Nuuskommentaar: Daspoort das Poort na “wit” woongebiede?

Betogers maak amok in die weste van Pretoria. Foto: Facebook

Betogers maak amok in die weste van Pretoria. Foto: Facebook

Daar is ’n groter simboliek as bloot die fisieke gebeure in gister se “inval” van arm betogers in Pretoria-Wes wat onder meer tot die sluiting van die Daspoorttonnel gelei het. Gegriefde mense wil gehoor word, en dit werk nie om vanuit hul agtergeblewe omstandighede te skree nie – hulle moet dit neem na waar dit wel gevoel en gehoor sal word. Nie net voormalige wit woonbuurte kan (maar sal waarskynlik weens ’n verskeidenheid redes nie) meer dikwels die teiken word nie, maar ook prestige-instellings soos universiteite.

Die nuus oor molesmakende betogers wat dele van westelike Pretoria ingeval het en die soort marankas aangevang het wat gewoonlik tot die ontevredenes se eie woongebiede beperk is, het gister veral deur die sosiale media vlerke gekry. Verskeie strate en die Daspoorttonnel moes vir verkeer gesluit word. “Hier kom ‘hulle’!”

Jare lank is bangmaakstories al versprei oor swart mense wat hul protes na wit, of dan voormalige wit, woongebiede sou “uitvoer” om die apatiese “ander” by die griewe in te sleep en op ’n manier betrokke te kry.

Die reaksie om skole, en volgens ’n mededeling op die sosiale media, ook Sol-Tech te sluit om mense te beveilig, was dus heel te verstane. Presies hoe gewelddadig sou die “inval” word? Al was die inwoners van Pretoria-Wes nie self die teiken nie, maar ’n regering en munisipale raad wat na hul mening uitblink met verbreekte beloftes en dan horende stokdoof word.

Die moles hét “gewerk”, en baie blootstelling is gekry. Maar daar is nog baie woongebiede binne “trefafstand” van “wit” woongebiede, sommige baie welgesteld. ’n Mens kan jou maar net indink wat sou gebeur as woedende betogers uit een van die informele gebiede om Alexandra na Sandton opruk en buitebande op straat aan die brand steek, vullis mors en mense intimideer.

Maar “wit” woongebiede het al oor die jare die toevlug geword van meer welvarende swart mense, waarvan baie deel van die ANC-elite is. Volgens ’n skrywe van Raymond Louw van die Vryemarkstigting word die omvang van transformasie wat reeds plaasgevind het, onderskat. Onder meer is daar tans meer middelklas swart mense woonagtig in voormalige wit voorstede as wat die totale wit bevolking is. Swart kopers van vaste eiendom beloop tans 50% van alle vrywillige eiendomstransaksies.

Hulle het juis na hierdie gebiede geskuif om afstand tussen hulle en hul “stemvee”, en dié se omstandighede, te plaas. Betogers kan dus verwag daar gaan onmiddellik enorme politieke druk wees om die molesmakers op welke manier ook al te verwilder.

Vir die tradisionele inwoners van die voormalige wit woongebiede sal dit nogtans as skok kom as hul betreklik rustige omgewings nou ook deel van die land se ideëslagveld word. Selfs diegene wat in luukse veiligheidskomplekse woon, sal nie onaangeraak wees nie, want die ouers moet steeds by die werk kom, die kinders by die skool, en daar word kruideniersware benodig. En moenie verbaas wees as die betogers nog allerlei grondwetlike regte, gewaand of andersins, opeis om ook die veiligheidskomplekse te betree nie.

Maar eintlik is die tendens nie heeltemal nuut nie.

Die EFF hou vandag ’n optog na Tuks om te betoog teen “’n minderheid wat kulturele, maatskaplike en alle ander fasette van universiteitslewe daar steeds oorheers”. Gister is studente en dosente in die Neelsie op Maties se kampus deur betogers vasgekeer. Motoriste is gewaarsku  om wyd te hou om Unisa se hoofkampus omdat betogers amok gemaak het. Die Woordfees by die US was ook by geleentheid ontwrig.

Gegriefde mense wil hê hul griewe moet aangehoor word. Kovsies se studenteraadsvoorsitter en voorbok-betoger het dit byvoorbeeld duidelik gemaak hulle het die Varsitybekerwedstryd gaan ontwrig “om gehoor te word”. Die duidelik onontvanklike “gehoor” op die pawiljoene was ook nie die teiken nie, maar die miljoene mense wat via die media en sosiale media kennis sou neem van die optrede en gevolge.

Om in hul eie agtergeblewe woongebiede optogte te hou, trek eenvoudig nie soveel aandag nie, maak nie saak hoeveel geraas gemaak word, hoeveel bande verbrand word of hoeveel rommel gemors word nie. Maar neem nou net ’n fraksie van hierdie onluste na die N2-snelweg daarnaas op die Kaapse Vlakte, en daar is landwyd beroerings, en verkeersverslae op radio hou motoriste deurgaans op die hoogte.

Om in middestede te betoog en vullisdromme om te keer trek ook lank nie meer die nodige aandag nie, want diegene wie se aandag getrek moet word, kom lankal nie meer in middestede nie, veral nie daar waar ’n mate van verval begin intree het nie.

Oudpres. Thabo Mbeki het by geleentheid gesê Suid-Afrika is soos ’n huis met twee verdiepings. Op die een vlak woon die armes, en op die ander vlak die meer welgesteldes, en tussenin is daar geen trap nie.

Maar daar sál geluister word, al word die poorte daartoe oopgedwing. Gister skryf iemand op Facebook dat daar dié dag van alle oorde berigte oor onluste was. Maak nie saak in watter windrigting nie, daar is onrus.

In werklikheid is dit nie heeltemal ongewoon nie, maar dit was gister meer opvallend vir baie omdat die onluste ook die sogenaamde veilige ruimtes wat ons dikwels “gekoop” het, ook binnedring het.

Oor die oorsake en gevolge van armoede en die gevaar van relatiewe deprivasie, gestook deur leë politieke beloftes, is al baie geskryf. Dis ook nie eie aan Suid-Afrika nie, behalwe dat die regering hier moeite doen om die kwessie na ras te reduseer en sodoende self verantwoordelikheid probeer vryspring en die skuld verplaas.

Maar word die hele mededeling van Raymond Louw, soos vertaal, aangehaal uit Business Day Live, word ’n effe ander prentjie geskets: Die getal swart mense wat meer as R400 000 per jaar verdien, het van 2000 tot 2014 met 1 000% toegeneem vanaf 120 000 tot 1,2 miljoen, 90% van wie in die privaat sektor is. Die swart middelklas het in hierdie tyd met 333% gegroei vanaf 1,8 miljoen tot 6 miljoen.

Tussen 1996 en 2011 het die totale swart besteebare inkomste toegeneem met 370% vanaf R161 miljoen tot R756 miljoen, terwyl persoonlike inkomste met 300% gestyg het. Daar is tans meer middelklas swartes woonagtig in voormalige wit voorstede as wat die totale wit bevolking is. Swart kopers van vaste eiendom beloop tans 50% van alle vrywillige eiendomstransaksies. Die persentasie swart regters het vanaf 25% tot 62% met 248% tussen 2000 en 2012  gestyg. Die gemiddelde lewensverwagting van swart mense het vanaf  2006 tot 2011 vanaf 53 tot 60 jaar gestyg. Private skole is 72% swart en swartes beskik oor meer as die helfte van alle universiteitsgrade. Die getal swarte mense wat op minder as R30 per dag leef, het gedaal vanaf 16% tot 2,5% sedert 1996. Swart mense besit tans ongeveer 50% van alles wat besit word in Suid-Afrika – aandele, nuwe firmas, lidmaatskap van mediese fondse, versekeringspolisse, motoraankope, kredietkaarte, en so meer. (Erkenning aan Ditsem vir die vertaling.)

Met al die huidige veldtogte teen rassisme is dit eintlik ’n goeie tyd om in beginsel die raskwessie in die armoedevraagstuk te vergeet, en holisties te kyk hoe armoede onder alle rasse ten beste aangespreek kan word sonder om diegene met produksiemiddele en produksie-insigte af te trek bloot oor velkleur.

Ten slotte. Vreedsame betogings en stakings is grondwetlike regte. Dit ontaard egter dikwels omdat dit dan nie “raakgesien” word nie en van vergeet word. Dan word dit gewelddadige propaganda, en die vuurhoutjie kom na-aan die kruitvat – soos Marikana. En nog ’n Marikana of soortgelyk gaan nie help om te keer dat Suid-Afrika rommelstatus afweer nie. En dan het almal verloor.

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar, Rubrieke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

20 Kommentare

m ·

Die ANC belowe hierdie mense al sedert 1994 baie goed en kon nog tot op datum nie produce nie. So los ons wittes uit, hou op om ANC te stem dan sal dinge beter raak vir julle, maar julle word strooi vertel dat die land terug sal gaan na apartheid toe, wat die grootste stroei op hierdie aarde is. Hou aan glo die ANC kan vir julle iets doen en julle armoede en ellende gaaan net erger word. Julle teken julle eie ondergang!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Chris Lombard ·

Herman, ek dink jy verwys na “Leon Louw”, eerder as “Raymond Louw”.

Veritas ·

Dagsê Herman. Dankie vir die waardevolle statistieke. Dit is natuurlik ‘n bewys van die sukses van regstellende aksie, gesien deur die oë van die swart bevolking wat dié statistieke egter nie wys nie is watter persentasie, van die swart bevolking, hierby baatvind. Dit sal dalk ‘n goeie idee wees om dié statistiek ook te verskaf. Terwyl ons dan daarmee besig is, sal dit ook interessant wees om te weet watter uitwerking dié syfers op die lewensstandaard van die blanke burgers gehad het. Maw het die groei in swart besteding, eiendomsaanskaffing, aandele, motoraankope, verteenwoordiging op rade ens, ten koste van die blanke plaasgevind en indien wel, tot watter mate? Dan kan ons ook gerus kyk na statistieke van hoe die werkloosheidssyfer, onder blankes, toegeneem en ook watter invloed dit gehad het op die algemene lewensstandaard van die blanke. Dankie vir ‘n insiggewende artikel. Groete, Henk Hefer.

Nehemia ·

Beste Herman,
Nou wat sê jy vir my?
1. Betoog om jou sin te kry?
2. Betoog om ander se regte om nie betrokke te raak te vertrap?
3. Die doel heilig die middele?
4. Revolusionêre gedrag is die enigste manier om gesien en gehoor te word?
5. The establishment must fall?
6. Gooi tantrums?
7. Die swart gevaar is terug?
8. Onrus is ‘n normale toestand?
9. Onrus moet orals wees?
10. Onrus is die begin van ‘n nuwe orde?
11. Ons moet almal in onrus betrokke raak?
12. Onrus is ‘n 50/50 saak?
13. Herverdeling het al baie gevorder?
14. Ek moet betoog om raakgesien te word?
15. Jy mag nie ‘n vreedsame betoger ignoreer nie?
16. Almal het reg om ryk te wees?
17. Armes het reg om te gweldadig te wees “because we are angry”?
18. Die probleem is armoede en nie ras nie?
19. Dis die regering se skuld?
20. Rykes en armes moet verpligtend integreer?
Wat het jy nou eintlik gesê?

Blondi ·

Verpligte intergrasie tussen arm en ryk kom neer op n kommunisties/sosialistiese staat. Dit is tog die mikpunt met al hierdie politieke gedrewe wetgewing wat vanaf 1994 inwerking gestel word deur die ANC/SAKP.
Dit is duidelik vervat in die Vryheidsmanifes. Hierdie land gaan eers ten gronde moet gaan vir almal, wit en swart voordat daar “gelykheid”tussens arm en ryk sal kom. Dit is die hartseer realititeit van vandag.
Se maarr net.

Herman Toerien ·

‘n Mens kan nie in elke nuuskommentaar dinge weer uitspel wat al in vorige nuuskommentare snuif getrap is nie. Dit sal van elke nuuskommentaar ‘n enorme lang stuk leeswerk maak. Ek besef daar kom deurlopend nuwe lesers by en daarom probeer ek so ver moontlik om detail te verskaf. Heel toevallig hanteer Leopold Scholtz vandag in Media 24 ‘n soortgelyke tema – die regte soos om te betoog wat die grondwet gee, maar wat die reg op gewelddadigheid uitsluit.
Die establishment-kwessie speel hom nou baie duidelik in die Amerikaanse presidentsverkiesingsaanloop af. Trump en Sanders laat beide hul partye se establishment sidder, en planne word gemaak om veral Trump se kandidatuur te sink.
Ek stel voor jy vergewis jou van Maroela se beleid en beginsels en beoordeel dan die nuuskommentaar daarvolgens.

Andre ·

Baie insiggewend. Hoekom word die stats nie op die SAUK kanale asook radiostasies bekend gemaak nie? Selfs wêreldwyd. Dan kan ALMAL sien dat SA nié die plek is om te wees nie. Nie die plek om sokker of rugby te speel nie want dit is eenvoudig te onveilig. Laat die berig ook in engels vertaal word sodat die verspreiding weier gemaak kan word.

Basson ·

Die betogers bly in die omgewing van die tonnel – Debora straat en wes om presies te wees. Die R55 is maar ‘n paar 100m van hulle gebied af, so ek dink nie dis ‘n kwessie (hier) van ‘kom ons val sg ‘wit’ woongebiede binne nie.

Nikolaas Pienaar ·

Dankie vir jou gedagtes Herman!

1. Ek reken die bestaan van ‘n groot en sterk middelklas wat oor rasgrense strek het die vermoë om ‘n samelewing te skep waar die meerderheid mense rustig wil woon en werk en hulself produktief uitleef. Ek is pro dit.
Die frustrasie van die inwoners van Pretoria-Wes (wat myself insluit) is: wat gemaak as iemand anders my die moontlikheid om rustig te woon en te werk ontneem?
As gelowige le my antwoord in die bergpreek van ons Here.

2. Mens kom ook baie gesprekke (en politiese retoriek) tee waar menswaardigheid direk aan ekonomiese stand gekoppel word.
Mens sien dit in eie kring in hoe ryk en geskoolde mense hulself meerderwaardig beskou en ook in hoe arm mense op hulself neersien en minderwaardig ag (op nasionale kring neem dit ander dimensies aan).
Weereens gee my geloof my ‘n ander persepsie op wat menswaardigheid bepaal: As gelowige word my menswaardgheid nie deur my ekononiesie stand, opvoeding of toegang tot munisipale dienslewering bepaal nie, maar is dit iets wat wat my deur die Skepper toegeseg word, om te weet Hy sien my en my gesin om Christus ontwil as mense wat met Hom versoen is, dws as heiliges.
Hierdie wete maak dat ons ook anders optree wanneer dinge gebeur wat menslikerwys maak dat ander hul toys uit die kot gooi wanneer hul waardigheid (wat in hulself gelee is) gekrenk word.

TJ Polokwane ·

Wonder ek mos ook Willie. Wat het Nikolaas nou eintlik gesê?

Armando ·

Nikolaas het duidelik die geleentheid gegryp om op grond van die huidige woelinge daar by hom sy godsdienstige oortuiginge die wêreld in te stuur asof dit enigsins saak sou maak. Ek sou voorstel dat as hy wil bid hy dit in sy “binnekamer” doen.

amelia ·

hul stem anc Is mos hulle burgermeester wat al die beloftes maak gaan na sy huis en sy straat en brand daar en gooi klippe in pad Wat die eise is van GEEN AFRIKAANS in skole Wie betaal die skoolfonds wie se skole is dit die ouers wat al hoeveel jaar skoolfonds betaal Skole in hul gebiede is gebrand nou is dit ons mense se skole wat in slag moet bly Ek wil nie in hul skool wees nie en glo ook nie ander of hul kinders nie so bly uit ons sin ook Is mos maar so maklik soos dit

danie ·

Ons sin en hulle sin, gelukkig is daar nie meer apartheid nie. Dalk flam die dinge meer op in die areas waar daar meer armes is omdat hulle dalk meer gat vol is, net soos met alle ander organisasies, word minder geskoolde en opgevoede mense makliker aan hulle neuse rond gelei. En as die kruisie getrek is dan word daar van hulle vergeet. Ek neem alle leiers van alle organisasies verantwoorlik vir waar ons vandag sit. Julle is die leiers neem beheer en maak n verskil.

Jan ·

Dit is n toets om te sien met wat hulle kan wegkom, volgende gaan hulle privaat woonings beset.

Otter ·

Dankie vir die syfers oor die welstand van swartes. Feite versprei troef regeringspropaganda. Dankie Maroela! :-)

matie willemse ·

Aan almal, kyk op you tube “her name is Ms Ann”

Wynand ·

Hierdie betogers sal oor enige-iets betoog wnt hulle het niks anders om te doen nie. Vir hulle is dit ‘n uitstappie. Hulle sal altyd ‘n rede vir ‘n uitstappie kry. Praat gaan niks help nie. Hulle verstaan net afbreek , weer verniet kry en dan weer afbreek. Dit is die norm.Dit sal nooit verander nie . Dit is soos hulle is.

Oom Boer ·

@Wynand, jou skrywe laat my nou terug dink aan ‘n paar jaar terug toe daar ‘n “cross cultural” kurses deur ons maatskappy aangebied was. Ook was die vraag ge-opper waarom al die vernielsug, skole afbrand, vullis in strate ens, en dit was genome dat dit “job creation” teweegbring. Nou daar is die duidelike antwoord, maar toe gevra is wat omtrent die groot kostes wat dit meebring en wie betaal, was die antw: “The white people got money and private sector” they must rebuild.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.