Nuuskommentaar: Diversiteit, rassisme en haatspraak al hoe meer onder die vergrootglas

ras-regstellende-aksie-race

Argieffoto.

Kan rassespanning en haatspraak ooit doeltreffend aandag kry terwyl diverse bevolkings elk sy eie narratief het oor hoekom tussengroepverhoudinge so flenters is, en dit reaktief en sonder verantwoordelike leierskap hanteer word? Hoeveel plaasaanvalle gaan nog plaasvind, en hoeveel mense gaan nog vir beoogde sabotasie en terreur aangekeer word?

Is dit blote toeval dat daar nou wêreldwyd soveel leesstof is wat probeer ontleed hoekom mense wat biologies en kultureel van mekaar verskil, so intens bewus van die verskille sou wees, en probeer uitpluis hoekom dit so is?

Terwyl ’n nuwe Amerikaanse peiling wydlopende bevindings bekend gemaak het, steek veral een aspek van Mondli Makhanya se artikel op Netwerk 24, veral wit lesers in die oog. Hy reageer op Jessie Duarte se onlangse kritiek van rassisme teen die ANC. In plaas van die nierassige land te bou wat eintlik die ANC se doelwit is, het “ons” (vermoedelik swart mense, of ANC-aanhangers) rassespanning aangewakker, in reaksie op wit rassisme wat openlik beoefen word en swart mense wat met ewe veel energie daarop reageer. Met ander woorde, die onenigheid tussen verskillende rasse is eintlik die wit rassiste se skuld, en heftige uitsprake deur mense uit onder meer die geledere van die EFF en die BLF is nie die oorsaak nie, maar is bloot reaksie.

Die kwessie van skuld, en of iemand skuldig behoort te voel, word in akademiese kringe nou baie ver terug gevoer, naamlik tot ’n geraamde 40 000 jaar gelede toe die Neandertal uitgesterf het. In ’n artikel in The Guardian kom navorsers tot die gevolgtrekking dat dit waarskynlik nie die moderne mense (Homo sapiens) se skuld is dat die Neandertal uitgesterf het nie, maar “bad luck” – verskeie faktore wat saam ’n rol gespeel het. Die kern hiervan is dat toe die moderne mens sowat 60 000 jaar gelede uit Afrika na Europa en die Midde-Ooste, die blyplek van die Neandertal, beweeg het, was laasgenoemde al so min dat ’n kombinasie van vermenging waar inteling tot verswakking gelei het, die Neanderthal laat uitsterf het. Boonop was daar die Allee-effek waar die geringe getalle weens ’n gebrek aan genetiese variasie tot verswakking gelei het, en die natuurlike fluktuasies in aanwas deur geboortes en sterftes die Neandertal laat uitsterf het. Geen rede dus vir skuldgevoelens onder die moderne mens nie.

In die meer onlangse geskiedenis is daar wel parallelle soos inheemse bevolkings in Australië en die Amerikas wat weens lang tydperke van isolasie tussen gemeenskappe van verskillende vastelande, erg kwesbaar was vir siektes van ander. Ook die pokke-epidemies wat so dodelik onder die Khoi-San gemaai het tel as voorbeeld.

Intussen het die appèlhof die bestaande juridiese terminologie van haatspraak as ongrondwetlik bevind, wat positief en negatief deur mense ontvang is.

Die Amerikaanse peiling waarna hierbo verwys is, werp lig op hoe kompleks beskouinge van rassespanning kan wees. Ouderdomme, geslag en etnisiteit speel ’n rol in die manier waarop verkillende mense daarop reageer.

Die peilingsagentskap Rasmussen het dié keer nie die peiling alleen hanteer nie, maar in samewerking met die Heartland Institute. Waar Rasmussen slegs ’n klein deel van sy bevindings met die algemene publiek deel, word die sluier veel meer met hierdie peiling gelig. Die volledige bevindings is egter steeds net vir die betaalde intekenare toeganklik.

Die bevindings wat wel bekend gemaak is, is hoogs interessant, en dit sou ook baie interessant wees om dieselfde vrae oor Suid-Afrika te kon sien. Net 27% van die respondente glo die regering moet uitlatings verbied wat die meeste Amerikaners as beledigend beskou, insluitend wat as rassisties of seksisties beskou kan word. 50% glo sulke uitsprake moet nie verbied word nie. Altesaam 38% glo dat mense wat hulle aan sulke uitsprake skuldig maak, belet moet word om openbare ampte te beklee. Maar 44% van die respondente is gekant daarteen dat hierdie mense uit openbare ampte verwyder moet word.

Onder die ander bevindings is een waar 40% van die Demokrate glo dat ondersteuners van pres. Donald Trump rassiste is.

Die peiling het ook bevind dat meer swart en Latyns-Amerikaanse respondente daarvan hou dat kwetsende uitlatinge verbied word as wit respondente, en respondente wat aan ander minderhede behoort.

Altesaam 48% van die respondente meen misdade wat deur haat gevoed word neem toe, hoewel ongeveer 40% meen baie van die sogenaamde haataanvalle is die gevolg van poetse (hoaxes).

Soos ook nou uit Makanya se artikel, waarna hierbo verwys is, blyk, speel die uiteenlopende narratiewe van verskillende gemeenskappe ’n groot rol by persepsies wie verantwoordelik is, wie skuldgevoelens moet hê en watter gemeenskappe daarvoor gestraf moet word.

Solank die narratiewe so uiteenlopend is, maar oplossings reaktief gesoek word, is ons in ’n soortgelyke posisie as die drenkeling met wie lewensredders doenig is. ’n Omstander wat iets wil sê word aanmekaar stilgemaak – die lewensredders pomp nou eers die water uit die man se longe. Oplaas kan die omstander dit nie hou nie en skree dat hy wel niks van lewensredding weet nie, maar hy is ’n ingenieur, en hy sê nou vir hulle solank hulle nie die drenkeling se agterstewe uit die water haal nie, gaan hulle die see leegpomp voor al die water uit sy longe gaan wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Sarie ·

Herman ek hou nogal van die vergelyking in die laaste paragraaf oor hoe die see leeg gepomp kan word, dit bring my by die verskil wat daar in humor is by verskillende bevolkingsgroepe. Vir die doodskissaak was dit sekerlik bedoel om ‘n grap te wees maar ongelukkig moet blankes hulle maar weerhou van sulke tipe grappe.

Heinrich ·

Beslis Sarie, net soos ‘common sense’ nie vir almal ‘common sense’ is nie, net so lag ons nie vir dieselfde dinge nie.

Die oorsproklike Grassie ·

Ek glo aan die skepping van die mensdom soos in die Bybel uiteengesit en glo ook dat daar na die skepping ‘n mate van evolusie, of sal ‘n mens dit liewers ontwikkeling noem, plaasgevind het. Sommige groepe of volke wat hulle ookal genoem word het vooruit geboer terwyl andere om redes wat vir my onbekend is agtergebly of selfs agteruit geboer het.
Ons voorvaders, die Westerlinge, kon by voorbeeld minstens 4000 jaar gelede al lees en skryf en reken en tel en het reeds die wiel ontdek. Hulle het vooruit geboer en die leefwyse wat ons vandag “beskawing” noem geskep. Baie van die ander volke – let wel wêreldwyd_- wat beséf dat hul voorsate langs die pad agtergebly het is baie sensitief oor hierdie aangeleentheid en word woedend as daar in die geringste mate daarna verwys word. Ek kan nie verder hierop voortborduur nie, ek weet nie of MM die bietjie gaan plaas wat ek hier gesê het nie.

Drikus Kotze ·

The Movie:THE PURSUIT OF HAPPYNESS – Chris Gardner: “You got a dream. You gotta protect it. People can’t do somethin’ themselves, they wanna tell you you can’t do it. If you want somethin’, go get it. Period.”

Feite ·

Die sensitiwiteit oor die onreg van die verlede, die onreg van die hede en die onreg vir die toekoms sal nooit in der ewigheid oorbrug word en uitgewoed word terwyl vryheid van spraak mbt die sensitiwiteite aan bande gele word nie. Mense wie se idees aan bande gele word en wie se sensitiewe gevoelens mondelings onderdruk word, sal aan ander maniere dink om wel uiting daaraan te gee, soos bv emigreer of selfbeskikking, geweldadige betogings, onverdraagsaamheid teenoor mekaar, weerstand, konflik, terrorisme en burgeroorlog. Daarom is ware vryheid van spraak, uitgesluit haatspraak en rassisme, van kardinale belang ten einde deur dialoog tot n vergelyk te kan kom mbt wat kan geregverdig word as sensitiwiteite, onregte, regte en vryhede en wat nie. O ja en ek glo ook dat sommige van trump se wit ondersteuners sonder twyfel, rassiste (white supremists) is, net soos daar ook swart rassistiese bewegings in Amerika is. In SA het ons die eff as n radikale swart rassistiese beweging en die ANC as n gematigde swart rassistiese beweging en dan ook die Crusaders as die enigste radikale wit rassistiese beweging. Getalle lieg nie en as ons getalle gewys kyk na SA dan is die radikale en gematigde swart rassiste miljoene en die radikale wit rassiste net vier!

Feite ·

Drikus dit kan net sowel n rolprent oor SA wees, want in SA gaan vat sekere mense ook wat hulle wil he!

Atta ·

As ‘n mens se wêreldbeskouing in lyn is met Darwin se evolusie teorie, dan is dit nie moeilik om te verstaan dat mensegroepe mekaar nie kan verdra nie. Dan gaan dit mos oor wie die hoogste trappie op die (evolusie) leer bereik het en hoe jy daar kan bly – m.a.w. “survival of the fittest”.

Volg jy wat die Bybel leer oor die skepping en hoe die verskillende bevolkingsgroepe ontstaan het, besef jy dat voor God daar geen verskille is nie. Almal is na Sy beeld geskape en dus is geen groep verhewe bo ‘n ander nie.

Ongelukkig was hoogmoed en selfverheffing die mens se dryfveer wat tot die sondeval gelei het en is dit vandag steeds deel van die menslike natuur om van homself meer te dink as wat hy moet. “Ek is beter as jy” is die motief agter elke vorm van menslike gemeenheid, van skinder tot moord, van wit leuentjies tot staatskaping, van sonde met die bure tot volskaalse oorlog. Darwin het sy evolusie petrol op al daardie vure kom gooi, maar die Lewende Water van Christus kan en sal al daardie vure blus.

Swannie ·

Ai, eers was die woord”holisties”in byna elke denkbare sin gebruik en nou het `n nuwe woord die lig gesien wat tot vervelens herhaal word deur elke Jan Rap en sy Maat, nl: “narratief”

Hanna Hoekom ·

Die minderwaardigheids kompleks onder sekere bevolkingsgroepe sal heel moontlik nog hul ondergang beteken. Dit is n feit dat daar in Europa geboue staan wat 1000 plus jare oud is, terwyl ander lande se inwoners beswaarlik n modderhut kan oprig. Is dit regverdig? Dalk nie. Het die volke wat vooruit gestreef het veroorsaak dat ander volke minder ontwikkel is? Ek glo nie. Hoe dit ook al sy, ons is verskillend en dit hoort so!

Gert J ·

Die parlement en die mp’s is die oorspraak van rasisme en haatspraak. Tussen daai vier mure is meer rasisme en haatspraak as wat ons dink . Dit is die broeiplek daarvoor. As die mp’s ophou sal julle sien dit sal oorals stop. Net soos geweld teen vroue en kinders, hoe meer die regeering dit propageer om te stop hoe erger word dit

André-Chris ·

As die ANC regering diversiteit erken, elkeen sy eie gebied gee, dan is hul ideologie waarmee hulle so behep is oorbodig, daar sal dan ook nie rassisme en haatspraak wees nie en hulle sal vry wees om ‘n feudale stelsel oor hul mense in hul eie gebied in te voer, persies soos per die nuwe wet wat Cyril nou vir die landhere in Kwazulu-Natal onderteken het.

André-Chris ·

Jip, fluit-fluit, my storie is uit, al is die res hoe relefant.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.