Nuuskommentaar: Die kanker van korrupsie  

Argieffoto

Gister is heelwat skokkende onthullings oor korrupsie in Suid-Afrika gemaak, terwyl regspraak in die land ook ’n hupstoot gekry het met die uitreiking van ’n voorwaardelike lasbrief vir pres. Jacob Zuma. Korrupsie is gister, wat ook Wêreldkankerdag was, egter ook as ’n kanker beskryf.

Wêreldkankerdag is gister herdenk maar dit was ’n heel ander soort kanker wat in Suid-Afrika die meeste aandag getrek het, die kanker van korrupsie, met die lasbrief wat vir die inhegtenisneming van oudpres. Jacob Zuma uitgereik is.

Zuma moes gister (uiteindelik) sy dag in die hof kry om op onder meer korrupsie-aanklagte tereg te staan, aanklagte wat voortspruit uit die wapenskandaal. Dit sluit in sy bande met die veroordeelde (kortstondige) tronkvoël, Schabir Shaik.

Dr. Eugene Brink, ’n strateeg en politieke ontleder, het vroeër die week in ʼn meningstuk op Maroela Media na die kanker van korrupsie verwys. Asof profeties sou korrupsie die volgende dag, op Wêreldkankerdag, sterk in die nuus wees.

Voorbeelde van korrupsie wat gister in die nuus was, sluit die volgende in:

  • Die lasbrief vir Zuma se inhegtenisneming op aanklagte van korrupsie. (Die lasbrief word soos gebruiklik waar daar sprake van goeie redes is, teruggehou tot die volgende verskyningsdatum, 6 Mei.)
  • Die daglange sluiting van die meester van die hooggeregshof se kantore sodat die Valke ’n deeglike ondersoek kan doen ná bewerings van wydverspreide korrupsie, of soos dit op Netwerk 24 gestel is, ’n bodemlose put van omkopery. Regslui word, heel verstaanbaar naamloos, aangehaal waarin nog talle skreiende korrupsieverwante aanklagte aandag kry (lees hier).
  • In die VSA keer die bekende politieke skrywer Patrick J. Buchanan die pot om wat die Demokrate aan die kook was met die skynbaar mislukte poging om pres. Donald Trump via ’n klag van “staat van beskuldiging” ontslaan te kry. Hy beskuldig die Demokrate daarvan dat hulle in werklikheid ’n mislukte staatsgreep uitgevoer het, en dat die Demokrate ’n “verrotte samelewing” is. Trump sal na verwagting vandag vrygespreek word (lees hier).
  • Die Vryheidsfront Plus reik ook ’n mediaverklaring uit met die selfverklarende opskrif: “Wonderboom-lughawe moet as ekonomiese eenheid bestuur word sonder korrupsie en tenderbedrog” en volg dit op met en waar die opskrif lui: “VF Plus-ondersoek oor kooptransaksie van plase dui op moontlike grootskeepse onreëlmatigheid met geld van die staatsdiens-pensioenfonds (GEPF)” (lees hier en hier).

Hierdie gevalle is maar, in die woorde van oudregter Willem Heath, die oortjies van die seekoei, en Suid-Afrika verdien om na verwys te word as land waar korrupsie endemies geword het. Getuienis voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping dui immers op ’n omvang van korrupsie wat goed meeding met van Afrika se “voorste” korrupte staatshoofde waar staatsbates en dié van die leier nie te onderskei is nie.

Soos die Wêreldbank en die IMF tereg opmerk: Korrupsie beroof ’n land van sy toekoms. En nee, korrupsie is nie, soos Zuma dit gestel het, net ’n Westerse konsep nie.

Denemarke, Nieu-Seeland en Finland word juis deur Transparency International as die mins korrupte lande ter wêreld genoem, met Somalië en Suid-Soedan onder die korrupste lande. Suid-Afrika is nou, volgens die indeks die 70ste mins korrupte land ter wêreld, ’n persepsie wat vinnig kan verander as die Zondo-kommissie se werksaamhede eendag voltooi is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Pampoen ·

Ek glo dat die problem selfs wyer is. Bykans al die berigte van vandag kan saamgevat word met ‘n algemene verlaging in norme van die inwoners van ons land. Elke ou ry soos hy wil, druk in waar hy wil en daar is geen verkeersbeamptes wat iets daaraan doen nie. Die een onbevoegde persoon na die ander sit en room afskep. Dit is alles simptome van lae opvoedingspeil en ‘n gebrek aan geloof. Geen gehoorsaamheid nie en geen verantwoordbaarheid nie.

Zirk ·

Stem 100% saam. Ek wens iemand of ‘n onafhanklike instansie kan vir ons navorsing doen waarom het daar na 1994 se oorname soo ‘n oorywerige, onkeerbare drif by die regerende party ontstaan het om alles te gryp en te wil beheer op ENIGE denkbare wyse.
Het ons as blankes dan wragtag voor 1994 ALLES verkeerd gedoen.??
Ek haal 2 onverwante Nigeriëse vriende van my aan;; The South African blacks are the MOST spoiled brats in the WORLD.!.

Kokkie ·

Zirk, dit gaan nie oor die reg of verkeerd doen van blankes nie. Dit gaan oor BLANKES. Ons kan nou maar redeneer en oplossings soek soos wat ons wil, maar solank wit en swart bestaan, sal daar onmin tussen die groeperings wees. Dis ‘n kwessie van totale onversoenbaarheid. As iemand my kan oortuig dat daar êrens in die wêreld ooit totale samewerking, verdraagsaamheid, aanvaarding en harmonie tussen wit en swart was/is, sal ek dit graag wil hoor. Niemand sal my ook oortuig dat dit ooit in die toekoms moontlik sal wees nie. Dis ‘n skeppingsgegewe . Dikwels word die oorvereenvoudigde beelde gebruik van die wit en swart strepe op ‘n sebra, of die wit en swart klawers van ‘n klavier wat volkome harmonie voortbring. Ongelukkig werk dit nie so eenvoudig met die lewe nie. Mense is anders geskape. Ras sal ALTYD ‘n kwessie bly.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.