Nuuskommentaar: Die wêreld het nie gaan stilstaan nie…

Nelson Mandela

Nelson Mandela

Die Christelike tradisie stuit fundamenteel teen menslike verheerliking. Dit word veral duidelik uit die boeke Daniël en Ester waar sterk standpunt ingeneem word teen enige menseverheerliking – ‘n eer wat slegs God toekom.

Het die owerhede wat die besluite neem oor die nadoodse verheerliking van oud-president Nelson Mandela nie ‘n paar grense oorskry nie? Geoordeel aan kommentare op die sosiale media en in alledaagse gesprekke is dit duidelik dat die verheerliking onder ten minste ‘n deel van die bevolking – ook onder mense wat glo Mandela was ‘n ikoon – weerstandigheid ontlok.

Aanvanklik sou die “nuusstilstand” 48 uur “of langer” duur, maar van ondernemings dat normale programme op radio en TV teen middernag Saterdagnag hervat sou word, het dadels gekom. Luisteraars en kykers moes steeds ervaar hoe die een gunstelingprogram na die ander in die stof byt.

“Gelukkig vir DSTV, gelukkig vir gemeenskapsradiostasies…” lui vele inskrywings op die sosiale media…

‘n Beplande intergeloofsdiens kom ook onder skoot. Dit is strydig met die Bybel. Die adjunkpresident van die ANC, Cyril Ramaphosa, meen die rooi tapyt is in die hemel vir Mandela uitgerol. Nuusdekking oor animistiese voorvaderrituele kry voorrang bo belangrike wêreldgebeure …

En ja, die wêreld het nié gaan stilstaan nie, al was daar ‘n “vreemde” 24-uur lange periode waartydens die aarde nie ‘n enkele aardbewing van magnitude 5 of sterker beleef het nie.

  • In Duitsland word vordering gemaak om ‘n groot koalisie tussen die Christen-demokrate en die grootste opposisieparty te vorm wat ‘n voortgesette kanselierskap vir Angela Merkel sal verseker.
  • In Thailand moes die premier ‘n verkiesing uitroep nadat betogings teen die bewind enorme afmetings aangeneem het, en lewens begin eis het.
  • In die VSA het pres. Barack Obama se gewildheid so afgeneem dat minstens een peiling nou nie meer aandui hoe ‘n groot persentasie van die bevolking hom steun nie, maar hoeveel meen dat hy droog maak.
  • Die Noord-Koreaanse diktator, Kim Jong-un, het sy oom en mentor, Jang Song-thaek ontslaan en van al sy ampte gestroop, en het nou as rede aangevoer dat die oom “kriminele dade gepleeg het wat die verbeelding verbyster” sonder om te laat blyk wat dit was.
  • In die Sentraal-Afrikaanse Republiek is sowat 400 mense in die jongste onrus dood, en die geweld neem al meer die vorm van konflik tussen Christene (80% van die bevolking) en Moslems (10% van die bevolking) aan. Die Séléka-rebelle wat die land beheer bestaan hoofsaaklik uit Moslems, en die vrese vir ‘n volksmoord word al groter. Frankryk het reeds sy magte in die land verdubbel, maar beskou dit as ‘n ‘n kort-termyn intervensie sodat Afrika self die probleem kan hanteer.
  • In Colombia het die FARC-rebelle aanspreeklikheid aanvaar vir ‘n bomontploffing wat nege lewens geëis en 38 mense beseer het, en toe ‘n 30 dae wapenstilstand afgekondig wat op 15 Desember sal begin. Die president wil egter niks van ‘n wapenstilstand weet nie.

Dit woel ook nog oor ander wêreldgebeure soos om die beplande vredesberaad oor Sirië, en om ‘n finale kernverdrag met Iran ‘n werklikheid te laat word. In die Oekraïne waar groot betogings voorkom om dié land se pro-Russiese beleid na ‘n pro-Europese beleid om te skakel, het gemaskerde mans die standbeeld van Lenin omgetrek en verniel.

Terwyl die omvang van menseverheerliking in Suid-Afrika dwars in baie mense se kele vassteek, is dit onduidelik of dit so ‘n omvang sal aanneem dat dit uiteindelik dalk polarisasie in die land in die hand kan werk.  Sou dit wel gebeur sal dit meer as net ‘n tikkie bitter ironie wees vir die hoop dat die gebeure juis die versoeningsrol wat Mandela nalatenskap moes oorheers in die wiele kan ry.

Intussen moet die land besin oor hoe die land se internasionale statuur daaruit gaan sien noudat die internasionale ikoon wat negatiewe persepsies oor wat hier aan die gebeur het, nie meer daar is nie. Selfs met Mandela in lewe het die land die afgelope aantal jare met byna twintig plekke op die korrupsiepersepsie-indeks getuimel – en pas voor Mandela se afsterwe weer. En die land se plek is bepaal voor die jongste Nkandla-inligting uitgelek het. Suid-Afrika het ook erg op die persvryheidsindeks teruggesak met verskeie Afrikalande wat nou beter as Suid-Afrika op hierdie indeks vaar. Trouens, Suid-Afrika gaan op bykans elke saakmakende indeks die kreeftegang, waaronder die geweldsindeks, die indeks vir mislukte state en die innovasie-indeks.

Hoe lank gaan die wêreld saam met Suid-Afrika rou en die land met sagte hande beoordeel?

Die harde werklikheid is dat Suid-Afrika nou meer as die afgelope twintig jaar aan sy eie prestasies eerder as ‘n Mandela-persepsie beoordeel gaan word. Die land sal nou skouer aan die wiel moet sit soos dit lanklaas gedoen het om die wêreld te oortuig dat daar lewe met gehalte in die land oorgebly het na Mandela se heengaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Elize Mans ·

Ek stem saam met die berig,wat julle nou geplaas het.RSG is oor geneem deur die ANC en Mandella se dood.Alle programme waarvoor ons Suid Afrikaners betaal,is gestop,as jy die TV aansit is dit net Manella,wat in ons kele afgedruk word.Asook die Afrikaanse TV kyknet.
Ikoon of te not,hy is nie ons God wat ons moet aanbid nie.Hy is n mens soos ons almal is.Maar van Mandella is n God gemaak.

Die Regering moet liewer toesien,dat hierdie land van ons in Vrede/Liefde sonder moord verkragting en kinder mishandeling wees.
Toe Mandella nog gelewe het,was hierdie land gedoem,met Moord en alles wat lelik is.Hoekom sal hy nou n Ikoon wees,hoekom het hy dit nie gestop nie.
Nou word die hele land lam gele a.g.v. sy dood.Multichoice, voer die ANC se pligte uit,en ons kykers moet daaronder ly.

Bismarck ·

Stem allie pad met jou saam.
Indien daar tot nogtoe mense is wat nie besef het dat RSG en die Essybiesie bloot ‘His Master’s Voice’ en werktuig van die ANC is nie, sal hulle hopelik nou beter perspektief hê.

BlinkStefaans ·

Nog nooit het SA radio (RSG) en TV (1, 2, 3 en e-TV) letterlik dae afgestaan om aanmekaar ons HEMELSE VADER te vereer, soos wat hulle nou met mandela doen nie! Vervloek is die heidense afgodsaanbidders, vervloek is die afgodsdienaars wat die besluit geneem het om dit te doen, vervloek is die voorvaderaanbidders tot in lengte van dae! Die ewigheid is te kortsondig om hulle onreg in die helse vuur te straf vir wat hulle teenoor die eer en die majesteit en heerlikheid van DIE HERE GOD aangedoen het!

Deon ·

Mandela se begrafnis is ‘n geleentheid wat wereld aandag sal vestig op Suid-Afrika. Gebruik die geleentheid om strategies met t-hemde, plakkate, baniere, koerant advertensies en voertuig plakkers die wereld te vertel by voorbeeld: ‘Mandela’s miracle is incomplete – crime, murder (no. Since 1994), and failure to allow selfdetermination to the Boesman and Boer require another Mandela with Excellent Leadership’ of iets dergeliks of ‘Complete Mandela’s Legacy – give selfdetermination to minorities NOW’.

MATILDA ·

DAAR IS NET 1 GOD EN DIT IS EN WAS DEFNITIEF NIE madela NIE. MENSE MOET DIT BESEF. WIE BETAAL VIR AL HIERDIE – ONS DIE BELASTING BETALER. WONDER NET WAT GAAN GEBEUR AS de klerk MOET DOOD GAAN ???? GAAN DAAR OOK SO N M…RSE OP HEF GEMAAK WORD ?????

DIE DING WORD BUITE VERBAND EN PERKE GERUK !!!!!

Alida Müller ·

Mandela knew the power and influence of his words….even after leaving office. The brainwashed, adoring masses would have fallen all over themselves to do as he wanted, as his wish was their command…

With a few words, he could have helped stop the senseless and demonic murder and torture of whites – not to mention the rampant rape and crime epidemic that affects all South Africans.

How hard would it have been for the doddering old terrorist to say “raping babies will NOT cure AIDS.” Or how about “Stop killing our farmers! They are providing our food!”

So yeah, he is in a BIG way responsible for where South Africa is today. What a “proud legacy” to leave behind – crime, corruption, poverty, once great cities like Johannesburg reduced to filth, a culture of rape for men, women, children, babies and dogs, Level 6 genocide for whites, AIDS off the charts.

Yeah, that deserves “god like” status – not to mention a Nobel Peace prize which has about as much credibility and worth as a toy you get from the bottom of a cereal box.

hyla ·

Die God wat ek aanbid is n jaloerse God Amerikaners het gemor oor hoe moeg hulle is vir Bush se ewige gebid en wat gebeur toe????Ek glo nie Mandels sou al die gedoentes wou he nie> Hy was n nederige man.

Ri vd W ·

Het al met Diana se dood voorspel dat Madiba se dood haar dood en begrafnis na n kinner partytjie gaan laat lyk.
Ri

E Roos ·

Ek stem ook saam met die berig en nog te meer is die feit dat die “legacy” net geleef het solank as wat Madiba aan bewind was en by sy volle positiewe was en ‘n bydrae kon maak tot die regering van ons land. Hy was net soos enige ander ou mens net oud en sieklik en het nou die aarde verlaat vir ‘n beter heenkome, hoekom hom so ophemel weet ek nie en kan dit nie verstaan. Hy het ‘n rol gespeel in die verandering in ons land maar dis lankal nie meer so positief.

Ek dink dat ons land se mense nou nog meer as ooit verdeelt is onder mekaar en dis vir my hartseer want hoe kan ons bymekaar uitkom en in vrede lewe as ons staatmaak op ‘n mens. My huishulp het vanoggend vir my gese dat hulle hartseer is oor die baie geld wat weereens so gemors word vir ryk mense en die regering en wat het die man vir hulle arm swartmense gedoen en nou nog meer witmense ook -niks verandering of dan bitter min.

Al wie uit mandela se sg ‘legacy’ iet gebaat het is die super ryk mense Wit en swart wat net nog meer gekry het. Dus vrede vir sy familie maar dis darem te erg. GOD en GOD alleen is ons heerser en sal ek net voor HOM buig.

Maverick ·

Dit is hartseer om te lees hoe vasgegiet sekere mense nog is in die verlede. Dit is juis sulke selfsugtige kleinvoudige uitbarstings wat veroorsaak dat in 20 jaar minder gebeur het as wat almal gehoop het. Ek is ‘n Christen en in plaas van negatief kyk na die gebeure dank ek die Here dat Hy ‘n man opgestel het om ‘n verdrukte Volk uit ballingskap en verdrukking te lei. As die Here dit met Moses kon doen, hoeveel nie te meer in ons tyd deur ‘n man soos Madiba nie. Het hy nie die vrugte van die Gees uitgeleef nie? Kom ons bou op die voorbeeld van versoening wat hy nagelaat het. Kom elkeen van ons wees die verandering wat jy wil sien. Deur onvolwasse te dink en spreuk gaan ons nooit hierdie land bou in ‘n demokratiese volwasse land nie.

Janelle ·

HI (Maverick)

Ek was uiters mal toe ek die berig en al die kommentaar op die blad lees, en as ek nie by jou woorde gekom het nie, het ek tien teen een weer dat my emosies die beste van my kry en een vieslike epos gestuur! Ek stem so saam met jou! Dankie vir jou mooi woorde! Dankie tog daar is mense soos ek en jy wat probeer om Afrika te verstaan, in te leef en beter te maak terwyl ons ons God dien!! Sommige wit mense vergeet ons is nou maar eers 20 jaar in ons nuwe land, HAVE SOME FAITH!!!!

Mary Sadler ·

Ek dink die bedoeling is dat hierdie begrafnis ons as ‘n wêreldnasie moet verenig, soos die voetbal van 2010. Ongelukkig word die geleentheid nou deur rassiste aan beide kante aangegryp vir hul eie agendas. Dis tragies.

Morné Haasbroek ·

Die gedagte wat by my opgekom het:
Indien die televisie, radio, facebook, twitter en ander sosiale media netwerke 2000 jaar gelede tydens die kruisiging bestaan het, sou hulle so ‘n groot ophef gemaak het van Jesus se leiding en vir dit wat Hy vir ons sondes aan die kruis gedoen het?
Vir my was Nelson Mandela ‘n goeie man en het hy baie vermag, maar hy is NIE ‘n God NIE. Hy kon nie wonderwerke doen nie. Hy kon nie mense in nood help soos wat ons God kan doen nie.
Kan iemand asseblief die ontslape oud president van die troon verwyder.

Ria Visser ·

IS MEER AS KEELVOL VIR DIE MANDELA SAGE WAT NOU VIR NOG ‘N WEEK GAAN VOORT PLOETER…..DIE LAND IS STEEDS IN ‘N GEMORS!!!!!

Henko ·

Radio’s, televisie, elke stasie, elke koerant, selfs in die Kerk word daar ook gepraat oor hom. Hy is / was net ‘n mens – geen god. Dit is die mens self wat hom tot ‘n god verklaar het, blank en nie-blank. Stem heeltemal met jou saam.

Susan ·

Die stuk oor Madiba verwys. Ek is n Afrikaner wat in die gees en intensie van God glo. Ek teleurgesteld dat daar so baie wit afrikaners is wat skynbaar nie die vaagste benul het nie. Daar is n groot verskil tussen verheerliking en dankbare eerbetoon! Baie het oënskynlik nie die insig dat hy ons wittes van ń gewisse oorlog – baie pyn en hartseer – gespaar het nie. Mense, word wakker en vra julleself waarom julle nie weet wat naasteliefde is nie! Hierdie man het dit gehad. Dankie vir alles wat jy vir ons gedoen het Tata, en mag hierdie armsalige volk jou droom bewaarheid. En ten slotte, ek hoop van harte dat die mense wat die Bybel so slaan darrem wel ten minste een boek oor of deur Nelson Mandela gelees het. Anders is jy maar n oningeligte imbesiel! En as jou lewe so saai is dat jy verslaaf raak aan televisie tot so n mate dat een week se idiosinkratiese programmatuur jou so ontstig, voel ek bra jammer vir jou!

Heidi ·

Jy is geregtig op jou opinie en ek gun jou die geleentheid om dit te kan uiter. So ook het ander dieselfde reg om hulle opinies te lug.

Ek het respek vir Mandela vir waarvoor hy gestaan het. Ek besef ook dat hy alleen het dit nie gedoen nie. Daar was blanke sowel as swart afgevaardiges wat die onderhandelinge gedoen het. Mandela was wel die gesig van die proses, maar hy het dit nie alleen gedoen nie.

Ek gun ook almal die geleentheid wat sy of haar eer wil betoon…ek hoef nie dag in en dag uit gebombaardeer te word met dieselfde verhale oor en oor nie. Ek het ‘n keuse, en my keuse is om media te vermy tot en met die aarde weer begin draai.

Bismarck ·

Jou poging getuig van alles behalwe naasteliefde waaroor jy vir ons “imbesiele” ‘n prekie probeer afsteek.
tsk tsk tsk

Sophia ·

Ek is al siek en sat. Hy is nie God nie. Vergifnis gaan nie hand aan hand met die negetiewe propoganda tans op TV nie

E.Schoeman ·

Indien mandela nie meer dieselfde man was as in die tyd toe hy toestemming gegee het dat bomme geplant moet word, waarom het hy dan nie n stop gesit aan die moorde op plase en baba’s wat verkrag word om “genees” te kan word van HIV. Wat n belaglike tydperk in ons lewens. Toe ek op skool was moes ons daagliks leer wat om te doen indien daar n bom sou wees in die skoolgronde en almal was te bang om n brief oop te maak wat jy nie ken nie,….wie kan dit nog onthou saam met my en wie dink julle het dit gedoen en was die leier? Christene word tog net wakker!!!

Rika Kotze ·

Stem saam met julle berig. Het die afgelope tyd geen radio geluister of Tv gekyk nie, ook nie koerante gekoop nie. As ek na die huidige regering kyk het Mandella hulle nie be indruk nie, want dan sou hulle tenminste die vrede probeer najaag het wat hy voorgehou het.

Frik Lotz ·

Nelson Mandela was net n mens soos enigeen van ons en niks meer nie. Die mens is niks teenoor God nie en daarom moet ons nie mense só vereer asof hul dieselfde status as God het nie. Ja, Mandela het n sekere statuur gehad en n impak gehad op baie dinge,maar hy moenie verafgod word soos tans die geval is nie. Die lewe en die wereld staan nie stil nie,dit gaan aan en daar is baie belangrike dinge waaraan aandag gegee moet word.

Santie ·

Dis vir my nogal ironies dat mense met die bybel onder die arm so kan oordeel. Wat het sy dood met enige geloof uit te waai? Dalk moet julle minder tv kyk en meer kerk toe gaan.

Tony ·

@Santie, dit is snaak ja. haha. Volgens my is hy ‘n wereld ikoon. Daar word HULDE gebring aan hom, en vereer wat hy gedoen het. Ieder geval, Jesus het daai status al 2000 jaar. En dit sal nie verbeter word nie!
Bring julle nie hulde aan julle geliefdes as hulle afsterf nie?

Marise ·

Miskien…. as ons elkeen só geleef het dat die wêreld die behoefte gehad het om by ons afsterwe ook tot stilstand te kom, sou die hele wêreld anders gelyk het…

marie Vlok ·

Dalk is daar n stuk genade in alles wat tot dusver gebeur het…van begin af toe Mandela siek geword het, die masjiene ge-orkestreer is tot met dy dood….Natuurlik is daar altyd oppertuniste wat elke situasie uitbuit op watter manier ookal! Hierdie is my persoonlike mening: God kan n verleentheid (soos bo genoem) omskep in n geleentheid…Dalk (vir party) sal die nag van die langmesse nooit aanbreek nie, dalk is daar n paar wat tot hul sinne sal kom, dalk is daar van die ryk swartes wat nie nonsens sal toelaat nie, want hulle het te veel om te verloor, dalk is daar mense wat sien dat daar ook wittes is wat die ou man gerespekteer het. Niks het gebeur toe hy die eerste keer siek geword het nie. Als is seker NOU in plek vir die groot begrafnis. As daar ouens is wat twyfel of hy n bekeerling in die God-Drie-Enig is/was…het God met hom bemoeienis gemaak voor hy nou regtig egtig dood is!!!!! Daar was niks wat meer sy aandag kon aftrek nie…..Daar is seer sekerlik die wat weer slegte geleenthede raaksien…..gemors sal altyd by ons wees. Ek is nie minder paraat as wat ek was nie. Mag God ons bystaan….ook die wat vredeliewend is, al is hul nie Christen-gelowihes nie. Marie Vlok

Jaume Saladrigas Cussons ·

What a load of rubbish, my goodness! White-supremacists typical way of complaining. Accept reality, grow up and work for ALL in your country instead od the obsession of retaining your stupid privileges.

Jasper ·

Verskoning. Ek het slegs die volledige webadres ingetik sodat enige iemand dit self kan opsoek

henk celliers ·

Gun die anc om vir die laastekeer in te “cash” op Mandela,nou is daar baie minder lojaliteit aan die anc,kyk mooi wat gaan met volgende jaar se verkiesing gebeur.In bemarking is daar n term,”overselling”dit is presies waarmee hul besig is,gee hul tou,hul gaan hul self hang.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.