Nuuskommentaar: ‘Dis ’n kwessie van ras…’

(Argieffoto)

Is dit ’n mens se verbeelding dat Suid-Afrika al hoe meer rasbewus word, en dat die regering se rasbenepenheid ’n al sterker invloed het om rassespanning te laat eskaleer? Boonop sal jy waarskynlik in die kol wees as jy meen dis ’n internasionale verskynsel – die woorde “race normative not metaphysical or semantic” het 318 000 trefslae op Google. Gelukkig is daar nog ’n groot poel van goedgesindheid op voetsoolvlak, hoewel dié stelling ook nou gereeld deur onder meer brief- en leserskommentaarskrywers betwis word.

As ideologie en realiteit deurmekaar loop, gebeur die onmoontlike. Dan word erge rassistiese opmerkings ewe skielik nie-rassig, en word die ooglopende nie-rassige individue en instansies weens nie-rassige ingesteldhede sommer “reggehelp”.

Die juweeltjie is natuurlik die uitdrukking dat ’n swart persoon per definisie nie ’n rassis kan wees nie. Die BLF het voor hy weens sy rasbenepenheid sy bestaansreg in rassisme versuip het ook daarin uitgeblink om instansies soos AfriForum rassisties te noem, terwyl hy self agter die deur gestaan en lawaai het.

Die opvatting dat ’n swart persoon per definisie nie ’n rassis kan wees nie het sy ontstaan by die Frans-Karibiese filosoof Frantz Fanon. Dit het Suid-Afrika via wyle Steve Biko bereik. Was daar ooit ’n nie-rassige tydperk in Suid-Afrika, soos in die tyd van Jan van Riebeeck, toe huwelike tussen wit mense en Khoisan gereeld voorgekom het? Of tydens die Groot Trek? Met die Buyse, Lang Hans de Lange en dié wat aan die galg by Slagtersnek gesterf het?

Of wat van die tydperk kort voor en na 1994? Of die tydperk van 1994 tot ongeveer 2004. Dit was ’n tydperk toe verskeie rubriekskrywers (insluitend die uwe) en skrywers van nuusverklarings en selfs advertensies, dit onnodig gevind het om na iemand se ras te verwys. Dit was in pas met die internasionale reg en die nuwe grondwetlike bedeling. Kleur was nie veronderstel om ’n element vir groeps- of minderheidsregte te wees nie. Met ander woorde iemand het nie op grond van sy ras oor enige positiewe regte beskik nie, maar wel ’n negatiewe reg – soos ’n verbod daarop om teen iemand op grond van ras te diskrimineer. Die reg op positiewe regte, soos die reg op grondwetlike selfbeskikking, kan alleen deur taal-, kultuur en godsdiensregte verwerf word.

Die ironie is dat verskeie “regse” partye reeds tydens Codesa hierby gehou het, en later ook met die Volkstaatraad hoegenaamd nie na ras verwys het nie. Analiste kon later nie meer relevant en geloofwaardig wees sonder om ook die raskwessie by te sleep nie. Die herkoms hiervan het deur en deur by die regering gelê, soos die insluiting van die rassevraag tydens sensusse. Met die 2011-sensus was daar selfs ’n redelike groot groep mense wat onderneem het om die rasvraag te boikot. Die regering het verduidelik dat dit vir hom belangrik was sodat sosio-ekonomiese dispariteit bereken kon word.

Kort voor lank was ras waarskynlik die grootste faktor in die regulering van elke Suid-Afrikaner se lewe van die wieg tot die graf. Nieu-apartheid het behoorlik nes geskop. Met die hou van die Kliptown-beraad was dit duidelik dat die ANC-ringkoppe vooruitgang, gesindheid en welstand uitsluitlik gemeet het aan die hand van iemand se rassebewustheid. Wit mense sou outomaties skuldig wees, tensy jy die teendeel bewys. Jy sou slegs as nie-rassig beskou word as jy aktief jou eie kultuurerfenis verwerp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Fedup ·

I’m just going to plop this right here.
Political aspirants make too much of people’s race before any kind of election, and, if successful, too much of themselves after it. They use the people when they want to rise, as we treat a spirited horse when we want to mount him, for a time we pat the animal upon the neck, and speak him softly, but once in the saddle, then come the whip and spur.

CHRISTIAN NESTELL BOVEE

JohanR ·

Stem saam! ‘n Minister moet aangestel wees, en van daarvan sien of hoer ons nooit weer van daai minister, maar as ons kyk na hy/of sy se portfolio dan kan ons sien dat hulle doen hulle werk, en doen hom goed. As iemand van die regering met die nasie MOET praat, dan moet dit net die President wees en nie vinnige Fanie Dlamini-Zuma, of die hoed professor Bheki Cele of daai grootbek Fikile Mbalula.

Michael 1 ·

Die beste persoon moet aangestel word om die werk te doen ongeag,ras of geslag,huidiglik blyk dit net andersom te wees.

Kiewiet ·

Ek het in my lewe dwarsoor die wereld gereis. Maar nooit erens, n volk beleef, wat so bang is dat n klein minderheids groep sukses moet behaal, soos in ons land nie. Waarvoor is hulle bang? Ons het kollektief die breinkrag om die grootste nasie in die wereld te word. Maar nee, ons word nog dieper in die modder ingetrek deur mense wat nie kan regeer nie. Wie, en hoe, gaan al die geld wat nou geleen word terugbetaal, sonder n gesonde infrastruktuur of groeiende ekonomie?

capie ·

Die regering se flaters word heeltyd weggesteek en soos rassiste soos malema opkom agv die regering se onbekwaamheid en korropsie, moet hulle al meer rassiaties word en apartheid die skuld gee net om geloofwaardig in die oningeligtes se oe te lyk.

Jaco ·

wat gebeur as n wit besigheid toemaak omdat dit weens die verkeerde”ras nie staatshulp gekry het nie?
ek kan verstaan dat dit die wit eienaar se straf is vir apartheid, maar wat van die besigheid se swart werkers? UIF hou nie virewig nie. en wat gebeur as daardie UIF fonds en allerhande ander hulpfondse wat net vir our people” bedoel is, eendag op is? dan ly our people mos ook?
nog iets: selfs ons regering noem dat 7 miljoen mense werkloos gaan wees. dis VER meer as die totale wit bevolking. So baie van “our people” gaan ook werkloos wees. dit maak nie sin nie. hulle ras is dan reg dat hulle mag werk.

Keelvol ·

Die ANC is en was nog altyd rassisties. Die RES van die wereld was en is nog altyd blind vir die ANC se rassisme.

Sarel ·

Die Ironie is dat meeste van die Burgery wil net in vrde saam leef maar Pplitieke Leiers laar dit nie toe nie

Sonneblomkind ·

Die ANC is en was nog altyd rassisties. Die RES van die wereld was en is nog altyd blind vir die ANC se rassisme.

Althes ·

Die ANC het die rasbeheptheid voortgesit na hul aan bewind gekom het. Zuma het ook groot skade en verdeeldheid aangerig. En Ramaphosa regering probeer Zuma se taktiek deur die nasie se aandag af te lei van onbevoegde regering.

Bosnimf ·

My hart is seer. My kinders is gebore in hierdie land, so ook myself, my ouers, hulle ouers ensv. Vandag voel ek soos ń buitestaander in die land wat ek voor bitter lief is. Ons moet bontstaan om aan ons kinders te verduidelik hoekom hulle so verafsku word. Hoekom ons die skuld moet dra vir iets waaraan ons geen skuld het. Wie praat vir ons, is hierdie nog ń demokratiese land of ń nasie begelei deur diktatorskap?

Ettienne ·

Kom ons wees nou maar eenvoudig eerlik en erken: Die regering van Suid Afrika is NIE rasbehep nie. Die regering va Suid Afrika is rassisties – soos bewys deur die Dept. van Toerisme wat weier om wit besighede wat in nood verkeer as gecolg van die Covid regulasies van hulp te voorsien

Willem ·

Dit gaan altyd oor die groep – die swartes is een van die groepe en numeries die grootste. Demokrasie sorg vir die res want in breë terme kyk die groep na sy eie lede. Dit was ‘n gruwelike mistasting om die beheer van ons groep in die hande van ‘n ander groep oor te gee met mooi stories van “checks and balances” en grondwetlike regte. Al daardie goed is net woorde op papier en (om vir Eugene Terreblanche aan te haal) die bebloede stukkies papier van opgeskeurde grondwette fladder in die gras van Afrika.

Michael 1 ·

Ek kan nie verstaan hoekom die skrywer so n onderwerp wil opbring as dit nie gedebatteer kan word nie agv polities korrektheid en vrees om n graaf n graaf te noem nie ,skryf liewer volgende keer hoe maklik dit is om n wit persoon te verkleineer en te beswadder sonder vrees van my meesters.

Sonneblomkind ·

Weereens word ons verkleineer en op getrap. Ons moet Hande vat …in die tyd wat ons in is… hoe vat jy hande as jy nie kans gegun word om n bestaan te maak en te lewe nie.

Hector ·

Ai, my Sonneblomkind, hoe jammer vir jou: in hierdie gevaarlike Covid-19-tyd is dit glad nie toegestaan om hande te vat nie, want dit is nou lewensgevaarlik! Wees net geduldig en gedenk die wys woord van President Brand: Alles sal regkom!

daniel ·

Al wat ek vir die regering wil se is : “if you sow hate you going to reap hate”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.