Nuuskommentaar: Bo die vuurmaakplek

Cyril Ramaphosa, president van die ANC. Foto: Werner Beukes/SAPA

Suid-Afrikaners leef nou in ’n gees van verandering, voortspruitend uit adj.pres. Cyril Ramaphosa se effektiewe oorname van die land as nuwe hoof van die regering. Analiste krap nou kop oor al die veranderings wat gemaak moet word om die nuwe administrasie nie net van die bande van hopeloosheid in die Zuma-era te bevry nie, maar ook om as swaargewigte in die nuwe administrasie te dien.

In een van hierdie artikels ontleed die redakteur van Beeld, Barnard Beukman, sommige kabinetsontplooiings, en word daar nie geskroom om na sommige ministers as “hopeloos” te verwys nie. Twee ministers wat skynbaar as onrehabiliteerbaar swak beskou word, is Faith Muthambi en Bathabile Dlamini.

By die gewone publiek is die persepsie van die kabinet wat nog méér hopeloos is, veel groter. Trouens, die wat as knap, of minstens deels in staat is om hul werk te doen, is maar beskamend min.

’n “Lastigheid” wat reeds tydens die bewind van pres. Nelson Mandela ’n praktyk geword het, is om ministers aan te stel wat min met meriete te make gehad het. So was stamverteenwoordiging baie belangriker as die vermoë om die werk te doen.

Voorts is mense wat onsuksesvol met probleme met ’n ministerie probeer werk het, en hulle dan oplaas op die president beroep het, met die hande in die hare gelaat wanneer Mandela die klag sonder aanbevelings na die betrokke minister terugverwys het. Voorts speel die kwessie van rapporteer alles gaan goed, en dan gaan dit “goed” nog steeds ’n rol. Die Life Esidimeni-skandaal is ’n goeie voorbeeld.

Een manier is om gewese ministers wat hulle as knap bewys het, na die kabinet terug te skuif terwyl die paloekas die trekpas kry. ’n Prominente naam vir ’n terugkeer na die kabinet is Tito Mboweni. Hoe gouer hoe beter, veral vir kundigheid om die ekonomie weer op die voete te kry.

Gaan die kabinet verklein word? Onder veral Zuma se bewind het die kabinet in internasionale terme onnodig groot geword, tot so ’n mate dat daar meer gevalle van doelbewuste dwarsboming van mekaar se portefeuljes kan wees.

Gaan selfs ’n heelwat kleiner kabinet Ramaphosa in staat stel om te sorg dat die bekleër van elkeen van die portefeuljes knap en hardwerkend is? Hieroor kan min twyfel wees – die groter probleem is om vooraf te bepaal of die persoon ’n Gupta-verlengstuk gaan wees en of sy hande skoon is. Die oudtesourier van die ANC, dr. Zweli Mhkize, is tot onlangs nog as goeie kompromiskandidaat tussen die Ramaphosa- en Dlamini-Zuma-kamp beskou, maar onlangse getuienis het (nog ongetoets) swart kolle bo sy kop kom verf.

Gaan omstandighede vir Ramaphosa dit toelaat om ’n knap, eerlike en doelmatige kabinet saam te stel? Ramaphosa sal stellig genoeg geskikte mense bymekaar kan kry mits hy nie van Zuma se ondersteuners moet opneem as deel van ’n tipe kompromie nie.

Hierdie soort ontledings hang volkome daarvan af of Zuma gou sy baadjie gaan vat en loop, en of hy tot 2019 soos ’n neet gaan bly klou; en natuurlik of die ANC Zuma gaan toelaat om daarmee weg te kom.

Soos met alle kabinetsamestellings sal Ramaphosa ook, wanneer hy sy eerste kabinet saamstel, onder enorme druk wees. Hy sal moet raakvat, en ’n oog sal oor elke saak gehou moet word.

Dit is egter nie net die ANC wat aan skoonmaak en regstel onderwerp moet word nie – die DA se reputasie het die afgelope paar maande ook kwaai knoue weg. Uiteindelik gaan DA-administrasies, of DA-geleide koalisies ook probleme ondervind as nie op gehalte en kwaliteit gefokus word nie. Probleme kry minstens skynbaar onvoorwaardelik aandag.

As dit reg hanteer word, gaan die party wie se vuil wasgoed opgehang is, aangespreek word aan die hand van ’n sigbare verbintenis om dit silwerskoon te kry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Christo Volschenk ·

Dankie vir die kommentaar. Ek hoop Maroela skryf in die toekoms gereeld kommentare op gebeure.

Oor Cyril en die kabinet: baie kommentators vra die vraag “sal Cyril behoorlik kan regeer met soveel Zuma-aanhangers in die top echelon en die ANC?” . Ek dink dit is n nie-existerende probleem. Mense wat lojaliteit as n potensiele struikelblok vir Cyril sien, skryf politici veels te veel “beginsel-vastheid” toe. Politici (en spesial SA se politici) is nie daar vir die beginsels nie, maar vir hulle eie welsyn; sodra hulle sien waar die mag le, sal hulle die mantel na die wind draai. Cyril gaan geen probleem met lojaliteit he nie!

Alida ·

Kom ons bid vir CR dat hy die nodige insig sal kry om ontslae te raak van ALMAL wat net op die soustrein gery het ten koste van miljoene SAners. Dit is ‘n gruwelike skande om van al die wandade te hoor en ergste van alles dat mense dood is agv wanadministrasie. Cyril maak ASB behoorlik huis skoon.

Hendrik ·

CR is deel van die ANC ideologie wat die gebreke in die grondwet misbruik. Hy het klaar genoem dat die ANC ondersteun oneiening van grond sonder vergoeding (ala Mugabe van Zim). Die ANC is nie te vertrou nie en die land moetr hoop dat die ANC en die EFF nie saam in koalisie gaan in 2018 nie. Dit sal nogal interesant wees of die EFF gaan mooi luister of betoog as CR die SONA toespraak gaan hou.

Disselboom ·

Het die man op eie stoom sonder bietjie BEE-hulp sy aandele gekry en sy rykdom verkry? Dit hang dan af van wat mens onder “soustrein” indeel en wat nie om vas te stel of mnr Ramaphosa ‘n diepe wil het om alle soustreinryers teen te gaan?

Gerhard ·

Ek wonder of JZ ooit soveel voordeel getrek het uit die ANC se soustrein as wat CR het. Ek glo nie.

Willie ·

Cyril sal moet huis skoon kry.. Dryfhoud is altyd n probleem… Dan sal hy moet behoorlikke prossesse instel om verantwoordelik te hou, vir diens veskaffing! Fakile moet persoonlik vir misdaad, moorde ents, verantwoordelik gehou word!

Hendrik ·

CR is deel van die ANC ideologie wat die gebreke in die grondwet misbruik. Hy het klaar genoem dat die ANC ondersteun oneiening van grond sonder vergoeding (ala Mugabe van Zim). Die ANC is nie te vertrou nie en die land moetr hoop dat die ANC en die EFF nie saam in koalisie gaan in 2018 nie. Dit sal nogal interesant wees of die EFF gaan mooi luister of betoog as CR die SONA toespraak gaan hou.

Hau ·

Vir almal wat julle asems ophou, moet NOOIT vergeet dat hierdie die hoofonderhandelaar was wat FW en Roelf ore aangesit het nie. Sy praat en doen verskil ook maar baie. Die grondonteiening gaan in Maart begin, dan wil ek sien hoeveel Suid Afrikaners noem hom nog MENEER RAMAPHOSA .. Shame ons is so gullible, ons gryp na elke strooihalm . Ramaphosa is ons nuwe Meester .. Moet net nie omslaan van verbasing as hy dieselfde pad as sy voorgangers stap en nog vir Julius nadertrek om sy ‘revolusionere’ werkies voort te sit nie.

Hendrik ·

Ja nee Hau as ‘n mens in die veld stap moet jy mooi kyk vir slange. Ek stem saam dat die mense na elke grashalmpie gryp en min besef wat en wie eintlik die probleem is. Soos jy tereg uitgewys het dat CR vir FW en RM ore aan gesit het by KODESA en nou sit ons met die meesongrondwetlike wettige grondwet in die wereld (aanhaling van Prof Koos Malan).

Alida ·

Sover ek weet het CR sakebelange oorsee ook en dit is waar sy rykdom vandaan kom. Ek mag dalk verkeerd wees maar enigiets is beter as JZ!!!!!!!!!!!!!!!

Eish ·

Ek betwyfel die ideale scenario. Afrika se manier van doen maak min sin vir Westerlinge. Kompromieë sal seker weer moet aangegaan word en wanneer jy kanker nie in totaliteit uitwis nie, bly die moontlikheid van verspreiding sluimerend en wag.

N Lourens Reitz ·

Het nie veel sin en waarde aan BB se kommentaar nie (Barnard Beukman)
ñ Lig gewig en voeg dan ook hierby vir Inge Kühne.Lg. neem standpunt in as dit teen Volks Eie gaan en nie daarvoor nie.

Gerhard ·

Mense ek is bevrees julle juig te vroeg en verniet. ‘n Dom skelm word net met ‘n slim skelm vervang en dit is al. Sterkte.

Stella ·

So baie bespiegelinge. Niks wat julle raai in die nuwe SA kom ooit so uit nie.

John ·

Ja, ons is vreeslik idealisties. Ons hoor wat Cyril se en wat hy reeds gese het, maar ons glo in die goeie en hoop die man is iemand anders…. meer soos ons droomheld. Cyril hou van sy stem en hy luister graag na homself. Die vraag is of hy ook sal luister na wat ander se, veral die raad van ervare kundiges. My beste raai is dat die geagte ANC-president baie doof is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.