Nuuskommentaar: Die skoen aan die ander (ras se) voet

ras-regstellende-aksie-race

Argieffoto.

Die ANC het nie rassisme uitgevind nie, net vervolmaak. Wie dit nog nie wil insien nie, neem nie die werklikheid om ons waar nie, waar selfs die Thabo Mbeki Stigting hieroor vrae vra.

Seker een van die mees rassistiese stellings wat iemand kan maak, is dat swart mense “per definisie” nie rassisties kan wees nie. Wat anders beleef Suid-Afrika nou waar wit burgers blatant by ’n vorm van bemagtiging uitgesluit word?

Die konsep, wat ook in die VSA neerslag gevind het, kom klaarblyklik van die rewolusionêre (swart) filosoof, Frantz Fanon. In Suid-Afrika is sy idees onder andere verteenwoordig deur Steve Biko.

Die ironie is dat Fanon Franssprekend was, en sy werk in Frans geskryf het. In die proses om dit in Engels te vertaal en aan die Engelssprekende wêreld bekend te stel, is vertaalfoute gemaak wat van Fanon se standpunte skeefgetrek en geradikaliseer het.

Dit verander egter niks aan die feit dat rassisme die “eiendom” van die plegers daarvan is nie, ongeag die pleger se ras. Soms is dit subtiel, soms skynbaar gesofistikeerd en soms blatant en erg kwetsend.

Die uwe skryf al sowat twee dekades nuuskommentare, en vir ’n redelike lang tyd kon by die ideaal gehou word om glad nie ras te berde te bring nie. Rassistiese regeringsoptrede het dit egter onmoontlik gemaak om hiermee vol te hou en nie irrelevant vir die Suid-Afrikaanse konteks te word nie.

Die wegbeweeg van ras as norm het voor 1994 begin, en die laaste apartheidswet is reeds ’n geruime tyd voor dié datum geskraap. Die Bevolkingsregistrasiewet is byvoorbeeld reeds in 1991 geskrap.

Tydens Kodesa kon onderhandelaars – ook uit “regse” geledere – gemaklik die volkeregtelike norm van volk in plaas van ras gebruik. ’n Mens moet diep delf om ’n definisie van volk te kry wat ras ook as norm stel.

Die tendens is ook later met die verslae van die Volkstaatraad volgehou.

Dit was egter gou duidelik dat die ANC nie te vinde was om ras ten gunste van volk te laat vaar nie. Toe Beeld byvoorbeeld in ’n onderhoud vra of die Afrikaner ooit minderheidsregte sal bekom, het die destydse sekretaris-generaal van die ANC, Gwede Mantashe, gal gebraak. Sonder om na die Afrikaner te verwys het hy getier oor die wit bevoorregting van die verlede.

Soortgelyk word Afrikaanse skole as stok gebruik om wit skole mee by te dam – dít terwyl minder as die helfte van die Afrikaanssprekendes wit velle het.

Die destydse president Jacob Zuma het so laag gedaal om op ’n byeenkoms teen rassisme na wit mense as “white supremacists” te verwys.

Op 3 Oktober 2018 word ’n artikel deur dr. Theuns Eloff, uitvoerende direkteur van die FW de Klerk-stigting, geplaas onder die opskrif: “Is the Thabo Mbeki Foundation’s document a turning point to true non-racialism in South Africa?”

Die dokument beskryf die beplande grondonteiening sonder vergoeding as rassisties. Oudpres. Zuma word daarvan beskuldig dat hy van die ANC ’n swart party gemaak het.

Die ironie is dat Mbeki self in vele kringe daarvan beskuldig word dat hy ook afgewyk het van pres. Nelson Mandela se nierassigheid en ’n soort swart bewustheid uitgeleef het onder verskillende name, soos ’n Afrikagesentreerdheid.

Feit bly egter dat dit lank reeds duidelik was dat die ANC deur wetgewing en ander optredes swart rassebevoordeeld is. Dit gaan veel verder as bloot swart ekonomiese bemagtiging en die uitwissing van agterstande wat voor apartheid se deur gelê word. Die rol wat die ANC se eie beleid en toepassing daarin speel dat slegs ’n handjievol kaders miljoenêrs word en die ander se posisie dikwels dieselfde bly, of versleg wanneer werkgeleenthede weggetoor word, is duidelik.

Met gister se nuuskommentaar is pertinent verwys na die Yes4Youth-program wat net wit jong mense uitsluit, en Sasol se personeel-aandeleskema wat ook wit werknemers uitsluit. Gistermiddag het die Vryheidsfront Jeug by monde van die leier, Tammy Wessels, daarop gewys dat die VF Plus se druk deur onder meer ’n klag by die menseregtekommissie aanhangig te maak, daartoe gelei het dat die Yes4Youth laat blyk het dat die program nou ook vir wit jong mense oopgestel is.

Die leier van Solidariteit Jeug, Paul Maritz, het daarop aanspraak gemaak dat die publiek mislei word deur die Yes4Youth. In die praktyk was wit mense steeds uitgesluit.

Tensy wetgewing en beleid verander, word ’n wit baba se lewe van sy wiegie tot sy graf deur sy ras bepaal. Hy sal rassediskriminasie om elke hoek en draai ervaar. Bruin mense het ’n soortgelyke ervaring, en die “dice” het ’n tweede maal vir hulle verkeerd geval.

En bewaar jou siel as jy nog boonop Afrikaans is. Die internasionale reg oor minderheidsregte én die Grondwet self word na die maan gestuur sodat spesifiek die Afrikanerminderheid soos vreemdelinge in hul eie land moet voel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

HPV ·

Die land is vandag slegter daaraan toe as enige gegewe tyd in die verlede, selfs die grensoorlog tyd ingesluit. Orde en veiligheid was gehandhaaf, selfs met sanksies teen ons het ons meer vervaardig, uitgevoer en werk geskep as nou. Die bewys was die stand van R/USD nou en toe. Die belastingbetaler moes nie daagliks betaal vir die vervanging van afgebrande en geplunderde infrastruktuur en selfs banke nie. Daar was ook nie 50 mense per dag vermoor nie. Feit is daar sterf selfs minder mense per dag in baie oorloggeteisterde lande, ons ongevalle op die grens was minder as wat in een jaar in die land vermoor word.

Arie ·

Heeltemal reg rassisme is veel erger huidiglik as ooit tevore, ek het ook nooit vantevore so gevoel as nou nie

Flip Raath ·

Hoe meer rasgedrewe die ANC raak hoe sterker die saak vir ‘n blanke volkstaat.

Jerry ·

Flip, jy droom van padda eiers iewers in n woestyn. Skryf volkstaat op jou maag en dan droom jy lekker voort. Iemand is besig om jou lelik om die bos te lei!

Die Stem ·

Ons blankes is so n klein persentasie.
Skrap alle rassisties wete.
Dit gee ons dan in effek ‘n, 5%?, kans om werk te kry en besigheid te doen.
Die rassistiese wete is gemaak om so klein persentasie mense te onderdruk.
Lekker bang vir min mense, ons regering.

m.d.r. ·

Herman, ek wil by jou opening sin aansluit : “Die ANC het rassisme nie uitgevind nie, dit net vervolmaak….”
Op 3 Junie 1994 (slegs enkele maande na die 27 April verkiesing) lewer Rapport se Redakteur Izak de Villiers ‘n sterk betoog teen hierdie ras gebaseerde Regstellende Aksie.
De Villiers maak hierdie stelling : Die Amerikaners het nie Regstellende Aksie uitgevind nie, hulle het dit net vervolmaak……”gedagtig daaraan dat Swartes in die VSA bevoordeel word deur regstellende aksie.

Wat Izak de villiers geskryf het, en wat jy skryf gaan eintlik oor dieselfde groep–die swartes…..

Dit maak nie saak hoe mens dit inkleur nie, hierdie stelsel is rassisties van aard. En die mense wat die meeste baat vind daarby is Swart…..

dr. Sakkie van der Merwe ·

Jerry, so lank jy in die reenboog land bly sal jy en jou nageslag onderdruk word hetsy deur SEB, moord, roof ens. As ons ophou werk na ‘n staat/plek waar ons kan bly en werk dan moet ons maar opgaan in die reenboognasie. Ek sal bly werk na staat waar my nageslag nog ‘n kans het op oorlewing. Noem dit ‘n droom. As ons ophou droom en ophou glo dan het ons boedel oorgegee.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.