Nuuskommentaar: Die ANC is Zuma, en Zuma is ‘soos Jesus gekruisig’

Pres. Jacob Zuma (Oktober 2016) Foto: GCIS, Flickr

Pres. Jacob Zuma (Oktober 2016) Foto: GCIS, Flickr

Pres. Jacob Zuma voel klaarblyklik die druk op hom, en het ’n rits voetsoolvergaderings in KwaZulu-Natal en Mpumalanga gaan hou om sy batterye van selfversekerdheid te laai. In die proses het hy weer ’n opmerking oor Jesus gemaak wat baie Christene warm om die kraag sal maak.

Die tameletjie waarin Zuma hom nou bevind, en die spanning wat dit binne die ANC veroorsaak, is goed bekend. Zuma, wat nie gister gebore is nie, wend alle middele tot sy beskikking aan om sy leierskap te bestendig.

In ’n baie interessante artikel in City Press span ’n hand vol verslaggewers saam om op waarskynlik die belangrikste strategie te fokus, naamlik die reeks openbare vergaderings wat ondersteuners vir hom in KwaZulu-Natal en Mpumalanga reël.

Hier kan hy in die idioom en taal wat hy ken die brieke bietjie los maak.

Hy maak dit duidelik dat hy die ANC is, en dat diegene in die ANC wat nie al te lekker met hom is nie, eintlik verraad pleeg. Grootmoedig gee hy darem te kenne dat die ANC probleme intern kan uitstryk.

Dis maar ’n holle klank, gegewe die baie ANC-lede wat met vanjaar se munisipale verkiesing as onafhanklikes gestaan het, en boonop verkies is. En klagtes oor ’n gekierang met nominasies kom nie van gister af nie, en daar was al ’n formele ondersoek wat die gekierang bevestig het, maar nie die praktyk in die bek kon ruk nie.

Die grootste probleem is dat Zuma self die vlieg in die salf is. Zuma hou hom dan as slagoffer voor, en omdat hy die baas is, lê die skuld by die ander.

Hy is gelate daaroor dat hy sy bes doen, maar in die tande geskop word, Jesus het ook na die aarde gekom om die wêreld te red, maar die mense het Hom gekruisig.

Hy waarsku mense teen wit kapitaal.

Hy kap egter nie net na teenstanders in die ANC wat hy “hekse” noem nie, ook ander word gekritiseer, waaronder die Weste wat volgens hom Brics wil vernietig.

Met hierdie ekskursies het Zuma sy steun op voetsoolvlak in sy sterkste provinsies probeer konsolideer. Hy loop nou oor van selfvertroue vir sy, en die ANC se werkkomitee, se voorgenome ontmoeting met ANC-oudstryders wat openlik vra dat Zuma uit die tuig tree.

Zuma se gereelde aanvalle op die howe se reg om in verbroude wetgewende prosesse in te meng, toon ook ’n onbegrip oor wat die demokrasie, en veral grondwetlike demokrasie behels.

As president is hy die baas; Nommer 1. Netwerk 24 se Kommentaar lui veelseggend: “Die skerp toename in onreëlmatige uitgawes is tekenend van hoe die optrede van Nommer Een gesien word as ’n stilswyende magtiging aan amptenare om die staatskas as hul eie beursie te beskou. Luidens die ouditeur-generaal (OG) se verslag het onreëlmatige uitgawes sedert die boekjaar 2013-’14 met byna 40% tot R46,36 miljard gestyg. Kimi Makwetu, die OG, het die presidensie gekritiseer omdat hy ook nie ’n skoon ouditverslag kon kry nie.”

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar, Rubrieke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

Tannie ·

Zuma laster as hy homself met Jesus vergelyk. Jesus was sondeloos, en is gekruisig om vir ons sondes te betaal. Zuma is beslis nie sondeloos nie.

Suid-Afrika se stryd is nie tussen swart en wit nie, maar tussen goed en sleg. Daar is goeie wit én swart mense, en daar is slegte wit én swart mense.

Otter ·

Zuma moet oppas! Die Gereformerrde Kerke SA het die ANC al vermaan oor hul lasterlike uitsprake. God laat nie met Hom spot nie. Vergelyk Daniël 4 & 5, wat Hy gedoen het aan konings Nebukadnesar en Belsasar, magtigste konings destyds…

Arie ·

Ek het persoonlike baie jare met myself gestoei om werklik te verstaan wat bedoel word met die derde gebod soos dit opgeteken staan in Exodus 20 en die gevolge daarvan.
Maar hier is n blatant geval van oortreding van daardie gebod.
Ek wil en mag nie voor skryf wat nou moet/mag gebeur nie, behalwe om aan te haal hoe daardie gebou eindig nl “…want die Here sal die een wat sy Naam ydelik gebruik nie ongestraf laat bly nie.”
Gemeet aan wat met ander, wat ook in die openbaar die gebod openlik oortree het, gebeur het sou ek nou, as ek Zuma was, bang wees, self baie bang wees volgens God se belofte in die gebou.

Pendoring ·

@Arie – Nummawhan het al die gebooie al herhaaldelik oortree. Ek dink as daar meer as tien was het hy hulle ook oortree.

Vellies ·

Hy is vermeetel!!!!Jesus het Sy Lewe gegee! !!!Nie gesteel/bedrog gepleeg/EN AL DIE GEMENE dinge nie!!!!Hy kort Jesus In sy lewe!!!!!!Ons kort n man wat God vrees……!!!!!!Vreeslik is dit te val in die Hande van n LEWENDIGE GOD!!!!!!

Mariaan ·

my Christ’s is mightier than zuma.please don’t insult my religion by comparing yourself with my Jesus. and the bible says be careful of false prophets. rings a bell doesn’t it

yvonne ·

Ek kan hierdie man se verwaandheid eenvoudig nie begryp nie. Hy en van sy ANC trawante het die mense van hierdie land besteel , ons ekonomie verwoes en op ‘n groot skaal bygedra tot werkloosheid en armoede met hulle BEEE beleid en belaglike minimum lone. Ek verwys spesifiek na die MEIBC . En steeds hou hy vol hy het niks verkeerd gedoen nie!!! Dit is belaglik verby!

Jan ·

Maar gaats, as hy dan so voor op die wa is, waarom slaan hulle hom nie sommer aan ‘n Port Jacson boom vas nie. “That will teach him a lesson.”

Rika ·

God slaap nie, Hy sien en hoor alles wat gebeur en in Sy tyd sal Hy reg laat geskied. Ja, Jesus is gekruisig, God het dit so beplan, sodat ons die ewige lewe kan kry.
Ek word briesend kwaad as mense God wil probeer slegmaak omdat hulle aanjaag!!!!!

Nel ·

In Nebukadneser se tyd was daar darem nog grassies om te vreet. Vandag met die droogte en al sal ou Zumpie maar sukkel om ‘n ou groen halmpie in die hande te kry….

jaco ·

kan iemand my sê hoe die Kommunistiese atheïste, die Moslems en die enkele Jode wat nog in die ANC is, so maklik stilbly as die ANC en Zuma homself met Jesus vergelyk EN ook sê hulle sal bly regeer “until Jesus comes again”. Die atheïste glo in GEEN god nie. Die Moslems glo Jesus was maar net ‘n profeet; bloot ‘n voorloper van Mohammed, maar een wat beslis nie eendag weer in die wêreld gaan veskyn nie. Die Jode glo weer Jesus was ‘n gewone Jood met ‘n paar radikale maar vals idees en dat hy nie godelik was nie of is nie. TOG swyg hierdie mense almal soos die graf as hulle ANC sulke wonderlike aannames oor Jesus maak. Die aannames is wel godslasterlik, MAAR dié wat dit maak, erken basies Jesus se goddelikheid.

Johann ·

Met walging oor jou vermetelde arrogansie; jou laakbaarheid en bedrieglike selfwelstand te vergelyk met my REDDER en Heiligheid Jesus, besef dat HY verheerlik word en jou bedrieglikheid ontbloot. Jou disrespekvolle verwaande vergeleke met Jesus; bring jy jou eie boosheid na vore want Jacob Zuma jys ALS BEHALWE wie en wat Jesus is.Vir jouself en eie gewin;geen opregte weefsel in jou;steel en bedrieg;vat van “the people” en kyk hoe hulle a.g.v jou selfverryking verarm en vergaan;kruip agter jou boosdoener netwerk weg; geen verandwoordelikheid teenoor die wat jy elke dag bedrieg nie. DANKIE TOG jy ERKEN DAT JY NIE HIER WELKOM IS NIE! Dit wat jy voor staan en uitleef en die vloek wat jy saam.met dit oor jou bring IS NIE WELKOM in my land nie! Jy probeer slim wees met jou oproerige vals uitlatings om die aandag af te trek van jou bedrieglike karakter;om VERLOSTES en GELOWIGES openlik te probeer uitlok.WEET DAT JY WEET DAT JY WEET: my GOD laat hom nie belieg en beswadder en vergelyk met jou boosheid nie. Anders as jy wat skaamteloos jou seun verryk en deel maak van jou leuns en selfverryking;het my GOD as VADER SY enigste SEUN laat sterf vir die wat in HOM GLO. EN JACOB;weet dat jy weet dat jy weet. SY SEUN SIT AAN SY REGTERHAND en sy VADER sal nie toelaat dat Jacob die bedrier ligsinnig met HOM omgaan nie.

snoefie ·

mnr Zuma, hoe kan JC terug keer as hy volgens die anc dan steeds op aarde is? julle het wragtig geen sin vir logika nie. laat my wonder, Alzheimer’s of dementia? daar is mos n geslagsiekte….
laat my dink aan n what’s app “send on” wat onlangs die rondte gedoen het, waar hoe profile mense met JC vergelyk was. ai tog.

henda ·

hoe kan Zuma en Jesus se naam in een sin gebruik word dit is absoluut lasterlik

Ou Vlakvark ·

Die SA Grondwet moet verbeter word deur die magte van die staatspresident drasties in te kort en sy termyn tot net 3 jaar beperk. Net die parlement behoort staatsdiens se topbestuur- en regterlike aanstellings te kan maak. Verder, indien die publiek ‘n petisielys van sê 500,000 kiesers indien as beswaar teen die staatspresident, moet ‘n landswye referendum gehou word met die vraag of die staatspresident moet aanbly of koeie gaan oppas. Die referendumuitslag moet finaal wees en onmiddelik in werking tree. Parlementslede moet per geheime stembrief stem.

Piet ·

zuma speel met vuur Jesus was vlekloos het geen sonde gehad nie hy is uiters vemetel om homself met Jesus te wil vergelyk hy kan die ongeletterdes probeer brainwash die meerderheid suid afrikaners sien dwars deur hom die mense op voetsoolvlak daar voel hy magtig want op intellektuele vlak is hy gelykstaande aan hulle hy is nie bevoeg om n land te lei nie

Wilhelm ·

Al wat ek vir daardie mens? wil se is: God se meule maal stadig maar seker – jou beurt kom!!
Dis nooit te laat om vergifnis te soek nie.

Piet ·

Jesus het siele gered nie soos jy wat siele verwoes nie jacob

Sydney ·

Daar is geen twyfel dat hulle die ANC nie weet wat die Jesus deur gemaak het deur vir ons sonde te sterf hier op aarde nie. As Zuma gekruisig was soos die ANC beweer sou ons mooi land nie in die gemors gewees het wat ons tans is nie. Kyk na die moorde van onskuldiges, werkloosheid, korrupheid vir eie gewin ten kostes van baie van ons, waardes ens.. Ek/ons kan aangaan. Toemaar almal met die seining soos hier geskrywe staan moet eendag voor Hom staan en rekenskap daarvoor gee vir die snert van uitlatings ” Here vergewe die uitlatings van hulle wat U nie ken nie”

Bruno Stef ·

Ek dink die Rhema kerk in Randburg is in n netelige posisie om te verduidelik hoe dit moonlik is dat n “Ere Pastoor” van die kerk naamlik Jacob Zuma sulke Godslasterlike bewerings kan maak.Die leier van die kerk Ray mc Cauley het hom dan persoonlik aangestel in die bogenoemde amp en moet sekerlik hom kan betig deur sy uitlatings of dan geloofwaardigheid inboet teenoor die gemeente en die christen gemeenskap.Die stilswye is van Ray is oorverdowend.

Johann ·

Is dit waar? Zuma en sy “aangestelde amp” in die RHEMA KERK? Of is dit n absurdheid wat bedoel is om geredde gelowiges te tart? N plek waar skape en bokke…nnnneee GOEDHEID en die BOSE openlik verklaar word? RHEMA lede? Waar of nie?

Marietjie ·

Ray Mc Cauley is maar net n produk van n self aangestelde persoon wat die woord vekondig en dan sy eie vrou verkul het. Onthou dat die Rhema kerk baie geld van die staat gekry het dalk nog kry om kastig aan die armes uit te deel. Maar Ray is nie die enigste pastoor wat die
verlei nie, daar is honderde wat met die bybel onder die arm hardloop en beweer hulle is christene maar hul dade vertel die teenoorgestelde. Kyk maar vir pastoor Andries Enslin wat ook sy opleiding by Ray gehad het. En almal swyg soos die graf oor zuma want hulle is net so skuldig.

Vissie ·

Zuma se uitsprake laat my dink aan wat my ou Duitse skrywersheld Heinz Konsalik altyd in Duits in sy oorlogsromans gesê het: “Es ist zum Kotzen!”

Wat n grap! ·

Hahahaa…lekker lag ek nou vir die seniele ou meelwurm Zuma…ai hy ken geen perke nie,geen skaamte geen self respek nie, lyk regtig of hy net nie van beter weet nie. Hy leef in Sy eie droom wereld siestog…Ai Ai Ai!

Christelle ·

Liewe Mnr. Zuma net drie punte waarop ek u aandag wil fokus.
1. Waar kom die onlangse 46 biljoen vandaan wat deur die ANC ‘geskenk’ is vir ‘back pay’ van staatswerkers. (Seker om stemme te koop vir die ANC en dit sonder die publiek se kennis)
3. Wit Kapitalisme Mnr.Zuma bestaan nie….
3. Jy sal nooit Jesus kan wees nie

Grensvegter ·

Soos Jesus? Dat hy dit moet sê, anders sou niemand geweet het nie! Jokekop Zupta is nie ‘n eerbare mens nie!

B. B ·

Die Bybel praat van die vals profeet wat gaan sê hy is JESUS maar gelukkig weet Christene die waarheid. Pasop zuma jy speel met GOD en ek glo nie jy weet wat jy doen nie. GOD hoor en Sien alles

Afrikaner ·

Jinne maar iemand is vol van homself. Zuma, onthou net JESUS is nie een van die wit Afrikaners wat jy kan boelie en daarmee wegkom nie.

Theresa ·

Ek hoop iemand lees al hierdie kommentare vir die persoon wat homself in sy eie gedagtes bly eerste persoon van die land ag.
‘n Handvol is tevrede met wat en hoe hy doen. Hy het geen skaamte oor sy aanhoudende flaters nie en die land ly baie onder sy heerskappy. Hy doen en sê soveel goed wat die nasie laat skaamkry!
Hoe anders tog, is dit met Jesus. Sy volgelinge is baie. Hy is nederig, tog Almagtig. Hy is perfek en maak nie foute nie. Enige land en nasie wat Hom volg, is geseënd.

Mnr Zuma, moet jouself NOOIT met Jesus vergelyk nie. Jy het geen benul waarvan jy praat nie.

Ben ·

Ek haat hierdie man se uitladings elke dag meer en meer. Daar is geen salf aan sy optrede te smeer nie. Hy stel die land werklik in verleentheid. Net ‘n Hoërhand kan einde aan hierdie sotlikheid maak.

Asjas ·

Onthou die Beatles en die Titanic? Een van die dae gaan ons ook vra: “Onthou jy Zuma?”

Johann ·

Waars die sg LIGGAAM van Christus? Die KERK? Waars die SINODES wat oor en weer oor seksuele voorkeure debateer en oordeel en weer debateer en en en en…maar wanneer die ANC STAATSPRESIDENT openlik…by herhaling…ons REDDER aan die regterhand van GOD beledig met sy manifesteerde arrogante boosheid……???? Dan draai ons n pollities korrekte dowe oor? Dieselfde Jesus wat die bedrieër Jacob Zuma met homself vergelyk…tree vir ons in by die VADER…maar “ons” is te bang om te getuig teen die boosheid self agter n mikrofoon…op verhoë…?

Elmien ·

Hy is niks soos Jesus nie. Hulle moet nou ophou daarmee. Hulle het nie ‘n idee wat hulle van praat nie. Want as hulle gehad het was die land nie nou so ‘n gemors nie. Maar wat ek wel kan sê hulle moet aangaan God slaap nie.

Johann ·

Waar is die sg LIGGAAM van Christus? Die KERK? Waar is die SINODES wat oor en weer oor seksuele voorkeure debateer en oordeel en weer debateer en en en en…maar wanneer die ANC STAATSPRESIDENT openlik…by herhaling…ons REDDER aan die regterhand van GOD beledig met sy manifesteerde arrogante boosheid……???? Dan draai ons n pollities korrekte dowe oor? Dieselfde Jesus wat die bedrieër Jacob Zuma met homself vergelyk…tree vir ons in by die VADER…maar “ons” is te bang om te getuig teen die boosheid self agter n mikrofoon…op verhoë…?

Jef ·

Konfronteer Zuma op dieselfde manier soos hy ons konfronteer, ons weet geen raad oor sy uitlatinge en mannier van doen nie maar kan dit wel teen hom gebruik en sodoende speel hy homself uit.
Ons wit mense dink maar doen niks terwyl Zuma doen maar nie dink nie dus laat ons op die swakheid wat hy het inspeel, dan pas sal hy moet aftree en ons sal oorwin.
Politiek is n spel waar jy goed moet dink om te wen en die kapasiteit besit hy nie.

lewies ·

Sjoe!!, maar die mense is kwaad. ek voel self so, maar toe dink ek aan Matteus 26: 52-55.

Migaell ·

Daarom President Jacob Zuma luister wat GOD DIE SKEPPER VAN HEMEL EN AARDE OPENBAAR BREEK MET JOU SONDE MNR ZUMA EN JOU ONGEREGTIGHEID DOEN WAT REG IS EN BEWYS BARMHARTIGHEID TEENOOR DIE WAT IN NOOD IS DAN SAL JY VOORSPOEDIG WEES WIE LEEF VOLGENS MY WIL ,SAL REG LAAT GESKIED EN REG DOEN KRY N NUWE GESINDHEID WANNEER N LAND TEEN MY SONDIG EN HEELTEMAL TROUELOOS WORD EN EK STEEK MY HAND TEEN HOM UIT EN BRING MY VIER SWAAR SYRAWWE OOR HOM HONGERSNOOD,ONGEDIERTES,OORLOG EN PES,DAN SOU NET DIE DRIE MANNE VAN OUDS WAT VOLGENS MY WIL GELEEF HET NET HULSELF KON RED,NIE EERS HULLEKINDERS NIE DIS NOAG DANIEL EN JOB BEKEER JULLE LAAT JULLE AFGODE EN HOU OP MET JULLE SLEGTE DADE SO SE DIE HERE GOD DIE HEREVAN DIE LEERSKARE EK LAAT MY NAAM NIE ONEER AANDOEN NIE ,EK GEE DIE EERWATMY TOEKOM AAN NIEMAND ANDERS NIE SO SE DIE HERE DIE HEILIGE GOD VAN ISRAEL

Waghond ·

Zuma en die ANC gaan hul gat sien. Geen politieke party of leier regeer “tot Jesus kom” nie. Nie eens Ceaser, Napoleon, Hitler (Nazis), Mussolini (Facisme), Idi Amin, Sadam, Kommunisme (Rusland), Qadaffi, die NP, ens. nie.

peanut ·

en hy weet die sheeple is te onnosel om iets te doen of se

jcwf ·

Zuma kan maar uitvlugte bedink, maar die ANC gaan in 2019 die mag verloor indien hulle nie die hand in die eie boesem steek nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.