Nuuskommentaar: Die ‘wit’ gevaar

President Jacob Zuma tydens sy Menseregtedagtoespraak in Durban. Foto: Elmond Jiyane, GCIS

President Jacob Zuma tydens sy Menseregtedagtoespraak in Durban. Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Soos vooraf verwag is, het die terugkykende pres. Jacob Zuma in sy Menseregtedagtoespraak nie ’n snars van ewehandigheid oor die raskwessie openbaar nie. Hy gebruik steeds apartheid, wat hy self baie lewend hou, as vertrekpunt om die blaam vir wat nou ervaar word, vierkant voor die deur van wit mense te plaas.

Netwerk 24 verwys na enkele onthutsende aspekte van Zuma se toespraak: “Wit oorheersing moet openlik bespreek word, want wanneer mense in magsposisies steeds sulke sienswyses het, kan dit pogings om ’n nierassige gemeenskap te bou ondermyn.”… “Suid-Afrikaners moet besef versoening kom nie net van een kant af nie – soos wanneer die swart meerderheid die hand van vriendskap uitreik, maar dit nie wederkerig plaasvind nie.” … “’n Wit minderheid besit en bestuur steeds die ekonomie.” … “Ons moet die idee van wit oorheersing en hoe dit uitgedruk word openlik en doelbewus bespreek.”

Dit alles klink nog makkerig, maar as die oorspronklike Engelse teks gebruik word, staan die hare regop. Die woorde wat Zuma gebruik het om wit oorheersing aan te dui, is white supremacy.

“White supremacy” is ’n gelaaide term soos “Blackfacing”, en om dit met ’n makkerige “wit oorheersing” te vertaal haal bitter baie van die byt uit. Om maar een van die definisies van white supremacy aan te haal: “The belief, theory, or doctrine that white people are inherently superior to people from all other racial groups, especially black people, and are therefore rightfully the dominant group in any society.”

Wikipedia definieer dit soos volg: “White supremacy or white supremacism is a form of racism centered upon the belief, and promotion of the belief, that white people are superior in certain characteristics, traits, and attributes to people of other racial backgrounds and that therefore white people should politically, economically and socially rule non-white people.”

Niemand sal stry dat daar white supremacy in Suid-Afrika ook teenwoordig is nie, maar dat so ’n beskouing van wit mense in die algemeen van toepassing kan wees, is verregaande.

Dit is waarskynlik in die praktyk soos om die dam onder die eend se stert uit te pluk om in Zuma se woorde veel ooreenkomste te lees met Hitler se klimaatskepping teen die Jode en ander minderhede.

Regstegnies sou die vraag of Zuma hom aan haatspraak skuldig gemaak het, bepaal moet word uit die volle konteks van sy toespraak. Hy het wel in die rigting van versoening as ’n positiewe uitkoms verwys, maar weer eens die saak beduiwel deur eintlik wit mense te blameer dat dit, volgens hom, ’n eensydige proses van die swart mense se kant is.

Dit is, en bly ’n skreiende skande dat Zuma ná die naweek nog die land se president is. Hy het hom immers lank gelede reeds as van presidentstoffasie gediskwalifiseer met onder meer sy stelling dat hy eerstens lojaal teenoor die ANC is, en dan die land (en so sy ampseed verkrag), en dat korrupsie ’n Westerse konsep is. Ongelukkig is daar nog ritse sulke voorbeelde.

Volgens sy ampseed moet hy in die belang van al die land se inwoners regeer. Dit behels beslis nie ’n soort meerderheidsregering waar “sy” mense volgens hul velkleur spesiale status geniet, en die res as gekoloniseerde volke ’n ander status “geniet” nie.

Maar Zuma is in ’n politieke oorlewingstryd, en in sy eie vesting het hy sy toespraak in Zoeloe begin sodat RSG drie keer moes oorskakel en weer terugskakel. Die ANC gaan die munisipale verkiesing met min of meer kaal hande tegemoet, en boonop taamlik verdeeld ook.

Kry dus ’n gemeenskaplike “vyand”. Hou aan om die rassevlamme hoog te blaas om apartheid lewend te hou terwyl self lekker agter die deur gestaan word.

Teenoor Zuma se wilde klappe skryf dr. Danny Titus, uitvoerende direkteur van die ATKV, dat Suid-Afrikaners vandag wel meer verdeeld is as wat in 1994 verwag is. Maar hy skryf ook dat die meerderheid Suid-Afrikaners mekaar leer aanvaar het en gemaklik met mekaar omgaan. Hy noem dit ’n sterk middelgrond.

Zuma het ’n omvattende aksieplan teen rassisme aangekondig, wat hy beplan om onder meer aan die VN voor te lê.

Maar jaag hy nie spoke nie? Soos gemeld, daar is “white supremacists” in verskillende gedaantes, maar is ’n voorhamer nodig om ’n muggie mee dood te moker? Dit terwyl die regering self met sy rasbenepenheid en stelle ondersteunende wette agter die deur staan en ’n rasbewustheid nie net lewend hou nie, maar verder opblaas.

Ná 1994 het die Afrikaner se hoofstroom politieke denke gou in terme van die internasionale reg en die Grondwet wegbeweeg van ras as kriterium, en taal en kultuur as norme vir minderheidsregte begin gebruik. Die rasbehepte ANC transkribeer hierdie pogings egter dadelik terug na ras, en so word onder meer jag op Afrikaans gemaak al is die meerderheid van sy sprekers nie wit nie. (Die ooreenkoms tussen AfriForum en Solidariteit, en die Gautengse ANC en vennote oor Afrikaans by Tukkies is ’n welkome afwisseling.)

So sorg die ANC dat die openbare debat in Suid-Afrika weg van die veronderstelde norme vir minderheidsregte dwaal, en ras sentraal staan. Dit skep vir die ANC ’n gemaksone.

Solank die regering nie objektiwiteit en ewehandigheid inspan nie, so lank sal dit ’n onbegonne taak bly om enige vorm van nasionale versoening te bewerkstellig.

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar, Rubrieke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Loeis ·

Ware woorde, maar is ons nie lankal reeds by die punt verby dat dit duidelik is dat dit nie oor versoening gaan nie? Is daar enigiemand wie werklik dink dat dit een van die regerende party se doelwitte is, of ooit was?!

In my ervaring is die meerderheid swart Suid-Afrikaners nie besonder rasbehep nie. Maar daar is koerante, radiostasies en natuurlik TV kanale wie vir hulle bly vertel hoe hulle voorheen benadeel is (en na meer as twintig jaar steeds benadeel word). Mense glo dit eventueel, veral wanneer dit van die land se president kom.

Die regering faal daarin om gelykheid te bewerkstellig (en daar is baie mense van alle rasse wie arm is, ook blankes) en die regering gebruik steeds ‘n sondebok wat in 1994 al reeds lankal holrug gery was.

Zuma beledig ook swartes: as die meerderheid wetgewing nodig het om hulself teen ‘n minderheid te beskerm, moet hulle werklik pateties wees. Die ANC en hul instigeerders moet in ‘n spieel kyk as hulle wil sien waar die probleme gesetel is.

Werner ·

Dankie vir die geleentheid om my mening in my moedertaal te lig.

Wat is die doel van anti rassisme veldtog van ons Regering as hulleself dit nie bevorder nie. Daar word altyd verwys na wittes en apartheid as iets verkeerd loop, na 22 jaar het dit nog nie verander nie. Wanneer gaan ons die verlede vergeet en op ons land se toekoms bou? Ons moet eensgesind wees en na mekaar se belange omsien.
Suid Afrika het mos 11 amptelike tale, waarom Afrikaans dan aftakel?
Daar moet strenger opgetree word teen mense wat skuldig is aan rasitiese uitlatings.
Niemand is beter as ‘n ander nie.

cecilia behrens ·

Hierdie wit oorheersing storie van Zuma maak my keelvol.So keelvol dat ek nie eers belangstel om hierdie berig volledig te lees nie.Dit is afgesaagde nuus,ou nuus!!

Zuma probeer die regte geluide maak sodat sy makkers agter hom moet staan en hom beskerm.Daarom wil hy glad nie die klem verskuif nie en dus hammer hy op die wittes…..

Zuma is bang om uit sy geldelike posisie te tree…..dan is daar nie meer n krip om so lekker te eet nie.
Hy is bang vir die wittes,want ons kan dinge dalk beter doen.

Sy tyd van afrekening sal aanbreek.Dit is verseker.

Piet Pompies ·

Ons president het groot geword in ‘n kultuur waar daar nie verantwoordelik is vir sy optrede en dat almal rondhom hom die blaam kry vir alles wat fout gaan onder sy swak bestuur. Menseregte dag kan eerder gebruik word om op die positiewe te fokus en daarop voort te bou as om te bly kla oor die verlede. As jou uitkyk op die toekoms positief is, sal jou toekoms voorspoedig wees maak nie saak wie jy is en van waar af jy kom.

Sê maar net ·

Piet Pompies. Jy kan maar vir Jacob Zuma jou president noem, maar hy is beslis niks van my nie. Behalwe ‘n doring in my vlees.

elize ·

Die stelling van die wit supremists wat die ekonomie oorheers is n EFF rympie, zuma moet eerder sy eie rympies uitdink. Hierdie een is al afgesaag.

Andrea van Vuren ·

Liewe Elize, hoe op aarde kan die president met sy st. 3 kwalifikasie rympies uitdink? Die wat dit wel vir hom kan doen is geleidelik besig om uit sy dampkring te beweeg. Hy sal in sy lewe nooit al sy geld kan opgebruik of uitmors nie en ook nie al die kos opeet wat so mildelik aan hom voorgesit word nie. Ons belastingbetalers verarm en hy lag al die pad bank toe. Nero speel die harp ( of is dit kitaar?) terwyl Rome brand!

Nonnie ·

Zuma is die grootste rassis in Suid Afrika!!!! Hy is ‘n absolute skande en het nie ‘n benul van hoe ‘n demokrasie of ‘n vrye markstelsel werk nie!!! Verder is hy totaal ongeletterd en kan net lieg bedrieg en rassisme aanblaas!! Foeitog die arme “agtergeblewene” …………….ha ha ha ha ha ha ha

Siestog ·

” ….. swart meerderheid hand van versoening uitreik … “, ja wat is in die hand, ‘n mens, ‘n panga, ‘n 9 mm ….. ens. En ” ….. die wit minderheid besit en bestuur steeds die ekonomie ..”. Shame dit wat “verswart” is deur Zuma en Kie is ‘n groot gemors. Ons sien dit die hele land vol. Hulle kan nie eers medisyne vir klinieke bestel nie, dan is dit ook nou weer ‘n apartheidsstelsel wat hulle geerf het. Plak sy mond toe met Bostik.

Donovan ·

Dit is darm lekker as die leppels in die lee potte aan mekaar raak want nou kan jy nie meer skep soos voorheen nie en nou dat die potte leeg begin raak, wil ons land se bestuur dit weer op die vorige regering se stoep gaan sit… Kry vir jou Zupta!!!!!. Ek hoop as die mense honger genoeg raak dat hulle daar by Nkantla Nandos kan kry…

Trolle ·

Ek weet nie as jy op n eerlike manier jou besigheid gekry en hard daarvoor gewerk het, verdien jy dit maak nie saak watse kleur jy is nie.Vir my lyk dit meer of daar n aanval op witmense is maak nie saak waar in die wereld jy bly nie.En baie witmense hou ook nie van witmense nie(weet nie waar het daar iets verkeerd gegaan nie).Revers apartheid dis al wat ek raak sien hier by ons.Ons stemme is in die drom gegooi in 1994 toe ons besluit het ons wil almal die selfde voor regte gee in lewe.
Iemand het ons vir n g@t gevat ,wonder wie is dit?

Wynand ·

Kan die mens nie aangekla word vir haatspraak nie? Hy veroorsaak die rasse-probleme –

Sean ·

Versoening se gat man. ‘n Boer verskyn nou in die hof oor hy op sosiale media geweld teenoor swartes aangehits het. Dit terwyl hordes van hulle dit elke dag doen. Die leiers van ons land doen dit dan openlik en sonder skaamte. Dit is een groot klugspul. En intussen word ons doelbewus uitgemoor.

Grotman ·

Ek kry die idee dat maroela media my ge swart lys het!? Ek was onder die indruk dat mens hier jou mening kan gee?? Freedom of Speech! Maar kom agter dis nie die geval. Hmm interesant!! Is die steeds Maroela Media of het dit verander na Nkandla Media?? Ek beledig nie, ek wonder maar net.

Sune van Heerden ·

Dagsê Grotman

Ons kan nie enige kommentaar van jou op hierdie berig vind wat afgekeur is nie, en ek kan bevestig dat jy nie op ‘n sogenaamde “swartlys” geplaas is nie.
Het jy dalk met ‘n ander skuilnaam en e-posadres kommentaar gelewer? Daar is drie kommentare van jou op verskillende berigte wat reeds in Maartmaand goedgekeur is en minstens nege kommentare in Februarie.
Kontak ons gerus by [email protected] met die besonderhede van die kommentaar waarna jy op soek is.
Ons nooi lesers inderdaad om hul mening te kom lug, op voorwaarde dat dit aan ons bepalings en voorwaardes vir lesersdeelname voldoen.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Xa ·

Dis presies hoe volksmoorde nog regdeur die geskiedenis van die wereld begin. Die lavaard regering is bereid om miljoene mense se lewens op spel te sit vir hulle eie geldgierigheid.

m ·

Daar is geen versoening in hierdie land nie. Die swartes wil nie aanbeweeg nie en sal die witte vir alles blameer. Oor 500 jaar sal alles nogsteeds ons skuld wees. Ons sit met swak leiers wat glad nie daarop uit is om versoening te bewerkstellig nie. Dis so hardseer want alles kon so anderste gewees het. Gun elke mens sy plekkie in die son.

m ·

Hierdie mense wil ma nie aanbeweeg nie en sing net een deuntjie. Dis so pateties.

TINA ·

EK STEM SAAM SEAN MET JOU WAAR IS DIE AANKLAERS NOU WAAR IS HULLE OM ONS KAMTIGE PRESIDENT OOK NOU AAN TEKLAE MAAR HY KAN MAAR SE WAT HY WIL EN SY MAKKER OOK MAAR AS ONS WIT MENSE IETS SE OP SOSIALE MEDIA WORD ONS VERVOLG DAAR GAAN NIKS VAN KOM NI SO PATETIES MAN HY EN SY MAKKERS KAN MAAR MAAK WAT HULLE WIL LEKKER IN DIE NUWE SUID-AFRIKA ………LEKKER MAN LEKKER…………

Marous ·

Haatspraak! As daar nog een plaasmoord gepleeg word , moet hy summier toegesluit word! Idiotiese opmerkings het gevolge en hy kom met alles weg!

Lizle ·

Ek sien hom nie as my president nie. Ek het hom nie gekies nie. Hy is ‘n disgrace vir hierdie mooi land van ons!

Luister ·

Op die foto hierbo; lyk hy darem baie soos daai ‘gawe’ leier van Noord-Korea
Behoed ons!

Sarie ·

Wat my verstand te bowe gaan is dat so ‘n klein minderheid ‘n meerderheid wat in beheer is so op hol kan jaag. Miskien maar net weer jaloesie omdat in 22 jaar die onbevoegdheid en hebsug van die nuwe heersers deurskemer en ‘ n sondebok gesoek moet word. Die geskikste kandidaat is natuurlik die groep wat uitstyg ten spyte van alles wat teen hulle is.

Andre ·

Sarie,
Ons voorvaders is oor die berge met hulle ossewaens, in die donkerste tye kon hulle met min ‘n groot en suksesvolle nasie bou. Dink jy die massas sal ons onderkry? Die boer sal soos van ouds maar weer bo uitkom met min. Die minderheid sal steeds sorg dat daar kos en welvaart vir hulle kinders en nageslag is. Die boer sal maniere vind om steeds te seevier! “BOER MAAK ‘n PLAN!”

Jan ·

Man nou ja,dis weet verkiesing tyd en dis mos die manier om die massas te oorreed dat net die ANC
Vir hulle uitkyk en wittes die Gevaar is, hulle speel
N Gevaarlike spel

amelia ·

Nee wat ons wittes is nie die met grond en geld en mag nie gaan lees maar self op internet wie is die met die geld in die land en wie besit myne pf dan n groot presentasie van myne en waar het die baieee geld vandaan gekom so skielik

Theuns ·

Herman jou komentaar is nog ‘n meesterstuk. Ek sal ook wil he ons lesers moet die teenoorgesterde van “White Supremacy Sien”
“Black Supremacy or Black Supremacy ideology which is centred on the belief or promotes the belief that black people are superior to people of other backgrounds and therefor, black people should politically, economicaly and socially dominate non black people.”
Ons wit sien en kry daagliks met die Black Supremacy Sindroom te doen. Die Meester Rasis is Zuma en sy Cabinet doen mee. Ons Boere word by die hordes vermoor na Zuma se uitspraak dat witmense die land gesteel het!!!
“Die Black Supremacy is soos ” ‘n Illusion of Grandeur”. Deur patronaatskap word gesteel dat die “byle huil” Elke keer wat gesteel word en rasistiese opmerkings gemaak word moet die witmense liefs soos die drie apies doen en maak of hulle niks sien nie, niks hoor nie en niks se nie. Die witmense moet maar plat op die grond le, omrol en doodspeel! As zuma uitgevang word dit afgemaak as n komplot.
Boere Groete
Theuns

Theuns ·

Hallo Sune, ek het al ‘n hele paar keer kommentaar gelewer wat nie geplaas is nie? Ek kan nie sien bwat ek se enigsins rassisties is nie? Of is dit dalk oor die Boere Groete.
Groetnis
Theuns

Sune van Heerden ·

Dagsê Theuns

Dankie vir jou navraag. Let asseblief daarop dat dit soms ‘n wyle vir kommentaar neem om op die webwerf te verskyn, omdat dit soms per hand goedgekeur moet word. Wanneer jou kommentaar dus nie dadelik op die webwerf verskyn nie, beteken dit nie noodwendig dis afgekeur nie, dis dalk bloot nog net nie goedgekeur nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Theresa ·

Hand uitreik – as ek kon vloek het ek. Bog! soos al sy snert wat hy kwytraak. Glad nie president stoffasie nie en ‘n groot verleentheid vir elke wettige landsburger. Die strooihalms (mag ek van strooi praat, of verwys dit nou weer na iets) waarna die man en sy geledere gryp, is pateties verby. Hy het nog NIKS uitgedink om die plaasmoorde te stop nie. NIKS nie. As hy ‘n president se pos waardig was, sou hy al die oplossing gevind het. Dus, wil hy nie of kan hy nie?

Theuns ·

Ek kan nie wag dat die nuwe Wet wat rassisme moet bekamp in werking tree nie! Raai wie gaan die meeste in die Hof verskyn vir rassistiese uitlatings? Zuma en sy Black Supremacists gaan genial word!!!
Boere Groete
Theuns
Ps: Dankie Sune.

matie willemse ·

Wel wit oorheersing, nou wat noem hy Black Bussiness Movement, slegs swartes mag daaraan behoort en nie eens ‘n blanke verslaggewer mag hul vergaderings bywoon, kom ons stig wit besigheids beweging asb.

John ·

So van die wit gevaar gepraat. Ek vermoed ons president gaan ons binnekort verras. Die wit gevaar wat so heeltyd op sy ‘case’ is, wil ek beweer gaan hom laat vlug na die buiteland na ‘n lekker pos daar. Is hy dan nie onlangs aangestel in die een of ander hoedanigheid nie? Almal word mos ‘gepos’ sodra dinge warm raak. Hou dit maar dop. Nie dat ons probleme hier minder gaan word nie.

Irah ·

Ek wonder wie skryf die man se toesprake vir hom want ek twyfel sterk of hy sy eie naam kan spel, nog minder ń groot woord soos supremacists…

Johan ·

Om ñ hand van vriendskap uitteryk is nie om mense te laat vermoor nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.