Nuuskommentaar: Dit woel nog oor grond en Trump se twiet

Pres. Donald Trump se twiet.

Gaan die pas uitgereikte twiet van pres. Donald Trump waarin hy aandui dat die kwessie van grondgryp en plaasmoorde in Suid-Afrika deeglik ondersoek gaan word, ’n groter nugterheid, ook plaaslik, oor die lot van boere in Suid-Afrika bring?

Of dit genoeg was om die ergste onmin oor die voorgenome grondgryp sonder vergoeding genoegsaam te besweer sodat die ekonomie nie in duie stort nie, moet nog gesien word. Aan die bod is Agri SA se optimisme wat spruit uit, wat beskryf word as ’n baie suksesvolle gesprek met pres. Cyril Ramaphosa.

Skielik brand die liggie van die Rama-euforie weer.

Die blitsige herlewing van die Rama-euforie blyk uit die slegs Engelse mediaverklaring wat gesamentlik deur Agri SA en AgBiz uitgereik is oor ’n gesprek oor voedselsekerheid deur Agri SA en AgBiz. Die euforie straal uit die slotparagraaf:

“Throughout the presentation, President Ramaphosa showed keen interest through incisive and relevant questions. The president called on leaders in the sectors to work together with government and to remain engaged through Minister Dlamini-Zuma, who is Minister in the Presidency responsible for Planning, Monitoring and Evaluation.

“The meeting was cordial and constructive, and provides a solid base for further in-depth engagement on the key issues confronting the sector. The broader agro-food industry will be developing a sectoral framework for consideration by Government and social partners”, Dr John Purchase, CEO of Agbiz, said.

Ongelukkig is daar diegene wat die geleentheid aangryp om die vinger in AfriForum se oog te druk asof AfriForum se benadering in die proses sommer verkeerd bewys is.

Waar sou die landbouers nou getrek het as dit nie vir AfriForum se pogings was nie?

Vanoggend word berig dat die magtigste man ter wêreld (of mens nou daarvan hou of nie) getwiet het dat hy sy minister van buitelandse sake opdrag gegee het om plaasaanvalle, grondgryp sonder vergoeding en aanverwante sake te ondersoek. Hy het soos volg getwiet:

“I have asked Secretary of State @SecPompeo to closely study the South Africa land and farm seizures and expropriations and the large scale killing of farmers. “South African Government is now seizing land from white farmers,” lui Trump se twiet.

Teen vanoggend het die twiet reeds byna 600 000 Google-trefslae gehaal. Onder die bekendste koerante wat dit gedra het, was die New York Times, maar die berig het ook die media in ander lande soos Australië gehaal.

Is dit toevallig dat Trump presies die kwessie deeglik laat ondersoek wat AfriForum so hard onder die wêreld se aandag probeer bring het?

Word vanoggend na plaaslike koerantopskrifte gekyk – pennevrug wat feitlik uitsluitlik die lig gesien het voordat Trump se inset bekend geword het – is dit duidelik dat die grondkwessie nog die oorheersende nuus is. En dit word vanuit alle denkbare perspektiewe en ideologiese benaderings bestudeer.

Hierdie is ongeveer net die helfte van Netwerk 24 se berigte wat oor die kwessie handel, en die hele Bultfontein-kwessie, wat op sy eie drie berigte oplewer, is onaangeraak. Die droogte het so ’n fisieke en emosionele uitwerking op die landbou, dat die NG Kerk ’n Hervormde dominee en berader, dr. Johan Nel, gevra het om die getraumatiseerde boere te help. Nel is ’n gewilde en toegewyde dominee en orrelis, maar ook ’n uiters bekwame berader. Die NG Kerk het hier onverbeterlik raakgevat.

Nel se instinkte en insigte maak hom ook baie geskik om aandag te gee aan die oortreffende trauma wat so dikwels uit plaasaanvalle voortspruit.

Volgens die literatuur word die gaping tussen trauma en viktimologie oorgesteek wanneer die slagoffers ’n gevoel van geïsoleerdheid beleef, en ervaar dat hulle deur die owerhede in die steek gelaat word. Dit verg ’n unieke vaardigheid om hieraan aandag te gee.

Intussen staan Trump se twiet nie in isolasie nie, en kom slegs ’n dag of twee nadat die fliek Treurgrond twee pryse op die internasionale rolprentfees in Amsterdam losgeslaan het.

Hoewel die Australiese eerste minister, Malcolm Turnbull, pas naelskraap ’n uitdaging om leierskap van Peter Dutton die hoof gebied het, kan hy volgens waarnemers binnekort weer uitgedaag word. Dutton is die man wat onlangs baie sterk standpunte ten gunste van wit Suid-Afrikaanse boere ingeneem het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Remi ·

Wel AMERIKA WAS AKTIEF Met die toepassing van SANKSIES teen SA tydens APARTHEID so dit is NIKS minder as REG dat AMERIKA ook nou sy stem dikmaak nie. Obama wou en sou niks doen nie, dalk is dit ‘n bestiering dat Trump nou aan bewind is, sodat hulle kan druk uitoefen op die ANC om hulle RASSISTIESE BELEIDE te staak.

Gert ·

Kom ons vra die Amerikaners om ons te help met selfbeskikking.

PLP ·

Kom ons hoop maar die brawe ANC en EFF regering se nie vir Amerika om hulle neus uit Suid Afrika se sake te hou nie. Soos wat aan die Australies regering gese is. Trump is nie Australia nie, en sal nie nonsens dult of enig teenstand van ons lafhartige regering nie. Sanksie gaan kom en ons gaan suffer. Uithou mense dit is ons enige hoop. Ons was mos al deur n sanksie, ons kan weer.

Jan ·

Kom ons hoop maar hulle doen. Hulle het nodig om bietjie vasgevat te word.

Soos ek lees, is daar sprake van sanksies en bevriesing van bates. Soos met die Russe.

Dit gaan moeilik wees om internasionaal te gaan rinkink as jou Switserse bankrekening gevries is….

Carel ·

Almal wat dink die gesprek met CR was konstruktief PASOP!!! hy is n uitstekende onderhandelaar en moenie Piet Retief vergeet nie

jannie ·

Dankie Ernie Els…gaan speel weer gholf saam met yster Trump!

Paul ·

Daardie welwillende verklaring wat die partye na die vergadering met CR uitgereik het, sê niks, dit is net ‘n algemene verklaring met geen besonderhede nie. Hy het die partye gevra om saam te werk, dis dit.

CR sit op twee stoele, en as Malema in die omtrek is, op drie. Of hy vertel nie die waarheid betreffende die grondkwessie vir die swart mense nie, of hy vertel dit nie vir die boere nie, dalk vertel hy nie die waarheid vir beide partye nie.

CR het Malema gister in die parlement uitgetrap dat die EFF swart mense onderskat. “Ons mense is trots op die eiendom wat hulle besit, en sal nie sommer daarvan afstand doen nie.”

Maar vir die boere sê hy hulle moenie aan hul grond vasklou nie. Wat se nonsies is dit? Hoe vertel jy iemand moenie aan sy wetlike eiendom vasklou nie, en is die boere dan nie ook trots op hul plase nie?

Ja, so dis reg, bring die Trump grofgeskud.

christa ·

mooi so Agri forum. Iewers moes hulp vandaan kom. Diegene wat Agriforum afkraak oor die opspraak wat die kwessie veroorsaak het is seker dieselfde mense wat “ja” gestem het. Wou seker weer te laat wakker skrik.

Mrs H ·

Al die bewyse is daar van jaaarrrreeee al Mnr. Trump. Moennie dat hulle vir jou lieg nie en onthou om vir fotos te vra asb?! Google maar, jy is mos lief vir die soort ding.

Se maar net ·

Mwt die huidige toedrag vam sake sien ek n klag van rassisme teen Trump en wie het nou kon droom dat die derde wereld oorlog agv rassisme sou begin. Afrika teen die res. Hahaha

Se maar net ·

Met die huidige toedrag vam sake sien ek n klag van rassisme teen Trump en wie het nou kon droom dat die derde wereld oorlog agv rassisme sou begin. Afrika teen die res. Hahaha

Celtis Africana ·

Die Amerikaanse uitsprake word verwelkom.
Afriforum, die IRV, die VF Plus en alle ander buitelandse inisiatiewe oor die aangeleentheid begin nou vrugte afwerp.
Die grondhervorming het in totaliteit misluk die afgelope kwarteeu aangesien die bestuur daarvan
vrotsig was. Verder weet ons dat die wittes tans gebruik word as slaansak vir stemwerwing vir die komende verkiesing deur die ANC. Mbeki se broer wat politieke ontleder is, beaam dit. Die kwessie is dus brandend vir n ander rede as wat voorgehou word deur die meerderheidsregering.
Agri SA en Agbiz is gemesmeraais deur die hartlike ontvangs en vergeet hoe Roelfie ook geswig het voor die sjarme.
Ek is nie so seker of Agri SA nog die gemiddelde boer verteenwoordig nie. Afriforum, het ek raakgelees, het 15000 lede wat boere is. Rofweg helfte van die boere in die land. Mnr. Groenewald van die VF plus se boodskap van die boere aan Cyril is: ” ons gaan nêrens! ”
Die enigste tyd wanneer onderhandel word is wanneer albei partye iets tafel toe bring. Die buitelandse aktivisme bemagtig ons as minderheid in toenemende mate.
Agri SA se bestuur se agenda is baie duidelik na onlangse openbare uitsprake en ek dink baie kan hul nie daarmee vereenselwig nie.
Ons het so gewoond geraak aan tweedeklas burgerskap dat die geringste toegeneëntheid van owerheidsweë soos n lewensgordel op n sinkende skip gekoester word.

dexter ·

Willem Petzer .Gaan kyk daai legend se YouTube channel .MAGA MAGA

Willem ·

En daar sien ek sopas op Netwerk24: “Presidensie kap Trump oor sy ‘eng opvatting’ oor SA”

Lappies ·

Ek het maar net gewonder…
Wat anderste is BEEEEEEEEEEEEEEEE as rasisties?

Gerhard ·

Malcolm Turnbull sal waarskynlik teen Vrydagmiddag nie meer die Australiese Eerste Minister wees nie. Dit sal waarskynlik Peter Dutton wees maar moontlik kan Scott Morrison ook daarvoor skiet.

Willem ·

En die Engelse pers sê Trump het geval vir vals nuus oor Suid Afrika se blankes.

Johan ·

Die engelse is in elk geval in so n groot gemors met die instroming van ander landsburgers dat hulle gerus kan stil bly.

Johan ·

Ek dink Austraiie is ons ook baie verskuldig.Hulle het gedurende die Boere oorlog ook hul neus hier kom insteek sonder enige belange. Dit as gevolg dat hulle n groot invloed op die uitkoms van die oorlog gehad het. Was dit nie vir hulle en die swart meelopers nie sou die oorlog vir Engeland baie duurder testaan gekom het. Ook gedurende die Apartheids sanksies was hulle om die verkeerde redes een van die voorlopers in die koor. So betaal n bietjie terug Aus.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.