitestaander en vertolk teen jou eie waardes.
Dis hoekom ek MM lees vir objektiwiteit en kennis neem van gebeure op Daily Maverick en Huffington post.

Regtig slegs twee opsies ·

So as ons besluit om te bly en nie vir n veilige hawe vir gly oorsee te vra nie, dan moet ons die president oortuig om vir ons n tuisland te gee soos ons voorouers tuislande gegee het vir elke groep. Waar daar n wil is is n weg. As ons n tuisland het kan dit vir die SA regering groot voordele inhou, veral as die land heeltemal ondergaan onder ekonomiese insinking, dan kan hulle darm nog met ons tuisland handel en belasting van ons kry.

Ben Potgieter ·

Ek is nou 68 jaar oud.As ek die media kan glo het die land se wiele met ‘n spoed afgekom.Daar is nie een staats departement wat reg funksioneer nie,wanbestuur en korrupsie is aan die orde van die dag.Net ‘n paar munisipaleite hou kop bo water,die res val uitmekaar.Moord ,brand,onluste en verwoesting onder die ANC ondersteuners is “normaal”.Daar word nie juis opgetree nie.As jy wapens wil kry gaan beroof jou naaste polisie stasie of weermag basis.Omgekeerde rassisme teenoor wittes is in orde.Doen aansoek vir werk of studie rigting.Eerste wat gevra word wat is jou kleur,niks op meriete nie.Broer en suster sit in Amerika vir jare al,ongelukkig is ek te oud om te gly.Wat my aan die gang hou is genade van God.My hoop is in Hom.

John ·

Gly het ‘n negatiewe konnotasie wat dui op fout en ongeluk en natuurlik rampspoed. Waarom hou ons aan om die uitdrukking te gebruik as ons naaste dikwels deesdae die glywerk doen. Is dit die genoegdoening dat hulle die spit sal afbyt as dit ‘daar’ sleg met hulle sou gaan. Die Trekboere was ook glyers en almal hierbo dus nasate van glibberiges. Die Franse Hugenote moes vlug en voor hulle het die seevaarders, hetsy in klein bootjies met roeispane of die’ wat op die winde van verandering gereken het, oor die blou-groen see gegly na beter hoop en vooruitsig. Indien Afrika glo hulle is die enigste wat geen glywerk gedoen het of sal doen nie… die rubberbote doen dit nou en die glo slawe-skepe doen dit hoeka. Maar dan is daar die pynlike gly… en ons regering is op die ys aan die gly na die harde muur wat verval vinnig nader bring en, onthou, met die spoed wat ‘n muur getref word, word daar teruggeslaan na die ongelukkige glyer. Oppas vir daai voorvingertjie!

Dennis ·

Ek is seker dat daar al sedert die 1800’s, Witmense in die res van Afrika was wat ook positief was oor hulle toekoms in daardie lande, mees onlangs, Zimbabwe. Wat het van hulle geword. Hulle het of weggetrek, is of uitgemoor of het net in die vergetelheid in verdwyn. Wat so hartseer is, is dat net soos daardie mense, dink vandag se lankes in SA dat dit nie met hulle gaan gebeur nie. Feit is dat Afrika nie wil verander nie. Afrika wil in die 1300’s vasgevang bly want dit is waar dit gemaklik is. Ek het gegly, 5 jaar gelede en ek was nog nie een oomblik spyt nie. Jy gaan of gly, sterf of verdwyn. Dit is jou keuses. Besluit en berus daarby.

Probeer weer ·

Jy is heeltemal reg Dennis. Wat wel n verskil kan maak is die feit dat ons te veel is om net almal te kan vlug, en ons het nerens om heen te vlug nie. Ons is vasgekeer. Sodra die hitte kookpunt bereik sal ons boet baklei vir ons regte omdat ons nie kan vlug nie. Daar sal of volksmoord teen ons wees, of ons sal in groot getalle moet vlug soos in Sirie, of ons gaan ons eie tuisland moet voor moet onderhandel.

Kobus ·

Nederland is 33 keer kleiner as Suid-Afrika en een van die suksesvolste lande ter wereld. Waarom kan die Afrikaners ook nie ‘n klein stukkie land kry nie. Ons kan dog nie almal die land verlaat nie.

Presies ·

Jy is heeltemal reg. Van die suksesvolste lande is klein, tegnologies georienteerde en wel bestuurde lande, presies wat ons kan bou. In die verlede het ons onsself bewys as leiers in die gebied van tegnologie.

Hendrik ·

Ja nee ek het ook ‘n keuse gehad om te bly of gly. Bly ek dan moet ek elke aand met ‘n vuurwapen rondloop, diefwering, alarm en elke voetganger dophou in die pad of my huis nie uitgesonder gaan vanaand vir ‘n gewapende roof of diefstal. Ek het gegly na waar ek tussen my eie mense kan bly, waar ek die persoon in die straat groet , waar ek versigtig met water werk want ek weet hoe kosbaar water is, waar ek uit vrye wil stadig in die straat ry omdat ek weet dit is ons eie kinders wat in die starte rondspeel. Die gly het my nie ‘n arm of ‘n been gekos nie en ek hoef nie ‘n werkvisum of toestemming te gekry het van ‘n ambassade en dit is buite Pretoria ;-)

Stem saam met Heinrich ·

Ja miskien moet dit ons Plan B wees, om te vra en aan te dring om met ons eie tuisland gestraf te word. Dit kan beslis n baie goeie en gunstige Plan B wees.

Hendrik ·

Hoekom bakhand staan by die regering. Kom trek in by bestaande selfstandige gebiede of begin ‘n selfstandige gebied naby julle. Daar is verseker baie ouens soos jy in julle area om so iets te begin.

Ongelooflik ·

Ek het nie kommentaar op die artikel nie, maar wel op diegene wat kommentaar lewer. Dis ongelooflik hoe mense mekaar kan beïnvloed en hoe negatief en bitter mense geraak het. Ek het ongelukkig nie raad daarvoor nie, maar om eng en verkramp te wees het niemand nog gehelp nie.

Hendrik ·

Ja nee ek stem saam en dit is hoekom oopkop kyk na die situasie en ook sien dat die enigste volhoubare oplossing is om selfstandige gebiede te begin/ondersteun waar minderheidsgroepe veilig is en volhoubaar kan lewe. Dit is natuurlik een van die (Institute van Race Relations) IRR se senarios. Volgens die IRR is S.A. tans in die staatsverval senario.

Liberaal ·

Janee ek ook nie, ek bly lekker in my veiligheidskompleks en ons het geen misdaad nie. Ek verstaan gladnie waarom mense so gal braak nie. Julle moet nie so onder mekaar probleme bespreek nie, en moet nie enige planne maak om julle omstandighede te verbeter nie, want julle moet plekmaak vir ander kulture, dis nou ander se tyd, ons het ons tyd gehad.

Hendrik ·

Ek sien eng en verkramp mense wat aan die demokrasie vaskleef as die enigste en eindigste oplossing. Die krake wys ooral en self die Zulu monarg wil Zexit. Ons wil Afrexit.

Hello Ongelooflik ·

As jy die werklikheid van elke dag in die land moet leef raak mens bitter. Biter as jy geliefdes aan wreede moord moet afstaan. bitter hartseer dat niemand omgee nie. Dit net normalle nuus wat more ou nuus is. Waar is jou bright prositiewe toekoms? Tot die geweld jou of jou geliefdes tref. As jy nie die impak van die gemors al self gevoel het nie, beteken dit nie die seer bestaan nie. En jy het geen reg om mense gevoel dan te oordeel nie

Henry ·

Ek is baie dankbaar vir die verskillende opinies wat rubriekskrywers lug. Of ek my daaraan steur, akkoord gaan, of verskil, is nie vir my van veel belang nie.

My mening/oortuiginge wat oor ‘n leeftyd heen beslag kry en strykdeur aanpassing/vernuwing ondergaan, kan vir seker nie gebonde word deur die opinies van een of meer rubriekskrywers nie. Daar is immers vele ander bronne van inligting – geskrewe, mondelings, visueel, ervarings ens – wat ons lewensbeskouinge en wat ookal beïnvloed.

Sommige kommentare en veral die Middeleeuse “teregwysings”, wil my van tyd tot tyd oortuig dat ek op die eerste, die beste skip moet spring en soos my voorsate ‘n anderland loop soek waar daar dalk minder doemprofete en “teregwysers” is. Dan onthou ek gelukkig betyds dat onderlinge verskille en oortuiginge maar een van die werklikhede van die lewe is en dat daar inderwaarheid geen ontvlugtingsroete bestaan nie. :-)

Intussen lig ek ‘n hoedjie vir toegewyde en geïnspireerde mense soos Herman, wat dag vir dag met leesbare skryfsels oor sake van die dag tevoorskyn kom.

Jerry ·

Heimlik sou almal gly as hulle kon en ons almal weet, hoekom? Witmense van drie verskillende groeperings (linkses, gematigdes en regses) gly as hulle dit kan bekostig en die wat dit nie kan bekostig, bly. Die wat dit kan bekostig, maar besluit om te bly is diegene wat of n plaas besit en dit nie verkoop kry of diegene wat n geleentheid gesien het en geskep het om hulself finansieel te verryk deur diegene wat moet bly en nie kan gly, te groepeer en te organiseer volgens n spesifieke politieke, ekonomiese, sosiale en maatskaplike agenda. Hulle is nie noodwendig leiers nie, maar eerder meningsvormers en projekbestuurders vir die linkses, gematigdes en regses wat nie kan gly, maar ongelukkig moet bly. Die linkses en regses is in n lekker bekgeveg gewikkel en ondermyn mekaar se pogings en inisiatiewe en blameer mekaar vir die verlede en die hede. Die gematigdes kyk intussen die kat uit die boom uit terwyl hulle probeer om sin uit die benarde situasie te maak en probeer eerder versoening te bewerkstellig tussen die drie groepe en alle ander groepe. Wat al drie die groepe wat bly, wel in gemeen het en waarop daar eintlik gefokus behoort te word, is om voor te berei vir die dag wat die popo die fan gaan strike. Of jy die Zuptas in die tronk stop of nie, of jy grondonteiening stop of nie, of jy ryk word of nie, daai popo is oppad!

Hendrik ·

Hoekom bakhand staan by die regering. Kom trek in by bestaande selfstandige gebiede of begin ‘n selfstandige gebied naby julle. Daar is verseker baie ouens soos jy in julle area om so iets te begin.

Gerhard ·

Ongelukkig is ek van mening dat jou artikel fouteer in dat dit die argument maak dat daar ‘n keuse te maak is tussen “gly” en bly en “die land beter maak”. Om te bly en die land beter maak is en was nog nooit ‘n moontlikheid wat bestaan nie. Die Afrikaner kan nie eers vandag seggenskap uitoefen oor sy eie sake nie, wat nog van ander sake wat die land betref.

Die werklike keuse wat elke Afrikaner vandag in die gesig staar is “gly”, assimileer of begin ‘n eie staat ontwikkel. Die laaste een staan op baie dun ys. Hierdie stelling het niks met swartgalligheid te doen nie, dit is die feit en hoe gouer mense dit besef hoe beter. AfriForum en Solidariteit kan niks doen aan feit dat die ANC reeds besig is om Afrikaners in die Nuwe Suid-Afrika te assimileer nie. Hoe gouer hulle hulself begin toespits op ware territoriale selfbeskikking en dus ‘n werkbare oplossing bied hoe gouer sal die “bly of gly” debat vanself verdwyn.

Liberaal? ·

Tot jou geliefdes vermoor word. Duidelik het jy nie kindertjies met drome nie. Wie is jy of enigeeen om te se wie se tyd dit is? Elke landsburger verdien die reg tot lewe, veiligheid en werk geleenthede sonder diskriminasie. Jy gaan eendag wakker skrik.

Reguit ·

Dis hartseer maar waar dat die GLY opsie nie vir almal beskore is nie. Maar steeds, as mens met gewone mense praat, dan sê die meeste reguit vir jou dat hulle onmiddellik sou waai indien hulle kon. Diegene wat kán gly, is oppad.

Verder is die GLY keuse nie a AKSIE nie, dit is ‘n REAKSIE. Om te GLY is soos om te stem – stem met jou voete. Dit is ‘n deeglik-deurdagte stem, dit is ‘n ernstige stem, dit is ‘n permanente stem. Baie witmense stem in hulle harte vir GLY, al kan hulle dit nie tot uitvoering bring nie.

Reguit ·

Dis reg Liberaal hierbo. Stem saam. :))

Julle eerwaarde liberale “elites” lewe mos lékker daar in julle “Sekuriteitskomplekse” en “Golf Estates” – agter daai hoë wit mure met kameras, lemmetjiesdraad en elektriese heinings; daar agter julle “wettig gekoopte apartheid” en al. Sies man, dis ‘n sonde – daardie duur hoë wit apartheidsmure waaragter julle so weg kruip vir julle hordes honger medelandsburgers. Hehehe… ;-) Dis soos jy sê: Wees “Multi-Cultural”, breek daai hoë wit mure af, verwyder die “security booms” en nooi al daai wonderlike reënboog-kulture in waaroor julle so gereeld spog. :))

PS : Vir hoeveel agtergeblewe gesinne het jy al sinkhuise daar agter in jou “jaart” opgerig? Het jy darem al vir hulle ‘n sopkombuis of twee begin? ;))

PPS: Of is dit net altyd “ander mense” wat hulle geld en goedere vir die “armes” moet gee? ;))

Cherokee ·

En dan is daar soveel wat desperaat om ‘n eie staat vra. Om grondgebied waar die blankes heen kan verhuis om dit te ontwikkel. Maar nie een het daaroor gedink dat as die ‘eie staat’, wat steeds deel sal wees van die republiek van Suid Afrika en aan Suid Afrikaanse wette gebind sal wees, mooi ontwikkel is en vooruitstrewend raak, sal die plakkers daar grond beset en ‘onteiening sonder vergoeding’ sal geskree word. Want die witman het die land ontwikkel wat nou gedreig word met onteiening, en wanneer dit in ‘n Zimbabwe ontaard het en ‘n ontwikkelde boere-staat is binne die afgebreekte land se grense is, is daar geen kans dat dit ongeskonde sal bly nie. Teen die tempo wat die land oorbevolk word, sal daardie tuisgebied binnekort ook deur plakkers toegesak word.

Gerhard ·

Die idee is ‘n Afrikaner Staat, nie ’n Afrikaner Tuisland nie. Noodwendig sal so iets nie oornag kan gebeur nie, maar dit beteken nie daar moet noodwendig plakkerskampe opspring waar dit gebeur nie. Daar is nie ‘n plakkerskamp naby Orania nie want daar is geen mark vir dit nie, reeds omdat hulle eie Afrikaner arbeid gebruik. So m.a.w. wat jy hierbo noem is reeds aan gedink en eerder ‘n onwaarskynlikheid as ‘n onoorkombare probleem wat wag om te gebeur. Wat wel waar is is dat die tyd daarvoor min raak. Wat ook nou duidelik is dat die eie instellings strategie besig is om te sneuwel en daar is geen rede was om ooit te dink dit kon werk nie. Jou keuse is een van die volgende: assimileer, emigreer of ‘n eie staat. Binnekort gaan dit net wees om te assimileer.

Kandas ·

Oorbevolking is inderdaad ons grootste probleem. Dit vebyster my meer en meer by die dag hoe mense net ongekontroleerd kinders het by dosyne; hulself al verder in armoede dompel en dan skreeu dat alles “apartheid” se skuld is!! Regtig? As ‘n 16 jarige wat op die skoolbanke sit ‘n baba in 2018 het, hoe word apartheid ingesleep???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.