Nuuskommentaar: Die einde van liberalisme … en is wetenskap twak?

helen-zille4

Argieffoto.

“Welkom in die 21ste eeu waar wantroue teenoor navorsing en feite ’n feit soos ’n koei is.” So skryf ’n Nederlandse hoogleraar in ’n nuwe artikel. Ons beleef ’n era van “alternatiewe feite” wat in die plek van die werklike feite opgedis word. In die proses kou aktualiteitspraktisyns wat met harde feite werk dikwels harde bene waar onkundiges met groot bravade wetenskaplikes se werk as “gemors” afmaak. Terselfdertyd moet harde feite ook in die politiek en elders terugstaan ter wille van waardes en fopnuus waar die werklikheid ook in versteurde vorm voorgestel word.

Die afgelope naweek skryf die akademikus en rubriekskrywer dr. Piet Croucamp in Rapport dat die einde vir liberalisme aangebreek het. Hiervan verskil Jan-Jan Joubert van die Sunday Times wat homself in die RSG-program Kommentaar by herhaling ’n liberalis noem. Onlangs het prof. Christi van der Westhuizen van die UP ook ’n ongunstige prentjie van liberalisme geskets, en dit onder meer met kolonialisme in verband gebring.

Die doel hier is nie om te besin of liberalisme wel sonder stoom gaan staan en of dit ’n goeie of slegte ding is nie. Hier word veral gekyk na hoe harde feite (soos dat kolonialisme ook iets goed voortgebring het) nou neig om teenspoed by persepsies, waardes en helaas fopnuus te kry, waarvan die Zille-insident ’n skitterende voorbeeld is.

Maak dit hoegenaamd saak dat ’n mens nie byhou in hierdie debat nie en waarskynlik ook nie belangstel om by te hou nie?

Die antwoord is hoofsaaklik nee, maar daar is tog elemente waar dit belangrik is dat ’n mens jou ideologies plaas, en dit is by die stembus. Sekerlik een van die hoofredes hoekom dit vir die DA belangrik was om die lug oor die Zille-twiets te suiwer, was om die party duideliker in ’n ideologiese ruimte te parkeer – sodat die kieser weet waarvoor hy stem.

Vir die DA veral is dit belangrik omdat, soos ’n koerant dit in sy hoofartikel gestel het, die DA die wit mense se “verstekparty” is. Hierdeur word geïmpliseer dat almal dalk nie ideologies in die DA pas nie. Vir baie is dit ’n pragmatiese keuse.

Uit die baie besprekings lyk dit of die uitkristallisering daarop neerkom dat die DA van die konsep van suiwer liberalisme moet afstap. Vir die DA, wat vir lang tye belangrike ampte in Liberaal Internasionaal beklee het, is dit ’n groot stap. In die media word dikwels na die leier, Mmusi Maimane, as ’n “Afrika-Liberalis” verwys. Dit, terwyl heelwat lesers in leserskommentare dit duidelik stel dat Afrika-Liberalisme nie bestaan nie.

Maar is die ANC se volgehoue voorhou van (rassistiese) persepsies in plaas van feite ook ’n teken van Afrika-Liberalisme? Ons is gewoond daaraan dat pres. Jacob Zuma male sonder tal probleme voor aspekte soos wit grondbesit voorhou. Nou ervaar ons hoe die minister van minerale bronne, Mosebenzi Zwane, die nuwe voorgestelde handves vir mynwese as ’n “wen-wen-situasie” vir almal beskryf, wat na “oorleg met rolspelers” opgestel is, maar waaroor daar ’n effektiewe konsensus is dat dit ’n ramp sal wees, wat onder meer grootskaals tot die werkloosheidsituasie in die land sal bydra.

Maar waar trek die ANC nou op die ideologiese kaart? Kan dit (nog) as sosiaal-demokraties beskou word, of het Pan-Afrikanistiese konsepte te hard aan die deur kom klop? En hoeveel van dít wat in die praktyk manifesteer kom ooreen met die meeste beskrywings van wat Afrika-Liberalisme sou behels? En is dit geregverdig om in die lig van hierdie vaaghede oor ideologiese afbakening na die DA as ANC-Lite te verwys?

Een van die lastige aspekte van die Zille-twiet is dat dit wat sy getwiet het, die waarheid is. Maimane-ondersteuners het teruggekap en haar twiet as onverstandig beskryf.

Kortom, ’n feit (hoewel Van der Westhuizen dit effektief ontken het) word teen ’n persepsie gestel, en die persepsie, al is dit verkeerd, word as die aanvaarbare  “feitebasis” aanvaar. Die feit hoef nie eens aanvegbaar te wees nie. Maar dit is hoegenaamd nie eie aan die DA of selfs Suid-Afrika nie waar onder andere Zuma en sy ministers heerlik dagdroom oor wat alles met ’n ekonomie aangevang kan word voor dit witpens bo tot niet is.

Die verskillende menings en kommentare maak ’n mens omtrént deurmekaar.

Kan, vir die doeleindes van begrip oor wat ’n impak op hedendaagse politiek het, nie maar gehou word by ’n konsep van links / liberaal en regs / konserwatief nie? Vir die doeleindes van ’n studie wat feit teenoor “alternatiewe feit” stel, is so iets moontlik, maar die kieser moet hom nogtans voor hy sy kruisie trek van ander opsies vergewis.

Die Nederlandse politieke wetenskaplike prof. Hans de Bruijn skryf in Trouw onder die opskrif: “Alternatieve feiten bestaan”. Hy stel ter aanvang die vraag hoe (pres. Donald) Trump met sy “feite” kan wegkom?  Dan ontleed hy hoe feite in die identiteitspolitiek van links en regs ’n nuwe rol vervul.

In wese kom dit daarop neer dat feite teenoor persepsies gestel word. De Bruijn stel dit dat die beste ooreenstemming bereik kan word nie deur feite teen persepsies te stel nie, maar oor wat redelike keuses tussen keuses en aannames is.

Voorts is die werklikheid (met sy feite) ingewikkeld. De Bruijn verduidelik hoe kiesers se steun onder dié omstandighede gewerf kan word: “Hoe doe je dat, anderen overtuigen in zo’n ingewikkelde werkelijkheid? Daarvoor bestaat een strategie die vooral door de Republikeinen wordt toegepast. Je overtuigt je kiezer niet met allerlei feitelijke analyses of beleidsverhalen – dat is allemaal veel te ingewikkeld. Je moet het over je waarden hebben, over wat je ten diepste motiveert – dat is niet ingewikkeld en daar raak je de mensen mee. Dus hameren de Republikeinen het er bij hun kiezers in: het gaat om waarden als een kleine overheid, ondernemerschap, een patriottisch Amerika, het gezin. Vertrouw daar nu op – een politicus die staat voor de juiste waarden, zal de juiste beslissingen nemen.”

Kortom, waardes word voor feite gestel. Omdat emosies makliker deur waardes as insette aanklank kry, is dit ʼn “maklike” weg. Daar is egter gevolge en eienskappe:

  • Waardes bepaal die manier waarop die werklikheid waargeneem word.
  • Waardes polariseer.
  • Feite word ingespan in ’n waardekonflik. By hierdie punt moet kortliks stilgestaan word. De Bruijn gaan van die standpunt uit dat linkses feite die praatwerk laat doen, en regses nie. Hy verklaar dit ook: “Dat heeft te maken met de aard van progressieve mensen, zo luidt het antwoord. Die hebben het vermogen tot zelfcorrectie, liggen niet aan de keten van de traditie, maar zoeken altijd weer nieuwe wegen en mogelijkheden, denken out of the box. Conservatieve Amerikanen daarentegen zijn vooral bezig met het gezag van oude instituties.

Wat gebeurt hier? Er is een waardenconflict tussen links-progressief en rechts-conservatief >> Amerika, en in dat waardenconflict beweert progressief Amerika dat het de feiten aan zijn zijde heft.”

De Bruijn sluit af: “Welkom in de 21ste  eeuw, waar wantrouwen ten opzichte van onderzoek en feiten een fact of life is. En waar de kloof tussen onderzoek (navorsing) en beleid echt niet kleiner zal worden. Wat mij, tenslotte, nu vaak (dikwels) opvalt, is dat de aanwezigheid van deze kloof tot kritiek op uitsluitend politici leidt. Zij moeten het vooral ontgelden en eens wat meer naar de feiten luisteren, om zo de kloof te overbruggen.”

Ten slotte het De Bruijn ook raad aan wetenskaplikes. Hy raai hulle onder meer aan om hul navorsingsresultate doeltreffender aan die publiek te kommunikeer.

En goeie kommunikasie, waar feite suiwer weergegee word, is nooit ’n slegte idee nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

14 Kommentare

jongste oudste gewildste
Louis

Huh??

Malherbe

Die tyd vir libs is verby.

Breytie

As ek my bydrae kan bepaal slegs by die Suid-Afrikaanse situasie, lyk dit vir my dat ons gedwing word om te leef en te werk in die persepsie van die ANC dat die begrip “one nation” ‘n haalbare nasionale doel is. Die feit in die saak is dat geen groep in die land – swart of wit – regtig bereid is om te integreer met ander groepe nie. Op grondvlak bestaan daar eenvoudig nie assimilasie tussen Zoeloes, Khosas, Soethoes ensovoorts nie, maar elke individu moet dink en praat asof dit wel gebeur. Wat maak dit saak watter politieke party aan… Lees meer »

Leendert

Herman, jy is 100% korrek in jou waarneming en opsomming. Betreffende links liberales, Afrika liberales en al daardie mengelmoes, saamgeflansde name deur akademiese rubriekskrywers om politikuste se orientasie te beskryf, kan maar gelos word, hou dit eenvoudig sodat almal dit kan verstaan. Netnou probeer iemand vir Zuma as ‘n tipiese behoudende proggesiewe liberale konserwatiewe Afrika idealis voorhou.

Quo Vadis

Baie goed gestel Die groot gevaar in die persepsie-aanhang is dat enigiets, hoe irrasioneel ookal, uiteindelik daarmee regverdig kan word en op gruwelike vergrype kan uitloop. ‘n Foxnews-artikel gister (18 Junie 2017) wys die besorgdhed van linkse liberaliste oor die opmars van linkse ekstremisme wat juis voortspruit uit hierdie persepsie waardes bo feite spreek. Behalwe die DA se plaaslike feite-minagting, loop blanke SA burgers daagliks deur onder wanpersepsie-gebaseerde, anti-wit rassisme wat aangeblaas word deur plaaslike liberale joernaliste, meningsvormers en politieke partye soos ANC en EFF. Praktiese uitlewing hiervan sien ons in aanhitsende uitsprake, artikels en anti-wit kampusgeweld deur oa “born… Lees meer »