Nuuskommentaar: Burgeroorlog en persepsies oor grondhervorming, kolonialisme en ander

Pieter Groenewald tydens ‘n vorige toespraak in die parlement. Foto: Twitter

Dit is nog onduidelik of die huidige reaksie op die Vryheidsfront Plus-leier se waarskuwing in die parlement ’n soortgelyke storm as die Zille-twiet gaan oplewer, naamlik dat die wyse waarop onteiening sonder vergoeding nou as deel van die debat oor grondhervorming gedryf word, by gepoogde implementering op die tender vir ’n burgeroorlog gaan neerkom. Tog wys hierdie insidente op die belangrikheid dat die gaping tussen persepsies en werklikheid in hierdie land as voorkeursaak uitgepluis moet word.

Daar is vele lesse vir die huidige emosionele gronddebat te leer uit die stel wat die DA met Helen Zillle se twiet oor kolonialisme afgetrap het. Die tyd sal leer of die pleistertjie wat die DA opgeplak het gaan hou, onder meer teen die aanslag van die ANC en veral die EFF om dit af te ruk.

Maar intussen laai spanning in die gronddebat op en dit lyk nie of daar pleistertjies in die omtrek is nie. Inteendeel, die woord “burgeroorlog” oor dié kwessie het in die parlement ter sprake gekom en ’n groot storm ontketen. Deur dié opmerking en die sensitiwiteit daaromheen buite konteks te sensasionaliseer sal neerkom op die speel met vuur.

Nee, eie aan die aard van die landbougemeenskap is daar wel talle oplossings aangebied en ter hand – rasionele oplossings geskoei op die werklike geskiedenis, op die werklike boerdery-omstandighede, hulp van kommersiële boere aan nuwelingboere (aangebied en in sommige gevalle in weerwil van ’n koue skouer van die regering, geïmplementeer), beweerde korrupsie en menige bewyse van onbevoegdheid in die departement wat grondhervorming teen ’n slakkegang laat plaasvind en vele ander realiteite.

Maar, so het die Zille-insident geleer, in sekere kontekste tel die werklikheid niks, en is persepsies alles.

So word die groot leuen, soos die ad hoc-komitee oor eiendomsbesit dit beskryf het, gewoon lewend gehou dat wit mense hul grond bekom het deur dit van swart mense te steel. In reaksie hierop het die TLU-SA ’n groot kontantprys uitgeloof vir elke geval van grondroof wat bewys kan word.

Die persepsie dat wit mense die grond gesteel het, word ook deur niemand minder nie as die president self lewend gehou, en het hom trouens ’n paar klagtes van haatspraak op die lyf laat loop – klagtes wat weer eens oor persepsies oor wie nou almal rassiste kan wees en wie nie – uiters onewehandig hanteer word en uiteindelik maar vir die doofpot bestem is. Hierdie soort uitlatings is in ieder geval ’n skending van die president se grondwetlike ampseed.

Pres. Jacob Zuma. Foto: Kopano Tlape/GCIS

Hierby aansluitend het Zuma by geleentheid gesê, en dis op TV uitgesaai, swart mense in die land het oor die algemeen die droër en onvrugbaarder dele van die land gekry. Reënvalkaarte vertel die teenoorgestelde verhaal. Indien so iets die president ontstel, moet hy gerus kyk waar lê die grootste landelike grondgebied van die nageslagte van die KhoiSan as hy wil kyk wie droë grond gekry het – gebiede soos Mier, die Richtersveld, Oppermansgronde, en ander, met Genadendal, Thaba Patchoa en ander waar dit natter is wat maar ’n klein deel van die totaal uitmaak.

Die konteks van die leier van die Vryheidsfront Plus, dr. Pieter Groenewald, se opmerking oor burgeroorlog is dat die EFF en die ANC nou met radikale uitsprake oor grondonteiening om kiesersteun meeding. Die kwessie van onteiening sonder vergoeding roei die emosies.

Boonop is daar op die oomblik, weens die uitmergelende droogte, 20 000 plase teen gemiddeld 20% onder markwaarde in die mark – dit bied ’n gulde geleentheid om grondhervorming ’n hupstoot te gee en nié die beginsel van vrywillige verkoper, vrywillige koper, te blameer nie. As so ’n geleentheid misluk is dit moeilik om iets anders as die spoke wat die departement lamlê, te blameer.

Volgens die mediaverklaring van die Vryheidsfront Plus het Groenewald gesê: “(Dit is) uiters gevaarlik en onverantwoordelik om te dreig dat grond sonder vergoeding van wettige eienaars afgevat kan word aangesien so ʼn situasie selfs tot ʼn burgeroorlog kan lei.”

As Christene glo ons nie daar is so iets soos toeval nie. Dit is tog opvallend dat ’n artikel van die Amerikaanse ontleder Patrick J. Buchanan met die titel, “Are we nearing a civil war?” juis vandag saam met die jongste peilings van die agentskap Rasmussen versprei word. Wat Buchanan beskryf kom eerder ooreen met plaaslike pogings om van pres. Jacob Zuma ontslae te raak deur na die aanslae teen pres. Donald Trump, ook vanuit sy eie administrasie, te verwys.

Pres. Donald Trump. Foto: AP Photo/Alex Brandon

Hoewel hy wel geweld in die prentjie inbring, handel sy stuk nou eerder oor die opstel van die situasie wat tot burgeroorlog kan lei. Tog skryf hy die volgende: “To prevail, Trump will have to campaign across this country and wage guerrilla war in this capital, using the legal and political weapons at his disposal to ferret out the enemies within his own government. Not only is this battle essential, if Trump hopes to realize his agenda, it is winnable.”

Is dit moontlik om ’n burgeroorlog in die vorm van ’n koue oorlog te voer?

Afhangende van die definisies kan daar wel ’n saak uitgemaak word dat so ’n koue oorlog reeds woed, en nou deur veral die Zuma-faksie gestook word in ’n poging om sy eie magsbasis onder swart kiesers te probeer versterk. Soos met ’n koue oorlog is daar inderdaad ook “warm” konflik teenwoordig soos in die vorm van plaasaanvalle, en die regering se lamlendige, indien nie erg bevooroordeelde nie, reaksie daarop.

Die probleem met ’n koue oorlog is dat dit bloot ’n misverstand en die druk van ’n knoppie kan kos om ’n verwoestende “warm oorlog” te ontketen. Die posisie rondom die Oekraïne, en die Baltiese lande, Estland, Letland en Litaue, toon hoe kwesbaar die handhawing van die grens tussen ’n koue en warm oorlog is.

En weer eens die kwessie van realistiese versoening – ook geopper van die kant van Groenewald: “Boere is bereid om met die proses te help. Hulle is bereid om mentorskap te gee en hulle doen dit reeds. Daar word egter nie gebruik gemaak van hierdie welwillendheid van die boere in besonder waar dit gaan oor landbougrond nie.”

Thomas Walters, DA-LP, het aldus Media24 in sy spreekbeurt gesê hy hoop geen politieke party probeer stemme werf deur “populistiese oorlogspraatjies” nie. “Dit is goedkoop en onverantwoordelik.”

Begrip vir realiteit blyk uit Media24 se berig hieroor grootliks by LP’s afwesig te wees. Suiwer persepsie spreek uit die volgende: Sibusiso Mncwabe, NFP-LP, wat die debat aangevra het, het aan Groenewald gesê hy moet “wedergebore word”.

“Jy kan nie hierheen kom en sê ons vra vir ’n burgeroorlog nie. Ons voorvaders het vir die grond gesterf. As jy praat van burgeroorlog, is ons nie bang nie. Ons is gereed. Ons moet agbare lede daaraan herinner dat ons op en af in die gange van mag beweeg, maar (weens die feit) dat ons nog nie aandag gegee het aan die grondkwessie nie, huil die bloed en beendere van ons voorvaders steeds.” (Die NFP is nou in wese ’n surrogaatpartytjie van die ANC.)

Die tyd sal leer of Groenewald ’n striemende aanslag, soortgelyk aan dié wat Zille beleef het, op die lyf gaan loop, en of hy in soortgelyke styl in die parlement gedwing gaan word om sy stelling terug te trek (en om verskoning te vra). Dit is egter met onwilligheid dat ’n mens onthou hoe ’n ANC-LP (glo ’n adjunk-minister) in die debat oor plaasaanvale buite spreekbeurt uitgeroep het: “Begrawe hulle (die boere) lewend.” Geen stappe is so ver bekend teen dié LP gedoen nie … en is dit nie veel meer aanhitsend tot die potensiële uitbreek van ʼn burgeroorlog, as ’n waarskuwing dat aanhitsende uitsprake en optredes tot ’n burgeroorlog kan lei nie?

Maroela Media het oor die afgelope aantal dae in nuuskommentare gemaan dat die DA-situasie so opgelos moet word dat dit nie die problematiek in Suid-Afrika verdiep nie. Die opvatting (soms in die onlangse literatuur Afrika-nasionalisme genoem) dat persepsie (van die meerderheid) volledig in die plek van werklike feite aangebied word, is net pleistertjies oorplak. Zille se saak het oor ’n gebeure uit die verlede gehandel – dus ’n grootliks afgehandelde kwessie. Die verlede en die skadelike spore wat daaruit voortstu, kan nie heeltemal vergelyk word met ’n kwessie van grondbesit wat weliswaar sy oorsprong deels in die verlede het, maar NOU aktief die hede kan omsukkel en spanning langs rassegrense tot die uiterstes kan voer nie.

Kortom, die kolonialisme-kwessie kan grootliks vermy word – mits almal saamwerk. Dit help niks as die president vir Jan van Riebeeck van alles wat in die land verkeerd gegaan het beskuldig, en daarby ’n vals utopie skets van hoe vreedsaam swart mense in die land geleef het, en baie pret gehad het voor Van Riebeeck aangeland het, maar “die ander kant” mag nie eens die werklikheid noem nie.

En hoe moet ’n boer voel wat geld geleen het om grond te koop, jare hard gewerk het om dit op te bou, deur droogtes en ander rampe noustrop getrek het, om nou te verneem sy grond moet sonder kompensasie onteien word omdat dit van swart mense gesteel sou wees?

Almal in Suid-Afrika moet besin oor die stremmende uitwerking van persepsies teen werklikheid, en die kwessie uiters sensitief aanspreek. Anders, al kom daar nie ’n burgeroorlog nie, kom daar groot gemors soos die algehele ineenstorting van die Suid-Afrikaanse ekonomie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

56 Kommentare

wdp ·

Die VF+ het darem ruggraad en sal nie soos die DA terug kruip om tog net polities korrek te wees nie

john samuel ·

Dr. Groenewald – Dankie dat u bereid is om op te staan, en die olifant in die kamer, by naam (!!) aan te spreek!! Dat daar iemand daar buite is wat harde woorde reguit kan praat om “ons” kant van die saak te stel. U praat my taal, u spreek wat in van ons se harte is. En Nee, ek verwys nie na ‘oorlog’ per sé nie, inteendeel. Ek praat van dat die wat dink hulle kan vat en breek soos hulle goeddunk nou bietjie in die bek geruk word, en ook begin besef ‘Vat’ gaan nie so maklik wees nie.
Ek dank u voorwaar, u het My onvoorwaardelike steun & Stem (vote).
#GeenMeerDASteun (hulle praat skaars my taal, en hulle leier wil blankes met klippe doodgooi…)

Valie ·

Moenie n fout maak nie. Die VF+ het lankal enige hoop op selfbeskikking laat vaar, hulle noem dit nie eens meer nie. Hulle droom tans daarvan om dir bestaande stelsel te maak werk, en die afgelope 23 jaar het duidelik gewys waarheen die huidige stelsel ons voer…

PJ ·

Dan nou die dag gelees afgetrede Konstitusionele Hof Regter Albie Sachs gesè daar bestaan nie so n ding soos onteining sonder vergoeding in die Grondwet nie ? Seker maar weer tegniese punte

Ivan Faught ·

Jy is doodreg. Plaas dat die skrywer van hierdie artikel, en ander regses, ook die National Development Plan deeglik gaan deurlees, dan sal hul self ook sien dat grond nie bloot net onteien wil word nie.

Om openbare opportunistiese en populistiese uitsprake deur sekere politici aan te sien as beleid, is nie net dom nie, maar is ook onverantwoordelik om die verkeerde verdraaide idees daarvan as waarheid weer te gee in beriggewing soos hierdie. Dit sweep net onnodige vrese op. En die regse witman wat boonop ‘n boer is hardloop weg daarmee.

Om te praat van burgeroorlog en dit boonop as moontlikheid weer te gee, is bloot uit onkunde en net so opportunisties.

Loeis ·

Ivan, die National Development Plan is een ding. Onteiening sonder vergoeding is amptelike EFF beleid (hulle is die derde grootste party, en saam met die ANC het hulle ‘n tweederde meerdeheid in die parlement, wat beteken hulle kan die grondwet verander). Die ANC laat ook nogal hul leierskap met min of meer enigiets (soos bv staatskaping) wegkom, en jy hoef nie regs te wees om die gevaarligte te sien flikker wanneer Zuma, EFF en Black Frist Land First praatjies ooreenstem nie.

Dan is daar die groot hoeveelheid boere wie al vermoor is. Moord is natuurlik onwettig, maar om grondgryp wettig te wil maak, kan defnitief tot meer opelike konflik lei. Niemand VRA vir oorlog nie, Dr Groenewald het die die risiko vir konflik – wat al grootter word – uitgelig in ‘n poging om grond regte te beskerm.

Herman Toerien ·

Hallo Ivan. Hierdie rubriek is geskryf lank na die NOP opgestel is. Sedertdien het verskeie ministers en ook die president, voorbrand gemaak vir die onteiening van grond sonder kompensasie. Dit is ook in die parlement gedebatteer (en met die hulp van die ANC verslaan), en dit is duidelik uit daardie debat dat met onteiening van grond sonder kompensasie juis dit bedoel word. Die grondwet sal daarvoor gewysig moet word, en die ANC sal sy eie beleid ook eers moet aanpas (om dan met die hulp van die EFF (wat dit beloof het), die NFP, Agang en ander wat hul stem so in die debat uitgebring het, die grondwet wysig. Die hele stuk handel juis oor die balanseerpunt oor wie uiteindelik hul sin gaan kry – Zuma en sy mense saam met die EFF ens, of die res. Om nie met ‘n ander te wil skoorsoek nie, om die grondwet tov hierdie bepaling te wil handhaaf, maak nie van iemand ‘n regse nie.

Jacques Venter ·

Beide Zuma en Groenewalt probeer munt slaan uit die grond kwessie. Sprake van oorlog en burgeroorlog is gewoon onverantwoordelik en ondeurdag.
n Plofbare situasie word deur selfsugtige politici uitgebuit ten koste van dieland en sy mense.
Probleme soos grond besit kan beste op grondvlak opgelos word. Politici moet asb nie die probleem uitbuit vir goedkoop gewin nie. Suid Afrika behoort aan almal nie net aan die politici nie

JC ·

Mnr Groenewald probeer gun munt slaan uit niks nie, meneer.
Hy is ‘n man van inbors en waarheid.

Jacques Venter ·

Die VF+ het niks om Suid Afrika te bied nie. Hulle Volkstaat droom is al lank gelede in die kelders van vergetenheid gebêre

john samuel ·

Dit is Lankal verby “Volkstaat” Jacques, en nou eerder n kwessie van ‘Blanke behoud’.

En dat jy die vermetelheid het om te sê die VF+ ‘het niks om te bied nie’ wys duidelik jy is oningeligd (as ek kyk hoe die VF+ Landelike beveiliging dryf, en Menigte ander projekte) – of jy probeer dan maar net ook jou “opinie” lig. Shame Jacques…

JP Engelbrecht ·

Ons kan net saam staan deur gebed dat god die land sal red van die bose

JC ·

God sal met ons wees in ons stryd ten die bose magte:)
Sy seen is Al wat ons nodig het vir ‘n oorwinning, net soos HY saam met ons voorvaders in die veld was.

Lewies ·

Ek stem saam, ons moet nie ons geloof verloor nie. Die ander kant van die munt kan ook waar wees nl. dat die Here juis hierdie situasie gebruik om ons tot inkeer te dwing. “die wereld is ons woning nie” en Hy sal nie toelaat dat ons ander gode voor Sy aangesig meer lief het as vir Hom nie.

Ben Prinsloo ·

Uiteindelik is daar darem iemand met ruggraat wat vir die anc en eff en hulle gepeupel ook kan sê die boere wil nie oorlog hê nie maar moet nou nie aanhou dreig nie. Hoop die gepeupel luister want hulle het die werklike geskiedenis vergeet.

JC ·

Groenewald IS ‘N YSTER.
Baie dankie Mnr Groenewald!! Ons staan bankvas agter jou. Ignoreer asb negatiewe opmerkings.
ONS voorvaders het gesterf, en hul bloed gespil, vir ONS LAND en grond, EN ONS SAL SOWAAR WEER!!
#LIEF GENL. C.R. DE WET, MY HELD!!

Loeis ·

Anders as die DA vra VF+ nie verskoning vir die feite nie, maar se ‘n ding nes dit is.

piper ·

as hulle die grond vat gaan hulle ook die skuld daarop vat?

Jaco ·

Hoekom dink jy wil hul banke nasionaliseer? Skuld op die grond gaan vir hul niks beteken nie…

Bruno Stef ·

Die Anc en EFF moet vir ons dokumente voorle dat hulle wettiglik die grond besit het waarop hulle nou aanspraak maak en wat van hulle afgeneem is.Hoe het hulle al die grond in SA bekom wat nou ter sprake is. DR Pieter Groenewald is reg moet net nie ons opvoeding as Afrikaners van vreedsame naasbestaan as n swakheid interpreteer nie ons soek nie oorlog nie maar moet nie soos Brittanje dit op ons afdwing nie.

Dries ·

Dink Zuma het die beste grond gekry met baie water en storte

Pieter ·

Mense kom wees nou eenmaal eerlik, kyk na die res van Arika in almal wat daar meer as een etniese groep is ,is daar altyd n stryd wat uitloop op burgeroorlog of rebelle groepe . Nou is die vraag , wat is die verskil tussen wat hier aangaan en daar? Die kans dat n burgeroorlog hier kan plaasvind is baie groot ,jy hoef nie regs te wees om om jou rond te kyk en sien wat aan gaan nie

Lewies ·

Vat hulle liefs in die hof aan, vergeet van oorlogpraatjies. As ons nie kan bewys dat die grond gesteel is nie, moet dit maar oorhandig word.

P ·

My ma het altyd gese dat blankes nie eers kan saamsing nie wat van saamstaan. Hier is nou weer ‘n bewys daarvan. Ek dink dat dit nou tyd geword het dat ons bietjie blankes saamstaan en ophou om elke een op sy eie ding te wil doen. Dit help ook nie om met alles na die howe te wil hardloop nie want dit is in elk geval so oorvol met alles wat in die land aangaan. En dan steur die mense hulle nie eers aan die hof uitsprake nie.

Verwonderd ·

Om jou eiendom te verdedig is nie regs of rasisties nie. Dit is verskans in ons regstelsel. Die aanslag is nie net op landbou grond nie maar op alle eiendom. Soos Juju al by geleentheid gesê het, hy wil graag melk uit die wit mense se yskaste gaan drink. Hy verwag almal gaan net lê en swig onder sy eise, sodat hy as die groot “held” uit die “slag” kan tree. Oorlog word nie gesoek nie, die EFF dwing dit op ons af. Dankie meneer Groenewald dat u ons sentimente verwoord het.

Jacques Venter ·

Verwonderd
Die VF+ is nie die oplossing nie. As krimpende eksklusiewe party het dit geen mag nie.
Die oplossing lê by die DA wat hand en tand vir die grondwet baklei. Die grondwet wat sterkstaan vir eiendomsreg

Boerseun ·

@Jacques Venter: Die Da is ‘n Boerehaterparty wat die Afrikaner verag en minag. Die DA is net die ander kant van die ANC-munt. Die DA ondersteun die rassistiese, anti-wit Grondwet en sy rassistiese anti-wit wetgewing. Om vir die DA te stem is om vir jou blanke kinders se dood te stem – in die vorm van werkloosheid, kwota’s, RA, SEB en hordes ander rassistiese anti-wit wetgewing. Ons kan niks by die stembus uitrig nie, daardie moontlikheid is reeds in 1992 deur die verraderlike NP-regime nek omgedraai.

JC ·

Die oplossing le by die Front Nasionaal EN VF +, al is hulle ekslusief. EKSKLUSIEF IS SINONIEM AAN MINDERHEIDSBELANGE EN REGTE, NE.
Jacques jy laat my grinnik, waar het “inklusiwiteit” ons gebring???
Indien mens wakker is sal jy besef dit is ‘n fyn vermomde eufemisme vir meerderheidsoorheersing.
Dis nie meer tyd vir koekies bak nie, Jacques.

Oplossings? ·

Sal ‘n burgeroorlog in miskien die vinnigste oplossing vir hierdie land se probleme wees nie. Dalk skrik die wittes dalk wakker en lig hulle vet basse en begin saam staan.

Hannes ·

Die persone wat so TEEN die waarskuwing van n moontlike burgeroorlog is en dus VIR die onteiening van landbou grond besef seker nie dat dit slegs die eerste stap is om ALLE eiendom (ook hulle woonhuise in die stede en hulle besighede) te ontrien nie.
Eiendomsreg sal totaal vernietig word, en almal sal van die staat afhanklik wees. Jy sal jou eienfom slegs op n huurpag stelsel kan “besit” – soos reeds in ander Afrika lande.
Ons kan onder geen omstandigheid toelaat nie.

Ernst ·

Net so JC ons is gin bang nie. Hulle wil ALLES wat vat aan blankes behoort maar hulle gaan sukkel.

Jacques Venter ·

Hallo Oplossing
Hoe de muur gaan ons klompie sonder wapens n burgeroorlog veg?

Die wittes se saamstaan, is net soos.WMC n slogan en niks meer nie

Oplossings? ·

Jacques die wittes werk op hulle beste as hulle in n hoek vas gekeer is en hulle word seer gemaak. Dan sal hulle uit hulle dop klim en moet jou nie bekommer oor saam staan nie, daar sal genoeg van ons wees.

Nico ·

Hi Jacques wie se ons het nie wapens nie? Daar is nog wat het . Daar is ook baie wat sal weet waar om dit in die hande te kry en ook om dit te maak. Al die manne wat in die Weermag was kan ‘n bydrae lewer. En daar is baie van hulle.

Cornelius du Rand ·

Ek dink ook die tyd is ryp vir ‘n burgeroorlog want van praat gaan daar niks van kom nie. Die geskiedenis herhaal homself. Geen Afrika land regeer deur swart mense was nog ooit ‘n sukses nie en sal ook nie wees nie want hulle is ” consumers” en nie ” creators” nie. Hulle kan nie hulle eie welvaard skep nie selfs al het hulle al die geleenthede in die wereld. Natuurlik is daar uitsonderings maar hulle is baie min. Net so ook is daar uitsonderings aan die blanke kant. Die keer moet ons egter seker maak dat ons die verraaiers in ons midde ook vernietig ander sit ons met dieselfde probleem in die toekoms.

Zachrys ·

My 2 sent is: probeer eers die regte ding doen, niemand mag ooit n vinger na ons wys dat ons iets verkeerd doen as ons wel in oorlog ingang nie… En as dit wel gebeur mag jy nie stop nie, jy mag niks van die vyand laat lewe nie soos in die ou testament, als moet verniet word. Ons staan nie saam nie en dit is soms ń sterk eienskap…. En laastens ń goeie vriend van my het gesê: moenie ń oorlog begin wat jy nie kan wen nie….

Jacques Venter ·

Hallo John Samual
Ek is bly oor die beveiliging van die platteland deur die VF+

Vertel asb meer. Dan is dit iets waarvan ons stedelikes min weet

piper ·

moenie eers van burgeroorlog praat nie. wys my waar dit ten voordeel van enige land was. dit is net verwoesting en verarming van die hele bevolking. mog dit ins nie tref nie.

Ernst ·

Jy verstaan verkeerd Piper. Ons wil nie burgeroorlog he nie maar ons sal nie ons eiendom net afgee nie. Hulle soek vir n burgeroorlog. Die Eff en ander se dan die hele hulle wil alle blanke eiendom net vat

Jacques Venter ·

Hallo Piper
Dis verfrissend om tussen al die geraas die stem van rede te hoor.
Burgeroorlog is erger as konvensionele oorlog, omdat jy nie n defenitiewe front het nie.
Hierdie ouens wat so skreeu is slegs n front waaragter hulle onsekerheid wegsteek. Soos ek vroeër gesê het, word die burgeroorlog n emotiewe speelbal vir die ekstemistiese partye na weerskante.
As Groenewalt of Zuma of Malema burgeroorlog predik is dit bloot vir politieke gewin.
Rasionele mense besef die vernietiging van burgeroorlog en hou dit uit publieke gesprekke. n Oplossing kan dit nooit in der ewigheid wees nie

humor ·

Groenewald stook nie burgeroorlog nie. Noem slegs die onvermydelike wat kan voortspruit uit grondonteiening ens. Jy wat so gryp na hierdie uitweg ken jy die verwoestende hartverskeurende gevolge van oorlog. Jy weet beslis nie waarvan jy praat nie.

humor ·

Die een wat sonder doeltreffende wapens n oorlog wil ingaan en eers drupsgewys na wapens soek wat miskien daar mag wees, begin as n versekerde verloorder. Hierdie Boerenasie het nie n enkele vriend in die internasionale wereld nie. wie sal leiding neem. Ons wat in die grensoorlog betrokke was se beste deel van lewe is al agter die rug. Gaan kyk maar by die sg kunste feeste en fiestafeeste en die grootinkoopsentrums hoe lyk die moderne Afrikaner. Ek sal beslis nie my lewe waag om langs baie van hulle in n loopgraaf te wees nie.

jan van riebeeck ·

so jy dink wat jy op feeste sien is die beste wat die boervolk kan bied ?
die beste is op oefenkampe op naweke my vriend , ons het nie tyd vir feeste en kroee nie , gelukkig is die eff en anc ook onder dieselfde vals indruk as jy en gaan hulle n verassing kry , die skok van hulle lewens , 3000 skape teen twee leeus mag dalk vir iemand wat nie leeus ken nie lyk na n onregverdige geveg en hulle sou reg wees … hehehe

Dries ·

Jacques Venter. Net n paar regsteliings. Die VF+ is nie ekstrimisties nie, daarvoor is daar baie verder regs, miskien nie in die parlement nie maar wel in die spekktrum. Die DA is links . Groenewald kan dalk die situasie gebruik maar dan is dit ook goed so. Kyk wat het die agterbakse DA met Zille gedoen.. rasionele mense besef die DA is niks anders as die ANC nie, inderwaarheid is daar geen beleidsverskil nie.
Terloops n geharde millitaris Genl Konstand Viljoen wat in 94 die gematigde rasionele denker was om die sg regses te kry om die verkiesing En die nuwe SA te onderskraag het n jaar of twee gelede al gese in retrospek sou n burgeroorlog in 94 dalk nie so sleg wees as wat die situasie tans is nie.

Dries ·

Terloops die ouens wat so bang is om die VF+ in die openbaar te steun is seker bang hulle BEE maatskappye ly daaronder nes Zille gely het..

Jacques Venter ·

Ek lees nou die ander dag dat n sekere statistikus reken dat teen 2030, sal die blankes in SA slegs 3 persent van die bevolking wees

martin ·

Ek lees maar gewoonlik hier. Maar lewer nie kommentaar nie. My siening: indien n burgeroorlog sou uitbreek gaan jy betrokke raak. Ek dink net in sa word gedebatteer mag hulle grond sonder vergoeding vat of nie. NATUURLIK MAG HULLE NIE. Die feit dat hulle die grondwet sou aanpas om dit moontlik te maak beteken niks. Hulle maak net dit wat onwettig is wettig. Berei maar liewers voor. Lees die Woord mooi. Hy se jy moet.

jan van riebeeck ·

Jy kan sê en dink net wat jy wil , maar daar kom n oorlog en niks gaan dit stop nie , lees maar die Bybel en dit word baie duidelik , wat God besluit verander geen mens nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.