Nuuskommentaar: Die Vryheidsfront Plus en Peter Marais

Dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier, en Peter Marais, die party se topkandidaat in die Wes-Kaap vir die eersdaagse verkiesing. Foto: Verskaf

“Die VF Plus is ʼn party wat hom beywer vir die beskerming van minderheidsgroepe in Suid-Afrika, en Peter Marais, voormalige premier van die Wes-Kaap en burgemeester van Kaapstad, se aansluiting by die party word verwelkom aangesien dit wys dat die VF Plus erns het met sy uitreiking na minderhede.”

Só lui die begin van die Vryheidsfront Plus se verklaring oor die jongste politieke verwikkelinge.

As persoon en kieser, en as analis, het hierdie skrywer die gevoel dat die nuus dat die kleurryke Peter Marais die Vryheidsfront se premierskandidaat in die Wes-Kaap is, by baie verwarring geskep het. Dit word min of meer in leserskommentare onderaan mediaberigte ook weerspieël. Heelwat van die kritiek gaan nie oor die feit dat Marais ’n bruin man is nie, maar oor Marais as persoon.

Ervare media-ontleders weet die lesers wat geskrewe kommentaar lewer, is persentasiegewys te min om as verteenwoordigend beskou te word. Die direksie wat besluit of een van sy koerante gaan sluit of nie, sal byvoorbeeld meer waarde heg aan sy koerante se amps-syfers as aan leserskritiek oor die rigting wat die koerant inslaan. ’n Baie bekende rubriekskrywer het onlangs gesê hy weet hy moet hom nie veel steur aan kritiek wat lesers op sy skeppings lewer nie, maar dat dit hom tog soms ontstel. Die uwe stem heelhartig saam. Geen rubriekskrywer het immers altyd alle faktore en feite tot sy beskikking gehad nie, en leer so heelwat via leserskommentare.

Voorts het meer as een Afrikaanse dagblad al leserskommentare tot sy eie nadeel en byna-byna tot sy eie ondergang geïgnoreer.

Van die kritiek op die VF Plus oor Marais se kandidatuur is hoofsaaklik te wyte aan ’n versplintering van aanhangers. In dié verband is die baie steun wat Cope “skielik” onder blanke, Afrikaanssprekende kiesers kry minstens ’n effense verrassing. Of dit ’n terugkeer van ’n noemenswaardige aantal wit lede is wat met die stigting van die party baie sigbaar was, is nie seker nie.

Wat wel duideliker is, was dat die vroeë leierstryd binne die “Shikota”-party baie wit steun gekos het. Dit was duidelik dat toe Shilowa en sy mense Cope probeer kaap het, hulle geen erg aan blankes gehad het nie, en die party het homself van blankes gestroop. Toe Lekota die stryd om die leierskap en hart en siel van Cope wen, kon die party nie werklik daarin slaag om ’n nie-rassige party te wees nie.

Patricia de Lille kondig die stigting van die Good-party aan (18 November 2018). Foto: Courtney Africa/ANA

Min of meer dieselfde het met die UDM gebeur, en selfs die ANC het in ’n stadium nie genoeg wit steun gehad om as ’n persentasie uitgedruk te word nie, en baie van die wit lede was daar via hul SAKP-lidmaatskap.

Daar is juis onlangs in ʼn nuuskommentaar op Maroela Media daarop gewys dat dit nie maklik is om wit en swart saam in een party te ondervang nie, en dat die DA dit nou ook onbedoeld uitwys.

Van die lesers, so blyk dit, was volkome onbewus daarvan dat die VF Plus lankal reeds oor bruin lede beskik, en dat sommiges reeds verkiesingskandidate was.

Net so is daar lesers wat kiesers aanmoedig om vir Front Nasionaal te stem.

Dit is egter nie net onder wit kiesers wat Marais se aanwysing ’n beroering veroorsaak nie, maar ook onder bruin kiesers. Terwyl sommiges dit verwelkom, is die bruin kiesers besonder gefragmenteer. Van hulle wonder self hoe die jongste verwikkelinge die bruin stem gaan raak.

Die invloed van Patricia de Lille se Good-party is ook nog onduidelik, ook onder bruin kiesers.

Maar wat kan ’n mens van Marais as kandidaat verwag? Baie van die kritiek op hom was dat hy nou al lid van te veel partye was, en dat van hierdie partye beleidsgewys sommer erg van mekaar verskil. (Lees hier).  Die sluise om hom hieroor verdag te maak, is reeds oopgetrek.

Uit sy eie Facebookblad kan ’n paar vaste elemente vasgestel word waarvan hy nie afwyk nie. Die vernaamste is dat hy ’n diep Christen is. Tweedens kom hy deurgaans sterk op vir minderhede. Hy is byvoorbeeld erg ontstoke dat, terwyl werkloosheid so ’n groot persentasie onder bruin mense uitmaak, sake-ondernemings, veral supermarkte, wat takke in bruin woongebiede het, maar net swart vroue as vloerpersoneel aanstel. Hierdie personeel kan gewoonlik nie Afrikaans praat nie.

Marais is ook openlik baie partydig vir Afrikaans as taal. Al bogenoemde geskied deurgaans openlik en gewoonlik in die konteks van minderheidsregte. Hy verwys ook gereeld na homself as Griekwa.

Hy het ook foute in die verlede gemaak.

Minstens wat sy eie getuienis betref, is dit veel meer in ooreenstemming met die beleid van die VF-Plus as die oortuigings van verskeie ander lede van die party.

Baie faktore gaan nog bepaal hoe ’n groot wins, indien enigsins, Marais se opname in die VF-Plus vir die Vryheidsfront Plus gaan wees. Hoe gaan die Christen-demokratiese Party (CDP) onder die leiding van ds. Theunis Botha, (wat nie met die ACDP verwar moet word nie) op die jongste nuus reageer?

Die CDP is ’n stigterslid van die BBB.

Die indruk uit mediaberigte dui daarop dat rassisme amper wêreldwyd aan die toeneem is. Syfers uit ’n opname dié week (wat Maandag met Martin Luther King-dag saamgeval het), dui daarop dat net een uit vier Amerikaners meen rasseverhoudinge in die VSA is nou beter as in die verlede. Altesaam 33% meen die rasseverhoudinge in die land is swak, 5% meer as ’n jaar gelde.

Met verlede jaar se Martin Luther King-dag het meer as ooit Amerikaners gemeen die ideaal van Martin Luther King van gelyke geleenthede vir almal was nog nie bereik nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Stormrider ·

Goeie, feitelike, neutrale nuuskommentaar Herman.
Maar watter party plaas die belange van minderheidsgroepe voor op hulle agenda? Ek sal nie weer DA stem nie – maar vir wie moet ek nous stem? Ai tog

Paul ·

VF Plus, as dit jou aanvanklike keuse was en dit val in by jou persoonlike aspirasies, ook die waardes waaraan jy glo, die VF Plus het nie nou ‘n verskuiwing in hul missie nie, hulle is nog dieselfde party waarvoor hulle tot verlede jaar gestaan het.

Blaarman ·

Moenie stem nie. Moenie deelneem aan die klug nie. Moenie legitimiteit daartoe verleen nie.

Maak aanspraak op jou regte as ‘n individu en ‘n minderheid. Die sogenaamde legitieme proses waardeur die meerderheid individuele regte vertrap is ‘n klug!

Jos ·

die VF+ is die enigste party (wat parlement verteenwoordiging het) wat klem op minderheidsgroepe plaas en bonop opkom vir afrikaans…die ander maak net hul stem duk wanneer dit hul agenda bevoordeel of is te klein om regtig parlement toe te gaan. As die VF+ meer verteenwoordiging kan kry sal hulle ‘n groter vuishou kan slaan (hulle maak alklaar baie geluide). Die DA het daai groter verteenwoordiging, maar hulle kan of wil nie duidelik opkom vir minderhede nie a.g.v. voorhandliggend redes.

DuToit ·

Blaarman wat nie wil stem nie, moet nie so een dimensioneel veg nie. In hierdie stryd veg jy op verskillende gronde, dws jy gaan stem vir ‘n afrikaanse party soos VF+ (eindelik maar enigste realistiese opsie) EN jy maak aanspraak op jou individuele reg soos jy beskrywe. Ek self “aanvaar” nie die regering nie, maar om te stem vir ‘n party wat vir my mense omgee, gee ek nie vir die ANC legitiemiteit nie, om die waarheid te se dit gee die afrikaner net nog ‘n platvorm om te veg. Om nie te stem nie maak die ANC net nog sterker. Daar is nie een “silver bullet” nie en een manier is nie meer genoeg nie. Mense die stryd is groot en ons moet die aanslag beveg op elke terrein, so Blaarman jy moet die ANC nog steeds beveg op jou mannier met watter organisasie ook al, petisies na die VN ens, MAAR jy moet hul ook in die parlement op hulle eie voorstoep gaan beveg (al aanvaar jy miskien nie hul gesag oor jou nie). Al wat die ANC en EFF ken is geraas, so kom ons gee hul geraas in stereo op alle vlakke dws parlement, burgerlike samelewing, kultuur, howe en elke vlak – jy kan nie meer dink een manier is genoeg nie!

Heloise Jordaan ·

@Blaarman, kom ek verduidelik vir jou. Suid-Afrika het ñ proporsionele kiesstelsel, met ander woorde ELKE ENKELE STEM TEL.

Kom ons verklein die aantal geregistreerde kieser in die land na 10 (jy moet dit nou op skaal sien, nê…).

Goed. Gestel daar is 10 kiesers in die land. 6 stem vir die ANC, 4 stem opposisie. 6 uit 10 is 60% (gewone wiskunde).

So nou besluit Blaarman (ñ opposisiekieser) om nie te gaan stem nie. Die ANC werk nie harder nie, hulle kry steeds 6 stemme van die 10, maar omdat Blaarman nie gaan stem het nie is daar nou slegs 3 opposisie stemme. Die ANC het nou 6 uit 9 stemme. Weer die wiskunde: 6÷9=66%. Wat is 66%? ñ Tweederde meerderheid.

As almal dus soos Blaarman redeneer en nie gaan stem nie help hulle dus die ANC indirek om hul meerderheid te behou.

Verstaan jy?

Arthur van Vuuren ·

Die VF+ het lankal bewys dat hulle in presies dieselfde kraal as al die ander politici pas…. praat die waarheid snaaks! As Peter Marais so ‘n uitstaande perssoonlikheid is, as wat Pieter Groenewald en kie voorhou, waarom nou eers die kamtige erkenning? Gaan hulle hom ook net gebruik vir ‘n kort tydjie en dan weer uitspoeg….? Ons glo lankal niks uit jul kraal nie!

Chris ·

Maroela, ek het ‘n idee hulle het ‘n verkeerde berig op die ‘nuus’ skakel hier bo in die derde paragraaf van Herman Toerien se artikel gesit.

Thinus Erasmus ·

Ek herhaal weer my uitdaging aan VF+ en besonder Pieter Groenewald: As leier van die party wat spesifieke vir die Afrikaans sprekende en ook alle minderhede, met die meeste stemme in die vorige verkiesing – neem die inisiatief en bring eenheid onder alle Afrikaans gesinde partye en organisasies.
Nooi leiers vir samesprekings, daag kiesers uit om hul eensgesindheid te wys in hierdie komende verkiesing soos nog nooit tevore te gaan stem vir hul eie oorlewing.
Stel ‘n uitdaging aan alle Afrikaanse DA kiesers om nasionaal VF+ te stem en dan bereken ons die verskil wat hulle stemme uitmaak – die’ wat nog nie glo die DA vertrap Afrikaans nie!

Pierre ·

Ek het vir te lank steun gebied aan ‘n stem vir ‘n sterker opposisie, en ja ek het “JA” gestem in die referendum. Soos baie ander het ek vas geglo dat die blanke van hierdie en vele ander minderheidsgroepe ‘n bestaan sou he in SA. Ons was verkeerd. Ongelukkig het die politieke rol onder blanke Afrikaners ‘n groot rol gespeel en het ons gesien hoedat partye orals op pop soos mushrooms. My vraag is dus, hoekom moet ons ‘n stem verdeel wat dalk tog ‘n verskil kan maak. Hoekom staar ons onself blind teen die Blanke Afrikaner. Tereg is daar baie anderskleuriges wat net so daarop roem dat Afrikaans sy taal is, hy lief is vir sy taal, dat hy hierdie taal vir niks sal verruil nie en dan ook nog uitgesproke Burgers en Christene is. Is dit nie die ideaal waarna ons strewe nie, ‘n nie-rassige party wat hulle gewig saam kan ingooi en op te staan vir minderheidsregte vir almal nie. Ek het besluit om my steun aan die VF+ te gee en te begin veg vir ‘n saak wat my kinders eendag sal raak. Kom ons vergeet van kleur en begin kyk na mense met dieselfde ideale en behoeftes, minderhede kan geen impak maak as ons aanhou om op ons eie te wil staan nie. Kom ons bou saam aan ‘n toekoms.

Ps ·

Ons is skrikwekkend min, ons moet saamstaan, anders gaan ons taal Afrikaans nog in ons leeftyd verdwyn! Hou op kleinlik wees, goeie skuif van VF+.

Leon ·

Nee wat, as dit die beste kandidaat wat die VF+ kan kry uit al hul lede, dan stem ek nie weer vir hulle nie.

Dirk Breytenbach ·

Om jouself af te pers is ietwat verdag (as dit nie gaan gebeur nie dan doen ek nie dat nie…). Berus by jou party leierskap se besluite of werk daaraan om deel te word van daardie span sodat jy besluite kan beinvloed. Soek eerder redes waarom en vir wat jy stem as om heeltyd negatief oor jou eie mense te wees. Ons kommentare word beoordeel deur die media en ons kom verdeel en oningelig voor.
Besluit waar jy hoort en stem daarvolgens. Geen party is perfek nie maar kies dan ten minste die een wat naaste aan jou waardes beweeg.

Thinus Erasmus ·

So Leon gaan jy dan maar vir een van die 299 ander partye stem wat nie ‘n flenter vir Afrikaans voel nie?
Ek sal steeds VF stem al kry hul ‘n groen, geel, swart, of pienk kandidaat in ‘n kiesafdeling wat Afrikaans en minderhede verteenwoordig voordat ek my by die korrupte meerderheid of skynheilige opposisie skaar.

Delila de Lange ·

Leon, hy is een kandidaat uit meer as 200 VF Plus kandidate, in een provinsie uit 9. Ah nee ah! Gaan jy van die gedeelde waardes en beginsels wat jy, lei ek af as jy vir hulle gestem het, met die VF Plus in gemeen het afsien oor ñ enkele mens? Hoe standvastig was jou oortuiging dan in die eerste plek? Die VF Plus het nie afgewyk van sy beleid, waardes en doel nie, nog nie sedert 1994! Maak jy die goeie werk wat die party al vir jare doen nou goedkoop oor een mens wat terloops homself vir dieselfe doel beywer? Dink mooi.

johan ·

eerste keer wat en VF+ gaan stem …moes al lankal gedoen het…..al wat vir ons weg

D B ·

Ek sien die saak so: Gaan die VF+ die Wes-Kaap wen? Bislis nie! Die DA gaan wen, maar met baie minder steun en die ANC gaan veel meer steun kry, so die feit dat Marias die premiers kandidaat vir die Wes-Kaap is beteken eintlik niks vir die VF+ provinsiaal nie. Wat wel hier kan gebeur is dat hy steun trek vir die nasionale stem, en dis waar ons moet begin.

As ek dit reg het, het die VF+ 4 stoele in die parlement. Maak dit 20 / 30, selfs 40, en dis waar die ou moontlik kan help, so lang storie kort, hy kan net bedrae…

Chris ·

Die party is lankal nie meer wit nie, as jy ‘n vorige keer vir die VF Plus gestem het, is die kanse goed dat hul toe al bruin lede gehad het. Nou wat maak dit nou anders?

Wee ·

@Blaarman, the only thing necessary for the triumph of evil is for good men to do nothing.

Maar dan is dit ook moontlik dat julle miskien nie “good men” is nie, net verdomp lui of sleg…

Thinus Erasmus ·

Blaarman, die klug is stadig maar besig om my en jou te vertrap(vermoor, vernietig) omdat jy nie wil stem en dit kos ons mense, Afrikaners/Afrikaanses dat ons nie eers 1milj. stemme kan kry nie.
So of jy dit jy dit wil klug of nie, jy wurg ons stemme!
Die woord verkiesing vertel jou waaroor dit gaan: KIES vir wat jy staan, tussen goed en sleg ….. of gee dit weg vir jou teenstaander.

Dries ·

Ni so seker of P Marais di beste keuse is ni. Hoeveelste party is hy nou by?
Di probleem met n ‘wegblystem’, is dat jy in effek ni di meerderheid party se wenpersentasie help VERMINDER NI… Dus steun jy hulle eintlik!

marco polo ·

Vir die eerste keer sedert ek kan onthou, is ek opgewonde oor Afrikaner politiek. As almal wat n Afrikaner kultuur en waardes het, kan saamstaan, kan ons begin bou aan n toekoms waar ons nie verswelg word deur Afrikane nie.

Kef ·

Ek sien daar is weer baie stoep kefbrakke op sosiale media wat afrikaners soos die VF+ met planne slegmaak (ne Dan, die lui ouens wat nie stem nie, die manne met die “groot” ego’s wat nie wil saamstaan in ‘n ander man se party nie en die FN’s), maar te sleg is om regtig iets te doen behalwe droom…..kom Mei maand dan kla jul weer verder oor hoe sleg dit gaan, die afrikaner kan nie saamstaan nie, daar is geen party wat vir ons opkom nie ens. Die voertuig is daar (ja geen voertuig is perfek en selfs ‘n nuwe een het ‘n paar) en ek is jammer om jul droom te breek die enigste afrikaner een wat die parlement gaan haal is die VF+. Kry liewer die VF+ so na aan 1 miljoen en dan kan jul aandring op dit en dat en hul tot verantwoording hou. Daar is baie wat dink hul kan dit beter doen maar dis nie so eenvoudig nie.

John ·

Hoekom pryk Groenewald se gesig op al die plakkate? Waar is die ander partyleiers of is dit ‘n one man band+? Waarom nie ook Sjinese en Indiers en swartes nooi en aanstel nie? Hierdie eensydige aksie beteken wat? As mens wil sink, bind ordentlike klippe om jou nek en sink vinnig. Baie Afrikaners is nou partyloos. Ons sal op stemdag maar opmaak en ‘n groot party-tjie hou, want ondertoe gaan ons ondertoe… die ou boerevolkie met sulke dwase selfies+

Chris ·

Gaan Google gerus die VF Plus se webwerf en lees daar die verklarings van Peter Marais en Dr Pieter Groenewald.

Shaun ·

Dit is tyd dat ons soos ‘n miderheid begin optree en aan dring op ons regte. Daar is net een opsie vir ons en dit is VF+. Die DA kan nie sonder koalisies grond wen nie.

Louis ·

‘n Duidelike strategiese besluit van die VF+ en wys hul moedige optrede vordering in hul idees om minderhede teen ‘n diktatorskap van die meerderheid te beskerm. Gaan hulle baanrekord in die parlement na en vind dat geen party naby hulle kom ter verdediging van minderheidsregte nie. Hulle verdien groot steun op elke terrein om die rol momentum te gee veral nou wanneer die ANC met sy dwase idees oor onteiening sonder vergoeding en nasionalisering van die Reserwe Bank met die land na ‘n afgrond jaag.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.