Nuuskommentaar: Dit kan, nee, mag nie so aangaan nie

(Foto: Denis Balibouse/Keystone via AP)

Dreigende en werklike hofsake, wrede aanvalle op bekendes, korrupsie wat selfs ervare waarnemers oor die omvang en vernuf daarvan die kop laat skud, aanduidings van ’n nuwe wêreldorde, fopnuus en ontkennings wat met mekaar meeding, ministers wat twak met ontstellende komplikasies kwytraak, interne stryd binne die ANC wat kort-kort die pot op die plaat se deksel al sissend lig … waar moet die kommentator en analis vat of los?

Weens die Covid-19-pandemie neem advertensies af en koerante raak al dunner met al hoe minder plasingsruimte, met sosiale media wat al hoe meer aan nuusbehoeftes moet voldoen, met weer al hoe meer ruimte wat benodig word om skadelike wolhaarstories te ontken. En baie mense wat onder die omstandighede besonder vatbaar hiervoor blyk te wees.

Vanoggend is by uitstek ’n geleentheid waar belangrike nuuswaardighede hand opsteek om aandag te trek. In België het die premier ’n dinktenk aangestel om kundigheid oor ’n wyer spektrum in te trek om die regering te adviseer oor die bestuur van die pandemie – en veral die ontknoping van die verstikkende bekampingsmaatreëls. Dit kan kwalik met die Suid-Afrikaanse “Command Centre” vergelyk word wat met ’n soortgelyke doel ingestel is, en al verskeie vrae ontlok het soos of die land dan onder krygswet verkeer, of ’n staatsgreep in aksie ervaar.

’n Ope brief van adv. Anton Alberts, nasionale voorsitter van die Vryheidsfront Plus, aan die Gautengse premier oor die voorgenome sentralisering van hulp aan noodbehoewendes kom ook vanoggend onder die vergrootglas wanneer die twee here ’n videokonferensie voer. Die gesprek het groter impetus gekry deurdat die VF Plus gister ook ’n ondersoek aangevra het oor die aflewering van talle kospakkies by die huis van die adjunk-speaker van Mpumalanga. Dit is glo in die geheim afgelewer. So lank antwoorde hieroor uitbly is dit onmoontlik om aan verduidelikings te dink wat nie op korrupsie neerkom nie. Die VF Plus het ook ’n fonds gestig om die skadelike uitwerking van SEB teen te werk.

Adv. Anton Alberts, die VF Plus se voorsitter.

Alberts se ope brief is te wydlopend om breedvoerig uit aan te haal. Die diplomatiese taalgebruik het egter reeds sekere positiewe uitkomste opgelewer toe Makhura laat weet het dat hy in ’n samewerkingsooreenkoms met ’n NRO, en die middelgrond met Solidariteit se Helpende Hand belangstel.

Alberts het die probleem soos volg gestel, maar klokhelder op die gevare van die moontlike uitkomste gewys: “This guideline presents a number of problems with regard to getting aid expeditiously to beneficiaries who are in dire need. The need for food assistance is growing exponentially while conversely the ability of the Gauteng government to provide such assistance continuously just in time is decreasing. This disjoint between the need and ability to meet it is of grave concern from both a humanitarian and security perspective. Communities are growing restless as the pangs of hunger continues to grow. Under such circumstances people will do anything to survive.

“The introduction of new bureaucratic hoops to jump through for aid organisations in the form of authorisation letters only serves to exacerbate the situation of the delivery of food before a community takes the law into their own hands. Given the scope of the need in Gauteng – the poor and homeless now joined by the middle class – it is an impossibility for the Gauteng government to ensure distribution to all those in need. The ability of the government to effectively process authorisation letters with due haste is also a great matter of concern. Furthermore, there is not clarity whether the guidelines also endeavours to pull individual donors and givers into its orbit.” U kan by hierdie skakel na die premier se terugvoer luister. Die premier is sowat driekwart deur die band aan die woord.

Dit sou die natuurlikste ding ter wêreld wees dat onder die spanning van ’n pandemie, en sekere bedenklike karakters wat juis nou hul magstryd-posisies op die skaakbord probeer verstewig, om vuur met reuse vlamwerpers te beantwoord. Maar gaan dit enige positiewe gevolge hê? ’n Sagte woord keer immers die grimmigheid af – woorde wat klaarblyklik vir Makhura werk, maar nie so goed vir Lesufi nie.

Ons dink vanoggend is besonder aan Barry Claasen, afgetrede nuusredakteur van die SAUK in Bloemfontein, wat besonder wreed aangeval en kritiek beseer is, en prof. André Duvenhage, politieke ontleder by die NWU se Potchefstroom-kampus, wat tydens ’n gepoogde huisroof met ’n mes ernstig in die arm beseer is. Ons bid u albei ’n spoedige herstel toe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Boerkind ·

‘n Gelowige kan nie anders as om na antwoorde in God se Woord in hierdie tye te soek nie. Die hele sirkus wêreldwyd, speel hom hier onder die goddelose ANC bestel op sy eie manier uit. Wat ‘n lagwekkende skande! My gebed is dat die Here se wil sal geskied, maar dat HY elkeen van die bose en hul meelopers waarvan die Bybel praat (“Julle stryd is teen die BOSE magte….”) sal ontbloot en dienooreenkomstig verwoes… Sela!!

Jacobus ·

Kan dit regtig met ‘n sirkus vergelyk behalwe dat die narre nie snaaks is nie en die tent dreig om weg te waai.
Die snaaks is verby en kan net by Boerkind aansluit. Daar is geen eerlikheid.

david ·

Die vraag is eenvoudig–kan die regering nie meer deurdagte besluite neem wat wat Jan Publiek nie na die howe sal dryf nie..?
Die hantering van die Covid 19 pandemie het een saak geillustreer—Jan Publiek is nie onnosel nie,
en wil nie soos ‘n kind op skool behandel word nie. Is daar byvoorbeeld werklik enige logika in die verbod op tabak en alkohol verkope ?
Daar begin daagliks ‘n groter gaping tussen die burgers van hierdie land en die regering ontstaan.
Dit wil voor kom asof die Polisie, weermag en verkeerspolisie gladnie opgelei is om hierdie situasie
te hanteer nie. Dit lyk of dit ‘n gestrompel is tussen individuele lede se vertolking van die regulasies.
Die erkenning van die Polisiehoof van die Weskaap dat daar insident gebeur het wat “intern’ ondersoek word is ‘n bewys hiervan.
Deursigtigheid moet die wagwoord wees.

Alleen Wolf ·

Wees bly die “Magte” is nie opgelei nie, want dan kan hulle ook nie die aanmars van weerstand wat onder die volk broei afweer nie .

Jan ·

Wat gaan van die mensdom word. Ons het nie geld nie. Ons het nie kos nie. Ons bakly teen n mag wat nie weet wat hulle doen nie . Is daar dan nie een persoon . Of n land wat weet wat in die grond wet staan nie . Ons arm mense ken nie die wet nie so ons is verlore

Koos ·

Adv Alberts,

N vraag wat konstant by my spook, hoe is dit moontlik dat Gauteng (die digs bevolkte provinsie) so min Covid 19 gevalle en sterftes het.

Verduidelik asb
Koos Kruger

JohanR ·

Wes-Kaap = DA. In die eerste jare na 1994 was die ANC soe gretig om beheer in die Wes-Kaap te he, dat ou Ebrahim Rasool busse en busse en busse daar deur Beaufort Wes laat trek met mense van die Transkei, Lesotho, OFS ens om vir die ANC daar te gaan stem. Nou wonder ek of die ANC nie aspris CoVID-19 besmete mense in stuur Wes-Kaap toe nie? Niks van die ANC verbaas my meer nie! Die ANC lieg oor die gevalle in Gauteng….plain and simple!

Ian ·

Dit kom nog Koos. Die ding is nog in sy kinderskoene. Die werklike sterfdesyfer is egter baie laer as die aangeduide syfer omdat baie mense dit so lig kry dat hulle nie eers weet dat hulle dit gehad het nie. Verder beskerm die rookgewoonte ook dat die vermeerdering van die virus nie soos in gesonde omstandighede plaasvind nie. Die arme drommels weet dit nie want die mense wat dink hulle weet alles glo net die liberale hoofstroom NWO nuusmedia wat suiwer net oneerlike liberale propagande versprei. Alle ander opinies word voor die voet as oningeligte fopnuus geklassifiseer.
Bestudeer ALLES en gebruik jou gesonde verstand, dan word dit duidelik soos daglik. Ook jou geloof en bybelse voorspellings van die eindtye en wederkoms. Moeilike tye le voor want ons glo die duiwelse magte. Soek die waarheid en versterk jou geloof daarin.

Sarel ·

Bly daar is uiteindelik iemand van Opposissie kant wat stem dik maak. Lankal gevra waar is die mense. Kan ander Partye die voorbeeld volg asb.

Daniël Hendrik ·

Dit verstom dat die president se verklaring uit sy eie mond dat hy en sy regering daartoe verbind is om die nuwewêreld orde te implimenteer, of vergeet, geïgnoreer of afhelag is, toe hy dit tydens die anc se 24 jaar ‘demokrasie’-feesvieringe gedoen het.
Gaan kyk gerus op die internet; dit behoort steeds daar te wees, tensy dit ook verwyder is omdat dit die waarheid is.
Vir diegene wat glo dat hy die opdrag van die implimentering wel gaan deurvoer, sal dit baie duidelik wees dat hierdie ‘plandemie’ juis die geleentheid is wat wêreldwyd geskep is vir die implimentering van die NWO.
Seëngroete aan almal wat nie naïef is nie.

Riana ·

Ek wil baie graag kommentaar lewer maar julle sal verseker my skors want niks mooi sal nou uit kom nie. Hierdie regering is besig om n sambreel oop te maak waar dit niemand gaan bly maak nie. Dan nog die nuus van 19000 gevangenis wat vrygelaat gaan word!!!!! Waarheen met hulle? Nog honger monde wat net weer misdaad gaan pleeg en die rede vir vrylating??? Daai sambreel word nou n sonsambreel!!! Om die Corona Virus se verspreiding te voorkom!!! Nee laat ek niks meer sê nie.

Ian ·

Aktuarisse het pres. Cyril Ramaphosa in ’n brief gewaarsku dat die huidige staat van inperking in die land ’n “humanitêre ramp gaan veroorsaak wat Covid-19 gaan verdwerg”. Dit is presies wat die NWO wil laat gebeur. Ons regering is by monde verbind aan die NWO en glo alles wat hulle voorskryf. Verder wil dit voorkom asof die meeste van ons geleerde joernaliste ook meelopers is. Oortuig my asseblief tog dat dit nie presies is wat nou-al vir 30 jaar en langer wereldwyd gebeur nie. Die resultate hiervan gaan verdoemend wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.