Nuuskommentaar: Covid-19 en moeilike keuses

Johannesburg (15 April 2020) (Foto: Itumeleng English/African News Agency/ANA)

Met die aanduidings dat daar nog groot getalle mense aan Covid-19 siek kan word, is daar in Afrika en ook Suid-Afrika kommer oor die beskikbaarheid van hulpbronne soos ventilators, en in die VSA word dokters in sommige state reeds voor moeilike keuses gestel oor wie voorkeur vir hulp moet kry.

Wie gaan danksy die onbeskikbaarheid van mediese toerusting soos ventilators sterf, en wie gaan leef? En dit is geen hipotetiese vraag nie. In die jongste uitgawe van The Conversation skryf die redakteur van godsdiens en etiek, Kalpana Jain, onder meer soos volg: “With a surge of critically ill Covid-19 patients, several states are providing doctors guidelines to allocate scarce resources such as ventilators to those who are more likely to survive. These policies will predictably favor younger patients over older and healthier over those with chronic diseases.

“While this may seem to be the best way of saving as many lives as possible, University of Virginia legal scholar Deborah Hellman, who studies discrimination, argues that some groups will end up suffering more than others – and among them will be those with disabilities.

Onlangs is berig oor ʼn bejaarde Belgiese vrou wat weens Covid-19 gehospitaliseer is, maar toe sy op ’n ventilator geplaas moes word, dit van die hand gewys het. Sy het aangedui dat sy ’n vol lewe gehad het, en gereed was om te gaan. Die ventilator moes liefs vir ’n jonger persoon wat dit meer nodig het beskikbaar wees. Haar wens is uitgevoer en sy het gesterf. Haar optrede is wyd bewonder.

Maar wat as daar meer mense, oud en jonk, gestremd of nie, arm of ryk is, wat vir afhanklikes se versorging en lewensonderhoud verantwoordelik is, wat wil bly leef. Of voel hulle moet bly leef ter wille van afhanklikes wie se lewens sonder hul versorging uitsigloos of selfs benard sal wees?

Ongelukkig kan ’n ieder en ’n elk van ons ons nie so maklik vryspreek van hierdie etiese vraag wat nou skynbaar aan dokters oorgelaat word nie. Dit wemel van nuusberigte oor groot getalle van die publiek wat die inperkingsreëls willens en wetens oortree. Volgens statistieke neem die aantal mense wat “normale ritte” onderneem toe – dit wil sê die nie-noodsaaklike ritte wat hulle voor die inperking sou ry. Vanoggend is daar ’n berig oor geregsdienaars wat in ’n sjebeen betrap is. Al meer mense wat allerlei vervalste permitte verkoop word gevang. Selfs kabinetslede is al gevang dat hulle van die maatreëls verontagsaam, in plaas daarvan om die voorbeeld te stel, en amper nog erger –hulle is nie in die pad gesteek nie. Vanoggend is minister Nkosazana Dlamini-Zuma in die spervuur oor onsinnige regulasies oor gekookte kos. Die onwettige drank- en sigarethandelaars floreer en stroop die staat van broodnodige inkomstes om die ekonomie aan lewensondersteunende toerusting gekoppel te hou.

Hulle stel die blootgesteldes net verder bloot. Het hulle nie maar self bloed aan die hande nie?

Aan die ander kant is daar ook volop berigte van selfs ganse gemeenskappe wat die hande uitsteek en diegene wat nou sonder kos is, of wat andersins nood het, help. Gewapen met gesigsmaskers, handskoene en houertjies reinigingsmiddels reik hulle na ander uit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Anel ·

In hierdie land hoef ons nie eers te wonder wie gaan ventilators kry en wie nie. Of jy nou aan ‘n mediese fonds behoort of nie. Die skrif is aan die muur.

Cherokee ·

Geen mens behoort aan ‘n mediese fonds nie. Ons is lede daarvan.

Kobus ·

Hier is dit duidelik. Dis nie die Sterk mense wat gaan oorleef nie, maar duidelik die Slim mense. Die mense wat hulle self afsonder en by die huise bly, die mense wat net uitgaan met die nodige veiligheids toerusting om hulle week se kos te gaan kry. Vir die res is daar nie juis hoop nie.

Cherokee ·

Ek s bevrees dit werk nie werklik soos jy sê nie. Die mense wat heel roekeloos afsonderings regulasies oortree verhoog die risiko van ook die plig getroues. Want een of ander tyd moet ons uit isolasie beweeg.. tussen die massa in.

Jan ·

Hulle is slim. Hulle probeer ons verwar en trek ons aandag af al die politieke partye veg vir “hot food, tabak en drank” Nie een van hulle veg vir mediese toestelle, maskers en so aan nie. Hulle kan al die winkels oopmaak, verkoop wat hulle wil verkoop. Niemand het meer geld om dit te gaan koop nie . Die wat wel geld het is te bang om uit te gaan, hulle warry wat gaan word van daai baie geld as hulle moet doodgaan.Die staat kon Net van die belasting geld wat hulle verloor het die maand op drank en tabak. kon hulle 5 maatskapye gestig het wat mediese toestele kon maak. Maar nou ja. Gelukig gaan die siekte hulle geliefdes ook aan die hande kry miskien hulle ook

Willem ·

Hoop die hansworse in regering kom nou agter hul NGPlan sal nooit slaag nie. Hulle hardloop nou al rond

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.