Nuuskommentaar: Die post-Covid-19 nuwe wêreldorde

Foto: Pixabay

Onder diegene wat reeds van hulle laat hoor het dat die wêreld nou reeds dringend moet besin oor ’n nuwe wêreldorde in die post-Covid-19-era tel Henry Kissinger. Tot my skande moet ek erken ek was verbaas toe ek vanoggend lees dat Kissinger verlede week ’n bydrae vir die Wall Street Journal geskryf het, naamlik “it is now an imperative that the world’s leaders, even as they deal with the raging pandemic, begin to make the transition to the post-coronavirus order.” Aan die woord is die bekende Amerikaanse kommentator Patrick J. Buchannon. My eerste gedagte was: Maar leef Kissinger dan nog? Hy is immers in 1923 gebore! (Kissinger se artikel kan hier gelees word.)

Kissinger is egter nie die enigste wat ’n nuwe wêreldorde aan die nuwe koronavirus koppel nie. Hy, as outeur van die boek A World Restored in 1950, is seker goed gekwalifiseer om hom oor ’n komende wêreldorde uit te laat. Die Wall Street Journal se kuberruim-weergawe is vir baie lesers egter agter ’n betaalmuur begrawe, en daarom is ’n opsomming wat onderaan geplak is dalk nuttig.

Dit is onwaarskynlik dat Kissinger onder ’n nuwe wêreldorde presies dieselfde verstaan as wat die aanhangers van samesweringsteorieë daaronder verstaan. Hy stel immers voor dat die wêreldleiers moet saamspan om die VSA se liberale waardestelsel en waardevolle demokrasie te beskerm. Uit ander besprekings is dit duidelik dat ’n belangrike voorvereiste is dat ’n ogie gehou moet word oor China wat sy vervaardigingsektor so aangepas het dat ’n groot deel van die wêreld vir sekere noodsaaklike vervaardigde produkte van China afhanklik is.

Wat wel duidelik is, is dat die impak van Covid-19 op ’n werklike of verbeelde wêreldorde wel wyd ernstig opgeneem word, blyk uit die 1 020 000 000 trefslae vir “new world order” en “corona” en 6 640 000 000 trefslae vir “new world order” en “Covid-19”.

Maar wat beteken ’n nuwe wêreldorde? Kissinger en baie ander se sleutelterm is “enlightenment values”, dit wil sê waardes wat gewoonlik as winste van die stryd om demokrasie beskou word, soos stemreg en ʼn liberale waardestelsel.

Verskillende definisies koppel wyd uiteenlopende begrippe aan ’n nuwe wêreldorde. Veral uit samesweringskringe is dit gewoonlik op ’n wêreldregering afgestem, wat per se ’n uiters ongewenste uitkoms is. Gewoonlik is die fokus op samewerking op terreine wat individuele state nie kan hanteer nie, maar gekoppel aan ’n waardestelsel, soos die fokus op demokrasie.

Wikipedia onderskei dan ook tussen die nuwe wêreldorde in die konteks van samesweringsteorieë en vat dit saam as: “The New World Order or NWO is claimed to be an emerging clandestine totalitarian world government by various conspiracy theories. The common theme in conspiracy theories about a New World Order is that a secretive power elite with a globalist agenda is conspiring to eventually rule the world through an authoritarian world government—which will replace sovereign nation-states—and an all-encompassing propaganda whose ideology hails the establishment of the New World Order as the culmination of history’s progress.”

Gewoonlik word onder ’n nuwe wêreldorde verstaan die: “new world order has been used to refer to any new period of history evidencing a dramatic change in world political thought and the balance of power. Despite various interpretations of this term, it is primarily associated with the ideological notion of world governance only in the sense of new collective efforts to identify, understand, or address worldwide problems that go beyond the capacity of individual nation-states to solve.”

Die miljoene menings en meningstukke oor ’n nuwe wêreldorde – binne en buite die konteks van globalisering – toon een groot waarheid: dit gaan ’n enorme poging verg om genoegsame eenstemmigheid te bereik sodat daar hoegenaamd gesprek gevoer sal kan word. Hoe ’n onbegonne taak dit sal wees om genoegsame gemene delers te vind tussen mense wat sekere waardes deel en daarom kollektief saam behoort te beding, word mooi geskets in ’n artikel van Nini Bennet op LitNet, “Onder die brûe van die elektroniese media”. Hierdie insiggewende artikel verwoord die groot en groeiende onmin tussen lesers wat oor dikwels onbenullige sake so heftig verskil dat die vitrioel vrylik vloei, en die skrywers as internettrolle ontpop. Die vraag volg onwillekeurig dat as mense so hewig oor onbenullighede kan verskil, beskik hulle nog oor die vermoë om op kundige wyse gesprek oor ernstige sake te kan voer?

Opsomming van Kissinger se mening

In a commentary piece for the Italian website Formiche.net, Dario Cristiani takes a look at the opinion piece written by Henry Kissinger, secretary of state and national security adviser in the Nixon and Ford administrations, for the Wall Street Journal titled, “The Coronavirus Pandemic Will Forever Alter the World Order.” Kissinger calls upon the Unites States to safeguard the principles of the liberal world order and the world’s democracies to preserve and support their Enlightenment values. Drawing on Gilpin’s hegemonic stability theory and insights from the history of international relations, Cristiani analyzes Kissinger’s arguments claiming that China is presenting itself as an emerging provider of global public goods, thus trying to fill a gap that Washington seems more and more reluctant to tackle. A United States unwilling to lead risks accelerating its decline as the prominent power of the international system, and the coronavirus crisis could represent a topical moment in this decline if the United States does not act swiftly to address these trends.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Fred ·

Dit verg net iemand wat tydig en sterk na vore kan tree met ‘n oenskynlik goeie konsep wat ‘n Nuwe Wereld Orde kan skep.
Of hoe anders?

Chris ·

NWO het slegs een betekenis: ‘n Een wêreld regering stelsel polities, ekonomies & godsdienstig wat op alle bevolkings afgedwing sal word.
Hier volg ‘n klompie boeke ter bevestiging van die doelwit:
1) EN ROUTE TO GLOBAL OCCUPATION- JH KAH
2) GLOBAL TYRANNY…..STEP BY STEP – WILLIAM F JASPER
3) THE FEARFUL MASTER – GE GRIFFEN
4) THE NAKED CAPATALIST – WC SKOUSEN
5) WHO IS ESAU-EDOM – CA WEISMAN
6) THE HIDDEN POWER BEHIND FREEMASONRY – Lt. Col. Gordon “ Jack “ Mohr, AUS Ret.
7) DIE ILLUMINATE CFR – KOMPLOT. – MYRON C FAGAN.
8) VATICAN ASSASINS ( WOUNDED IN THE HOUSE OF MY FRIENDS ) – ERIC JON PHELPS
[ Hierdie studie van Jo Phelps is gedoen oor 25 jaar en beslaan 1800 bladsye ]
Maak maar julle eie afleidings van wat regtig besig is om af te speel in die huidige.
Ons Vader in die hemel is en sal altyd in beheer bly.

J ·

Miskien kan ‘n Nuwe Wêreld Orde ‘n beter wêreld tot stand bring wat bv. MAGSDRONK DIKTATORS kan uitskakel en MASSA MIGRASIE (destabilisering) kan stop.

Kom ons probeer ‘n ‘Robot Regime’ wat ‘n intelligente, tegnokratiese regering en administrasie vir die wêreld instel.

Al is dit net om ontslae te raak van die immorele magshebbers wat hulself verryk ten koste van die gewone mense.

… en om te voorkom dat oningeligte magshebbers verkeerde besliuite neem.

‘Viva Robo(t) Regime’

Jacobus ·

Herman dankie dat jy weereens die knuppel in die bos gooi. As jy jou bo-aan die geld rangorde bevind maak ‘n soort van nuwe orde besigheid vir jou baie sin. Wanneer jy met jou vingernaels nie eers die onderste trappie van die invloeds leer kan raak nie reken jy maar eintlik “so what!”
Die gemiddelde wêreldburger het net een rigting om te gasn en dis AF, maak weinig saak wie en wat hy is. Baie simplisties? Dié wat baie het wil nog hê, en die wat min het moet dit (op)gee. ‘n Duiwelse brousel……..
Mens verbaas jou dikwels dat mense wie bietjie meer as gemiddelde breinselle het so gretig die krokkodil voer!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.