Nuuskommentaar: Demokrasie gee groot sprong vorentoe

grondwethof2

Die konstitusionele hof. Foto: Reint Dykema

Met ’n allerbelangrike algemene verkiesing nie later nie as volgende jaar ’n werklikheid het die konstitusionele hof ’n belangrike uitspraak gelewer oor hoe openlik skenkings aan politieke partye moet wees. Tot dusver was dit grootliks ’n geheime spul en veral die groter party het om redes van hul eie wal gegooi dat hul skenkers openbaar gemaak mag word, en spesifiek diegene wat nie graag bekend wou wees nie.

Die organisasie, My Vote Counts, het toegetree en die howe genader. Die grondwetlike hof het die organisasie gelyk gegee.

Hierdeur is opnuut bewys hoe belangrik burgerlike organisasies in ’n grondwetlike demokrasie is. Sonder hierdie openheid het die deur wawyd oopgestaan vir korrupsie – op omtrent elke denkbare vlak.

Nie almal wat probeer walgooi het, het korrupsie in die oog nie. Sekere sake-ondernemings se besture wil ter wille van hul kliënte nie hul eie ideologiese voorkeure laat blyk nie. Nie alle ondernemings kan bekostig om verskeie partye proporsioneel tot hul grootte te ondersteun nie.

Maar die harde werklikheid is dat dit ’n politieke oerwoud daarbuite is, wat deur meer as een kundige al as inherente korrupsie beskryf is. Voeg hierby die terme soos ’n kleptokrasie, staatskaping, Zuptakrasie en vele meer. Pres. Cyril Ramaphosa het die opruim daarvan beloof, maar die taak het verdoemend groot geblyk te wees. Die verandering aan die wet sal verligting bring.

Die uitspraak is ook ’n les vir diegene wat eers van 1994 met die oorgangsgrondwet, en toe van 1996 die finale Grondwet soveel lof toegeswaai, en as die beste ter wêreld beskryf het.

Vrot is die Grondwet miskien nie – nie as Suid-Afrika ’n homogene staat was nie, maar soveel agterna lapwerk stuur ’n slegte boodskap uit. Veral oudpres. Jacob Zuma het die gebreke gereeld uitgebuit. Geen wonder die kritiek op die Grondwet neem hand oor hand toe nie.

En ’n skynbare weerspreking (of slenter) in subartikel 9 van artikel 25, gaan nou blykbaar alle vorige uitlegpogings van die Grondwet na kinderspeletjies laat lyk. Die groot vraag is of die huidige Grondwet die onteiening van grond onder bepaalde omstandighede moontlik maak. Die Kovsie-taaluitspraak gooi ’n donker wolk oor die vooruitsigte van ’n uitspraak hieroor.

Maar nou het die hof eers raakgevat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Nadine ·

DA se geld sal waarskeinlik van verantwoordelike besighede kom, ANC van korrupte besighede, en EFF van buitelandse organisasies wat sal baat by die skep van wanorde in SA.

Paul ·

En wat gaan met die NGV gebeur? Ek sien CR beduie daar is nie omdraaikans nie. Gaan dit ons al dieper die duisternis in werp? Wel, dit is wat Dawie Roodt glo, dalk nog ‘n afgradering.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.