Nuuskommentaar: Cyril behou sy twee skandemakers

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Phando Jikelo/ANA)

Toe dit Donderdag bekend word dat pres. Cyril Ramaphosa die middag ’n kabinetskommeling sou aankondig, was daar by sommige waarnemers hoop dat die president nou sou raakvat. Daar is talle probleme wat die land in ’n ernstige knyptang beet het.

Voor die werklike aankondiging het ontleders en joernaliste veral twee name genoem van wie Ramaphosa ontslae moet raak. Hulle is Nomvula Mokonyane en Bathabile Dlamini.

Die politieke ontleder, Prince Mashele, skryf onder meer soos volg: “If he fails to remove these two he will also be sending a message to society that all the talk about a new dawn was nothing but hot air … It will be a missed opportunity if he was to fill only the two vacant positions because there are glaring failures in his cabinet. There are rotten apples in his Cabinet such as Nomvula Mokonyane and Bathabile Dlamini. He has to remove those two, at least.”

Nie net is Mokonyane in die kabinet behou nie, maar sy is na die portefeulje van omgewingsake verskuif. “Arme renosters,” skryf ’n ontleder.

Ook Dlamini die skandemaker en moontlik ’n kandidaat vir ’n oranje oorpak as die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) sy stert in rat kry, is behou.

Hoewel die land se rioolprobleem onder die departement van waterwese en sanitasie val, en dus nie Mokonyane se regstreekse verantwoordelikheid is nie, kan sy ook nie hande gevou sit as die Vaalrivier-ekosisteem in duie gestort het nie – veral as dit net die begin is, as’t ware die druppel aan die emmer. Dit toon ook hoe belangrik dit is dat staatsdepartemente gerasionaliseer moet word – ’n kans wat Ramaphosa nou op een na verspeel het.

Minstens die helfte van die land se infrastruktuur is besig om ineen te stort, en dit gaan glo sowat R5 miljard kos om die Vaalrivier te rehabiliteer. Tesourie gee jaarliks genoeg geld aan munisipaliteite om hul rioolwerkstelsels in stand te hou, maar die geld word vir salarisse aangewend. Dis ook nie bekend of die departement van water en sanitasie al iemand vervolg het vir rioolstorting nie.

Só sê ’n direkteur van die nasionale tesourie. Hy meen ook daar is in die departement van water en sanitasie nie meer genoeg kundigheid nie. Hy lê getuienis af voor die Menseregtekommissie wat veral die ineenstorting van die Vaalrivier ondersoek. In die geheel beskou is sy getuienis ontstellend.

Bathabile Dlamini. (Foto: ANA)

Hoogverraad, skryf ’n leser in sy kommentaar.

Word bietjie gekyk na die omvang van die direkteur se verpligtinge, is dit besonder omvangryk. Heelwat vervolgings spruit voort uit sy werk, ondanks die gebruiklike blokkasies wat by die NVG ervaar word. Hy self hou die spesiale ondersoekeenheid goed besig. Die rioolprobleem is maar ’n druppel aan die emmer van sy verantwoordelikhede, en dit is eintlik verstommend dat hy, of ’n ondergeskikte amptenaar wat hom rugsteun, so op die hoogte van sake met die rioolkrisis kan wees.

En dié inligting is aan die regering bekend.

As die regering vanuit hierdie bron nie genoegsaam kennis geneem het nie – die media het die storie ook al genoeg opgerakel. Oor die jare is ontstellende berigte geplaas – byvoorbeeld die sterftes in Delmas weens tifoïed, cholera wat al in die Vaalrivier en ’n waterplas in Soweto aangetref is, en vele meer.

Die kwessie is reeds op 18 Maart 2014 volledig in ʼn nuuskommentaar op Maroela Media onder die loep geneem. Dit was na aanleiding van ’n verslag wat AfriForum oor munisipale drinkwater opgestel het. Hiervoor is die drinkwater van 100 munisipaliteite getoets. In die drinkwater van verskeie munisipaliteite is E. coli aangetref.

Maar wat het ’n verslag oor drinkwater te make met ’n bespreking oor die rioolprobleem?

Die antwoord is ontstellend. E. coli het net een bron om in te ontstaan – in water wat deur menslike of dierlike afval besoedel is. Die bron is gewoonlik ’n rioolplaas waarvan besoedelde water in rivierstrome, en uiteindelik munisipale waterwerke beland. Water wat oor weidings loop en in riviere afloop, kan ook hiertoe bydra.

Nomvula-mokonyane

Nomvula Mokonyane. Foto: ANA.

E. coli, in elk geval die soort wat in Suid-Afrika voorkom, is op sigself gewoonlik nie dodelik nie, maar is ’n handige klikbek dat die medium wat nodig is vir die groei van ander organismes wat wel dodelik kan wees soos cholera en tifoïed in die water teenwoordig is. Dit sluit in virusse, bakterieë en swamme. Die hele spektrum is al jare gelede by die Barrage in die Vaalrivier gevind.

Rou riool wat in ’n straat afloop, is nie net ’n stinkende ongerief nie, dit kan dodelik wees.

Dit is nie net die rioolplase wat so dikwels verwaarloos word dat meer as die helfte daarvan dreig om ineen te stort nie, maar die rioolnetwerke self. Die probleme is legio, soos swellende kleigrond wat die gelyke afloop versteur en soms selfs pype breek. Wortelindringing wat nie net verstop nie, maar water laat uitlek – dikwels in swellende kleigrond.

Verstedeliking speel ’n rol, met die nuwe stedelinge wat besoek van hul landelike families kry, en dan sommer die kans benut om almal te bad en klere te was. In ruil bring hulle dikwels weer kos saam, wat tipies ryker as die stedelinge se kos is, en meer vette en ander stowwe dra wat in die pype vassit. (Dit word in interessante studies oor Kaïro bespreek. Egipte se nuwe administratiewe hoofstad wat 40 km van Kaïro gebou word, word volgende jaar betrek.)

Dit is byna ondenkbaar dat die regering nié van al die onheile bewus was nie. Dit lyk in elk geval of die intelligensiedienste hulle meer bemoei het met die spioenasie op regeringslui (Zuma se teenstanders) as wat sake ondersoek is wat die veiligheid van die bevolking werklik bedreig.

Dat toegelaat is dat dit so erg ontaard, is ’n erge skande. Dit terwyl staatsdepartemente se ongemagtigde uitgawes reeds R51 miljard beloop het.

Die vraag wat ’n mens egter wil vra soos in getuienis voor die Zondo-kommissie na staatskaping – waar is die oranje pakke? Tegnies is dié verwaarlosing dalk nie hoogverraad soos die leser onder akklamasie wou weet nie, maar daar word beslis ’n misdaad gepleeg, al is dit ’n statutêre misdaad. Want iemand wat nie weet dat rioolbesmette water iemand se dood kan veroorsaak nie, hoort nie in ’n openbare pos of amp nie.

Dis jammer Ramaphosa het die kans deur die vingers laat glip – juis noudat hy so hard probeer om die skade van die beleid van grondgryp sonder vergoeding goed te praat in plaas van dit op die “nooit as te nimmer”-trajek te rangeer nie.

  • Maroela Media het ʼn skarebefondsingsprojek op die webwerf BackaBuddy van stapel gestuur om Herman Toerien te help om fondse vir sy kankerbehandeling in te samel. Klik hier om meer te lees of om Herman deur BackaBuddy finansieel te ondersteun.
  • Indien jy ʼn direkte bydrae in die Toeriens se bankrekening wil maak, stuur ʼn e-pos na [email protected] met “Herman Toerien” in die onderwerpveld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

leser ·

“stir-all” is te stiksienig/dikvellig om sy kabinets mense se foute raak te sien, hy kort ‘n goeie bril
die nvg moet nie op hul louere rus nie, maar hulle is ook maar net soos die steler

Willie ·

Miskien is Ramapadapot “still in the mist of the new dawn”? Dis n skande… bedrieer soos die res.. Hulle kyk na mekaar… Hulle alaml is maar n skande vir SA

Nel ·

Miskien, net miskien sal daar na die 2019 verkiesing iets gebeur. Hulle skommel mos gewoonlik dan die kabinet.

B-man ·

Dit kom van ver af. Dit kom van ver af. Van Piet le Roux se plaas. As die kollonialiste nooit gekom het nie, sou “ons mense” nie hierdie probleme gehad het nie…
Kinders moet nie met die water mors nie. Gmpf! Nou word die kinderlike leke magsposisies gegee en daar is ‘n vy in die drinkwater.

Dries ·

Hierdie optrede, of gebrek daaraan, laat my wonder of Ramaphosa, regtig Self regeer en of hy voorgesê word wat om te doen…

zoom zoom ·

Ja nee die CR is en lyk of hy die land kan regeer maar volgens ‘n berig in News24 het die ANC probeer Om die R500 000 rand Te verdoesel dat die firma wat die geld gegee het vir OU CR se naam nie bekend gemaak moet word nie.

John ·

Diegene wat van skokke hou kan gerus moed hou tot na die verkiesing in ’19… indien dit wel plaasvind. Dit verrassings kan dalk gouer kom. Hou dus moed. Afrika slaan nooit mens asem weg tov van fantastiese nuwe uitkomste of werksaamhede nie… Mens vermoed byna Afrokane is die uiterste van masochiste want as iets werk moet dit stukkend vir sukkel-sukkel-tranestories en indien daar geld vir vooruitgang is, word die fondse afgewentel oor die rand van ons plat aarde waar dit tot in die onbekende ewigheid in verdwyn, snik, snik. Ek sukkel om die bakhandteken op die tablet te kry… Weet iemand waar. Mens kry dit nodig.

Geregtigheid ·

Ek dog CR het gese hy is klaar met rassisme? leuenaar!!!!

Hanna Hoekom ·

Oh, cry me a (polluted) river… CR, die ANC en die oorgrote meerderheid van die land se mense voel vere vir waterbesoedeling. Daarvan getuig die derduisende plakkerskampe op rivierwalle daagliks. Sou die paw-paw die “fan” tref, sal dit tog net weer op die kolonialiste geblameer word!

ZET ·

CR sal nie vir Dlamini blaas, hy is bang sy kla hom aan vir diskriminasie teen dronkaards!

Thinus Erasmus ·

Ag die groot hoop op volgende jaar se verkiesing, Ramarampspoed sal jul voete onder jul uitvee met ………. wag vir dit……….. ja…………met absoluut niks behalwe mooi praatjies nie.

Ja Nee ·

Almal wat dink dinge gaan verander na die volgende verkiesings…. Ja dit gaan versleg….. As jy blank en eiendom het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.