Nuuskommentaar: Die einde van die wêreld?

‘n Kunstenaarvoorstelling van die 10 950 VC-komeet met ystyperk geassosieer op aarde (Foto: Wikipedia)

Sal die aarde die naweek vergaan wanneer dit deur “Planeet X” getref gaan word? Doemprofete is nou weer doenig na aanleiding van ’n verskeidenheid natuurverskynsels asook ’n paar astronomiese verskynsels (waarvan ’n stewige sarsie opgemaak en ewe Nasa as bron aangedui is).

Is u gesin vanoggend nog voltallig? Volgens ’n Amerikaanse oordeelsdagprediker gaan die wêreld teen Saterdag vergaan wanneer dit teen “Planeet X” bots. Die wegraping sou Dinsdag gebeur het. (Lees gerus Maroela Media se berig hieroor hier.)

Die berig het baie gou baie reaksie van lesers gekry. Oor die algemeen is dit gebalanseerd, en is dit ook duidelik dat die lesers hul Bybel ken. Verskeie wys daarop dat Jesus dit gestel het dat nie eens die Seun, of die engele in die hemel, weet wanneer die einde kom nie, net die Vader.

Sommiges wat die einde voorspel, maak gebruik van die eindtydtekens, maar maak dikwels aannames wat nie korrek is nie, of vergeet dat een dag soos ’n duisend jaar vir God, en ’n duisend jaar soos een dag vir God is (Psalm 90:4 en 2 Petrus 3:8).

Die doemprofeet het voorts die Meksikaanse aardbewing (daar was sedertdien nog ’n verwoestende aardbewing in Meksiko) en die Amerikaanse sonsverduistering as eindtydtekens beoordeel.

Dit beteken nie dat die aarde nie gereeld in gevaar verkeer nie. Kort-kort lees ons van ’n ruimtevoorwerp wat tussen die aarde en die maan verbybeweeg het (’n hanetreetjie in ruimteterme), en sommige van hierdie voorwerpe is groot. Toe ’n meteoriet enkele jare gelede oor Rusland ontplof en groot skade aangerig het, was die oë van die wêreld gerig op ’n nog veel groter asteroïed wat laer as die geostasionêre satelliete by die aarde verbygeskuur het.

Hemelliggame wat die aarde in die verlede getref het, het getoon welke groot skade hulle kan aanrig, maar sedert die planeet Theia die aarde glo miljarde jare gelede getref en die maan tot gevolg gehad het, was daar nie ’n botsing wat groot genoeg was om lewe op aarde heeltemal uit te wis nie. Ook die asteroïede wat die dinosourusse laat uitsterf het, kon nie alle lewe vernietig nie.

Nog ’n gewilde “ruimtebedreiging” is die rampe wat op aarde ervaar sou wees as van die planete in ’n reguit lyn belyn sou wees. Herhaalde bewyse dat dit bog is, oortuig nie diegene wat glo dit gaan die aarde erg raak nie.

Aardbewings is nog ’n gewilde “teken” van die eindtye. So maklik word geskryf dat die betrokke storie oor die eindtye “gestaaf” word deur “’n toename in aardbewings”. Meer kere word die stelling gemaak juis wanneer daar besonder min aardbewings is, soos nou ook. Die jongste groot aardbewing in Meksiko was maar die vyfde groot aardbewing vanjaar iewers op die aarde. Gewoonlik is daar sowat 18 groot aardbewings per jaar. Dit sê nie dat aardbewings nou meer kan word nie, maar om nou stellings te maak om aardbewings as deel van die eindtye te lys “omdat dit toeneem”, is onjuis.

Die VSA en die Karibiese See-gebied word nou deur die een sterk orkaan ná die ander getref. Sulke stelsels is nie ongewoon in die VSA nie, hoewel die krag van Sandy wat onder meer New York getref het, en Katrina, wat New Orleans hard getref het, volgens baie wetenskaplikes voorlopers was na aanleiding van klimaatsverandering.

Hulle vind dit ook pikant dat pres. Donald Trump voor sy verkiesing na aardverwarming as onder meer ’n “hoax” of ’n “Chinese sameswering” verwys het en nou word sy land besonder hard getref.

Paleontoloë en argeoloë skenk nou heelwat aandag aan subdissiplines oor hoe klimaatsverandering in die verlede telkemale daartoe gelei het dat gemeenskappe moes aanpas. Dié wat nie wou of kon aanpas en improviseer nie, het uitgesterf.

Die belangrike les is dat die mens opdrag gekry het om oor die natuur te heers, nie om dit te verwoes nie.

Daar is nou geen bedreiging wat die einde van die aarde kan beteken nie. Tog wys die werklikheid dat die einde skielik en onverwags kan kom. Dit is daarom noodsaaklik dat ’n mens se sakies met die Vader in orde moet wees. Die apostel Jakobus maak die stelling dat daar geen geloof sonder geloofsdade kan wees nie. Terwyl die bekeerde goed voel oor sy eie geloof, sal hy ook hande uitsteek en hulle wat minder bevoorreg is, bystaan.

En in hierdie wêreld is ook nie plek vir korrupsie nie.             

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Adam ·

Net so moeg vir al die twak. Laas was ‘n paar manne met ‘n helse hotelrekening opgesaal nadat hulle die einde in ‘n luukse omgewing afgewag het.

jannie ·

Daar is wel ‘n paar toevallighede wat die berig nie van vertel nie:

1) Openbaring 12 teken met virgo, leo, jupitor, son en maan is die eerste keer in 7000 jaar voledig. Search youtube vir “revelation 12 sign”.

2) Toevallig is 23September is fees van trompette. Van die 7 heilige feeste is dit die volgende fees wat deur Jesus vervul moet word. Jesus is op fees van pasga gekruisig, fees van ongesuurde brode ter helle gedaal, en first fruits opgestaan. Die Heilige gees is uitgetort op pinkster. Fees van trompette, Feast of atonement en huttefees moet nog vervul word. Search internet hoekom “feast of trumpets” bekend is as “no one knows the day or the hour”

3) 2017 is ‘n jubilee jaar en grond gebied het die vorige 2 jubilees ook geskuif. 1917 word ottoman ryk gebreek en jode verblyfreg gee in isreal. 1967 is 6dae oorlog en jode oorwin jerusalem maar nie temple mount is nog moslem.

4) Die Bybel se ‘n priester moet 30 jaar oud wees voor hy kan begin dien in die tempel. Dis ook hoekom Jesus op 30 met sy bediening begin het. Die “Jewish temple institute” was established 1987, 30 jaar terug, maar hulle het dan nie ‘n temple nie? https://en.wikipedia.org/wiki/The_Temple_Institute

5) 2017 is die Joodse jaar 5777. 5=genade, 777=volmaakte. Die Joodse jaar 5778 begin 23september.

6)Daar is nog te skrywe maar my woorde is op.

Ek weet regtig nie wat om hiermee te doen nie, so moenie my met klippe gooi nie asb:-(

Katrien ·

Slegs ons Hemelse Vader ken dit tyd!!!!! Hierdie mense is die valse profete waarvan die Bybel ons leer.

ANONIEM ·

Hehehe ek stem julle, kan net lag vir al die doemprofete….

dr Sakkie van der Merwe ·

Dankie Herman vir die berig. Tyd is nie in ons hande nie maar soos jy meld, wees gereed want jy weet nie wat more of oormore gaan gebeur nie.

Paula Paxton ·

Die bybel sê as hierdie dinge begin gebeur (gerugte van oorloë en aardbewings ens.) is dit nog nie die einde nie. Dis die begin van ‘n nuwe tyd. Dis geboorte pyne. Matt 24.

christa ·

Dis reg, Die Bybel se net God alleen ken die tyd, maar Hy se wel julle sal aan die tekens van die tye sien. Elkeen moet maar net sorg dat sy lewe reg is om Hom te ontmoet wanneer Hy verskyn. Nie in hotelle die laaste tye wil gaan afwag terwyl lekker gefuif word nie. Bly liewer op julle kniee

Eish ·

Baie dankie vir die balans en objektiwiteit van die berig asook die waardes wat die aanhang.

Lizette ·

Markus 13:32 Maar niemand weet wanneer daardie dag en uur kom nie, selfs nie die engele in die hemel nie en ook nie die Seun nie net die Vader weet dit so, God se woord lieg nie so hoe weet die doem profete dit wil ek weet wat mis ek

Koos1 ·

Ons leef al die afgelope 2000 jaar in die eindtye. Die apostels in die Bybel het verwag dat Jesus sou terug keer aande toe in hulle leeftyd, en hoe verkeerd was hulle, en hulle het Hom persoonlik geken. Juis daardeur kan ons sê dat slegs die Vader die tyd ken, soos die Bybel ons ook leer.

latie ·

die mense glo nie BYBEL nie en hulle glo dis sal aarde tref dis nie wat BYBEL se nie en lees mooi weer oor die BYBEL en sal verstaan wanneer die aarde donker word en maan bloed rooi en basuine blaas ja dan is die aarde einde en sal alles vergaan amen . BYBEL waarsku die profete want hulle mislei die mense pasop daarvoor

Stofskoen ·

Soos ek verstaan is die belangrikheid van 23 September 2017 nie te doen met die einde van die wêreld nie, maar met ‘n groot teken wat in die hemele plaasvind.
Dit is bleikbaar vooraf gegaan deur ‘n ander teken, die bloed maan wat begin het op 15 April 2014 wat 1260 dae gelede was.
Op die 23 September 2017 gaan die konstellasie Leo bo die konstellasie Virgo wees soos ‘n kroon, terwyl die son Virgo gaan “klee” en die maan aan haar voete wees.
Sy gaan ‘n kind baar(Jupiter) en in die agtergrond gaan ‘n konstellasie wees wat veronderstel is om die rooi draak te wees wat ‘n derde van die hemel ligame meesleur om op die aarde neer te werp saam met satan en sy engele.
Hierdie teken is veronderstel om ‘n tyd (volgende 1260 dae) in te huldig waar die draak na die vrou soek wat in die woestyn skuil. (Vervolging)
Die aarde word nie vernietig nie.
Die aarde red die vrou deur die draak se rivier in te sluk.
Openbaring 12.

paperdoll ·

Openbaring 12 spell nou in die hemelruim af. Dit gaan beslis nie oor die wegraping nie. Maar dat iets gaan gebeur wat niemand vorr voorbereid is nie is waar.

Ben Ludik ·

Stem saam met Stofskoen….tekens is gegee aan gelowiges wat Jesus terug verwag!Jesus is oppad vandat hy self dit gesê het.

Rachel ·

Die Here het opdrag aan Johannes gegee oor die tekens van die eindtyd. Niemand weet die datum nie maar ons leef in elk geval alreeds in die eindtyd. Net ‘n kwessie van tyd en wanneer,

Stofskoen ·

@Rachel
Dit is wel interessant dat vir die eerste keer in 2000 jaar so teken wel in die hemel verkyn met Leo en Virgo met ‘n kroon van 12 sterre, son wat haar klee en die maan aan haar voete. As in ag geneem word die tilt van die aarde, wat 2000 jaar gelede nie daar was nie, sal Jupiter vir die laaste nege maande in haar buik beweeg het en op die 23ste uit beweeg. Dit kan nageslaan word deur ‘n program soos Stellarium

Renier ·

Ek is nou 56. Sedert ek veertien jaar oud was, moes die aarde al ten minste vyftien keer vergaan het, moes die sg. wegraping al seker tien keer plaasgevind het en sou Jesus al seker vyf keer op die wolke verskyn het. Daar was doemprofete, “valse Christusse” en selfs al ‘n paar “Lucifers” wat hul verskyning gemaak het. Ons is steeds hier. As dit moet gebeur, sal dit. Dit help niemand om opgewonde of depressief daaroor te raak nie. Soos die Engelsman sou sê: “What will be, will be.”

Johannes Meintjes ·

Ek stem met hierdie nuuskommentaar saam dat ons elkeen, – m.i.v. die tekens en die tye, –
getrou sal staan in ons praktiese en vrugdraende rentmeesterskaptaak.

Al weer ·

Ek geniet elke einde van die wereld. Dis vermaaklik om te sien hoe die wereld die keer tot ‘n einde sal kom (Partykeer sommer ‘n paar keer per jaar). Die einisgste probleem is ek word elke dag na die einde van die wereld wakker, met al die ou probleme van die vorige wereld, en ‘n paar nuwe uitdagings daarby.

Sydney ·

What a blessing as die einde van die wereld die naweek gaan gebeur soos beweer word. Ek is n kind van Jesus dus en het ek niks om my oor te bekommer nie, net hulle wat nie die woord ken nie. Selfs ou satan weet nie net die Vader alleenlik. Dink net hoe bekommed moet satan nou wees oor wat die doem profete propageer hier op aarde .

Riaan ·

Ek is so bly oor hierdie goeie artikel. Hoeveel is alewig so besorg oor ‘die einde van die wêreld’ dat hulle vergeet van hul eie ‘einde’ wat enige tyd kan wees. Maar een ding is waar: Die Vader, Die Gees en Die Seun (en wat oor Hulle geskryf is in die Bybel) is toe al die tyd waar en elke een sal voor Hom buig – ook die wat nie nou glo nie.

Jacqueline Mitchell ·

Matthew 24:36 “But about that day or hour no one knows, not even the angels in heaven, nor the Son, but only the Father.

Theresa ·

Dankie Herman. Altyd interessant. Stofskoen, dit klink ongelooflik! Waar lees mens meer oor hierdie tipe feite, asb.?

DriesB ·

Gaan kyk die youtube videos van Jaco Prinsloo, “Gods roadmap to the end”, baie mooi uiteen gesit met die Bybel as verwysing, en die profesie wat tot die eindtyd bewaar moes word.

Susan ·

Ek glo dat daar nog altyd – oor die eeue heen orkane, aardbewings, oorloë en wát alles was waarvoo ons nou begin uitkyk. Die Woord sê julle sal al hoe méér van hierdie dinge hoor…..Vroeër het mense nie eens geweet as rampe en oorloë in ander wêrelddele gebeur het nie. Toe het hierdie berigte maande later eers in ons koerante verskyn.
Vandag is dit egter heeltemal anders. Byna álmal regoor die wêreld, het een of ander vorm van tegnologie wat jou oor hierdie dinge inlig. Ek dink dit is hoekom daar staan julle sal al hoe méér hoor………..Tegnologie verander so vinnig dat ek baie dinge sien waarvan die Bybel praat vining kan gebeur. Een geldstelsel, Een groep mens wat die wêreldeknomie bepaal…..
Maar of dit nou Saterdag, oor ‘n jaar of duisend jaar is…..bly maar net gereed en sit jou geloof in aksie, want jy kan môre sterf en nie meer op hierdie aarde wees nie. Die Here sál kom, maar nét Hy weet wanneer! Ek glo die lewe gaan nog báie swaarder word vir ons hier op aarde…..

aneja ·

Die Bybel is baie duidelik oor hoe die aarde sal vergaan beslis nie met water nie.
Feit is ons leef op ‘n aarde met vuur in sy holte weerlig bokant ons en vuur wat op alle maniere kan ontstaan. God het gese die aarde sal met vuur vergaan.

Pieta ·

So in die 90s kom n goeie vriend van my se boetie by die huis. Sy pa was n bekende dominee. Hy vra vir sy pa. Die kinders by die skool sê Donderdag is die einde van die wêreld wat dink pa?. Sy pa het so oomblik gedink en toe gesê dat hy nou nie weet of dit die einde van die wêreld gaan wees nie maar hy moet sê as dit is gaan dit hom red uit n erge finansiële verknorsing ?

Louis ·

Ek haat dit as dit die einde van die wereld is en ek moet daarna weer gaan werk. Oh, en korrekte spelling is “domprofete”, nie “doemprofete ” nie.

se maar net ·

Ek lees komentaar hier,en staan verstom!As n mens die bybel se tekens so fissies wil koppel aan die sterre tekens wat deur heidene in werking gebring is,…beoefen jy nie dan sterre wiggelary nie!?????
Ek bly liewer by wat die bybel se en leer!!!

Stofskoen ·

Was die ster van Bethlehem dan ook sterre wiggelary?
Ek het al hierdie in die Bybel gelees ook.

Annette Kruger ·

Lees Genesis 1:14 (KJV)
“[14] And God said, Let there be lights in the firmament of the heaven to divide the day from the night; and let them be for signs, and for seasons, and for days, and years” – God het die sterre maan son planete geskape om vir ons tekens te gee!!! Die duiwel het dit verwronge gemaak deur die toekoms te probeer voorspel daardeur. Hierdie is ASTRONOMY nie ASTROLOGY nie

Annie ·

Daar staan geskryf, glo soos n kind en jy sal gered word. Net God weet!

RR ·

Dit is nou bitter goed geskryf! Baie Dankie aan Herman Toerien, dit is nog die eigste arikel wat sin maak!

A. Mac ·

As kind mos ek gereeld hoor hoe die wêreld gaan vergaan. Ek is amper 60 en hier is ons almal nog. My opinie is dat hierdie goed wat gereeld as die waarheid verkondig word meer mense wegdryf van die kerk en geloof. Vergaan die wêreld, goed, vergaan die wêreld nie, ook goed. Ek vreet nie enige ding vir soetkoek op nie, veral nie as iemand die Bybel aanhaal, natuurtekens en wie weet wat nog, dan praat ek nie eers oor al die gemors wat op die internet as die waarheid verkondig word en elke tweede persoon share dit vir die waarheid nie.

Attie ·

‘n Ou tante het op haar sterfbed gese : “All these religions, they can’t all be right but they can all be wrong.” Ek stem saam met die ou tante.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.