Nuuskommentaar: Die onverdunde waarheid, die (vals) narratief en die Mandela-effek

Foto ter illustrasie. (Foto: pixabay)

’n Derde van die laaste maand van 2019 is so te sê reeds op sy rug, en dit raak hoog tyd dat die jaar se nuushoogtepunte (of is dit eintlik laagtepunte?) soos gebruiklik deur Maroela Media onder die loep geneem word. Danksy moderne kommunikasietegnologie is die tradisionele komkommertyd grootliks iets van die verlede. Daar is te veel nuus wat te belangrik is om in een rubriek saamgevat te word, dus moet dit noodwendig in meer as een “uitgawe” gesorteer en volgens die een of ander kategorie geplaas word. Verskeie metodes kan gevolg word – deur dit in geografiese vorm aan te bied, byvoorbeeld per kontinent of wêreldstreek, per onderwerp saam te vat, of in kombinasies daarvan.

Volgens die Mandela-effek

Of dit kan per dwarsliggende eienskap gesorteer word, soos die rol van rassisme, of minderheidsregte en die reaksie daarop, of die vlak van volwasse demokrasie. En vele meer. Vandag se nuuskommentaar is nie formeel ’n deel van die jaar se besinning oor nuushoogtepunte nie – dit bekyk baie kortliks iets wat al hoe meer kommer wek – die Mandela-effek. Vanjaar is dit miskien juis aangewese om dié verskynsel te belig omdat daar ’n rolprent gemaak is wat luidens die titel die Mandela-effek onder die loep neem. (Lees hier.)

Maar wat is die Mandela-effek, en hoekom is dit so belangrik? Die Amerikaanse uitgawe van The Conversation beywer hom nou om as ’n belangrike rytuig vir die werklike, korrekte nuus beskou te word. Dit kom wesenlik daarop neer dat iets wat iemand as die waarheid onthou, en so aanbied, by behoorlike ondersoek van betroubare nuusbronne klaarblyklik nie die waarheid presies korrek weergee nie. Dit is interessant dat die Amerikaanse uitgawe nie sy ander vertakkings, soos die Afrika-uitgawe, as aanspraakmaker op hierdie eienskap betrek nie. Gereelde lesers van die Afrika-uitgawe sal gou besef dat die skrywers wat gebruik word, wit en swart, weergawes inspan wat nie strook met ander se opvattings van die werklikheid nie.

Onder Suid-Afrikaanse skrywers tel gereeld lede van die Seunse Weenkoor, of van die koor se gaskunstenaars. Die narratief is byvoorbeeld dat wit boere die grondhervormingsproses (transformasie van grond) dwarsboom, en dat syfers wat ander instansies as die regering (wat duidelik meer betroubaar as die regering se bedenklike syfers is) verskaf, nie eens gemeld word nie. Dat korrupsie in regeringsdepartemente en instansies die grootste struikelblok is, word nie eens gemeld nie. Die regeringsweergawe word as die enigste aangebied.

Die Amerikaanse weergawe, daarenteen, is werklik ingestel daarop om die waarheid as die enigste korrekte weergawe aan te bied. Maar, en dit erken die hoofde van die uitgawe openlik, dit bring die aanlyn tydskrif in konflik met byvoorbeeld die ontkenners, samesweerders en diegene wat die wetenskap vyandig gesind is.

“The Mandela Effect is a phenomenon that makes us question even the most mundane memories from the past. In June 2019, the famed New York Times crossword puzzle made it the theme, and defined it as, ‘a recent refinement of false memory that typically refers to pop culture or current event references.’ Named by paranormal researcher Fiona Broome, it’s basically remembering something that doesn’t match with historical records. For example, the stuff you use to make your home smell fresh isn’t ‘Febreeze’ .

“Broome has said that she ‘loves’ the idea that the Mandela Effect, or others claiming they distinctly recall different events or details, could be proof that we’re existing in alternate realities. We’re not so sure that’s the truth, but these comparisons between popular belief and reality is making our jaws hit the floor as we type.”

In ’n spesiale uitgawe vanoggend verduidelik Bruce Wilson, innovering-en-ontwikkelingsbeampte, die rede waarom hy meen The Conversation se benadering is die regte: “With a son graduating from college next year and one who just graduated in 2018, I am working to make sure that their future is in a world where the facts and expertise they encountered on campus are spread across the country.”

In ’n vroeëre uitgawe skryf Nick Lehr, die redakteur vir kuns en kultuur, onder meer: “One fact we are sure has not changed in this universe: producing quality journalism is expensive. If you value the work The Conversation does to help scholars share what they know with a public awash in unfounded opinions, please support us.

“Psychologists explain the Mandela Effect via memory and social effects – particularly false memory. This involves mistakenly recalling events or experiences that have not occurred, or distortion of existing memories. The unconscious manufacture of fabricated or misinterpreted memories is called confabulation.”

Dit is maar ’n fraksie van die inligting ter sprake, maar ’n ruimtebeperking maak dat ’n vollediger agtergrond nie moontlik is nie. Intussen word feitlik elke aspek van inligtingsverspreiding in die land hierdeur geraak, en sal baie mense glo hul eie opvattings bevat die korrekte weergawe. Die verskillende weergawes oor pres. Donald Trump se skuld of onskuld in die staat van beskudiging-gebeure, word robuus deur albei kante as die waarheid bevorder.

Omdat die Mandela-effek met onjuisthede en blatante leuens verbind word, en Mandela nog by baie Suid-Afrikaners as ikoon beskou word en weens die reste van politieke korrektheid onaantasbaar is, is dit moontlik hier as onderwerp minder bekend as in die res van die wêreld (lees gerus bietjie op Google). Dit het egter onder onregstreekse name en begrippe ’n groot impak hier te lande.

Soos ’n Maroela Media-leser onlangs hoogs geïrriteerd opgemerk het, die woord “narratief” het behoorlik mode geword. Toe die akademikus dr. Piet Croucamp op RSG se program Kommentaar na die “feit” verwys dat “ons” die swart mense se grond gesteel het, en hy daaroor deur Rapport hieroor uitgevra is, het hy verduidelik dis bloot die “swart mense se narratief” wat hy weergee. Dit is nie deur die potgooi van die program ondersteun nie.

Dit is nie altyd duidelik of mense en instansies wat op die “swart narratief” eerder as die weergawe van gerekende historici soos Theal McCall se opgetekende geskiedenis steun, net naïef is of wel glo hulle het nou die werklikheid beet nie.

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.

11 Kommentare

GB ·

Die vraag kan wel gevra word of die vervalsing van die werklikheid net die gevolg van onbewuste psigiese prosesse is. Daar is ‘n sekere weergawe van die wereld wat deur die media, vermaak en onderwysinstellings uitgedra word. Omdat so baie mense in gesagsposisies daardie weergawe verkondig, aanvaar meeste mense dit dan as feite. Maar net omdat die redakteur van ‘n gerespekteerde koerant of ‘n gewilde akteur of ‘n gesaghebbende wetenskaplike sy mond oopmaak beteken dit nie dat alles wat daar gaan uikom die waarheid gaan wees nie.

Alle mense kyk na die werklikheid deur ‘n lens. Die eienskappe van daardie lens word weer bepaal deur ‘n mens se religieuse oortuigings. Niemand kan daarvan wegkom nie – ook nie joernaliste nie, ook nie wetenskaplikes nie – en dit beteken objektiwiteit is ‘n bitter, bitter skaars kommoditeit. Mense heg emosionele waarde aan hul oortuigings. Ander wat nie daardie oortuigings deel nie word summier ‘n etiket om die nek gehang en gediskrediteer as ontkenners van hierdie of daardie “feit” en die redes vir hul twyfel in die hoofstroom weergawe word dikwels verdraai, meestal bloot dood geswyg.

Is The Conversation vry van vooroordeel? Ek twyfel. Veral as een van die joernaliste daar dink dat dit wat sy kind op kollege geleer het die onweerlegbare waarheid is. Hulle sal wel ook een weergawe van die werkliheid aanhang.

Vaalseun ·

Uitstekend gestel, Herman.
Van Wyk Louw skryf in 1939, in sy Lojale Verset, Gelykmaak en rangordening, dat die ideaal en eis van Gelykheid in wese onwaar is.
Hy sê dit omdat hy waargeneem het dat die mens in wese net ongelykheid ken.
Waar en wanneer het die mensdom al voorheen “gelykheid” in lewensverwagtings, moraliteite, ouderdomme, gesondheid, talente, insig, geleerdheid, vermoëns, persoonlikhede, nie-aggressie, vredeliewendheid, besittings, leierskap, seksualiteit, sportmanskap, liefde, geloofwaardigheid, eerlikheid, mag, grondbesit, ens. ervaar?
En “voorheen” was daar baie minder mense!
Hy beklemtoon dat, ” Die mens geen vaal, egalige abstraksie is nie, maar ‘n eindeloos kleurryke verskynsel waarvan wesenlike en toevallige ongelykheid skering en inslag is.”
Dis waarom suksesvolle regering slegs moontlik is wanneer die hoofde van staatsdepartemente en -afdelings, opgeleide vakkundiges in die onderskeie gespesialiseerde dienste is, ongeag wie regeer.
Maar meer nog, toe ons land deur gerekende kundiges soos Jan Smuts en Dr. Verwoerd gelei is, het kwaliteit dienste aan al die bevolkingsgroepe in ons land floreer.
Die les is doodeenvoudig, vergeet van ingevoerde en vae ideologieë soos kommunisme, liberalisme, konserwatisme, ens.
Kies politici met goeie kwalifikasies en bewese ervaring, met gesonde verstand, wat deeglike navorsing oor vraagstukke sal laat doen voordat besluite geneem word, en wat die besteding van die belasting betaler se geld met valkoë sal dophou.

André-Chris ·

Betreffende jou laaste paragraaf, ook moet sodanige regters en hoofregters gekies word, en nie dié wat eerder in die politiek tuishoort nie.

Johann cb ·

Mandela is lank nie meer met ons nie. Hoekom moet hy steeds ‘n effek hê?

Paul Roos ·

As mens die politiek uitskakel…. Mandela en sy party het n land oorgeneem met feitlik alles wat werk…. Eskom, SAL ,Sapd ,Sanw ens. Dis waarom alles goed mooi en “reenboog” was. Die sukses van die oorgang het op iemand anders se rug gery…..

George in Bloem. ·

Die Mandela effek…..hmmmmm…….kyk maar gerus terug na alles wat gewerk het 25 jaar gelede,SAL,Eskom,Krygkor/Denel ens. En kyk dan waar ons nou is. Die die effek wat die Mandela skool van denke op hierdie land het. Verder is dit mode in die wereld om sy bydrae tot geweld in die land en ook sy dawerende stilte (stilswyende goedkeuring?) aangaande die ANC se korrupsie,nepotisme,wanbestuur,kader ontplooiing en onbevoegheid tot reg aan die einde. Skandalig om die minste te se,kwalik die optrede van ‘n ikoon maar nou ja,die wereld het gekry in SA wat hulle so graag wou he ten alle koste. Hulle moet vandag seker vreeslik trots wees op hulle handewerk.

André André ·

Ek het ook idee die wêreld vandag het belangstelling in SA verloor, dis nou buiten vir Rusland en China.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.