Nuuskommentaar: Die Steve-faktor

Steve Hofmeyr Foto: Reint Dykema, Solidariteit

Steve Hofmeyr Foto: Reint Dykema, Solidariteit

Teen dié tyd is dit nog net bekend wat Steve Hofmeyr self getwiet het, en wat hom so ’n storm (en na berig word talle doodsdreigemente) op die hals gehaal het. Oor watter agterna-verduidelikings wel regstreeks aan Steve toegeskryf kan word, en watter kwaadwillig opgemaak en versprei word om die teerput dieper te maak, is al ’n onbegonne taak. Baie van die stories was al voor die gewraakte twiet in omloop.

Steve is al ’n geruime tyd uitgesproke dat hy politieke korrektheid agter om laat. Hiervoor kry hy uit baie kringe lof, aangesien politieke korrektheid neig om selfs die grootste bollie as feite op te dis, en naderhand deel van die, soos die liberale Kaapse kommentator, Christi van der Westhuizen skryf, “as die materiële werklikheid” aanvaar “moet” word.

Soos die plaastoestande in die Wes-Kaap, met “onwettige afsettings” as newe-produk. Nadat die Tony Eherenreichs ’n ruk gal gebraak het oor die “onwettige afsettings” en die Christi’s dit as “die materiële werklikheid” verkwansel het, en in veronderstelde gesaghebbende publikasies ’n afset gekry het, blyk dit nou dat, soos Agri Wes-Kaap vanuit die staanspoor gesê het, dit oor wettige afsettings gehandel het. Na berig word was daar oor daardie tydperk drie beweerde onwettige afsettings.

Nou is die deuntjie verander. Die onwettige afsettings is nou net afsettings, en dit word steeds as euwel aangebied. As na die Esta-wetgewing gekyk word oor die redes wat wel vir wettige afsettings geld, soos ernstige misdaad, is dit moeilik om te sien hoe boere wat met daardie toelaatbare kriteria te kampe het, enige ander uitweg as afsetting het.

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa, wat nou oral in die land en selfs elders in Afrika pres. Jacob Zuma en die regering se brouwerk moet gaan regmaak, het in hierdie saak verbrou. Hy het na gesprekke met rolspelers aangekondig dat georganiseerde landbou tot ’n moratorium op afsettings ingestem het. Van daardie ooreenkoms weet die landbou niks. Maar dit gee wel ’n blykie van die komplekshede van die land waarin Steve sy nek gaan uitsteek het. Ruimte ontbreek om ’n volledige politiek-sosiologiese ontleding te doen.

Wat die gewone Suid-Afrikaner betref, is dit egter so dat rolmodelle selde ’n voet verkeerd kan sit. Dus, as die rolmodel te vinnig en gesuip om ’n draai in die pad jaag en die kar omkeer, is dit die pad se skuld. Tweedens is daar die ideologiese oogklappe – die lysie van bekende politici wat verkies het om niks te sê destyds toe comrade Winnie Mandela aan die wêreld verkondig het dat “ons” met vuurhoutjies en buitebande die land gaan bevry nie, is ’n indrukwekkende lang lys.

Die aantal mense wat fout gevind het daarmee dat Julius Malema in die gelykheidshof aan haatspraak skuldig bevind is, en selfs AfriForum daarvoor verkwalik het, is lank. Selfs prof. Pierre de Vos het dié “eng uitleg” onlangs weer gekritiseer toe hy sy pen teen AfriForum en Solidariteit in gal laat doop het. Hieroor het hy die afgelope Sondag in Rapport weer skrams onder Tim du Plessis se pen deurgeloop. De Vos was egter nie alleen nie, en daar was ʼn taamlike omvattende galbrakery uit liberale, of dan “contraband”-liberale kringe hieroor.

’n Nog ouer voorbeeld is dat die ANC een van die wêreldbeker-sokkerstadions na Peter (Kill the Boer, kill the farmer-) Mokaba gaan vernoem het.

Die strome reaksies wat hierdie “liberale” skrywes ontlok het, het geen goeie paar weke vir hierdie groep beteken nie, en daar was duidelike tekens dat hulle van hul “hinterland” geïsoleer begin raak het.

Maar toe gooi Steve vir hulle die reddingsboei.

In Suid-Afrika is al lankal gekla dat dit ’n ou laai is om ’n argument “triomfantlik af te sluit” deur die opponent ’n rassis te noem, of as dit nie die einde van die argument is nie, die persoon ’n blywende agterstand in enige debatvoering te gee. Vrydag 31 Oktober lui die opskrif van Beeld se hoofartikel: “Verwerp Steve se rassisme.” In die hoofartikel word onder meer geskryf: “Hofmeyr se uitlatings dat swart mense die argitekte van apartheid was omdat hulle ’n ‘agterstand’ het, is naakte rassisme.”

Uiteindelik is die kern van die land se vraagstukke dat die wyse waarop die toetsbord, mond en pen ingespan moet word, weldeurdagtheid vereis. Van almal, en veral rolspelers. Dit vereis ook ’n konsekwentheid, want om aan een groep vrye teuels te gee, en ’n ander te snoer lei tot opbouende frustrasie en uiteindelik ’n uitbarsting. En om weer in woede daarop te reageer, lei tot ’n verharding van standpunte en sentimente.

Veral die SAUK moet uiters versigtig wees om nie hier mee te doen nie. Die afgelope tyd was nuusbulletins skraps of doodstil oor die klag van rassisme wat Solidariteit teen die regering by die VN gaan lê het, en oor die groot saamtrek van AfriForum om Pretoria se naam te behou.

Die berg om uit te styg bo persepsies van wat feite is, tot die vlak waar net feite bestaan en op gehandel kan word, is ontsettend hoog. Dit bly egter belangrik dat almal in daardie rigting moet werk en die gemene grond uitbrei, anders gaan uiteenlopende standpunte nie net verhard nie, maar verdiep.

Maar aai, die ideologiese brilletjies van diegene wat as meningsvormers die leiding moet gee, gee ’n vreeslike kleitrappery af.

In hierdie geval sal Steve dalk goed doen, soos talle vermaaklikheidskunstenaars en selfs presidente voor hom, om ’n span beeldpoetsers te kontrakteer om te help om uit die tameletjie te ontsnap. Dit gaan nie net oor Steve self nie, maar die baie Afrikaners wat in die proses self geïnkrimineer voel. Of Steve geregverdig of ongeregverdig bygedam word, is kwalik ter sake – uit reaksies op die sosiale media en prof. Erwin Schwella gisteraand op RSG se Kommentaar-program, is dit duidelik dat baie Afrikaners ongemaklik voel oor die skadu wat op hul Afrikanerskap gewerp word. Steve hét ’n ander opsie – om regstappe teen veral die prominente instellings en persone te doen wat hom ʼn rassis noem, en so die werklike feite en bedoelings op die tafel te probeer dwing. Dis ’n komplekse soort saak, en Steve sal dit waarskynlik moeilik vind om ’n regspraktisyn te vind wat hom hiertoe sal adviseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Willie ·

Steve het baie aanhangers onder die blanke afrikaanssprekendes. Ek glo egter dat die meerderheid van blanke afrikaanssprekendes hulle nie met sy uitlatings assosieer nie. Maak nie saak wat ons siening van ander mense is nie, ons is almal Suid-Afrikaners (maak nie saak wat se kleure nie), en ons moet ons heil in hierdie pragtige land van ons bewerkstellig. Dit kan egter nie gedoen word met uitlatings deur persone soos Steve en Malema nie. Ja, ek sien hulle in die selfde li, al verteenwoordig hulle twee uiteenlopende pole van ons samelewing. Om kwetsende uitsprake te maak bevorder nie samehorigheid nie.
Ek is trots daarop om ‘n blanke afrikaanssprekende Suide-Afrikaner te wees, en wil hê dat die persone wat my verteenwoordig of namens my praat, integriteit en inbors moet hê, en ek glo dat Steve oor en oor bewys het dat hy nie so ‘n persoon is nie.
Laat hy sy uitspreke maak as ‘n private individu, en nie voorgee dat hy namens die blanke afrikaanssprekendes praat of vir hul regte “veg” nie. Ons kan doen sonder mense wat ons naam skade berokken met hul ondeurdagte uitsprake.

Antoinette ·

Ja da is baie wat Steve aanhangers is en sal bly. Party Afrilkaners is net te skeinheilig of agterbaks om te se wat hulle dink. Plaas hulle opstaan vir hulle regte en se hoe hulle voel oor die dinge wat in die land aangaan. Ma nee hulle kruip weg agter hulle hoe mure en diefwering vensters en deure en veiligheidshekke. Te bang om hulle koppe by die deur uit te steek want hulle kan dalk gehijack word of vermoor of verkrag word. Ma dan het hulle baie te se oor Steve wat opstaan vir sy reg vir sy volk nie net vir homself nie. Pik by man kyk wat gebeur om jou, wat gebeur met jou volk. Moenie wegkruip agter jou skynheiligheid nie, hou op links trek staan by jou volk en maak oop jou oe. Kyk wat gebeur in jou land. Luister wat Steve se hy praat die waarheid. Julle moet die klappe van julle oe afhaal en kyk wat gebeur in jou land.

benita ·

Ek stem 100% saam. Almal sit met hulle monde vol tande en se nie boe of ba nie, maar wag net tot Steve of Sunette Bridges iets se wat dan so verkeerd is. Ten minste is hulle nie draad sitters nie. Hulle voeg daad by die woord. Ek salueer Steve en Sunette. Maar die dag as almal gaan wakker skrik gaan hulle agter kom hulle pap is koud. Dan is dit te laat. MAAK OOP JULLE OE EN RAAK BETROKKE.

Mike ·

Willie ek kan my nie self voorstel waar Steve gese dat hy namens die afrikaner wil praat nie. Wie sou jy dan wil he moet namens die afrikaner praat en kan daardie persoon dertig duisend afrikaners by die Voortrekker monument bymekaar kry?

Francois ·

Die rasse spaning in die land het nou ‘n punt bereik waar geen mens, pen of idiaal dit kan ontken nie. Dit skep dan ‘n atmosfeer waar enige iemand wat bereid is om ‘n uitlaat te skep, en bereid is om dan pa daarvoor te staan, aanhang, lof en kritiek gaan opwek. Die uitdaging vir die gemiddelde verantwoordelike lands burger, wat objektief ‘n volhoubare weg vorrentoe wil sien, is om selektief sy opinie te vorm oor wie of wat om te glo, en belangriker, te ondersteun. Die feit is ons, die blanke Afrikaners, het geen stem of leier nie. Steve het passie en durf, maar ek dink nie hy het ‘n volhoubare klinklare plan voorentoe nie. In alle eerlikhied, wat sal so ‘n plan wees? Die huidige regering stel nul belang in sy, of ons knel nie. Die DA en VF+ speel ‘n bitter moeilike polities spel om met dieslefde apatiese owerheid te probeer onderhandel. My advies, vat verantwoordelikhied vir jou eie klien deel die wereld. Beskerm jou gesin,moenie bang wees omjou mense te beskrem nie, moenie ingee vir politiese druk nie, soos regstellende aksie in jou eie besigheid of e-toll. Werk eerder vir jouself, al beteken dit minder geld. Maar daar le’ ons probleem. Ons het almal nog te veel om te verloor. En eers waneer ons genoeg verloor het, sal die kaarte op die tafel val soos hulle moet. Intussen versondig ons almal net ons eie sielle om te kerm en kla by ‘n regering wat nie minder kan omgee vir ons lot nie.

Johan Lotz ·

Dit is van stil bly en niks sê dat niks gebeur nie. Waarheid lei daar onder as mens stil bly. Steve het ‘n demokratiese reg om sy sê te kan sê, Hy is gergtig op sy opinie en baie van ons voel dat ons te lank stil gebly het. Net soos met Islam vir jare het niemand iets gesê oor Radikale Islam nie, en vandag pluk ons die vrugte daarvan. Te lank word plaas moorde afgemaak as slags misdaad en selfs buitelanders in Amerika sien dat dit massa moord is. Maar dit is verkeerd om jou mond oop te maak? Nee Nee Nee nie meer nie. Sal dit uitblaker na almal wat wil luister en die wat nie wil luister nie kan hulle ore toe druk….

Francois van Wyk ·

Die enigste swart leier in Afrika waarvan ek weet wat nie “gedemand” het nie maar sinvol gesê het, “Help my om my mense te help”, is Lucas Mangope, Presdident van Bophuthatswana. Tot die Wit Regering van Suid Afrika by monde van Pik Botha van die NP en Mac Maharaj van die ANC hom brutaal en onbeskof ingelig het dat SY REPUBLIEK NIE MEER BESTAAN NIE. Op 15 Maart 1994 kondig Mandela triomfantlik in die Independance Stadium in Mmabtho aan dat die “people’s uprising” wat daar was maklik onderdruk is. Wat die volle rol van genl. Constand Viljoen in die drama was sal die tyd nog openbaar.
Die resultaat van hierdie skandalige optrede van die de Klerk Regering is dat meeste van die florerende nywerheidsondernemings sedertdien gestaak is en baie fabrieke eenvoudig nou LEEG STAAN, waarvan die gevolg is dat duisende mense daardeur hulle werk en toekoms ontneem is.
Lees my boek oor die politieke skynheiligheid van beide wit en swart regerings oor die jare en die verwoestende uitwerking daarvan op AL die inwoners van die land. “When Cultures Intertwine – The African Way” is te kry by Ebooks in Lynnwoodridge Mall, Pretoria. Tel 012 361 9549, [email protected]

Hein ·

Ai die arme Steve noudat hy nie meer die voorblaaie haal nie nou twiet hy maar om in die nuus te bly.

Karooboer ·

Shame Hein, en WIE de hel is jy? Behalwe ń kwas wat skuil agter sy keyboard!!

Leeutjie ·

Sjoe, Karooboer, jy het my dag gemaak! Ek het nou lekker gelag!

Ek dink ·

@Hein – ja net so. Mense reageer vreeslik emosioneel op al die dinge. Mens moet verder dink as wat net een persoon sê/twiet en wat die volle impak gaan wees. Mens moet ook met optree en reageer soos opgevoede mense.Kyk nou bv vir Karooboer… ai tog

Lodewikus ·

Daar was en sal altyd Liberale mense tussen ons wees. Daar word deesdae verwys na hulle as “Libtards”. Ek dink dis ‘n gepaste term vir die taamlike groot groep ‘mense’. Die tyd van die Afrikaner, onder andere die Blanke Afrikaner, wat regeer, is verby in ons land. Ek sê dit met ‘n knop in my keel. Te vinnig het die Boerevolk moed opgegee en oor die doring draad geklim na die linkerkant toe. Die dag toe die regering ingegee het tot buitelandse druk d.m.v. sanksies en dreigemente van oorlog, dit was die dag wat die Blanke Afrikaner sy identiteit weggegee het. Ons was bekend vir ons uithou vermoë. Kyk hoe lank regeer Robert Mugabe al ‘n land wat niks meer het om aan sy burgers te gee nie. Sanksies is al geïmplementeer teen Zimbabwe vir jare maar hy vee sy gat daaraan af. Ons gee te veel om oor wat die buitewêreld van ons dink. Ons het beweeg van ‘n land vol van gevaar na ‘n gevaarlike land. Destyds was die potensie daar dat ‘n buitelander verkrag sal word as hul Suid-Afrika binnetree maar die nagevolge was so erg dat dit nie gewaagd was nie. Met tyd het die kamstige onderdrukte kriminele meer vryheid en regte ervaar. Soveel vryheid is aan kriminele gegee dat hul nou die land regeer. Van Robben Eiland na die Unie Gebou. Dis soos die reisigers na die Noord Pool. Dit was ‘n ‘resies’ tussen twee groepe. “Consistency was the key. ” Dis hoe daar ‘n wenner ontstaan het. My punt: Raak ontslae van die mense wat die Boer se identiteit agter hou. Volhoubaarheid is die sleutel tot ons heropkoms, indien daar ‘n toekoms vir ons is. As ‘n Libtard jou grond toe slaan, staan weer op. As jy moet, slaan terug. En moet nooit op hou nie.

Martie van graan ·

Stem saam met benita en antoinette. gaan voort Steve, ons mense is te bang om ons monde oop te maak, darem iemand wat vir ons opkom, dankie daarvoor.

neels ·

Jis, julle ouens gesels lekker! Moenie ophou nie…asb. Die punt is dit; daar is groot verskille tussen wit en swart, veral in die maniere van dink en redeneer. Een denkraamwerk is gesetel in die weste en dieander in Afrika. Zuma se eie redenasie! Die verskille moet gesien en erken word. Dit sal wit en swart help om mekaar beter te verstaan.

Cathy Kotze ·

Ek het Steve Hofmeyr se eie verduideliking van sy “tweet” op sy Facebookblad gaan lees.

Ons kan miskien saam met hom wonder of segregasie en diskriminasie net oor velkleur is/was. Het die wrede grensoorloë van die 19de eeu in die Oos-Kaap nie iets daarmee te doen nie? Grensboere is toe, net soos tans, wreed uigemoor en hulle plase is afgevat. Wat van die verskriklike moorde by Bloukrantz en Weenen tydens Piet Retief se onderhandelinge met Dingaan? Talle Boervroue is tydens die Anglo Boere-oorlog deur Swartmans verkrag. Tsjaka se destydse uitdelging van baie swart stamme toon dat daar min respek vir lewe in Afrika is/was.? Is dit nie natuurlik dat mens jou liefs distansieer van diegene wat tot soiets in staat is nie?

Libertyne soos Christi van der Westhuizen en haar ma, Alida van der Westhuizen (Rapport se webredakteur) is voor in die koor as dit kom by beskuldigings van rassisme onder Afrikaners. Intussen is die venyn, rassisme, haatspraak, en totale gebrek van insig onder swart kommentators op die webwerwe van sekere nuus media skrikwekkend en vreesaanjaend.

Steve Hofmeyr ontvang dooddreigemente vanuit die Swart gemeenskap. Moet daardie Swart skrywers ook spesiale voorsorg tref om hulle geliefdes teen wittes te beskerm? Ek glo nie.

Bosvark ·

Al wat die anc kan doen is praat, eet en afbreek. Wat is al gebou van 1994 af? Wat is gebou voor 1994? Nogal ‘n groot verskil.

Dollie ·

Ek wil vir die van der Westhuizen vroue sê: Is julle tevrede dat daar baie gereeld as ‘n feit grond diefstal deur die Afrikaner ( Julle oupagrootjie ook) verkondig word. Betaal dan daardie voorouers van julle se skuld terug en gee julle eindomme aan die van wie die grond gesteel was. Dan stel julle mos nou die onreg reg!! Om elke dan en wan te hoor hoe ons voorouers grond gesteel het is mos nou die rasisme nie.!! Nou hoe kan ‘n wit persoon dit waag om te noem dat geen noemenswaardige ontwikkeling vanaf Afrika gekom het nie? Sies man mense sê dit mos nie hardop nie.! Ons dorpe se name moes verander na die sogenaamde opperhoof van daardie streek. Het daardie “god” wat baie gelde van sy arm onderdanene wat aan hom moes betaal enige infrastruktuur vir sy mense daar gestel? Het hy ‘n dorp gestig en dit ontwikkel? Maar nou moet sy naam na die dorp wat deur ander mense gebou en ontwikkel is vernoem word, want dit was mos sy grond? Hoe het dit sy grond geword? Vir wie het sulke opperhoofde iets betaal? Wat het hulle onwikkeling ? Self die eerste vryburgers aan die Kaap moes betaal vir hulle grond.

Gerald ·

As al die Afrikaaners soos Steve was, was die Boere Mag nie vandag in die tronk nie.

Kobus ·

Terloops, Nuus24 se Afrikaanse koerante en hul webwerf het nou al vir ‘n tyd toenemend ‘n dryf ontwikkel om die Afrikaner af te kraak (dit gaan nie oor Steve nie), gaan kyk na die inhoud van hul propaganda en gaan hulle al meer lesers vervreem, nie net Afrikaanse lesers nie, maar omrede die kwaliteit van hul inhoud. Gaan kyk maar daagliks wat dit is waaroor hulle oor Afrikaans berig en dan hamer hulle daarop. As dit nie Potsh is nie, is dit Steve, as daar nie iets is nie, sal hulle iets kry.

Peter ·

Stem saam met jou Kobus.

Ek het opgehou lees aan enige NASPERS koerant of webwerf en geswaai na Maroelamedia. Ek begin nou selfs twyfel aan Maroelamedia, want daar word niks meer berig oor plaasmoorde nie.

Party mense gebruik die argument dat daar juis genoeg ander webwerwe is wat daaroor berrig, maar dan beteken dit dat Maroelmedia ook doelbewus sensuur toepas of nuus weerhou.

Suid Afrika sit vandag in die huidige penarie, juis oor selektiewe nuus berigte. Dit is weereens hier met ons…. Die vraag is nou, wat is die volgende doelwit wat die liberale nuusmedia wil bereik? Verdere vernedering van die afrikaner, of keer dat boere nationalisme weer herleef?

In ‘n land waar daar ongekende marginalisasie van die blanke minderheid groep plaasvind en alles moontlik denkbaar gedoen word om afrikaners te weerhou van die arbeidsmag, waar hulle vermoor word, aangerand word en verkrag word en waar uitlanders en kriminele meer reg het as die boerevolk, is dit ‘n onvermydelik dat nationalisme weer gaan verrys!

Sune van Heerden ·

Dagsê Peter

Besoek gerus die volgende skakel om berigte oor plaasmoorde op Maroela Media te lees:
http://maroelamedia.co.za/?s=plaasmoord&submit=Snuffel

Maroela Media het onder andere gister berig oor ‘n plaasmoord in Greylingstad, Mpumalanga en Vrydag oor ‘n plaasmoord in Odendaalsrus, Vrystaat.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

charmaine ·

Die hele Steve debakel kan dalk net ‘n groot propagandiese reklame veldtog vir hom wees. In die verlede het negatiewe reklame al baie goed gewerk soos bv. Dit het gesorg vir die aanstelling van die land se uiters onbekwame president. Dalk moet Steve gaan stort en aankondig hy is uiteindelik ‘n bevryde liberalis!

Piet ·

Irene

Baie van ons het die “guts” maar niemand luister na ons of neem ons ernstig op nie bloot omdat ons nie leiers figure of bekende persone is nie.

Ek staan langs Steve, nie agter hom nie.

Tersia ·

Ons het en was nog altyd n verdeelde volk.Ons soek dringend n goeie leier want ons voel heeltemal weerloos en leierloos teen die swak bestuur en wanorde in ons land. Mense gryp nou na mense soos Steve en Sunette omdat hulle nou die regte klanke maak,wat vir ons voel n spreekbuis is van hoe ons voel. Goeie leier het baie meer as opswepende woorde as oplossing.

Suzette ·

Ek salueer Steve, hy’s ten minste ‘n Afrikaner, ‘n gebore Afrikaner en kan vir ons die slegte toestand van ons land aanspreek, selfs die mense soos Pik Botha, Roelf Meyer slaap stil en rustig in hul aftree huisies dik gepocket uit die apartheids regering se salarisse en byvoordele en nou moet ons gewone Suid Afrikaners wie hulle vertrou het, die spit afbyt, dankie vir mense soos Steve wat nie skaam is om standpunt in te neem nie, ek kan ook getruig van as dinge vir die swart meerderheid nie reg loop nie, hulle in hoek gedruk word, dan word jy as rassis uit ge skel. Het eerste handse ondervinding gehand op die 18de Augustus 2014 toe ons die grens vanaf Namibia oorgegaan het met ons karavaan te Ariamsvlei grenspos, toe word ons groente wat ons saam geneem het na Suid Afrika gekonfiskeer, dit was groente en vrugte vir my en my man se gebruik vir ons twee weke lange kuier in Kgalagadi oorgrenspark (Twee Rivieren), hulle wou eers weet of ons vleis en groente en vrugte het, toe wil hulle in ons karavaan kyk en toe hul sien hier staan ‘n krat met groente en vrugte in (wat terloops baie daarvan uit Suid Afrika kom) moes daar eers met die landbou man ( ook een swartman) gepraat word, daar word ons toe beveel om die groete en vrugte weg te gooi, ek en my man het dadelik geweet dat die groente en vrugte deur hulle gebruik gaan word, ek het heftig kapsie gemaak, hulle het na geen rede geluister nie, toe ons aandring om die kamstige wet te sien waarvan hulle praat(terloops daar word net vir ons gese – its the law) toe roep hulle ‘n kaptein wat soos rassisties is en beledig my so daar voor my man en noem my ‘n rassis en hy’t nie respek vir iemand wat vir hom die vinger wys nie, maar hy en sy SA Polisie makkers het gesoek daarvoor, sy duidelike antwoord, help nie ons redeneer daaroor nie, dit gaan ons nerens bring nie. Die einde word gese eks ‘n rassis en behandel hom soos my tuinman, haha ek kon net lag, so pateties, dis hoe die Blanke behandel word. Terug in Namibia het ek dmv ‘n kolonel in Kimberley die saak opgeneem en glo my hy het dit verwys na ‘n ander kolonel en dis net onder die mat ingevee. Dis die manier hoe dinge in Suid Afrika gedoen word, die beeld van die SA Polisie is eenvoudig pateties, alles is bedrog en ek kry die Polisie lede wat hulle werk op eerbare manier moet doen bitter jammer, want regtig om onder sulke rasbeheptes te moet werk, is nie maklik nie, maar soos hul se ‘n vis vrot van sy kop af, en ons SA regering is sooo korrup dis hoekom Engeland vir vriend Zuma nie wil ontvang nie, want hulle wil nie met hom en sy korrupte regering geassosieer word nie, waar is die mnre de Klerk, Pik Botha en Roel Meyer nou???? Lewe lekker en te trots om te se ons het julle verraai, maar onse Steve is nie skaam om die skurke in die regering aan te vat nie, hy kruip nie weg agter sy vrou se rug nie, Steve vir President!!! At least is hy goed belese en nie soos Zuma te onnosel om net een vrou aan te hou nie.

Kobus ·

Kom ons kyk hoe lank dit vir Netwerk24 gaan vat voor hulle die berig dra.

Surita Coetzer ·

Baie van ons mense het die guts om op te staan vir die waarheid. Al word ons soos bloedhonde op jag gemaak deur die wat net graag sien wat hulle wil sien en hoor maar hul blindstaar teen die waarheid en die werklikheid. Daar is n werklike daadwerklike verskil tussen die waarheid en rassisme en as jy die waarheid praat is jy n rassis. You Go Steve die ware boervolk van SA staan bankvas langs jou moenie dat hulle jou stilmaak nie. Lank lewe die boervolk.

Elizabeth ·

@Herman Toerien – dankie vir ‘n gebalanseerde artikel. Goed geskryf! Ek stem veral saam met jou laaste paragraaf.

Kobus ·

Ek sien Steve het laat middag ‘n hofbevel teen Conrad Koch verkry.

Danie ·

Ek dink nie Steve is n sleg ou nie.Ek hou van hom.

Maar hy het so pas sy eie en ons almal se saak enorme skade aangedoen deur swart mense die skuld vir apartheid te gee.Dit doen die saak waarvoor hy en ons almal veg enorme skade aan.Ons vyande sal nou gesterk word en Afriforum vir rassiste uitmaak,en ons saak so skade berokken.Dit is om homself en ons almal in die voet te skiet.
Swart mense het nie apartheid ingestel nie.Ons voorvaders het.Vir redes wat hulle gedink het reg was,maar vir swart,bruin en indier mense was dit diskriminasie.
Steve moet sy stelling terugtrek dat swart mense die skuld vir apartheid moet kry

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.