Nuuskommentaar: Dis nou Koue Oorlog in ANC en straks binnekort wêreldwyd

Argieffoto

Argieffoto

Dit is nou vir almal duidelik dat daar ’n magspel tussen pres. Zuma en sy teenstanders in die ANC is, maar dis nog nie so duidelik wie die beste daarvan gaan afkom nie. Uiteindelik is die vraag of dit kan uitspeel sonder dat geweld in die ANC uitbreek en die land verswelg.

Die belangrikheid daarvan dat adj.pres. Cyril Ramaphosa sy steun aan min. Pravin Gordhan toegesê het, kan nie oorskat word nie. Ramaphosa is die jongste van weliswaar ’n klein maar groeiende groepie kabinetslede wat hul steun aan Gordhan toesê. Daarmee kies hulle in werklikheid kant teen pres. Jacob Zuma in ’n stryd wat al duideliker na die oppervlak borrel.

Die jongste verwikkelinge volg kort ná ’n absolute meesterskuif deur Gordhan toe hy die hof genader het om ’n verklarende bevel van oor sowat R7 miljard se verdagte transaksies deur die Guptas en hul maatskappye, wat in ’n intelligensieverslag van die Finansiële Intelligensiesentrum blootgelê is. Volgens verskeie kommentators handel dit onder meer oor enorme bedrae geld wat die land uitgeneem is.

Deur hierdie skynbaar “onskuldige” skuif is die mat sleg onder Zuma en min. Des van Rooyen uitgeruk wat ’n voorlopige verslag van die openbare beskermer oor staatskaping, waarin die Guptas ook ondersoek is, probeer smoor voor dit bekend gemaak word. Deur hul optrede lyk Zuma en Van Rooyen, reg of verkeerd, erg skuldig.

Boonop het dit die “onbedoelde” uitwerking dat daar ’n rits kettingreaksies aan die gang gesit is met onder meer die EFF wat strafregtelike klagtes teen die Guptas, gegrond op die intelligensieverslag, gaan lê het. Pandora se boks is behoorlik oopgeruk, en die Nasionale Vervolgingsgesag gaan nou moet bontstaan om geloofwaardigheid te herwin, namate dit al meer lyk of die aanklagte teen Gordhan eintlik ’n administratiewe kwessie, of hoogstens ’n arbeidskwessie is.

Mike Cohen en Thembisile Augustine Dzonzi van Bloomberg skryf in Moneyweb dat Zuma skynbaar al meer kwesbaar lyk in sy koppestampery met Gordhan.

Dit is al ’n geruime tyd duidelik dat daar ’n magspel in die ANC tussen twee opponerende groepe is. Die stryd het die kenmerke van ’n skaakspel, en met elke beweging word nader aan skaakmat vir een van die partye beweeg. Zuma se buitengewone presidensiële magte, waaroor die voorsitter van die Solidariteitbeweging, mnr. Flip Buys, Sondag in Rapport skryf, word in die proses getemper deurdat die land se ekonomie soos taks sleg reageer op Zuma se skuiwe.

Hy moes byvoorbeeld ná Nenegate terugkrabbel en einste Gordhan as minister van finansies heraanstel om te keer dat die ekonomie nog groter skade op die lyf loop. Die probleem is dat Zuma in die verlede ook gewys het dat hy van sy magte sal gebruik, of die mond daaroor sal uitspoel, ongeag die gevolge. ’n Skadelike kabinetskommeling, volkome Zuma se prerogatief, is dus nie uitgesluit nie.

Maar dit gaan die ekonomiese kaarte teen Zuma in spel bring, en nog meer ANC-swaargewigte hul steun by Gordhan en Kie. laat inwerp.

Netwerk 24 berig omvattend oor die voorspellings van die politieke ontleder, Ralph Mathekga, wat na “’n gestoei tussen twee ANC-faksies” verwys. Hy twyfel of die ANC tot volgende jaar Desember se leierskonferensie dié tweestryd kan absorbeer.

Kan die ANC, of raak die tekens nou net te veel dat die eindspel op hande is? Dit is hoofsaaklik in Zuma se hande.

Natuurlik is daar die groot kopsorg: Wie wil nou in beheer van die land wees terwyl studente landwyd amok maak? Enigeen wat nou in die finale instansie pa hiervoor moet staan, gaan by voorbaat ’n ernstige kneusplek weghê.

Hierdie Koue Oorlog in die ANC gaan noodwendig in iemand se guns beslis word, verkieslik sonder dat daar eers na ’n warm oorlog gevorder word. Die ander opsie is dat die ANC kan skeur.

Inwaartse migrasie (ander verwys hierna as ’n proses van verdomming waar Suid-Afrikaners se kennis oor aangeleenthede buite die land se grense veel te wense oorlaat) kan dalk daartoe bydra dat baie mense die heropstel van elemente van die Koue Oorlog wêreldwyd miskyk.

In ’n omvattende artikel in Trouw, onder die opskrif  Zijn we op weg naar een nieuwe Koude Oorlog? ontleed Gijs Moes die kwessie. Moes is ’n oudpolitikus wat hom in die joernalistiek begeef het.

Hy verwys onder meer na ’n uitlating van die Russiese TV-aanbieder, Dmitry Kiselyof, wat wyd as woordvoerder vir die Kremlin beskou word. Kiselyof het Amerikaners aangeraai om eerder vir Donald Trump as Hillary Clinton te stem, want  “as hulle vir Hillary stem, kom daar oorlog”. “Daar sal oral Hirosjimas en Nagasaki’s wees.”

Hoewel die nuwe Koue Oorlog ingewikkelder en gevaarliker as die oue is, bly die grondbeginsel dieselfde – die wedersydse wegbly van gewapende konflik omdat die gevolge daarna vir almal te verwoestend sal wees.

Sal die ANC sy eie Koue Oorlog so kan voer dat dit nie die land in ’n bloedbad insleep nie?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

jaco ·

Ongelukkig is al die grootkoppe in hierdie spel se salarisse so reusagtig groot dat al mors hulle nonsens ook ons ekonomie op tot by R30 vir n brood en R50 vir 1 liter petrol, dit hulle nie sal benadeel nie. Voeg daarby die vet salarisse van ALLE parlementslede en ALLE munisipale raadslede (ook DA, EFF & VF Plus), dan is dit duidelijk dat daar nie eintlik vir gewone mense omgegee word nie. Elkeen in’n hoë posisie met baie geld nou eintlik maar net sy wie mini-Nkandla.

kat ·

ek stem saam jou hulle is almal skelms maak nie saag vir wie jy stem nie hulle steel net belasting betalers se geld en lieg en bedrieg die publiek net

Therese van Schalkwyk ·

Thuli Madonsela, SA se bobaas Openbare Beskermer en almal se heldin, kon haar staatkapingsverslag oor die naweek vrygestel het, maar die gebruiklike intimidasie en politieke speletjies het dit weer verhoed. Die verslag lê heel waarskynlik al geruime tyd gereed, so waarom dit nie bekend maak en klaar kry ongeag die reaksie nie? ‘n Gulde geleentheid is verspil om die sg. “goeie mense” in die ANC te ondersteun en dinge af te handel.

Die “skaakspel” wat die héle ANC speel, is eerder ‘n gekonkel en geknoei en dis te betwyfel of daar énige persoon of groep met silwerskoon gewetes is. SA kan by Brasilië leer hoe om die boodskap aan ‘n korrupte staatshoof oor te dra.

Ou Bosvark. Ou Vlakvark, Ou Erdvark en Ou Krimpvarkietjie ·

Eerstens die Suid-Afrikaanse nasie moet die staatspresident verkies en

Tweedens, die staatspresident mag nie die leier van ‘n politieke party wees nie; en

Derdens, die staatspresident mag net een 3 jaar termyn as staatspresident dien; en

Vierdens, die parlement moet die ministers en regters aanstel deur geheime stemming; en

Vyfdens, die nuusmedia en opposisiepartye met hul vakspesialiste moet die reg hê om alle tender prosesse te kan bywoon. Ook fakture, dienslewering en betalings mag monitor alvorens diensleweraars betaal word. Deursigtigheid is die sleutelwoord.

Karma ·

@Al-die-varkies hierbo – julle almal vir President!!!! Ek stem 500% saam.

Piet ·

Zuma het tot dusveg gemaak asof hyself ook aan Gordan se kant was hoewel dit duidelik nie die geval was nie. Dit het duidelik geword dat Zuma nie verstaan, of dalk gee hy nie om, wat die implikasies van sy bewind is nie. Ek kan nie glo dat hy nou ewe skielik n veer gaan voel as daar n bloedbad uitbreek nie. Daar woed reeds n oorlog op ons kampusse en Zuma voel soos gewoonlik niks nie. Die vraag wat n mens moet vra is of Cyril na vore gaan kom as leier. Om te se dat hy aan Gordan se kant is, is nie genoeg nie. Sy eie geloofwaardigheid is myns insiens reeds so aangetas deur sy stilwye, dat mens ook maar sal sukkel om hom te glo. Net n persoon binne in die ANC kan die gemors wat Zuma veroorsaak het dalk weer stabiel kry en as dit nie Cyril is nie gaan dit nie gebeur nie.

Theuns ·

More Herman. Jou afleidings wat my betref is 100% in die kol! Ek is egter bekommerd oor Ramaphosa se stilswye oor jare en as hy iets se dan repudieer Zuma hom in die Parlement sonder dat hy n word daaroor se of sy uitsprake verdedig? Deur nie reguit op Zuma se vergrype te reageer nie maar op ‘n indirekte manier met versigtige woord speling bevestig Ramaphosa maar dat hy ‘n slapgat is! Op ‘n ligter luim wonder ek hoe sal Zuma sy optrede verwoord as hy die “oorsaak en gevolg begindel” sonder ‘n “eie wil” die skuld moet gee vir al sy optredes? Dit sal seker so klink” Ek het met die Guptas besigheid gedoen omdat die geld wat ek ek vir myself kon maak baie aanloklik was en dit gelyk het na die regte ding om te doen(oorsaak). Die probleem wat daaruit voortgespruit het soos dat dit gelyk het soos Staatskaping (gevolg) was onbebedoeld! En boonop se sekere wetenskaplikes dat ‘n mens nie ‘n eie wil het nie! En aan die hand daarvan gee hy Zuma , somer ‘n ander voorbeeld! Die studente hardloop in die straat af , venietig en brand eiendom sover hulle gaan en dat dit die gevolg is van die “# fees must fall” optrede is, wat die oorsaak is! Die student kan nie anders nie want hulle het nie ‘n vrye wil nie? Groete Herman.

herman Toerien ·

In die paar dae in die onkologiesaal verlede week het ek ‘n paar rillerstories gehoor oor geld wat vir die opgradering van ‘n bekende oord gespandeer is, en toe blyk dit daar moet weer so ‘n bedrag bewillig word om iemand te kry om die brouwerk en onvoltooide werk reg te maak. OUTA beweer SA het astronomies meer vir die e-toplpaaie betaal as wat internasionaal die norm moet wees. Selfs met Nkandla se bouery is dit duidelik dat sommige dele baie meer gekos het as wat dit moes, en dan is dit nog afgeskeep ook. Ek weet nie of van die studente-opsstokers dit dalk dekolonisasie noem nie.

nico ·

Wat die magstryd nog interessanter maak, is dat die Kommunistiese Party, (wat ek nog altyd geglo het staan aan die ander kant van die politieke spektrum as Gordhan) en die EFF, (wat nog verder van hom af verwyder is), almal nou vir Gordhan steun. So dit gaan nie hier om politieke beginsels nie. dit is slegs oor teenstand teen Zuma.

Koos1 ·

Nico, ek glo nie dit gaan alles oor Zuma nie, ek dink Zuma is net die simtoom wat sigbaar is van die siekte. Hier gaan dit oor wat reg en verkeerd is. Zuma is verkeerd (al glo hy en sy ondersteuners dat hy reg is) en Gordan wat die regte ding probeer doen,
Dit strek nog veel verder. Zuma het vir Mbeki uit die kussings gelig en Mbeki het vir FW laat val as adjunk president in Mandela se dae. Elke brommer wil die grootste d…. hê, en sweep die massas op om hom daarmee te help.

Grassie ·

Ek glo steeds dat Zuma ernstig besig is om te knoei aan ‘n plan om ná verstryking van sy ampstermyn steeds aan bewind te bly. As die ander faksie hom kan oortuig om sy planne te laat vaar, sal gemoedere bedaar en dinge sal rustiger raak. Maar Zuma se domastrante houding en optrede gee ‘n mens slegte moed. As hy voortgaan met sy planne sal die koue oorlog beslis ontaard in ‘n warm oorlog wat katasrofiese gevolge vir almal in die land sal hê. Ons wittetjies moet nie dink ons gaan op die kantlyn staan nie. Misdadige elemente – en daar is miljoene daarvan wat in die plakkerskampe sit en krepeer van ellende – sal beslis die onstabiliteit wat burgerlike onrus meebring gebruik om op groot skaal te begin plunder.
Ek hoop die Skepper gee vir ons rustigheid en kalmte in hierdie droewe land. Ons self kan dit nie meer bewerkstellig nie.

Nico K ·

Wel as hulle daarin gaan slaag om van Zuma ontslae te raak gaan dit seker die eerste keer in Afrika se geskiedenis wees wat dit gebeur.

John ·

Grassie ek stem. Zuma gaan nie wil loop nie. Hy het via sy impi’s reeds die ou bulle opgeroep. Ons hoop verniet op nog ‘n rustige koue-oorlog. Met Islamitiese ekstremiste reeds doenig op die kampus (en is ons nie reeds gewaarsku nie) gaan die spel buite beheer raak. As die vriende van hogeres aan die pen ry, sal hulle nie gedwee soos sekere andere, met voete in die swembad se watertjies sit en sigare rook en wag dat die jare verbystroom nie. Ons president se kop kan self op ‘n skinkbord beland ter bediening van ‘n ander saak. En sal hy nie verras wees nie…

humor ·

Die heel laaste opmerking of dan vraag verdien aandag. Ons is goed bekend met die jarelang onvermoe van die anc – regering. Die feit is hul is nie instaat om genoemde bloedbad te voorkom nie, net soos dit buite hul vermoe is om die studrntegeweld te staak. In hule onbeholpe onderhandeligsvermoe sal hul bedoeld of onbedoeld dit eerder aanblaas. Dan is daar buitelandse magte vir wie dit in belang sal wees. Die ander waarheid is die eff tesame met die Afrikakultuur sal gematigheid teenoor die blanke nie duld nie. In ons beredenering moet ons eerder fokus op die onvermydelike. Alles dui daarop dat daar n onwikkeling tot meer geweldadige aksies is.

Rynhardt ·

Die chaos wat in SA moet kom, moet deel vorm van die wereldwye chaos wat deur die nuwe wereldorde oftewel globale orde georkestreer is! SA is al vir jare deel van die nuwe wereldorde.Sopas op E-Tv het die Anc-Jeugliga n beroep gedoen om die wapen op te neem vir hul geliefde Zuma! So die jeugliga raak opstandig, dan is daar die rebelle binne die Anc wat teen Zuma is.Dan is daar Malem en EFF wat verlede week gedreig het met n oorlogverklaring om in opstand op 2Nov. te kom.Almal raak nou veglustig! Afrikaner/Boervolk jou antwoord le by die Here en jy moet n hegte volk word! Jy was laas in 1838 n hegte volk! Tyd is nie aan jou kant nie!!

Wicus ·

Plan C.

Indien nie is ons in groter moeilikheid as wat ons besef.

Die spel wat afspeel is tereg baie groter as Zuma en kie. Wie is die hand agter als?

Kosie ·

O Ja en moenie vergeet voor wie die einste pous gebuig het nie, Soek maar die foto op die internet. Ja miskien weet jy nie die oudste jesuit in die wereld. – Mugabe. Weet julle wie nog jesuite is? gaan google maar die internet. Julle sal van julle stoele afval. Die hele gespuis is voorstaanders van mense regte en behoort aan die jesuite.

Maria van Dieweeck ·

…Dit wat staatspresident H F Verwoerd wou verhoed. : ( Ons jong leiers moet nou STERK na vore tree, en hulself op die regte maniere, prominent maak.

PeterG ·

Dit is juis in onseker tye soos die dat die pers verantwoordelikheid en integriteid aan die dag moet lê en net weergee soos dinge gebeur en nie sensasie soek nie.

popeye ·

Goeie kommentaar Herman en kommentaar deur alle lesers wat gewaag het om kommentaar te lewer! Wat my by bly is dat geen regime hierdie probleem van #FeesMustFall sal kan beredder nie, gee nie om wie jy is nie. Die probleem is kompleks. Miskien moet almal wat vir die ANC se “val” bid, dankie sê vir hierdie probleem want dit gaan hulle 360 baie seer maak. Vereistes sal aanhou om gestel te word waar die regering se swak punte lê, maak nie saak wie regeer nie. Die konsep van slaan met die hamer en slaan hard en basta die res maak sin in die opsig. Dis ongelukkig een van demokrasie en vryspraak se sagte teikenareas.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.