Nuuskommentaar: Breekspul in die Baai

Athol Trollip, die voormalige burgemeester van die Nelson Mandelabaai-metro. Foto: Facebook

Kan die ontvouing van die gebeure in die Nelson Mandelabaai Metropool die druk op demokrasie oorleef, of wys dit bloot dat simplistiese modelle baie moeilik die druk van heterogeniteit kan trotseer? Indien wel, moet daar nie nou reeds met die oog op die plaaslike regeringsverkiesing (munisipale) van 2023 na meer paslike modelle gesoek word nie?

 Hoewel koalisies in Suid-Afrika nie heeltemal nuut was nie, het die DA-geleide koalisie in Nelson Mandelabaai in ’n heel ander dampkring gestaan as in die res van die land, en ook voriges soos die Afrikanerparty. Van die metrorade wat die DA kon verower was hierdie een die enigste nuwe “toevoeging” wat sonder die hulp van die EFF saam kon werk.

Daar is al verskeie kere op Maroela Media oor die voordele en nadele van ’n koalisie geskryf. Die situasie het kompleks geraak toe dit blyk dat Bantu Holomisa sy vriend, Mongameli Bobani, burgemeesterskandidaat van die UDM, sou ondersteun wanneer die breekspul tussen die DA en die UDM tot uitbarsting sou kom. Bobani se integriteit het oor ’n wye front onder verdenking gekom.

Die breekspul het gouer gekom as wat verwag is en DA-raadslede het verwag dat die koalisies wat die EFF insluit, min kans op oorlewing sou hê.

Holomisa het egter besluit sy vriendskap met Bobani sou die regte ding wees, ten spyte van die wolke wat oor Bobani se kop hang.

Dit lyk of die DA van plan is om die gebeure ongedaan te maak, en daar is onder meer aangevoer die vergadering wat die rebellie “gehuisves” het, was onwettig omdat dit sonder die byhou van ’n notule gehou is. Dié saak sal vinnig uitgepluis moet word. Die situasie is nou uiters kompleks.

Weens grondwetlike bepalings kan van die “terugskuif” van raadslede na hul oorspronklike partye nie sommer geskied nie.

Mongameli Bobani en sy regsverteenwoordiger verlede jaar voor die hooggeregshof in Port Elizabeth (31 Augustus 2017). Foto: ANA

’n Groot probleem is dat talle leiers in Suid-Afrika nie weet watter staatkundige opsies daar is nie. Die begrip van korporatiewe selfbeskikking of federasie is tydens die bestaan van die Volkstaatraad betreklik wyd bespreek en selfs deur Die Burger as ’n oorweegbare opsie voorgehou. Nie eens ’n bloedspatsel het oorgebly van hierdie model wat by uitstek vir situasies soos dié in Suid-Afrika ontwerp is nie. Min of meer dieselfde het vir die begrip “tegnokrasie” gegeld.

Hierdie uitsluiting van oorweegbare modelle is weer grootliks aangevuur deur ’n hopeloos simplistiese siening oor wat die begrip demokrasie behels. Dit hou onder meer die probleem in dat dit ontaard in ’n diktatuur of tirannie van die meerderheid.

In 1990 het die staatkundige komitee van die destydse presidentsraad ’n verslag oor besluitnemings- en tegnieke in staatkundige stelsels die lig laat sien as voorloper vir die identifisering van haalbare opsies wat tydens Kodesa onder die loep sou kom. Meer as ’n honderd unitêre en federale stelsels is bespreek.

Miskien sal dit wys wees om nou dit wat met Kodesa uitgekristalliseer het meer indringend teen alternatiewe, veral alternatiewe wat spesiaal vir heterogene bevolkings ontwerp is, teen mekaar op te weeg. Dit kos nogal verbeelding om ’n stelsel “demokraties” te noem as die kiesers hulle stemme daarvoor uitbring, maar nie lank nie dan sit die verkose leiers in die opposisiebanke. Ook onderlinge vriendskappe wat swaarder as integriteit weeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

R ·

Daar is niks wat my so irriteer as ‘n politieke party wat “uitloop” nie. Genade – ons stem vir julle om ‘n werk te doen nie om julle soos 5-jariges te gedra nie. En dit geld vir alle partye. Doen julle werk.

Johann M van Heerden ·

Dit wys net weer baie pynlik hoe ondeurdag die KODESA onderhandelde skikking was. Ons is uitgelewer aan ‘n meerderheid wat swart is en geen begrip het van demokrasie nie. Dit is die grootste beweegrede hoekom ‘apartheid’ so lank voort gegaan het. Ons rue is oop en ons gaan en is reeds besig om ‘n duur prys re betaal vir die verraad van ons ou ‘leiers’. Ek sien nie omdraai sonder groot marakas en selfs burgeroorlog waarvoor ons nie middele of willigheid om saam te staan nie.

Hanna Hoekom ·

Geloofwaardigheid VOOR kundigheid… Ek voel sommer van voor af moedeloos!

Mielie ·

Net nog n rede hoekom die DA soos die ANC,EFF en UDM nie vetrou kan word nie. Kyk wat gebeur nou met die kiesers se stemme! Die ou wat buite stemming gebly het word aan bedrog gekoppel, so daar is al klaar n vraagteken oor sy intigriteit en geloofwaardigheid. Ek wil nie vir n party stem waar daar sulke mense is nie, hulle kan omgekoop, afgepers word en tree nie in hul kiesers se belang op nie. Ek glo daar is baie sulke mense in die DA en baie ban hulle is “geplant” vir n rede.

Gerhard ·

Is dit nou die lefties se DA wat glo die land gaan red? Genade!

Jerry ·

Stem saam dat politiek n gemene spel is waar die wenfaktor al is wat tel en wat dus bitter min te doen het met integriteit. Of dit in n demokratiese bestel is of nie, die gemeenste faksie se speler swaai die septer, dit het FW met 1994 bewys, asook Zuma! Selfs sekere burgerregte organisasies met politieke agendas maak hulself daaraan skuldig deur hulself te wend tot ongeoorloofde gemenespel, ondermyning en halwe waarhede in hul strewe na oorwinning. N mens sou dus korrek wees om leiers met politieke aspirasies en agendas kans te gee om die regte dinge reg te doen, maar sou hulle begin om die regte dinge verkeerd te doen en hul eie geloofwaardigheid onder verdenking plaas deurdat hulle uitgevang word dat hulle mense mislei het met halwe waarhede, dan moet sulke leiers in eie munt en in die naam van geregtigheid geboikot word en vervang word tot tyd en wyl leiers opdaag wat die regte dinge reg doen!

Liberaal ·

Die liberaal demokratiese sisteme van om almal in een blik te wil druk werk nie lekker nie, veral nie waar die meerderheid ongeletterd is nie, maar dis ons geheimpie, moet vir niemand vertel nie.

Anti-Kommunis. ·

Johann, jy is korrek met jou siening van die rede waarom ons só lank aan apartheid vasgeklou het: My geslag was al te bewus van die absolute gemors wat Afrika leiers Noord van ons, van hul lande gemaak het! Dan ook, was daar die gevaar van Kommunisme. Vier van ons buurlande, naamlik Namibia, Angola, Zimbabwe en Mosambiek, is almal verbind tot Marxistiese sosialisme, ekonomiese sisteme wat totaal in duie gestort het, soos ons almal weet. Dit is ook goed om te weet dat hierdie genoemde vier lande het jare gelede ‘n ooreenkoms gesluit dat hulle altyd mekaar sal ondersteun in hul Marxistiese doelwitte. Laasgenoemde feit is werklik onrusbarend! Kyk maar na die ANC se 1955 ‘Freedom Charter’ en ook die EFF se ‘manifesto. Is ons voorland oorlog? Hoop beslis nie so nie……….

Hendrik ·

Ek kyk net hoe die demokrate spoeg en spartel. Die raadslede begin hulself nou herposisioneer ver vlgende jaar se verkiesing want met CR gaan die ANC baie kiesers lok en dan is hierdie raadslede reg om weer die ANC te dien vir die volgende 5 jaar. Dieselfde gaan gebeur on Pretoria en Johannesburg. Lekker stem julle ;-)

jaco ·

In hierdie uiters rasbewuste SA moes die DA mos nou geweet het dat hulle probleme gaan optel as hulle ‘n wit burgemeester vir Nelson Mandela Baai aanstel. Dit was in elk geval ‘n vreemde stap, gesien in die lig van die feit dat die DA lank terug al VIR regstellende aksie gestem het.

aj ·

Kom ons wees eerlik!

Hoe desperaat moet ‘n politieke party wees dat hy rassehaat gebruik om stemme te werf?

Nie net desperaat nie … ook onintelligent, kortsigtig, roekeloos
MISDADIG!

Wat sê dit van die kiesers?

Is die hoofoorweging wat in kiesers se gedagtes aangaan, rassehaat? Is dit àl wat Swartmense polities motiveer?

As SA se ‘sg demokrasie’ nog niks verder gevorder het as om ‘rasse sensusse’ te hou en dit te ‘kamoefleer’ as demokratiese verkiesings … dan is die hogere ideale van ‘n beskaafde demokratiese bestel, DOOD GEBORE!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.