Nuuskommentaar: Die EFF, ANC en die soeke na rassegeregtigheid

‘n Staalhek by die landdroshof in Pretoria Noord het Vrydag in die slag gebly. (Foto: Facebook)

Die EFF en ANC het vanoggend die hekke van die landdroshof in Pretoria-Noord afgebreek in ʼn poging om in die hof te kom waar Leon Coetzee om borgtog aansoek gedoen het.

Coetzee word daarvan beskuldig dat hy vir Themba Thabethe drie keer met ʼn mes gesteek het ná ʼn beweerde stryery oor ʼn WhatsApp-boodskap – Coetzee meen hy het uit selfverdediging opgetree.

Dié betoging herinner oombliklik aan dieselfde partye se betoging in Piet Retief verlede maand.

Gegewe die EFF se geskiedenis van optrede, kan ʼn mens met redelike sekerheid verwag dat dié saak nes die Pampoenkraal-saak in ʼn rassepolarisering gaan ontaard. Nadat die beskuldigdes in die Pampoenkraal-saak borgtog toegestaan is, het die EFF gesê dat hy die regter gaan verkla omdat ʼn rasseonreg geskied het.

Die EFF het al die kuns vervolmaak om alle situasies waarin swart en wit mense in wisselwerking tree en die swart persoon volgens die party benadeel word, in ʼn rassepolarisering te verander. Alle negatiewe wit teenoor swart optrede kom áltyd neer op rassisme. Die feite van die saak taan teen die soeke na rassegeregtigheid vir die EFF. Wanneer jou lewensuitkyk is dat wit mense inherent sleg en swart mense inherent onderdruk en onskuldig is, swaai die saak ook net in een rigting.

Dit is presies hier waar individuele rassisme vervang word met sistemiese rassisme. Swart mense word weens die ingeboude magsverhoudinge in die wêreld onderdruk gebore en wit mense as onderdrukkende rassiste gebore.

(Foto: AP Photo/Alex Brandon, File)

Wanneer ʼn mens kyk na die grootte van die Black Lives Matter-beweging is dit ook moeilik om dié sentiment af te skryf as iets wat net deur radikale randfiguurpartye soos die EFF ondersteun word. Ná George Floyd se dood het 15 tot 26 miljoen mense in Amerika aan BLM-betogings deelgeneem. Dit beteken dat die BLM-beweging en minstens die sentimente daarvan baie hoofstroom is.

Dit laat ʼn mens ook dink aan Lindsay Myeni, weduwee van die oud-Suid-Afrikaanse rugbyspeler Lindani Myeni, wat gister haar man se gedenkdiens bygewoon het. Lindani is in April in Hawaii deur die polisie doodgeskiet nadat hulle ontbied is om op ʼn vermeende huisbraak te reageer. Volgens die polisie het hulle uit noodweer opgetree – tog is die saak oombliklik gebruik as bewys van Amerika se sistemiese rassisme.

Lindsay wil nou haar kinders in Suid-Afrika kom grootmaak, omdat hulle weens hul (swart) velkleur glo nie veilig teen die polisie in Amerika is nie. Daarom sal hulle in Suid-Afrika ʼn voorspoediger bestaan kan voer.

Gegewe Suid-Afrika se misdaadsyfers, ondoeltreffende polisiediens en verlamde regstelsel is dit moeilik om na die feite te kyk en steeds te glo Suid-Afrika is veiliger as Amerika. Verder is daar min bewyse dat swart mense in Amerika bloot weens hul velkleur doodgeskiet word deur die polisie.

(Foto: AP Photo/Alex Brandon, File)

Tog kan ʼn mens in die lig van BLM se groot ondersteuning en Myeni se besluit glad nie ontken dat daar iewers ʼn persepsieprobleem bestaan nie. Daar is duidelik miljoene mense op grondvlak wat ten minste gedeeltelik met die BLM-beweging saamstem. Daar bestaan beslis opvattings dat swart mense in Amerika permanent op die agtervoet is, ʼn aansienlik negatiewer verhouding met die polisie as wit mense het en uitsluitlik weens hul velkleur onregverdig geteiken word.

Dit laat ʼn mens wonder waarom soveel mense sentimente en idees ondersteun wat verwyder is van die werklikheid. Die een rede is dat mense nie suiwere rasionele wesens is nie, maar eerder opgesweep en oortuig word deur stories, emosie en passie. Tog moet daar ten minste elemente van die storie in die werklikheid gesetel wees.

Wanneer daar met oortuiging vertel word dat swart mense in Amerika weens hul ras geteiken word en ʼn wit polisieman dan ʼn swart persoon doodskiet – ongeag die feite of omstandighede – begin mense glo dat Amerika sistemies rassisties is. Die datapunt uit die werklikheid maak juis die stórie so geloofwaardig. ʼn Swart persoon ís deur die polisie geskiet – die storie van sistemiese rassisme moet dan waar wees.

Gewone mense wil ook oor die algemeen nie hê dat ander mense sonder rede moet sterf nie. Sodoende voel hulle ʼn morele onreg word gepleeg wanneer iemand onskuldig doodgaan. Dit is presies hierdie opregte medelye wat uitgebuit word om ʼn oneerlike narratief te bevorder.

Sodoende word dit skielik verstaanbaar dat miljoene opregte mense in Amerika ondanks die werklikheid en statistieke iets soos BLM steun – hulle is uiteindelik oortuig deur die storievertellers.

Dan is die belangrike vraag waarom en presies wie sulke oneerlike stories sal vertel. Soos in baie gevalle kom dit uiteindelik neer op belange en mag. Diegene wat sulke stories vertel, kan iets daarby baat wanneer mense in hul massa dit begin onderskryf. Dit is ook geen samesweringsteorie nie, maar bloot die eeueoue verhaal van dit waartoe mense in staat kan wees wanneer hulle mag verkry.

Lede van die EFF in die hof. (Foto: Tshwane EFF/Twitter)

Die EFF baat daarby om gewone swart mense op grondvlak te oortuig dat hulle sistemies onderdruk word deur wit mense. Alles daadwerklik sleg in swart mense se lewe is nie weens swak regering nie, maar eerder weens onderdrukkende wit mense. As lede gewone mense hiervan oortuig, kan húlle die oplossing vir die probleem wees. Die EFF is die party wat swart mense van blywende wit onderdrukking sal bevry – al wat swart mense moet doen, is om vir hulle politieke mag te gee.

Dit is juis waarom dit so belangrik is om meer, beter en eerliker stories te vertel. Nie in ʼn soeke na mag nie, maar eerder in ʼn soeke na die waarheid. Dit is hierdie narratiewe wat die werklikheid gaan beïnvloed, mense se menings vorm en uiteindelik die geskiedenis skryf. Narratiewe en stories vorm die werklikheid waarin ons leef – diegene wat dit vertel, gaan uiteindelik die werklikheid vorm. Hoe eerliker en nader aan die waarheid dit is, hoe nader gaan die samelewing ook aan die waarheid en werklikheid kan leef.

Indien oneerlike stories al is wat vertel word, gaan ʼn oneerlike werklikheid al wees wat jy ken. Indien jy ʼn eerliker samelewing nader aan die waarheid wil vorm, moet alternatiewe stories deur alternatiewe platforms vertel word. Dus, weergawes wat bereid is om die waarheid eerder as mag te beskerm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Fedup ·

If we were red and blue, the same condescending attitudes will be displayed.
These people should really find something productive to do.
I am so fedup with this race nonsense I could pop a vain.

Frank ·

“Victim mentality”. En nou word deur linkses, wat die oorgrootte media beheer, aangeblaas.

Ovelia ·

Hoe dan anders? As dit omgekeerd was het dasr niks van di saak gekom nie. By my dogterhulle ht 2 blanke ouens al 8 keer ingebreek. Die polisie speuders en forensies was dadelik vaoggen daar. Hul hande is afgekap en jy mag nie op hul skiet i. Hul 2 broers sit in die tronk maar polisie se hul gaan net weer vrygelast word. Die fout le by ons howe

Johan ·

Die “tweede revolusie” gaan nie (soos was baie glo) swart teen wit wees nie maar soos in Ruanda, Rusland, Frankryk, ens is dit amper altyd tussen ryk en arm, arm massas teen middelklas. Witmense word voorgehou as “ryk” maar in werklikheid sal so revolusie eenvoudig wees tussen die wat het en die wat nie het nie. Pampoene soos die EFF gebruik ras maar net om hul gevolg te verenig en hul mag te toets. Gelukkig is ons middelklas (nog nie) te sagte teiken nie, maar ons sal daar kom en dan… 15miljoen is gelukkig ook nie verteenwoordigend van die amper 400miljoen Amerikaners nie…soos hul sê “n leë blik maak die meeste geraas”, maar ons behoort dit nie te verdra nie.

Hans ·

Die EFF moet my kom sien dat ek hul kan vertel van swart op wit rassisme en hul sommer paar warm klappe gee. Onnosel goed!!!!

pdbpta ·

Lees Helen Zille se boek #StayWoke om te verstaan hoe ñ sekere swart gemeenskap hierdie gedrag regverdig. Gevaar!!

Mariana ·

Vandag kan jy nie eers ‘n program op tv kyk nie want als gaan oor Amerika se polisie wat glo al wat swarte is teiken. Dit is nou al holrug gery. Als kan nie altyd op die polisie geblameer word nie. Vlg die swart Amerikaners is dit nou al 400 jaar wat hulle so behandel word en verontreg word. Hier in SA gaan dit dieselfde, die arme swartes word weens rassisme voorgehou as verontreg maar niks word gesê oor ons boere wat so vermoor word deur swartes nie. En as hulle hulself die dag verdedig het teen plaasaanval dan is die EFF altyd daar om hul groot monde oop te maak en als wat voorkom te verniel, te brand en te plunder. Ons blankes skree nooit rassisme nie want vlg die swartes kan hulle nie rassiste wees nie.

Hydi ·

Lindsay moet haar kop laat lees. Sy moet net onthou dat alhoewel haar kinders se velkleur donker is, haar velletjie wit is en in SA gaan sy die spit afbyt. Mense wat dink hierdie is ‘n utopia leef in’ n droomwêreld wat nie bestaan nie.

annie ·

Ongelukkig is daar wit hande wat die rasspeletjie aangeblaas het sedert die grondlegging van SA. Hoekom het die boere hul waens gepak kom wat wil en hul pragtige plase verruil vir die wildernis? Sekere sendelinge het destyds selfs mense aangemoedig om boere se huise af te brand. Mosjesh het destyds die Franse sendelinge gemaan. Die verhaal van eerw Roland wat met die hulp van impi’s ‘n boer op slinkse wyse van sy grond verdryf het om self daar te gaan boer is deur Karel Schoeman beskryf. Die boer, ene Botes, is na klagtes aan die Kaapse regering deur onbekendes vermoor.

Danie ·

Talk is cheap.
Oor 10 jaar sit Lindsay nog altyd heerlik in haar USA.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.