Nuuskommentaar: Deurmekaarspul oor ras moet koers kry

Die foto van die betaalstrokie wat Scott Magethuka op Twitter gedeel het.

Die foto van die betaalstrokie wat Scott Magethuka op Twitter gedeel het.

Dat die Suid-Afrikaanse rassekwessie kompleks is, sal niemand betwyfel nie. Die vraag of daar konsekwentheid is, is nog komplekser en die onewehandigheid wat hier toegepas word, is verwarrend en lei tot verdere polarisasie.

Die jongste rasseherrie handel oor ’n Zimbabwiese kelner wat in ’n restourant vir twee kliënte se ras “Blacks” as identifikasie op die betaalstrokie aangedui het. Minstens een swart kliënt het sterk aanstoot geneem.

Maar … op sy Twitter-profiel verwys hy na homself as “20 years old Black, Gay, YouTuber. Lover of good food and wine”.

Die swart kelner is vir eers geskors ten spyte van ’n verskoning, en kan moontlik afgedank word.

Dit is lank nie die enigste rasverwarrende optrede nie. Met die Steve Hofmeyr-KKNK-debakel was Steve in die sop oor hy Die Stem (’n FAK-lied wat nie verbied is nie) by Innibos Kunstefees gesing het. Hoewel Hofmeyr uit eie oorweging nie aansoek vir deelname aan die KKNK gedoen het nie, het die bestuur nogtans laat weet dat hy nie welkom is nie – iets wat Rapport as nie baie volwasse nie beskryf het.

Maar … die KKNK het groot gewag gemaak hoe hulle met swart groepe vir groter deelname geskakel het. Is dit nou reg of verkeerd om ’n Black Actors Association, ’n Black Lawyers Association en ’n horde eksklusiewe swart belangegroepe, soos selfs vir die media, te hê?

In die jare ná 1994 was die polisie dikwels met verskeie media-instellings gefrustreerd. Hulle was op soek na ’n wit/swart/bruin verdagte, maar die betrokke radiostasies saai bloot berigte uit wat na die persoon se ouderdom, geslag en selfs lengte verwys, maar nie sy ras nie. Ook baie van die gedrukte media was, en is soms nog baie traag om na verdagtes se ras te verwys. Behalwe as twee wit mans ’n swart man in ’n doodskis druk – dan, skielik, is ras relevant genoeg.

En hoe harder daaraan gewerk word om die land nierassig te maak, hoe meer rasgebaseerde wetgewing stel die regering in.

Die rigting wat die president aandui, help ook nie. Pas het hy voor ’n ANC-jeugligakonferensie gesê hy sal nie bedank nie, want dit beteken hy gee hom aan die wit monopolie oor. Dit ná die president vroeër reeds sy fiksasie laat blyk het deur te sê sy vyande wat hom wil laat bedank, wil hom in die tronk hê. Dit is opsigtelik ’n wanvoorstelling dat dit wit mense is wat Zuma uit die amp en in die tronk wil hê. Leidende figure in die ANC staan aan die spits van bewegings soos die #ZumaMustFall om Zuma uit die kussings gelig te kry.

Trouens, sy onlangse “versoeningsdag-toespraak” was erg ras-provokatief. Selfs sy vroeëre groot teenrassime-toespraak was uiters provokatief deur onder meer na wit mense as “white supremacists” te verwys. Tot die land se voordeel het die markiestent waarin sy “versoeningsdag-toespraak” gelewer het, weggewaai en dit, eerder as die inhoud van sy toespraak, het die oorwig van nuusdekking gevorm.

Wit Suid-Afrikaners het op die harde manier geleer hoe ’n groot sonde “blackfacing” is (terwyl die omgekeerde glad nie die geval is nie).

Die onlangse rassistiese en haatspraakgevalle het ’n rits onewehandige uitkomste opgelewer. Die voorvalle word nie goedgekeur nie, maar as daar nie ewehandige optrede is nie, gaan die kookpot goed gestook bly.

Wat die jongste restourant-voorval betref, blyk die kompleksheid daarvan dat selfs die Wes-Kaapse premier, Helen Zille, haar vingers in ’n twiet verbrand het. Sy het die inskrywing verwyder, en probeer verduidelik, maar haar verskoning en verduideliking word nie oral aanvaar nie.

Die kern van Zille se inskrywing wentel om die volgende: “Hoekom is dit OK om mense volgens ras te klassifiseer vir werk, maar nie om hulle volgens ras te identifiseer by ’n tafel nie?” (Uit Netwerk 24).

Bitter baie mense wil nou ook weet. Want net môre sit iemand weer uit onkunde en te goeder trou sy voet daarin, en word in oordaad verguis.

Intussen kan maar net gesê word: “Wees vreeslik versigtig, leer uit ander se ervarings, en moenie domastrant die kop in die byenes gaan steek nie.” Daar gaan nog lank aan hierdie reëlboek geskryf word, en dit gaan nog langer neem om die inkonsekwenthede uitgestryk te kry.

En die politiek korrekte rubriekskrywers help werklik nie om die saak opgeklaar te kry nie. Dis nie maklik om te verstaan hoe ’n land tegelyk nierassig, erg rasbehep en selfs rassisties kan wees nie, en elkeen gebruik nou nog sy eie reëlboek.

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar, Rubrieke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

66 Kommentare

Toki Scura ·

As jy Swart is, is jy Swart: As jy Wit is, is jy Wit en so voorts. Byna alle documente vra wat is jy. Wat my aanbetref was die kelner nie verkeerd nie. Die persoon wat kla kan gerus ‘n sielkundige gaan sien, dit lyk vir my hy het dalk ‘n onderligende probleem.

Hasie ·

Die mense wat hiervan ‘n bohaai maak beskou ek as brein dood.

Braam ·

Lekker lag ek nou. Maar dis absoluut die waarheid. RSA inwoners hou daarvan om ‘n berg te maak van die kleinste ou miershoop. Vermoed dit word alles gedoen net om aandag te trek.

Cathaldus ·

Ek stem hiermee saam. As jy gaan kyk na die verduideliking van “take offence” sal jy sien dat die persoon ‘n duidelike besluit neem om geaffekteer te word. As jy jou nie steur aan wat ander dink nie gaan jy nie huil elke keer as iemand iets se wat jy nie mee saam stem nie. Ek persoonlik glo dat mense wat offended is nie emosioneel veel ouer as 10 is nie, want op daai ouderdom huil jy nog oor sogenaamde “name calling”. Die wereld is vol mense wat nie eers die waarheid kan hoor nie dat will hulle kwaad raak. Shame.

snoefie ·

die rassekleinlikheid, veral sover dit fb inskrywings betref sal aanhou sokank die aangeklaagdes maar gelate slae gaan verduur. na die teistering van Penny Sparrow het fb gese wat oo fb BLY DAARDIE OERSOON SE EIENDOM. dus…. enige persoon in besit van iemand anders se fb inskrywings, is in besit van gesteelde goedere. ploeg daarmee.

Isabel ·

Kan hulle wys wie hom uit geryk het. Hulle sal dit nie wys nie. Wie se dat dit wel n blanke was wat die transaksie gedoen het.

Wit of swart? ·

Ek verstaan glad nie hoekom is Zille se aanmerking aanstootlik vir enigeen nie. Wie het haar aangevat? Seker weer al die skynheilige WITTES? Ek stem 100% saam, hoekom moet jy oral op aansoekvorms vir banklenings, vir studielenings, vir studie-aansoeke, oral jou RAS noem, maar as jy vis en skyfies gaan eet in ‘n restaurant en ‘n ander MAN VAN KLEUR identifiseer jou as swart, dan is dit rassistiese en ‘n skande? Sy moet eintlik op haar punt staan, hoekom alweer POLITIES KORREK probeer wees terwyl Zuma net vanoggend gese het hy gaan nie die land teruggee vir WITTES nie? Hy het dit reeds vir die GUPTAS gegee, weet nie of daar iets is wat nog oor is nie?

gatiep ·

Herman die uit einde van die storie gaan wees dat niemand meer vryheid van spraak gaan he nie.en prokureers gaan baie geld maak.

Marie ·

Dit beteken huidiglik dat blankes nie meer vryheid van spraak het nie. Al die ander het wel en misbruik hierdie situasie deeglik.

Theuns ·

More Herman, In jou skrywe, tussen die lyne le die oplosing vir Suid Afrika se ras gedrewe pro-
bleme !Die MRK, ANC, DA, MEDIA gryp elke wit op swart rasistiese voorval aan en hang dit aan die groot klok. Die swart op wit rassisme bestaan nie, wit mense moet uiterste provokasie verduur van die regering en Zuma wat die rasse storie gebruik om sy eie onbekwaamheid wegtesteek! Dit het n gerieflike weerlig afleier geword vir onbekwaamheid. Is daar hoop vir Suid Afrika? Nee ek glo nie want selfs ‘n ou soos Ramaphosa dans al soos Zuma op ANC byeenkomste en hemel n diktator soos Rob Mugabe op! Om in suid Afrika die toekoms te voorspel is ook glad nie moeilik nie. Jy kan maar net luister wat die meerderheid, die politieke korrektes, die politieke partye doen en se, dan weet jy wat gaan kom! Ek het jou uiteenstting in die skrywe van jou met waardering gelees en wens net dat ander mede Suid Afrikaners dit ook te lese sal kry. Dankie Herman.

callie ·

Dit wil voorkom of swart mense nie trots daarop is om swart te wees nie. Ek het geen probleem oor swartes voor my praat van die witmense nie. As jy nie trots is op jou ras, geslag en geloof nie my swart mede burgers het jy hulp nodig. So alle swart bemagtigings organisasies is rassisties. Daar is n hele paar mense wat moet skrik, wakker skrik, ek is trots blank afrikaans, wie is jy?

Cobus ·

Nou het julle my deurmekaar. Ek dog al die tyd net witmense kan rassisties wees teenoor swart mense en nie andersom nie. Nou word 2 swart ouens deur n ou wat homself swart noem van rassisme beskuldig. Miskien omdat hulle uitlanders is?

Brie-brie ·

Ek dink dis plein media sensasie. Dis eintlik snaaks dan dit net die een is wat bohaai gemaak het, die ander een bly stil.

Johanna Botha ·

Die mense voel skaam oor hulle eie velkleur ….moet erg wees !

Miena ·

In die land is daar rassisme, oral waar ons beweeg is rassisme, ek verstaan ook dat dit altyd daar sal wees, maar wat my siek maak is in die privaat sektor, word die swart werkers ELKE keer bevoordeel bo die wit werkers….en die ergste is die bestuur is wit, ek sal dit nooit verstaan nie, dis asof hulle bang is vir die swart mense. …..

al ·

baie waar en raak artikel. Toe kommentaar nog op news 24 se omstrede artikels gelewer kon word, is daar erg rassistiese en wrede stellings gemaak van swartes teenoor wittes, gespog het oor hoe hulle die boere doodmaak, en News 24 het absoluut niks aan die saak gedoen nie. Dis skandelik hoe daardie medialiggaam menslike emosies uitbuit en rassehaat aanhits. Was n groep White Lawyers of White Business Forum gestig sou hul as rassiste uitgekryt wees! Maar die swart rassiste leer nie, Mugabe het nie meer n sg wit monopolie om te blameer vir Zim se ellende, hongersnood en hoe werkloosheidsyfer nie!

Lance ·

Baie welkom om op my bill te sê 2 whites …gee eintlik gladnie om nie …regtig nie SO sensetief nie want ek is mos wit en dit pla my niks nie …

Gerda ·

Nou wat moet hul genoem word? Hoekom huil daaroor as hul blacks genoem word want blacks het mos alle voordele en regte en aansien in die land. Blacks mag doen en sê net wat hul wil. So hoekom n cry baby wees. Arme goed.

Jan ·

Soos ek onderaan die aanvanklike berig oor hierdie fiasko kommentaar gelewer het, herhaal ek dit hier. Na dese, om weer respek deur ander groepe vir die swart mense te laat kry, moet die ANC regering maar daarvoor ook wetgewing instel, wat jou in die tronk sal laat beland as jy hulle nie respekteer nie, al jaag hulle persepsie met hul gedrag en optrede, soos wild op wat in alle rigtings spat as die skoot klap.

Ahooy ·

A Black is not allowed to call a Black, a Black??? LMGA!!!!

Santie ·

Ek sal nie omgee as op my strokie 2 wittes geskryf word nie? Ek is wat ek is. Ag nee wat, om daren so dun van nerf te wees is belaglik. En die ophef daaroor nog meer.

Gys ·

Jou kleur is jou kleur. As jy wit is kan jy nie as swart beskryf word nie en ook anders om. Die regering versoek dat ons op dokumentasie ons ras en geslag moet invul. Gaan daar nou ook baklei word oor geslag.

Hendrik ·

hierdie land, insluited uitspake, is meer deurmekaar as n bondel wasgoed in n wasmajien. wonder nou of kleure ook nou met iets anders vervang gaan word????

Rina ·

Sommige mag dink ek is belaglik, maar mag mens voortaan se watter kleur jellybabies jy verkies? Al is jou intensies hoe onskuldig! Licorice All sorts – my gunsteling ook – mense is nou besig om belaglik te raak!

Jan ·

Interessant, jy praat nou van die ‘licorice’ geurmiddel wat van die plant ekstrak word om lekkers van te maak, ons praat mos ook sommer van ‘drop’, ‘n mooi Afrikaanse naam daarvoor is ‘Soethout’.

Zuzu ·

Ek is OOR DIT! Kan regtig nie meer deal met die belaglikheid in ons Land nie!

RK ·

Hul raak nou absoluut belaglik met hul “rasistiese” snert!

Ek is blank en trots daarop. As jy nie kan trots wees op jou ras nie, is dit jou/julle probleem. Om permanent ñ boehaai op te skop daaroor maak dit net meer lagwekend.

Die rasse kwessie sal nooit opgelos word voor daar nie skeiding is nie. Solank as wat ons gedwing word om saam te leef sal dit voortduur. Lees niemand meer hul Skrif nie?!

jo-anli ·

Die storie is nou al so holrug gery, die twee kliënte soek net aandag. Die arme kelner het niks verkeerd gedoen. Dis wanneer mense aandag soek en selfbehep is dat dit so gaan.

jo-anli ·

Hierdie hele storie is belaglik en afgesaag. Die kelner het niks verkeerd gedoen . Ek hoop die twee kliënte het lekker genoeg gekry nou al met hulle aandag soek en selfbeheptheid.

John ·

Wat van al die rassisme in swart staatsbeheerde mediese fasiliteite waar weerlose wit pasiente blykbaar vir weke moet wag vir behandeling of ‘n operasie en ander pasiente ewe liefies voor in die ry ingedruk word. Of wanneer slim wit leerders se punte afwaarts aangepas word en swak anderkleuriges se punte a la vaderkersfeesstyl opgeskuif word. Wanneer ‘n swartman sy winkelwaentjie teen jou motor parkeer. Wat is dit? Die studente/leerders plekke/gelde gaan nog ‘n siek voor-in-die-ry speletjie word. So kan mens aangaan. Daar is baie maniere om ‘n kat te slag.

booikot ·

Booikot asb. Alle koerante wat anti-blank propaganda dmv rasse behepte artkels skryf! Dis nou genoeg- geld praat harder- dankie vir die artikel- dit plaas alles in perspektief- maar mense ons het nou genoeg gehad- praat met jou geld

Johan ·

Dalk besef die twee mense by die resturant dat hulle eintlik swart is en nie wit nie……..as jy swart is , is jy swart…..

Duiwelse Advokaat ·

In ‘n primitiewe beskawing soos wat Suid Afrika tans beleef (Danksy die Ja Stemmes) is dit te wagte dat kleur soos Swart Homo Sapiens met wit tande en Wit Homo Sapiens met swart hare asook Albinos met wit velle en wit hare maar katvoet moet loop wanneer hulle restaurante besoek om nie ‘n herrie te veroorsaak nie. Ek persoonlik besoek veel eerder ‘n Shebeen waar dinge nie so ingewikkeld raak nie.

Jaycee ·

Zuma moet liewer vra dat swart kapitaal, wat by die tonne bymekaar gemaak word maar nie produktief aangewend word nie, volgens sekere riglyne aangewend moet word tot voordeel van die hele land en nie in privaat bokse weggesteek word nie. Ons wil ook graag ‘n naamlys van mense sien wat mildelik aan die ontvangskant van SEB was, al is die geld steeds binne die betrokke maatskappy wat gedwing was om die “skenkings” te maak. Wit kapitaal is soos ‘n oes wat vermeerder terwyl swart kapitaal soos sprinkane is wat net daarop uit is om daardie oes op te vreet.

Hennie ·

Die waarheid is dat wanneer jy met iemand praat wat integriteit het, kan jy feite noem en ‘n goeie gesprek voer, uiteindelik iets bereik. As jy praat met iemand wie geen integriteit het nie sal hy niks verstaan nie en jy sal niks bereik nie.

Jan ·

Ek sien ook die jeuglige se man in my geestesoog wat soos ‘n wafferse wagter al die goed uit snuffel, dan wil hy afsprake maak met die restaurant dat hulle aan die meneer verslag moet doen.

Liewe lulu ·

Ek dink dit is skreeusnaaks dat dit n black man was wat hul bedien het gaan hul hom ok beboet komaan julle sien die komiklike kant swarte noem swart black omw hoop nie die eienaar is wit nie sonie gaan die blaam op hom geplaas word

Richard Perry ·

Nou wat gaan gebeur as new zeeland kom rugby speel en hulle skryf op faktuur all blacks. Arme kelner.

Nel ·

Hehehe en wat as die All Blacks all whites sou gewees het? Double whammy vir die arme kelner.

Oom Kalahari ·

@ Herman Toerien, graag wens ons jou en familie as lesers ‘n Geseënde Kerstyd en Voorspoedige Nuwejaar toe. Mag jul verdiende vakansie vol liefde, vreugde, voorspoed en seëninge wees. Dankie weereens vir ‘n puik en so ‘n raakvat skrywe.Voor 1994 was daar nooit al die ras beheptheid, hofsake, vernederings of beskuldings wat tans aangaan nie. In die werksmark, hetsy by staats instellings of privaat sector word ‘n blanke kandidaat ‘n onderhoud wel toegestaan , maar nie in ag geneem tot enige aanstelling en net met die doel tot statistiek wysings dat ‘n blanke wel onderhoud toegestaan is, maar weens BEE en boetes word oorwegings weerhou waarvan ek eerstehands ondervinding het. Terug tot die kelner, wat is nou so verkeerd om uit te wys wie ‘n tafel okkupeer, want as dit 2 whites gewys het sou dit my regtig nie eers pla nie. Hoe kleinlik het dinge geraak om op eiers heeldag te moet loop? Nou moet iemand sy werk prysgee/verloor vir sulke nietigheid. Hierdie land het ‘n identiteits krisis wat nog heelwat donker tye gaan meebring.

Joan ·

Die man verwys na homself as Black, Gay ens maar iemand anders mag dit nie nie nie!! Siestog hy het ernstige problem en moet gerus n sielkundige gaan spreek! Die kelner is soos ek verstaan ook swart en steeds neem hy aanstoot en verkla die man. Soek seker bietjie media dekking. ……

annalize le grange ·

Ek wil weet hoekom publiseer Maroela nie die rassistiese fb inskrywings waar swart rassiste opmerkings maak teenoor blankes en wittes?

Paula Ernst ·

Hy klassifeer homself op sy twitter profiel as 20 year old Black guy . . . . Verstaan nie dat hy verontreg voel nie. ! ! !

Johannes Wysvinger ·

……en dit is alles Jan van Riebeeck se skuld wat 2000 jaar gelede in Tafelbaai geland het!

ada ·

Dit is die resraurant wat nie die rugraat het om hulle man te staan teen sulke onbenullighede nie. Hulle is lamsakkig sonder rugraat en sonder integriteit.

Johannes ·

……en dit is alles Jan van Riebeeck se skuld wat 2000 jaar gelede in Tafelbaai geland het!

Lewies ·

Ek glo dat diegene wat ‘n bohaai oor hierdie saak wil maak, staan self agter die deur. en moet aan ‘n leuenverklikker toets onderwerp word. As die kelner doodonskuldig twee mens as swart gedentifiseer het om hom te help onthou wat hulle bestel het is daar niks daarmee verkeerd nie. Hy was skoon verwese en hartseer oor die saak. Kwaadwillige mense sal hulle verdiende loon ontvang. Mag dit ook vir hierdie moeilikheidmaker waar word.

John ·

Bekyk bietjie rekening. Daar is rojaal bestel. Was die kelner dalk bekommerd hy moet self pa staan? Hoekom het die klant die rekening in detail bestudeer? Het die bedrag betaalbaar dalk nie met die inhoud van sy beurse ooreengestem nie en toe soek hy redes om te kla… en toe gooi hy sy lee spaarvarkie uit die pram…

Mari ·

Ek dink ook die R160 vir “Fish & Chips” was die werklike skok.

Johannes Meintjes ·

Na mening moet ons maar baie attent wees op dinge soos aborsie wat die kerk al vir jare besig hou, HIV/ VIGS wat gesondheidsdienste besig hou en nou rassisme (of misdaad) wat sommige SA owerhede en die hele bevolking besig hou terwyl Nuwe Ordes dinge met koorsagtigheid en brutaliteit in plek probeer skuif voor die aangewese VSA President Trump ‘n meer “regse” era inlei.

Pierre ·

Nou ja, daar kom dit toe uit. Die kelner is toe self swart!! MAAR nou skree die ANCYL dat hy nie afgedank moet word nie, maar die restaurant moet oplet hoe hulle kliente “identifiseer”
As hy wit was was die herrie los!!!! Mos net wittes wat rasisties is…

Francie ·

Hoekom en van wanneer is dit hoegenaamd nodig om ‘n kliënt se kleur op ‘ n fakuur aan te bring ? Wie wil wat met die inligting maak ?
Sover ons president aangaan, dink ek hy probeer stemme agter hom kry, al wat hy wel moontlik bereik is om verdeeltheid aan te blaas – speel die rassekaart en gee apartheid die skuld – pateties .

Astra ·

Die bohaai moes eintlik oor die restaurant se belaglike pryse gewees het. Dis nou ‘n verneukspul wat aandag verdien.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.