Nuuskommentaar: Die akademiese ystergordyn en studente-onluste

Foto: ANA

Foto: ANA

Oor die vraag oor hoekom dit so moeilik is om die huidige studente-onrus in bedwang te bring terwyl miljoene rande skade aangerig word, sal nog lank gedebatteer word.

’n Interessante perspektief kom van die Afro-Amerikaanse akademikus, prof. Thomas Sowell. Sowell het bitter arm in Harlem grootgeword, maar hard gewerk om hom uit die armoedesiklus te werk. Sy sienings kan moontlik ten beste opgesom word dat hy ’n kleintjie dood het aan linkse opvattings. Hy plaas ’n hoë premie op swart mense wat hulle aan hul eie skoenveters kon optrek.

In dié artikel vergelyk Sowell die “linkse akademiese gordyn” met die ystergordyn van die Koue Oorlog-era. Hy meen dis heel moontlik dat ’n Amerikaanse kind kan grootword, universiteit toe gaan en begin werk sonder dat die persoon aan enige ander idees as die heersende, politiek korrekte idees wat op kampus geld, blootgestel word.

Die hoof van ’n bekende Amerikaanse universiteit het byvoorbeeld gesê dit is te duur om baie sekuriteitspersoneel te huur om oproer te bedwing as daar ander stemme gehoor word as die verklaarde politiek korrekte.

Sowell beweer talle briljante akademici se loopbane is in doodloopstrate omdat hulle hul nie beperk tot die “gangbare politieke drukgang” nie. Onverdraagsaamheid kenmerk hierdie gedagte-tirannie.

Die “akademiese gordyn” wat om kampusse getrek word, is dus bykans so ondeurdringbaar soos die ou ystergordyn.

Die posisie in Suid-Afrika kan nie heeltemal met dié van die VSA vergelyk word nie. Tog was daar heelwat tekens van dié soort ongeduld met ander idees:

  • Kort ná prof. Wim de Villiers rektor van Maties geword het, is hy daarvan beskuldig dat hy wesenlik uit sy pad gaan om na Open Stellenbosch te luister en hul eise te akkommodeer. AfriForum-jeug het onder die groepe getel wat heeltemal ander idees het, maar gevoel het die rektor ontduik kontak en dialoog met hulle.
  • Die vorige rektor van Kovsies en voorheen ywerige rubriekskrywer, prof. Jonathan Jansen, het gereeld in hierdie rubrieke erg teen Solidariteit en AfriForum uitgepak en hulle onbeskaamd rassisties genoem. AfriForum is erg verkwalik en verhinder om die uitslae van beweerde meningspeilings deur Kovsies te kontroleer.
  • Verskeie akademici het, deur dit transformasie te noem, grondwetlike regte (van minderhede) met akademiese, en dikwels hoogstens kwasi-akademiese geskrifte probeer reduseer. In die geval van die hofsaak tussen AfriForm en andere teen Kovsies, het Kovsies se advokaat selfs aangevoer dat die opeis van regte “deur ’n klein minderheid” die vrede op die kampus in gevaar stel.
  • Daar was al heelwat mediadekking oor dosente wat ten spyte van die geskikte kwalifikasies en bewese rekord oor die hoof gesien is om departementshoofde te word, en deur duidelike minderes van buite sywaarts gerangeer is, met aanduidings dat die ongelukkiges se “sonde” hul politieke oortuigings was. Van hierdie politiek korrekte aanstellings het geblyk rampspoedig te wees.

Die “doel” van die akademiese gordyn sou vermoedelik wees om te keer dat die “vrede” op kampusse versteur word.

En watter “vrede” het dit toe nie geblyk te wees nie!

Diegene en hul regte wat so as vlieg in die salf afgemaak is, is nou ook grootliks dieselfde mense wat wil studeer en hul kwalifikasies wil behaal. Diegene wat so ter wille gewees het, het opnuut miljoene rande skade aangerig, akademiese bedrywighede ontwrig, verskuif die doelpale aanhoudend, en is steeds grootliks onwrikbaar in hul voorneme om vanjaar as akademiese jaar sover moontlik te verongeluk. Hiervoor wend hulle misdadige en gewoonlik geweldsmetodes aan.

Die bykomende eise het al talle sake soos die wegdoen van Afrikaans, die gratis uitreiking van sanitêre vrouedoekies, ’n gedekoloniseerde leerplan en die wegdoen met ’n Westerse wetenskap opgelewer.

In Suid-Afrika kan ’n “akademiese gordyn” eenvoudig nie so maklik ongeskonde in stand gehou word nie. ’n Belangrike faktor hierin is juis die sterk posisie wat ’n organisasie soos die Solidariteitbeweging in die burgerlike samelewing inneem, en in staat is om die akademiese gordyn deur onder meer hofsake aan flarde te ruk. Die bekende rubriekskrywer, Max du Preez, het Solidariteit hierom van ’n staatskaping op die Afrikaner beskuldig.

Voorts is alle intellek nie tot die akademie beperk nie, en die links-liberale akademiese, en veral kwasi-akademiese redenasies en drogredenasies word op gelyke en meerdere voet van buite die akademie aan flarde geskiet. ’n Nukkerige volharding vanuit die akademie het dus weinig effek op die breë publiek.

“Andersdenkende” akademici kry ook mediadekking, veral nadat belangrike verskuiwings binne die media plaasgevind het.

’n Interessante vraag is of die kommunikasiegaping tussen die opstandige studente, die universiteitsbesture, en diegene wat hul reg tot vreedsame studie opeis, oorkom kan word? In ’n onlangse artikel op Netwerk 24  skryf prof. Danie Goosen, voorsitter van die FAK, onder meer: “Universiteite in Suid-Afrika behoort plekke te wees waar ’n egte dialoog tussen die Westerse en Afrika- intellektuele tradisies gevoer word. Dít is dekolonisering.”

Die sleutel hier is dat dit baie energie gaan vereis om by die “behoort” uit te kom.

Tyd, in hierdie geval, is nie ’n vriend nie, en heelwat kneuswerk sal nou eers noodsaaklik wees om die akademiese jaar oor ’n breë front te beredder. Intussen is dit noodsaaklik dat deeglik, onder die leiding van politieke sosioloë, aan sinvolle dialoog beplan moet word.

Maar ongelukkig is daar só kop verloor dat die moontlikheid dat dialoog dadels sal oplewer baie groot is.

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar, Rubrieke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

10 Kommentare

Jean ·

Skokkend die vandale wat op ‘n Kaspir klim en saamry – geen vrees of respek vir die polisie nie. So gaan die land nie wen nie, as daar nie dissipline is en respek vir ander se eiendom en regte nie, gaan dit net nog ‘n wettelose Afrika land word.

Johan ·

Gister het hulle in bome en op kapirs geklim, die een het afgeval en was amper bokveld toe…….dit lyk soos iet wat jy in die natuur sal sien……ek kan net nie dink wat nie…….

Dup du Plessis ·

….wil graag net vir prof. Jansen dit se: Die enigste openbare universiteit waar daar nie ‘n minuut verlore gegaan het t.o.v. onderrig nie was toe die oorwegende Afrikaanse universiteit (PUK) met sy Afrikaanse seuns/mans wat so deur hom versmaai word. PUK behoort aan te dring om hom van NWU te ontbondel en weer ‘n universiteit op sy eie te word. Dit sal sy gradering geweldig laat styg tot vlakke waar die universiteit eintlik moet wees. Die huidige studente kry nie die voordeel wat hul verdien nie a.g.v. PUK se samesmelting met die ander 2 kampusse van NWU. Dit is beter om 1 goue medalje te kry as net 3 deelnemers met geen prestasie nie.

Hendrik ·

ek het by my werk, voor 1994 met die personeel oor besparing gepraat. Skielik het n man opgesping en gesê: “in PTA is n plek wat geld maak. Ons is nie bekommerd nie want hulle sal geld maak as daar nie is of as dit te min word”
Nou kan ons maar self verder dink.

Ou Bosvark ·

Alle studente wat voldoen aan toelatingsvereistes tot tersiëre inrigtings, behoort lenings by die staat aan te kan gaan vir die studiekostes. MAAR, hulle moet na voltooiing of nie-voltooiing van die kursus kursus die lenings binne ‘n voorgeskrewe periode ten volle terugbetaal teen lae rentekoerse. Dit behoort te geld vir alle studente. Die nie terugbetaling moet krimineel strafbaar wees en in die media gepubliseer word. Heel eenvoudig.

Ons probleem is dat Suid-Afrika sedert 1994 rondsweef in ‘n leiersvakuum gevul met minderwaardigheidskomplekse. Nou soek almal “band-aid” oplossings sonder om die bron van die probleem aan te spreek: Gebrek aan LEIERSKAP en DISSIPLINE vir wêreld ekonomiese kompeteerbaarheid en voorspoed!

JC ·

Afriforum/Solidariteit is bevonk, sonder hulle sou ons Afrikaners heeltemal verlore gewees het! Hulle gaan nog DIEP, DIEP spore trap in ons geskiedenis en bestaan-sien AKADEMIA-die potensiele “Harvard” van Suid-Afrika!!!!
Baie belangrike punt wat jy maak Dup, ek het die omvang daarvan ook lankal besef en die grootse ironie!!
PUKKE is awesome! Waarom, want dit is ONBESKAAMD AFRIKAANS met gepaardgaande gesonde waardes en selfrespek!
Die links-liberale polities korrekte, dink ek, het in elk geval al hul nadir bereik en ek dink dinge is weer aan die konserwatief draai waarby ingesluit is die tekens van opnuutste waardering en ontdekking van eie kultureel-gemeenskaps uniekheid en teenstaan van globalisme.
Dis logies, want wat bring voorgenoemde “siek ideologie” nou eintlik na die tafel na albei kante toe- beide links en reg-ABSOLUUT NIKS. SO WAAROM AANGAAN DAARMEE?
RSG is bevonk!! Ek het altyd daarna geluister maar na die “AFRIKAANSE REVOLUSIE” luister ek nou pal daarna en gee dit my die grootste intellektuele genot denkbaar.
DIT IS ONS KULTUUR, DIT IS ONS, DIE AFRIKAANSES (BRUIN EN BLANK-amper ‘n kreoolse tipe kultuurgroep) van AFRIKA. Die mees gedugte, kultureel interessantste groep op aarde, as almal maar net die feit meer kan waardeer en trots wees daarop!!

Emile ·

Andermaal wel gestel Herman

Kommerwekkend in die ontvouing van hierdie gebeure is die irrasionele, en ooglopend waansinnige, argumente van die minderheid linkse oproeriges wat op die rasionele meerderheid afgedwing word. Baie “newspeak” terminologie word aggressief afgedwing oa “to decolonise your mind”. M.i. breinspoelpogings om regdenkendes van hul rasionele denke te ontneem soos kultus-leiers van ouds van hul volgelinge verwag het (sien by bv Jamestown, Heavensgate ek Waco Texas groepe se gevolge.)

Mense wat my met geweld dreig om soos s/hy te glo dat 1+1 = piesang en dat wetenskap ‘n feeverhaal is terwyl toorkuns alles verklaar, is sekerlik sertifiserbaar en hoort nie op die publiek in hordes losgelaat te word nie.

JC ·

Hehe, Emile goeie een, “newspeak” ala Orwell 1984!!
Hoe verby siek!! ONS SAL NIE GEBREINSPOEL WORD NIE, en OOK NIE ASSIMILEER IN EEN POLITIES KORREKTE HIBRIEDE GEDOENTE NIE!! ONS IS AFRIKANERS EN TROTS DAAROP!!!! (boodskap vir M24 en sy trawant Oom du Preez, en naspers)

Ou Vlakvark, Ou Bosvark, Ou Erdvark, Ou Ystervark en Ou Krimpvarkietjie ·

Ons 5 varkerasies is nie van die New 1994 South African Animal Farm geldgierige magsbehepte varke nie. Ons is eg Suid-Afrikaanse gebore en getoë hardwerkende, eerlike en gedissiplineerde Afrikaner varke wat ‘n kreatiewe opbouende bydrae in SA wil maak tot reg en geregtigheid, vrede en voorspoed vir alle Suid-Afrikaners.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.