Nuuskommentaar: ‘Dis ’n kwessie van ras…’

(Argieffoto)

Is dit ’n mens se verbeelding dat Suid-Afrika al hoe meer rasbewus word, en dat die regering se rasbenepenheid ’n al sterker invloed het om rassespanning te laat eskaleer? Boonop sal jy waarskynlik in die kol wees as jy meen dis ’n internasionale verskynsel – die woorde “race normative not metaphysical or semantic” het 318 000 trefslae op Google. Gelukkig is daar nog ’n groot poel van goedgesindheid op voetsoolvlak, hoewel dié stelling ook nou gereeld deur onder meer brief- en leserskommentaarskrywers betwis word.

As ideologie en realiteit deurmekaar loop, gebeur die onmoontlike. Dan word erge rassistiese opmerkings ewe skielik nie-rassig, en word die ooglopende nie-rassige individue en instansies weens nie-rassige ingesteldhede sommer “reggehelp”.

Die juweeltjie is natuurlik die uitdrukking dat ’n swart persoon per definisie nie ’n rassis kan wees nie. Die BLF het voor hy weens sy rasbenepenheid sy bestaansreg in rassisme versuip het ook daarin uitgeblink om instansies soos AfriForum rassisties te noem, terwyl hy self agter die deur gestaan en lawaai het.

Die opvatting dat ’n swart persoon per definisie nie ’n rassis kan wees nie het sy ontstaan by die Frans-Karibiese filosoof Frantz Fanon. Dit het Suid-Afrika via wyle Steve Biko bereik. Was daar ooit ’n nie-rassige tydperk in Suid-Afrika, soos in die tyd van Jan van Riebeeck, toe huwelike tussen wit mense en Khoisan gereeld voorgekom het? Of tydens die Groot Trek? Met die Buyse, Lang Hans de Lange en dié wat aan die galg by Slagtersnek gesterf het?

Of wat van die tydperk kort voor en na 1994? Of die tydperk van 1994 tot ongeveer 2004. Dit was ’n tydperk toe verskeie rubriekskrywers (insluitend die uwe) en skrywers van nuusverklarings en selfs advertensies, dit onnodig gevind het om na iemand se ras te verwys. Dit was in pas met die internasionale reg en die nuwe grondwetlike bedeling. Kleur was nie veronderstel om ’n element vir groeps- of minderheidsregte te wees nie. Met ander woorde iemand het nie op grond van sy ras oor enige positiewe regte beskik nie, maar wel ’n negatiewe reg – soos ’n verbod daarop om teen iemand op grond van ras te diskrimineer. Die reg op positiewe regte, soos die reg op grondwetlike selfbeskikking, kan alleen deur taal-, kultuur en godsdiensregte verwerf word.

Die ironie is dat verskeie “regse” partye reeds tydens Codesa hierby gehou het, en later ook met die Volkstaatraad hoegenaamd nie na ras verwys het nie. Analiste kon later nie meer relevant en geloofwaardig wees sonder om ook die raskwessie by te sleep nie. Die herkoms hiervan het deur en deur by die regering gelê, soos die insluiting van die rassevraag tydens sensusse. Met die 2011-sensus was daar selfs ’n redelike groot groep mense wat onderneem het om die rasvraag te boikot. Die regering het verduidelik dat dit vir hom belangrik was sodat sosio-ekonomiese dispariteit bereken kon word.

Kort voor lank was ras waarskynlik die grootste faktor in die regulering van elke Suid-Afrikaner se lewe van die wieg tot die graf. Nieu-apartheid het behoorlik nes geskop. Met die hou van die Kliptown-beraad was dit duidelik dat die ANC-ringkoppe vooruitgang, gesindheid en welstand uitsluitlik gemeet het aan die hand van iemand se rassebewustheid. Wit mense sou outomaties skuldig wees, tensy jy die teendeel bewys. Jy sou slegs as nie-rassig beskou word as jy aktief jou eie kultuurerfenis verwerp.

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuuskommentaar

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

23 Kommentare

jongste oudste gewildste
Fedup

I’m just going to plop this right here.
Political aspirants make too much of people’s race before any kind of election, and, if successful, too much of themselves after it. They use the people when they want to rise, as we treat a spirited horse when we want to mount him, for a time we pat the animal upon the neck, and speak him softly, but once in the saddle, then come the whip and spur.

CHRISTIAN NESTELL BOVEE

Leonard

Nét 1 PERSOON moet namens regering PRAAT!

Johan

Stem saam! ‘n Minister moet aangestel wees, en van daarvan sien of hoer ons nooit weer van daai minister, maar as ons kyk na hy/of sy se portfolio dan kan ons sien dat hulle doen hulle werk, en doen hom goed. As iemand van die regering met die nasie MOET praat, dan moet dit net die President wees en nie vinnige Fanie Dlamini-Zuma, of die hoed professor Bheki Cele of daai grootbek Fikile Mbalula.

capie

Die regering se flaters word heeltyd weggesteek en soos rassiste soos malema opkom agv die regering se onbekwaamheid en korropsie, moet hulle al meer rassiaties word en apartheid die skuld gee net om geloofwaardig in die oningeligtes se oe te lyk.

marius

Dit gaan nooit verander nie .