Nuuskommentaar: Die bose magte wat om ons is

Die aantal plaasaanvalle en -moorde van 2010 tot 2016.

Die aantal plaasaanvalle en -moorde van 2010 tot 2016.

Die SAUK se de facto-grootbaas, Hlaudi Motsoeneng, slaan miskien die bal mis as hy sê daar is “onbekende (bose) magte” wat die SAUK wil vernietig, maar daar is beslis bose magte wat losloop soos blyk uit die jongste statistieke oor plaasaanvalle en plaasmoorde, die geweld teen vroue en kinders en vele meer.

Daar is onbekende magte wat daarop uit is om die SAUK te vernietig, aldus die SAUK se de facto-bedryfshoof, Hlaudi Motsoeneng. Hy het die opmerkings tydens ’n nuuskonferensie gemaak kort nadat hy en die ewe omstrede voorsitter (en nou enigste lid) van die SAUK-raad, prof. Mbulaheni Maguvhe, die uitstappery van SAUK-lede uit die parlementêre komitee gelei het wat ondersoek na die SAUK instel.

Volgens die RSG-berigte het hy die magte nie pertinent as boos beskryf nie, maar in sy uiteensetting van wat die “onbekende magte” met die SAUK probeer bereik, is dit duidelik dat hy hulle as boos beskou.

Miskien is hierdie magte nie so boos nie. Die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid het ’n strafregtelike klag teen die SAUK gelê omdat die SAUK nie gehoor gegee het aan ’n opdrag om sy omstrede beleid oor die weerhouding van nuuswaardige geweldstonele te skrap nie. Wie is nou eintlik die bose mag?

Of dat die SAUK weier om met die ondersoek saam te werk, soos om te weier om sekere dokumente aan die komitee te oorhandig? Van die dokumente is glo ook soek, maar kan gelukkig deur die ouditeur-generaal wat wel oor afskrifte beskik, heringedien word.

Baie van hierdie “onbekende magte” is deur die optredes en uitlatings van Maguvhe en Motsoeneng self losgelaat, soos die afdanking van aktualiteitspersoneel (wat deur die arbeidshof tersyde gestel is). Die ANC het nou self die voorsitter se gedrag as walglik beskryf.

Maar is die bose magte nie elders nie? As na die jongste AfriForum en die TLU-SA se gesamentlike statistieke oor plaasaanvalle gekyk word, is dit duidelik dat daar nog baie bose magte op plase teenwoordig is, en dat hierdie bendes al groter word en beter georganiseer is.

Daar is ook baie ander misdade wat toon dat die boosheid onder ons los is, soos geweld teen vroue en kinders, moorde soos tydens transito-rooftogte en vele meer.

Is elke persoon, ook in die regering, wat hom aan korrupsie, wat staatskaping insluit, skuldig maak nie ’n bose mag nie? Die Wêreldbank beskou korrupsie immers as die berowing van ’n land van sy toekoms, en kyk maar hoe na aan rommelstatus huiwer die land nou.

En wat van die departement van korrektiewe dienste wat volgens Solidariteit ’n bevinding van die konstitusionele hof in die wind slaan en nie al die lede teen wie onbillik gediskrimineer is, terugwerkend bevorder en vergoed nie. Solidariteit lê nou ’n klag van minagting van die hof, en ook dat sowel die minister en die kommissaris in hul persoonlike hoedanigheid aanspreeklik gehou word ná talle vrugtelose skrywes.

Volgens wat pres. Jacob Zuma by geleentheid ’n landelike gemeenskap meegedeel het, sal die voorvadergeeste ook boos wees en diegene wat nie vir die ANC gestem het nie, ry.

Dit is ’n bitter lae hou om diegene wat dít wat krom is, soos magsmisbruik en manipulasie van staatsbronne, asook korruptes minstens tot verantwoording probeer roep as “onbekende (bose) magte” te verklaar. In die eerste plek is instansies wat ingryp soos Solidariteit, Freedom Under Law, die Helen Suzman-stigting en Outa nie “onbekende magte” nie – ewemin as die parlement se komitee wat ondersoek instel na die SAUK se manewales. Boos is hulle beslis nie in hul motiewe nie – inteendeel.

Benoude katte maak benoude spronge – veral as daardie katte onverdiend groot koppe gekry het.

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar, Rubrieke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

AL ·

Op die man af en baie waar artikel. N Wettelose regering en instansies kweek wetteloosheid onder sy landsburgers. Leiers moet gedwing word om verantwoordelikheid te dra vir hul uitlatings en gedrag. Dit sal ook die magte breek van die Bose wat rondloop soos n brullende leeu om sy prooi te verslind.

KP ·

Wat verwag jy van n terroriste organisasie wat aan bewind in die land is. Hulle laat hulle opgeleide terroriste los om n guerilla aanslag teen die weerloses, vroue en kinders te voer. Die terroriste word opgesteek en bewapen deur die regering om die wittes uit die land te verdryf.

Kyk maar wat in al ons noordelike buurstate gebeur het. Ons het ongelukkig nerens om heen te vlug nie, wees paraat, staan saam en veg terug.

Jan ·

Die twee van die SAUK laat my dink aan die volgende legende oor Tafelberg, dat ‘n ou smokkelaar, Jan van Hunks, en die duiwel mekaar uitgedaag het om te kyk wie die meeste pyp kan rook. Wanneer die wolke saamtrek, sê die mense nou nog die twee sit op Duiwelspiek en stook.

JC ·

Dankie Jan!! Die oulike legende kan ook gevind word in een v/d episodes van Leon Rousseau se STORIEMAN, wat nou nog beskikbaar is :-)
Hulle voorspel dat teen 2030 gaan die meeste blankes in die Wes-Kaap woon, ons en die bruin ouens se tuisland.
“Food for thought”

Gesie ·

Hoekom moet daar na bose magte en derde magte en tjol verwys word? Ons almal ken die PROFIEL van ‘n tipiese plaasaanvaller/moordenaar. Hoekom bly ons OM dit praat? Daar was een of twee familie-moorde op plase maar die res word deur dieselfde profiel mense gepleeg. Los nou die duiwel se invloed en die Bose Magte en sorg dat die politici nie geweld teen boere aanblaas nie en doen moeite met beveiliging van boere en die opspoor van die oortreders. Die magte is NIE onbekend nie, dit word aangehits deur Malema en al wat ‘n politikus is wat wegkom daarmee.

Skatymir ·

Regso Gesie, bose magte, tokolosie of wat ookal. Solank mense aan sulke snert glo sal niks gedoen word aan die werklike probleme nie.

Etienne ·

Die klomp lag vir ons papbroekigheid – dit gee hul meer moed om voort te gaan met Volksmoord.Ons weet amal hoe om die probleem op te los, maar nee ons verkies om politities korrek te wees terwyl on volksgenote afgemaai word.Die Afrikaner is leierloos en rigtingloos !

snoefie ·

so n bek verdien jem. ek was so veroordeel toe die nuwewapenwet ingekom en almal gestorm het om wapens ingehandig het. toe het ek gese dis n briljante idee om ons te ontwapen. wat my so kwaad maak is dat boere met kluise vol wapens onbewapen op hulle plase rondgaan. laat my nou dink aan die dag toe ek vir die bevoegdheidstoets gegaan het. was n swart man ook vir sy toets. hy het my die dag gese dat n blanke sy vuurwapen in n swarte se rigting sal draai en gaan verwag die swarte gaan bang genoeg raak om te vlug. terwyl die swarte al sal begin skiet voordat hy die blanke sien en eers agterna gaan wonder hoeveel patrone hy kon spaar as hy gewag het om eers te sien.

Lance ·

Daar is SO baie en hulle is om elke hoek en draai …die tronke het nie eers meer plek nie

Selfbeskikking ·

Die enigste oplossing is om vir selfbeskikking te onderhandel, dis al

Dan ·

@Selfbeskikking: met wie gaan jy nogal onderhandel? Terwyl jy sogenaamd die “oplossing” het, laat weet ons net met welke menere die onderhandelinge gevoer moet word. Ons wag in spanning.

Selfbeskikking ·

Zuma homself het gese hy is oop om daaroor te onderhandel.

Leendert ·

En die bose van alle bose magte wat oor Hlaudi waak is Faith Muthambi.

William ·

Ek stem met Etienne!..
Ons gaan afgemaai word en met minagting behandel word tot ons opstaan. Mooi praatjies werk nie met hulle nie.
Tyd of op te staan-nommer een–VIR WAT betaal enige wit siel belasting?.. Ons betaal die meerderhied belasting sodat hulle ons met BEEE uit die werkplek kan hou, ons skole en uni’s kan vernietig, ons aanval and blammeer vir niks?.
En sodat hulle nommers kan kweek om ons meer the onderdruk!.
Wat is fout met ons-is ons stupid?!..
ons het kastig “grond gesteel”–Hoekom het ons politieke leiers hulle nie hof toe gesleep oor die magdom leuens nie?..
Net 3% van landbou grond behoort aan swartes-weereens n’ leuen, en wat van tuisland grond?.
Elke keer as Malema sy mond oop maak gaan onskuldige mense dood-Kla hom aan van moord deur aanhitsing!.
Ons moet saam staan of–koebaai!..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.