Die afgelope Vrydag was ʼn heel gebeurtenisvolle dag vir die EFF. Die “rewolusie” was redelik kortstondig met die sogenaamde grondmagte wat vinnig uitmekaargedryf is met ʼn bietjie water, verf en traanrook.
Die een ding wat byna groter opslae gemaak het, was die kommentaar van die Universiteit van Kaapstad (UK) se EFF-studenteleier, Jack Markowitz – kleinseun van Leon Markowitz, voormalige DA-LUR en fondsinsamelaar in die Wes-Kaap. Markowitz is gebore en getoë in Kaapstad en studeer politiek en filosofie aan die universiteit.
Hy het groot opslae in die media gemaak met sy opmerkings waarin hy Brackenfell spesifiek en wit mense sonder enige bewyse beswadder:
“The racism is instilled in the bones of people in Brackenfell, as it is across South Africa, but it’s more open here. […] Things have gotten worse in the last 30 years. […] We are here to start a conversation about land and generational wealth. I’ve been an EFF member since I was 18. I fully agree with their message. […] We, as white people, are holding onto our parents’ money. There was no healing in 1994. There needs to be mass reparations.”
Markowitz se menings strook met die EFF s’n, afkomstig van die rasse-Marxisme wat die afgelope dekades baie prominent onder veral linkse elite is.
Marxiste verstaan die wêreld as ʼn inherent onderdrukkende stelsel waarin daar ʼn klas van onderdrukkers en onderdruktes is – die groep waarin jy gebore word, is jou ewige lot. Die stelsel moet daarom volledig in ʼn rewolusie omvergewerp word ten einde ʼn nuwe stelsel van gelykheid te vorm.
Die linkse elite se denke lê net klem op ras, eerder as klas. Hierdie idees dwing ʼn mens in ʼn oorvereenvoudigde bose wit teenoor onskuldige swart wêreld in. Jy is ʼn rassis wanneer jy die stelsel waarvan onderdrukking inherent deel is, onderhou. Dit lei daartoe dat jy jouself daaraan moet verbind om die stelsel omver te werp ten einde van die onderdrukking ontslae te raak. Elke wit mens moet die stelsel probeer omverwerp, anders is hulle rassisties.
Markowitz beskou homself as een van die genadige wit mense wat die uitgelewerde swart mense moet help om uit onderdrukking te ontsnap deur die stelsel omver te werp. Tog beskou hy homself nie as deel van die stelsel wat omvergewerp moet word nie.
Hy is self in ʼn posisie om sy welvaart, posisie by ʼn universiteit en mag prys te gee – tog het hy nie. Hy wil eerder net aan ander mense voorskryf om dit te doen. Dit is ook die absolute toonbeeld van die sogenaamde sjampanje-sosialiste: Hulle is baie lief daarvoor om ander mense se welvaart weg te gee, maar nie sommer hul eie nie.
Markowitz is sodoende die absolute toonbeeld van die wit liberale messias-kompleks waarteen Steve Biko reeds voor die val van apartheid gewaarsku het. Volgens Biko het die wit liberales se aanbod om swart mense te help altyd ʼn neerhalende ondertoon gehad; nie omdat hulle die onderdrukkende stelsel van apartheid wou onderhou nie, maar omdat hulle eintlik geglo het dat swart mense nie die vermoë het om apartheid alleen omver te werp nie. Biko meen dat die wit liberales se strategieë om swart rassisme te beëindig dikwels hul eie posisie as beskermhere van moraliteit in die samelewing bewaar.
Vanuit hul eie wysheid en verligting mag die liberales ander mense voorskryf wanneer hulle rassisties is, hoe hulle rassisties is en hoe hulle dié probleem moet oplos. Dié liberales is eintlik ook skuldig aan hierdie rassisme – hulle is immers ook wit, ryk en magtig. Hulle los hierdie probleem op met die verskynsel van “die eie-liefde van selfhaat”.
Hulle erken en bely dat hulle weens hulle witheid boos en rassisties is. Juis omdat hulle braaf genoeg is om dit te erken, is hulle wonderlike en effe meerderwaardige mense. Alle ander mense wat nie in massas hulle “skuld” wil erken nie, is agterlik en rassisties. Juis omdat die linkse elite sulke wonderlike mense is, mag hulle almal dan voorskryf wat reg en wat verkeerd is. Hulle mag ook ander voorskryf om hulle welvaart en mag aan swart mense oor te gee – juis omdat daardie mense nog rassisties is.
Hierdie voorskrifte sonder dat hulle ooit self hulle mag en welvaart prys hoef te gee.
Hierdie linkses bevestig sodoende dat swart mense nét met die hulp en barmhartigheid van die wit man sal kan slaag. Indien wit mense nie in massas erken dat hulle weens hulle witheid rassisties is nie, sal swart mense vir ewig onderdruk bly.
Daarom moet wit mense hulle generasiewelvaart, eiendom en mag vir swart mense gee – dit is immers die enigste manier waarop hulle dit ooit sal kan bekom. Dit is natuurlik net sagter rassisme. Swart mense is óók volwassenes met presies dieselfde regte en verantwoordelikhede as alle ander mense. Die gedagte dat hulle die hulp en leiding van linkse elite nodig het om sukses te behaal is bloot rassisties.
Wit linkse elite beskou almal andersins as minderwaardig en/of rassisties – swart mense is onbeholpe en wit mense wat anders as hulle dink, is agterlik en rassisties. Hulle is die enigste groepie wat werklik die lig gesien het en reg dink en optree. Die ironie van die saak is dat hulle denke seker een van die krasste vorme van rassisme is.
Mense word in hulle wêreld gereduseer tot die kleur van hulle vel. Dit laat geen ruimte vir mense se individuele optrede, persoonlike keuses, familiegeskiedenis, waardes en kultuur nie. Dit skets ʼn wêreld waarin alles wat werklik deurslaggewend is, bloot geïgnoreer word. Dit is belangrik om nié deur hierdie linkse elite dikteer te word nie. Hulle probeer ons oortuig dat óns áltyd die rassiste is wanneer ons omgee oor dinge soos kultuur, waardes en persoonlike verantwoordelikheid. Die feit is egter dat hulle sagte rassisme teenoor swart mense veel erger kan wees. Die linkse elite kan gerus uit Biko se eie verdoemende woorde leer:
“I am against the superior-inferior white-black stratification that makes the white a perpetual teacher and the black a perpetual pupil (and a poor one at that).”
Toe die bomme begin val en die kanone begin skiet, het die wit ou sy rooi baaitjie uitgetrek, en rondgedwaal in net sy wit hemp. Sy broek was ook seker bevuil! Wonder of die wit ou ‘n maand op ‘n werkende bees, melk of graan plaas sal kan uithou. Die handjies is seker sag en spierwit!
Hulle soort se hande is sag. Glo my maar. Weet nie wat dit is om te werk nie en lief daarvoor om bevele uit te bulder totdat iets verkeerd gaan en dan draai hulle soort om en maak dit jou skuld net sodat hy gespaar kan bly en dit hom niks gaan kos nie.
Hy het egter vergeet dat hy sy gesiggie nou oral gesit het, al dra hy ook ‘n donkerbril en pikswart klere gaan mense hom erken. Praat van lat pluk vir jou eie boude.
“You cannot start a revolution if you cannot even start a lawnmower.”
Net so!!
Die “leiers” van die rooipette bly in luukse huise,dra ontwerperklere/horlosies en ry in peperduur motors……terwyl hulle ondersteuners in plakkerskampe bly,baie is werkloos en hulle enigste vervoer is minibus taxies.Hoe dom kan n mens wees?
Ag wat hulle oë bly toe,dis net soos hierdie kleurlinge (sommige) van ons wat ANC stem net vir daardie kospakkie wat net ‘n dag hou en dan bly hulle 12 mense in ‘n 2 kamerhuis,Ek se vir hulle julle stem nou AnC en dan kry julle saam met my swaar vir die daaropvolgende 5 jaar.
Praat van dom “votas”…..hulle is ‘n paar tjips tekort vir ‘n happy meal, daarom die aanhoudende gestem vir cANCer
Hy hoop om seker een van EFF elite te word wat gróót skep, want dis lekker om naby die belastingbetaler se politieke pot te sit.
Ek hoop regtig Pappie het dadelik sy studie beurs gestop en dit vir een van sy EFF boeties gegee. Dan kan hy maar sy PappaLemma gaan vra om te betaal. Dommer as grond.
As hy my seuntjie was sou hy nou maar by sy rooi baadjie maatjies moes gaan aanklop vir blyplek. Sy studies sal ek ook opskort. Daar is nie hoop vir hom nie. Diensplig sou hom goed gedoen het.
Hy kan sy sterre dank ek is nie sy ma nie…… boetie, jy sou bitter spyt wees en van mening verander het
Hy is siek hys gebreinspoel
Nou ja jong man voeg dan die daad by die woord en doen wat jy van ander verwag, maar wag eers net dit wat jy self bekom het. Jy mag nie met jou ouers en grootouers se kalwers ploeg nie. Ek wonder of hierdie wit kinders wat so praat oor wit bevoorregting besef dat hulle niks sou gehad her as hulle ouers nie hulle hande afgewerk het nie??
Jode doen niks in die land nie. Hulle neem ook nie eintlik grootliks deel aan politiek nie. Hulle ken van geld maak en familie ondersteuning
Nee wat die is nie eers belangrik om te lees nie. Die ou moet alles prys gee en die voorbeeld wys hoe sy wit ouers hom bevoordeel het, want ek het niks van my wit ouers gekry nie, net respek en harde werk en moes self my pad maak. (Kom agter niemand verstaan die werklike “White Struggle” nie. Alles val nie net uit die hemel nie, ons maak dinge werk oor ons so opgevoed is. Ons brand nie af en verniel nie, en nog mider hou ons van netjies wees.)
ek stem Pieter…. mense begeer my ligter vel …. dit het nie enige voordeel gebring nie….. ek moes werk vir alles wat ek het…
Ongelukkig verstaan die jongeheer Markowitz nie Afrikaans nie dus sal hy nie Maroela Media kan lees nie. Indien daar egter iemand is wat hierdie boodskap aan hom kan oordra wil ek hom uitdaag: Aangesien “wit monopoliekapitaal” en wit mense jou so walg: Gee onmiddelik al die geld wat jou Oupa en Pa oor al die jare aan jou spandeer het, naamlik klere, studiegeld, motorvoertuie, kosgeld en alles wat jy as parrasiet van hulle het ontvang het, met rente terug. Trek dadelik uit jou luukske woonstel uit wat deur jou Pa betaal word en gaan bly in armoede tussen die werkolose EFF lede oor wie jy kastig so “bekommerd” is. Verander ook jou van vanaf MarkoWITZ na MarkoSWARTZ. Dis baie gerieflik om as ryk witte kamma oor swart armes bekommerd te wees sonder om ‘n luukse leefstyl in te boet. En voordat jy my uitkryt as ‘n wit rassis, ek het meer swart en bruin huisvriende as die hoeveelheid mense wat jy in jou leeftyd leer ken het.
hy vergeet dat sy voorouers se geld meestal van witmense kom…
Wie is Monica Mynhardt? Haar beriggewing is uitstekend. Wil sy nie dalk staan vir president nie!!!
Ek is mal oor die dame se oopkop, eerlike, skerpsinnige skryfstyl.
Sal graag ‘n in diepte artikel oor haar wou lees. Briljant.
Gaan kyk wat het in Zambië gebeur nadat die wittes in die sewentigerjare daar uit is. Die kopermyne is onderdeur, vrek maar van die honger. Die enigste vet Zambiërs is hulle wat vir die guavamund werk.
Ek probeer uitwerk hoekom dit altyd jode is wat agter kommunistiese dade sit.
Ag die arme kind se ogies sal nog met n skok oopgaan. Jy is nog nat agter die ore boetman en jy sal nog agterkom dat EFF absoluut niks van jou verfynde wit velletjie dink nie. Jy het egter een ding goed van EFF geleer, waar was jou rooi baadjie toe die polisie julle maniere geleer het. Klein lafaard.
Mooi Monica Goeie insig????
Sê die bevoorregte seuntjie wat nog nooit ‘n dag in sy lewe gewerk het nie, hy het als op skinkbord gekry. Terwyl mense in Brackenfell elke dag moet werk kos op die tafel te sit. Hy kort ‘n goeie pakslae en moet ophou om op sy familienaam te teer. Dit gaan hom ook net sover vat. EFF gebruik hom net, soos hy nog sal uitvind.
Hierdie knaap rook iets wat ongelooflike hallusinasies tot gevolg het, sy brein is al verbrand.
Ek weet nie waar kom hulle aan die snert nie. Ek het niks gekry vanaf my ouers of my oupa of ouma nie. Ek moes self hardwerk om te kry wat ek nou het en is waar ek nou is…Die regering het klaar die geld wat hulle gemaak het gevat en gebruik vir iets anders nes wat hulle doen met dit wat ek bymekaar maak…
Absoluut ‘’spot on’’. Mens kan dit ook vergelyk met BEE en die kwota stelsel. Dit diskrediteer die status en vermoë van die sg minderbevoorregtes tot ‘n status wat die vermoënde van die wat sogenaamd daarby sal baat, tot ‘n individu wat nie self die vermoë kan hê om uit te styg nie en kom daarop neer dat hy dit nie sonder die wetgewing kan regkry en dus ‘n slagoffer status so verkry., wat juis ‘n vorm van sagte rassisme te weeg bring.
Jack die oom dink jy moet maar so gou doenlik vir jou in my nedersetting n nessie gaan skrop. Los net al jou Gucci en Gucciesque goeters by die huis. O ja Jack, stupidity is n baie lelike eienskap naas gatkruip.
Hy het vinnig agter die polisie voertuie gaan wegkruip en sy baadjie uitgetrek toe die skote klap. Klein lafaard.
Ek dink die ou het hulp nodig. Hy is verward
Jack, you obviously need someone to come and talk to you.
Jack se oortuigings wys dat wat jy glo belangriker is as velkleur of ras.
So ‘n week of wat gelede was daar ‘n dokumentér oor die “fees must fall” beweging op die televisie. Dit
is nie moeilik om meegevoer te raak deur die “dinamiese, energieke, dapper en intelligente” jongmense aan die spits van die beweging nie. Jy kan eintlik nie anders as om onmiddellik te dink dat ‘n blink toekoms op hulle wag nie. Maar dan besef jy dat hulle in die verkeerde beginsels glo en dat dit waarvoor hulle veg gedoem is tot mislukking. Nes Jack hierbo.
Ek weeg onwillekeurig my eie kinders op teen hierdie jongmense en ek moet ongelukkig erken dat hulle my goed opgevoede kinders sal “ore” aansit as dit kom by veg en debat voer. Maar terselftertyd weet ek my kinders sal altyd bo hierdie jong aktiviste uitstyg en verby hulle gaan. En nee dit is nie as gevolg van sistemiese rassisme nie, maar oor wat hulle glo.
Kom ons beskerm ons kosbaarste bate; ons kultuur en wat ons glo.
Hulle reken net n rewolusie kan gelykheid bring, ek is geneig om saam te stem dat dit kan gebeur temidde van bloed en smart
Maar ek is ook baie seker dat die gelykheid wat dit gaan bring van korte duur gaan wees.
So is die mens geskep in ongelykheid , om te lewe in ongelykheid en te so te sterf.
Ja-nee, die ou seuntjie moet onthou universiteite word deels deur die belastingbetaler befonds. Ek dink nie daai handjies sal inpas by die EFF mentaliteit wanneer hy ook moet verniel, breek en vernietig nie. Kom ons kyk waar is hy oor 5 jaar.